1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9962347

Besoekers aanlyn

Ons het 151 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

NA AANLEIDING VAN VF-POSITIEF SE VREEMDE BEDMAATS. (Aflewering 3)

altAl die goeie werk wat op die gebied gedoen kan word, sal egter weinig baat as Afrikanerbemande politieke groepe saamwerk met vyande om die Afrikanervolk van sy vryheid en Vaderland te beroof, soos wat KP-AVF-leiers saamgewerk het in Idasa se komplot en soos sedert 15 November verlede jaar (1996) in elke uitgawe van Die Afrikaner onthul is.  

Wat die venynige reaksie van mnr. van de Graaf op mnr. Jaap Marais se vertolking van die “Volkskongres” betref, is dit belangrik dat in aanmerking geneem word dat dit geskied het terwyl hy redakteur van die Patriot, die lyfblad van die gestorwe Konserwatiewe Party was. Die bedenklike rol wat die leiers van die KP gespeel het as weerligafleier en om onder andere, duisende Afrikaners te besmet met die volkstaatgedagte met die implikasie van die aanvaarding dat Suid Afrika prysgegee moet word, het vandag betekenis as die rol wat hulle deurgaans gespeel het om te verhoed dat de Klerk gestuit word, ‘n blanke verkiesing afgedwing kon word om sodoende tyd te koop vir die de Klerk-regering om sy politieke doelwit met die Afrikanervolk te bereik. Hierdie is dieselfde patroon wat gevolg is in die aanwending van die SAW om tyd te koop vir die politici, ten koste van ons seuns se lewens.

Van de Graaf se rol in die latere skeuring in die HNP en sy onlangse betoog op die onlangse kongres van die HNP dat die Herstigte Nasionale Party nie meer as ‘n politieke party moet deurgaan nie maar wel as ‘n bevrydingsbeweging, is ter sake. Dit is betekenisvol dat Henk vd. Graaf van TLU, ‘n roerende pleidooi op die HNP kongres vanjaar lewer om ‘n vorige “ongelukkige” (volgens van de Graaf) besluit, dat geen lidmaatskap van geheime organisasies in die HNP toegelaat sal word nie, omgekeer moet word. Volksbond, beweer hy, is tog immers die Afrikaner goedgesind nadat onlangs van die meer linkse elemente ontslae geraak is, het hy betoog. Die AVP het só daaroor berig:

DIE HERSTIGTE NASIONALE PARTY IN DIE DOOFPOT GESTOP

‘n Tragiese maar voorsiende gebeurtenis onder die leiding van die HNP sedert 2008. In die Afrikaner van 31 Januarie tot 13 Februarie verskyn die treurige en tragiese aankondiging onder die opskrif: “HNP se rol in volk se vryheid”, dat die HNP voortaan as ‘n vryheidsbeweging sal moet optree en nie meer as ‘n politieke party nie omdat daar op die kongres van die HNP op 25 en 26 Oktober 2013 so besluit is.

In ‘n vorige Afrikanerkoerant is ‘n toespraak gepubliseer waarin op die voormelde kongres twee ingrypende voorstelle gemaak is. Die eerste was die kwessie van die verandering van ‘n politieke party na ‘n Vryheidsbeweging, wat die aard van die HNP noodwendig gaan aantas en tweedens die opskorting van die besluit dat geen lid van ‘n geheime organisasie lid mag word van die HNP nie, wat op sy beurt die sin en wil van so ‘n geheime organisasie noodwendig gaan indra in die besluitnemingsliggame van die HNP, soos wat die Afrikaner Broederbond se invloed in kerkrade, kultuurliggame en veral binne die Nasionale Party ons volk van koers afgedryf het.

Wat vd Graaf gerieflik vergeet om te verduidelik is dat die verlengstuk van die Afrikaner Broederbond, wat die Afrikanerbond geword het, wat Toekomsgesprek geword het met die ontstaan van die KP, wie se beste prestasie in belang van die Afrikaner se vyande, die weiering was om op versoek van mnr. Jaap Marais, de Klerk te stuit deur ‘n verkiesing af te dwing. By die afsterwe van die KP, het die Toekomsgesprekverlenging verder verleng in Volksbond, ‘n goue draad van geheimhouding waarin die ondergang van die Afrikanervolk beplan en in elke kerk en kultuurorganisasie van die Afrikaner ingedra is. En daar bly nie genoeg politieke nugterheid in die HNP oor om dit in te sien en die reeds beleërde party deur die “Volksregering” met hulle volkstaat en onderhandelingsbenadering te beskerm en op die minste die voorstelle af te wys en, by volharding hom uit te smyt nie! Die onderhandelingsbenadering en volkstaatgedagte is juis vanuit die geheime knoeikamers van die AB, Toekomsgesprek en Volksbond, waarvan Agri SA, TLU-SA, Radio Pretoria, Solidariteit en bestaande kultuurliggame,deur hulle optrede en uitsprake, onder ernstige verdenking kom en effektiewe gesamentlike verset in die wiele ry.

Die volgende brief in Die Afrikaner van 7-13 Februarie 1997.

30 Januarie 1997

Die Redakteur

Die Afrikaner

Meneer

Ek verwys na ‘n berig op die voorblad van u koerant, uitgawe van 24-30 Januarie 1997 asook die rubriek deur Gawie (sic) in dieselfde uitgawe waar ek op neerhalende wyse by name genoem word.

Ek sou dit as onverantwoordelik van my kant af beskou as ek die genoemde stukke onbeantwoord sou laat verbygaan.

Wat betref die genoemde items, vergun my asseblief die volgende opmerkings:

  • Doktor Ferdi Hartzenberg is mans genoeg om sy eie beskerming waar te neem en het my “onbeholpe” pogings in die verband nie nodig nie omdat hy die taak beter kan vervul as wat ek dit kan doen. My artikel wat blykbaar mnr. Marais se galblaas geprikkel het, was bloot om, anders as wat in ander politieke kringe geïnsinueer word, die lesers van Patriot daarop te wys dat daar geen geheimsinnighede was wat dok Ferdi se besoek aan die VSA in 1996 omhul het nie. Die besoek was in die ope gereël, sy vertrek en tuiskoms was openbare kennis, berigte is oor die doel, strekking en resultaat van die besoek geskryf en pogings om die besoek nou in ‘n waas van “koverte, sinistere en duistere bedrywighede” te omhul, is na my mening onsinnig en kinderagtig en neem net ruimte en en tyd in beslag wat veel nuttiger aangewend kon word om die Afrikaner se ware vyande te beveg.

  • Suiwering in Afrikanergeledere na die voorbeeld van Josef Stalin, soos deur mnr. Jaap Marais in die vooruitsig gestel, gaan die Afrikanervolk verder tot ‘n nonentiteit reduseer en tot gevolg hê dat mnr. Marais uiteindelik as die enigste gesuiwerde Afrikaner gaan oorbly!

  • Soos ‘n wafferse Don Quikchot het mnr. Marais in sy HNP loopbaan windmeulens soos John Vorster, PW Botha en FW de Klerk stormgeloop en telkens het die wieke van die windmeulens sy spiespunt tot onbruikbaarheid omgebuig, want die genoemde here se party, vandag nog bekend as die NP, het oor die infrastruktuur beskik om hulle te laat oorleef.

  • Mnr. Marais beskik oor bitter min politieke infrastruktuur waarmee hy die Afrikanervolk tot diens kan wees. Sy onbeholpe pogings om die genoemde enkelinge in die NP sogenaamd uit die volk te verdryf, het tot niks gelei nie, want die NP beskik oor genoeg liberale diepte om nog honderde de Klerks en Vorsters en Pik en PW Bothas op politieke gebied na vore te stoot om mnr. Marais vir eeue te oorleef.

  • Sedert 1969 is mnr. Marais nou al besig om verraaiers uit die Afrikanervolk te probeer skryf en ten spyte daarvan het die Afrikanervolk al dieper in die ellende verval en sy vryheid verloor.

  • Mnr. Marais het tot dusver nog totaal in gebreke gebly om aan te dui wat die HNP tot dusver gedoen het of gaan doen om vryheid vir sy volk te kry. Die KP het ten minste al begin om infrastrukture te skep wat as kieries kan dien waarop die Afrikanervolk kan steun op sy weg na vryheid. Dink maar aan ‘n instelling soos Volkshulp 2000 wat deur die KP geskep is vir alle behoeftige volksgenote, die meer as R600 000 wat Volkspers tot die daarstelling van volksradiostasies beskikbaar gestel het, die Springbok sportweek vir Blanke skoolkinders wat as gevolg van KP inisiatief tot stand gekom het, ‘n skuldvrye Volkspers wat die KP geskep het om te verseker dat die Afrikaner se saak uitgedra kan word en nog talle ander infrastruktuurskeppende instellings waarmee ons Volk se vryheid verkry kan word. Watter soortgelyke prestasie het die HNP na meer as 25 jaar van “volksuiwering” tot sy krediet? Hoeveel geld het die HNP by voorbeeld vir die oprigting van radiotorings beskikbaar gestel? Die les tot dusver uit die voorgaande is dat terwyl mnr. Marais Afrikaners wat nie in sy bagasiebak wil klim nie loop en verguis, het sekere van diegene wat mnr. Marais met mag en mening wil verwoes, reeds heelwat tot die verkryging van vryheid vir die Volk tot stand gebring.

  • Daar is ook feite foute in u berig waarna hierbo verwys is en ek sal graag die korrekte feite aan u beskikbaar stel as u enigsins in joernalistieke korrektheid belangstel.

  • Ten spyte van die onbeholpenheid waarvan mnr. Marais my op sy gebruiklike vriendelike manier beskuldig, het ek in hoedanigheid as koerantskrywer vir Patriot, in die tydperk wat ek met die koerant geassosieer is, nog nooit nodig gehad om aan ander mense, in opdrag van regsverteenwoordigers, verskoning op die voorblad van die koerant te vra omdat my verbeelding met my weggehardloop het of omdat ek op onverantwoordelike wyse afleidings of gevolgtrekkings gemaak het en daaroor geskryf het nie.

Jaap Versfeld

ANTWOORD OP “JAAP VERSFELD” SE SKRYWE.

Mnr. Jaap Versfeld se betoog is die leuenagtigste stukkie skryfwerk wat in ʼn lang tyd die lig gesien het.   Dit kan net die breinkind van ʼn geoefende misleier wees, daarom is dit waarskynlik nie mnr. Versfeld se eie werk nie. Die aanleiding tot die brief is ʼn enkele verwysing deur mnr. Jaap Marais na dr. Hartzenberg se besoek aan die VSA deur middel van ʼn “State Department Grant”. Mnr Versfeld het dit probeer vergoelik deur in Patriot te beweer die besoek nie deur die “State Department” bewillig was nie, maar deur die “US information Agency” (USIA). Mnr. Marais het net daarop gewys dat die USIA ʼn ondergeskikte propaganda-arm van die Amerikaanse regering, en veral die “State Department” is.

Van almal aan die politieke regterkant was dit net dr. Hartzenberg en mnr. Koos van der Merwe wat so deur die “State Department” begunstig is. Dit sê al meer as genoeg.   Maar wat meer ter sake is, is die erkende vyandige rol van die “State Department” teen die blankes van Suider-Afrika en nasionalistiese en patriotiese groepe in ander lande van die wêreld waar hulle teen die Kommuniste geveg het – Sjina, Kuba, Laos, Kambodja, Hongarye, Tsjeggo-Slowakye......

Nou probeer “Versfeld” valslik te kenne gee dat daar beweer is dat ʼn waas van “koverte, sinistere en duistere bedrywighede” die besoek omhul. En dan beantwoord hy die valse voorstelling deur te sê dat alles in die openbaar gebeur het, asof dit enigsins ooit as ʼn oorweging geopper is!   So word die leuenagtigheid opgedis om die agterdogwekkende verhouding van dr. Hartzenberg met die ergste Afrikanervyande te vergoelik. Die hele res van die brief gaan oor dinge wat glad nie ter sake was nie.   Dit is ʼn bloot giftige, onverantwoordelike aanval op die HNP-leier, Mnr. Jaap Marais – en dit van die party wat sê hy veg nie na regs nie! Verbeel jou: “Suiwering van Afrikanergeledere na die voorbeeld van Josef Stalin, soos deur mnr. Jaap Marais in die vooruitsig gestel. “Stalin het opponente by die honderde duisende koelbloedig laat vermoor.   En hierdie KP-skrywer wat agter Versfeld skuil, sê mnr Jaap Marais het dit in vooruitsig gestel dat hy na die Stalin-voorbeeld sou optree!

ʼn Mens kan sê dat net ʼn siek gees so-iets kon voortbring.   Maar dit sal meer korrek wees om te sê dat die skrywer nie sy politieke varkies op hok het nie. Sy politieke waan het omgesit in politieke waansinnigheid. As Jaap Versfeld nie in opstand kom teen die politieke smerigheid wat in sy naam gepleeg word nie, sal hy alle politieke respek verbeur.

Naas hierdie ongeëwenaarde smerigheid skryf “Versfeld” dat mnr. Marais soos wafferse Don Quichot windmeulens soos John Vorster, PW Botha en FW de Klerk stormgeloop het...” Blykbaar het hierdie KP-skrywer se verstand toegeslaan van die haat vir Mnr. Marais.   Hy besef nie dat die windmeulens wat Don Quichot aangeval het, onskuldige werktuie was met wie hy nou Vorster, PW Botha, en FW de Klerk vergelyk: Dus, dié drie volksverraaiers wat deur Mnr. Marais aangeval word, soos die onskuldige, nuttige windmeulens! Kan ʼn man se haat sy verstand so verstomp om tot sulke politieke sotlikheid te kom? Of is hy in die KP geplant deur die NP? Want hierdie taal is die taal van die NP.   En ironies genoeg, Jaap Versfeld was vanaf 1969 saam met mnr. Jaap Marais in die stryd teen die volksverraaiers.   Sal hy nou glo hy het teen onskuldige windmeulens geveg? “Not bloody Likely,” soos in die nuwe “hooftaal” gesê sal word.

Die volgende “Versfeld”-storie is dat, “die NP oor genoeg liberale diepte beskik om nog honderde De Klerks en Vorsters en Pik en PW Bothas op politieke gebied na vore te stoot om Mnr. Marais vir eeue te oorleef” Ja, net so staan dit daar!. ʼn Beter getuigskrif vir die selfvernietigende en sterwende “Nasionale” Party kan daar nie gegee word nie. Hoe ook-al beskou, is die suiwer “Nasionale” Party-propaganda gegrond op wensdenkery om dié miserabele oorblyfsel van ʼn eens trotse party aansien te gee.

Maar verbeel jou: die KP-skrywer verlustig hom daarin om die “Nasionale” Party op te hemel terwyl hy die HNP aanval.   Hier het die persoon die politieke hart van die KP ontbloot.   En daarvoor kan mens dankbaar wees, want dit verwyder vorige twyfel oor wat werklik in die binneste van die KP aangaan.

In die volgende sin demonstreer die KP-skrywer sy leuenagtigheidstalent weer. Hy sê: “Sedert 1969 is mnr. Marais nou al besig om verraaiers uit die Afrikanervolk te probeer skryf en ten spyte daarvan het die Afrikanervolk al dieper in ellende verval en sy vryheid verloor”

U sien hoe die leuenagtigheid verweefd is in haas elke frase. Mnr. Marias se stryd vanaf 1969 was teen die verraad van Afrikaner-nasionalisme en die beproefde beleid van die NP onder die leiding van DF Malan, JG Strydom en HF Verwoerd.   Die KP-leiers het dertien jaar lank hierdie NP-verraad verdedig en bevorder en die HNP beveg met die mees veragtelike metodes, omdat die party die verraad ontbloot het. Die Afrikanervolk het “al dieper in ellende verval” omdat die KP leiers dertien jaar lank gehelp het om die ellende te laat aanrol. En toe die HNP in die 1981-algemene verkiesing alle getuienis gee dat hy die NP in tientalle kiesafdelings sou verslaan, toe tree die KP-leiers tussenbei om verdeeldheid aan die regterkant in te bou en aan die NP n verlengde lewenstermyn te gee, sodat hy die Volksverraad kon voltooi.

In die finale fase vanaf 1992 het die KP deur betrokkenheid by Idasa se Conservative Dialogue Programme en Tienie Groenewald se manipulasies gehelp om weerstand teen die verraad af te wentel en die Afrikanervolk sy vryheid te laat verloor.

Die opmerking oor die “kieries” wat die KP geskep het en waarop die Afrikanervolk kan steun op sy weg na vryheid” klink nie bemoedigend nie. n Volk wat op kieries steun op sy pad na vryheid klink na n bra mankoliekige beweging.

Oor die ander dinge soos Volkshulp 2000 en die sportweek is al wat gesê hoef te word: wat baat die dinge as die KP se sleutelfigure saamwerk aan Idasa se agenda om de Klerk se volksverraad nie te stuit nie, soos die stigting van die Afrikaner-Volksfront in Mei 1993, waardeur beslis bygedra is tot die bloedlose verowering van die Afrikanervolk deur ʼn terroristebende.

Die HNP beskou homself as ʼn politieke party wat ‘n politieke stryd moet voer en die eer van Afrikanernasionalisme moet beskerm. As hy al sy energie daarin stoot, behoef dit geen verduideliking of verskoning nie. Die party het nooit daaraan gedink om as ʼn para-welsynsorganisasie te opereer nie. Hy steun graag ander wat op die terrein nuttige werk doen. Al die goeie werk wat op die gebied gedoen kan word, sal egter weinig baat as Afrikanerbemande politieke groepe saamwerk met vyande om die Afrikanervolk van sy vryheid en Vaderland te beroof, soos wat KP-AVF-leiers saamgewerk het in Idasa se komplot en soos sedert 15 November verlede jaar (1996) in elke uitgawe van Die Afrikaner onthul is.  

In die volgende opmerking se die KP-skrywer dat “terwyl mnr. Marais Afrikaners wat nie in sy bagasiebak wil klim nie loop en verguis, het sekere van diegene wat mnr. Marais met mag en mening wil verwoes, reeds heelwat tot verkryging van vryheid vir die volk tot stand gebring.” Weereens tintel die stukkie van leuenagtigheid. Eerstens, mnr. Marais “loop en verguis” nie die wat “nie in sy bagasiebak wil klim nie” Hy het te maak met politieke feite en werklikhede, daarom sal geen KP of NP of VF-figuur dit waag om met hom in debat te tree nie.

Sal die betrokke KP-spookskrywer of mnr. Jaap Versfeld hom in so ʼn debat waag oor wat in die brief onder behandeling staan? Natuurlik nie.   Daarvoor is elke NP, KP en VF-lid te papbroekig.

Mnr. Marais verguis nie mense wat nie by hom wil aansluit nie; hy behandel mense se politieke optredes wat ter sake is, of dit John Vorster, PW Botha, Pik Botha, FW de Klerk, Constand Viljoen, Tienie Groenewald, Ferdi Hartzenberg, Dries Bruwer, Piet Gous of wie ookal is.   Dit is die taak van ʼn politieke leier. En die geskiedenis is reeds geskryf van hoe Mnr. Marais reg was in sy beoordeling van Vorster, PW Botha, Pik Botha, FW de Klerk, Constand Viljoen en Tienie Groenewald.

Nou het hy te maak met Dries Bruwer, Piet Gous en Ferdi Hartzenberg rondom die Idasa-sameswering om die Afrikaner uit sy vryheid en Vaderland te konkel.   Dit is n saak van die grootste volksbelang, en niemand wat daaraan aandadig was moet op verskoning of genade aanspraak maak nie.   Die Afrikaner en die HNP het baie vertroue in mnr. Marais se politieke oordeel en is seker dat ook in hierdie geval die geskiedenis hom reg sal bewys, soos nou trouens ook reeds genoegsaam geblyk het. Deur die onthulling van hierdie verraad het hy ʼn onberekenbare diens aan die Afrikanervolk bewys.

 

Ten slotte is die KP spookskrywer weer besig met ʼn leuenagtige bewering – leuenagtig omdat hy minder as halwe waarheid voorhou as ʼn volle waarheid. En soos bekend, is dit die tegniek van ʼn bedrewe verdraaier.

Hy verwys na ʼn verskoning oor ʼn sekere stelling i.v.m. Hartzenberg se verhouding met Idasa omdat Die Afrikaner op dié fout gewys was.   Maar die KP-spookskrywer verswyg dat in dieselfde sin waarin die verskoning aangebied is, daar gesê is dat dit geskied het “met inagneming van die hiernavolgende bewerings”   En in dié betoog is tenslotte uitdruklik verklaar: “Dat hy (dr. Hartzenberg) as leier van die KP en van die AVF regstreeks en onregstreeks betrokke was by die geheime Conservative Dialogue Programme van Idasa, lei geen twyfel nie.   Of dit polities eerlik en eerbaar was vir dr. Hartzenberg om regstreeks en onregstreeks by so ʼn geheime projek van Afrikanervyande betrokke te wees, moet hyself beoordeel.”

Vir die betrokke KP-spookskrywer is die volle waarheid natuurlik moreel onverteerbaar en intellektueel aanstootlik.   Hy is geprogrammeer om die waarheid te vermink en verraad te vergoelik.

Byna al die ongeurigheid van hierdie brief se politieke smerigheid het dit die bonus dat die masker van die KP afgeval het.   Sy storie dat hy nie na regs aanval nie, is nou met verwoestende effek vernietig. En dit is nie net die waarheid wat op die manier uitgekom het nie, maar veral die onbeskryflike lae kwaliteit waarteen dit uitgekom het. Dit is moeilik om te dink dat ʼn party met selfrespek hom met so-iets kan vereenselwig. Dit is benede alle politieke fatsoenlikheid.   Mnr. Jaap Versfeld sal moet besin hoe hy na dese in die oë van HNP-mense sal lyk as ʼn smeerskrywer – ʼn etiket wat hom waarskynlik verkeerdelik om die nek gehang is deur ʼn verskuilde KP-hater van Afrikanernasionalisme.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie