1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9962651

Besoekers aanlyn

Ons het 130 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

NA AANLEIDING VAN VF-POSITIEF SE VREEMDE BEDMAATS. (Aflewering 1)

altaltWaar kom hulle vandaan en waar gaan hulle heen? Met kandidate wat partye ruil met verkondigde uiteenlopende beginsel-en-beleidsrigtings, klink dit soos die Engelsman wat sê: “I’ve got principals. But if you dont like them....I’ve got other” Dit gesê moet die nuwe missie van die VF Positief egter in ag geneem word. ‘n Missie wat hulle Afrikanerverteenwoordiging ernstig in gedrang bring. Hulle missie: “Die VF Plus se nuwe missie wil 'n droom en ’n ideaal daarstel wat nie net Afrikaners sal motiveer en inspireer nie, maar ook ander minderhede, groepe en soveel moontlik van alle Suid-Afrikaners. Ons glo dat die ANC verslaan kan en moet word en dat hy vervang moet word deur 'n ander regering wat ingestel is ook op dit wat vir ons, sowel as ander minderhede, wesenlik en van belang is. Dit is gebou rondom die konsep van ware eenheid in verskeidenheid, rondom 'n ware beter lewe vir almal, rondom 'n ware gelyke kans vir almal in SA, met 'n erkenning van die waarhede en werklikhede van die land.”

 

MOOI MAAR DODELIK GEVAARLIK

Op die oog af klink dit mooi, maar in wese is dit handomkeer van die Afrikaner se nasionalistiese politieke fondasie wat reeds in John Vorster se ampstyd links gekrenk is om uiteindelik by die reënboognasie en eenpartystaat uit te kom waar ons vandag is. Terwyl die meerderheid blankes in Suid Afrika vandag openlik erken dat dinge in ons land verkeerd loop en daar nou weer ‘n verkiesing op hande is waarheen mense met allerhande beloftes en mooipraatjies gelok word, is dit noodsaaklik dat daar genoeg inligting beskikbaar gemaak word waaruit mense dan ingeligte en sinvolle keuses kan maak. Verkeerde keuseuitoefening het ons al reeds die politieke mag oor ons eie erfenis gekos en dreig om ons taal en dienooreenkomstig ons identiteit ook in te sluk. Aanhoudende verkeerde keuses agter mooi en “regklinkende” visies en missies is uiters gevaarlik en inderdaad dodelik soos waarvan nagenoeg veertigduisend moorde op blankes sedert 1994 ‘n tasbare bewys is.

VERBIND TOT DIE WAARHEID

Die AVP is verbind om die geskiedenis lewendig te hou sodat veral die jeug en baie van die jonger geslag, die waarheid van die leuen kan onderskei. Jong mense wat gebreinspoel is om skaam te wees vir hulle eie om te kan inpas by die gefabriseerde reënboognasie, en met minagting in die koor van die liberaliste te sing van nierassigheid, gelykheid en grensloosheid. Die missie van die VF-Positief kom baie ooreen met die standpunte van die NG-Kerk soos in Kerk en Samelewing wat hulle in 1986 saamgestel het en wat die kerk geskeur het. Dit kom ook sterk ooreen met die Afrikaner Broederbond se geheime dokument wat in daardie tydvak onder lede gesirkuleer is en waarin die rigting waarin die NP regering sou begin beweeg, aangedui is.

 

BEGIN VAN DIE SMARTE

Die beplande sluipmoord op dr. Verwoerd op 6 September 1966, was ‘n smartlike gebeurtenis op sigself. Die doel daarmee was egter versluier totdat John Vorster in 1967 begin het om die fondasie van Afrikanernasionalisme te ondergrawe met ‘n nuwe sportbeleid wat tot veelrassige sport gelei het. Hy het in ‘n toespraak op Heilbron Afrikaners begin beledig deur hulle bogte, bobbejane en wagters op Sionsmure te noem. Hy het ook die bewoording op die Nasionale party se lidmaatskap kaartjie, “Volksfront van die Afrikanerdom” verander en ‘n leeue aandeel gehad in die aanvaarding van die 1977 grondwet, wat verder aangepas en verfyn is deur P.W. Botha om die 1983 grondwet te word. Wesentlike verskille met die Republikeinse grondwet van 1961 van dr. H.F.Verwoerd, waarvan die skokkendste die uitskryf van God-Drie-Enig uit die grondwet was, en op arbeids-en industriële terrein is NP beleid verder ondergrawe deur die Wiehahn en Riekert verslae. Alles optredes wat sou lei tot die verlies van ons staatkundige vryheid.

WEERSTAND BEGIN KLEIN DEUR ENKELINGE

Die belangrikste feit van daardie tydperk is dat die enigste parlementslede wat teen hierdie afwykings beswaar gehad en dit geopponeer het, uit die NP geskop is en het hulle in die tradisie van die nasionaalgesinde Afrikaner die NP herstig. Daar was net vier van hulle wat nie bereid was om die mandaat wat hulle van die kiesers ontvang het, te verraai en met die stroom saam te gaan nie. Dr. Albert Hertzog, mnre. Jaap en Willem Marais en mnr. Louis Stofberg.

‘N POLITIEKE ONVERKLAARBAARHEID

Die betekenisvolle aspek van hierdie verwikkeling, is verder dat vir dertien jaar na die skeuring in die NP, sit daar parlementslede in die regering van die NP, wat nie alleen hierdie ingrypende koersverandering sien gebeur nie, maar wat stap vir stap daaraan deelneem. Eers nadat die nuutgestigte Herstigte Nasionale party in die 1981 verkiesing so goed gevaar het dat dit duidelik was dat in die volgende algemene verkiesing die NP van sy sterkste setels sou verloor wat nou grenssetels geword het, is die Konserwatiewe Party in 1982 gestig met agtien parlementariërs wat uitgestap het. Vertoë dat hulle eerder by die HNP moet aansluit om ‘n sterk opposisie teen die NP te vorm, het op dowe ore geval en was op daardie stadium een van die eienaardigste verskynsels in die Afrikaner politiek, amper soos ‘n legkaart waarvan die regte stukke nie raakgevat kon word nie. Soos die tyd egter verloop het, het daardie gebeure betekenis begin kry.

 

VERWERPING VAN MNR. JAAP MARAIS SE AANDRANG OM DE KLERK TE STUIT

Reeds in 1991 het mnr. Jaap Marais gesprek gevoer met prof. Booysen van die Oranjewerkers, dr. Chris Jooste van Sabra, mnr. Manie Maritz, mnr. Robert van Tonder, mev. Kobie Gouws, dr. Wally Grant en vakbondleiers om die dringendheid van eenstemmigheid te beklemtoon met die oog op die tot stand bring van ‘n volksfront. Die ontvangs was positief juis oor die enkelsinnige prioriteit van mnr. Marais se oproep, “Stuit de Klerk. Eis ‘n blanke verkiesing”. Die haalbaarheid van mnr. Marais se benadering het daarin gesetel dat sou ‘n raadslid van ‘n munisipaliteit bedank, was die bepaling dat die vakante amp binne 21 dae gevul moes word. In wese sou dit beteken dat as al die lede van al die regse groeperings wat in sulke ampte gestaan het sou bedank, regoor die land, sou daar ‘n verkiesing plaasvind wat die gevoel van die volk sou weerspieël, wat op sy beurt de Klerk sou dwing om ‘n algemene verkiesing uit te skryf.

In ‘n vergadering met die Afrikaner Volksfront op 7 Mei 1993, kon mnr. Marais na vier ure se debat, nie daarin slaag om vier betrokke generaals, dr. Ferdie Hartzenberg, prof. Carel Boshoff en mnr. Andries Beyers te oortuig om sy voorstel van stuit de klerk, eis ‘n blanke verkiesing te aanvaar as grondslag vir eendragtige optrede nie. Hulle voorkeur was die aandrang op ‘n volkstaat op nagenoeg net 16% van Suid Afrika se oppervlak soos wat deur Vekom bepleit is. Op ‘n vergadering tussen lede van die Regse Leierskomitee en genl. Constand Viljoen in November 1993, het ek aan hom gevra dat as ons ‘n verkiesing sou kon afdwing, wat dink hy sou die uitslag wees. Sy antwoord aan my was dat ons dit maklik met tussen 50% en 60% sou wen. Maar as ons dit nou gewen het, wat maak ons dan, was sy weervraag.

 

DIE LEGKAART BEGIN VORM KRY

Dr. A.P. Treurnicht wat die leier van die KP was, was ook in 1972 die leier van die Afrikaner Broederbond

Wat die “rooi eed” onder sy leierskap aanvaar en onderteken het om die AB van alle HNP’S te suiwer, wat só gelui het: “iii bevestig dat ek nie deur lidmaatskap of medewerking met die HNP geassosieer is nie en indien ek tot hiertoe sodanig geassosieer was, onderneem ek om genoemde assosiasie onverwyld te beëindig”. Vanuit die leierskap van die KP,( dr. Treurnicht was in 1982 nog ‘n gewaardeerde lid van die AB), is enige assosiasie met die HNP vermy.

In April 1996 kom die boek Volksverraad op die rak uit die pen van adv. Piet Pretorius, ‘n gewese lid van Nasionale Intelligensie. Skokkende inligting van die betrokkenheid van prominente Afrikaners in die ondergrawing van Afrikanervryheid, wat afgemaak word as onsin. Die sameswering teen die Afrikaner slaan egter soos vetkolle nou oral uit, waarby veral sg. “regses” by betrokke is. Ons begin die tweede aflewering met enkele briewe van wyle mnr Jaap Marais.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie