GLO EN ALLES SAL REG KOM!!
Geagte leser ons het reeds dikwels geskryf oor die vele seëninge van die reënboognasie maar ons het een fasset nog nie genoem nie. Dit is die sogenaamde gedoog. Swart Marokkane bv kan Nederlanders Vlaminge en Duitsers teiken omdat hierdie ernstige wangedrag geduld word. Die politiek korrekte politieke partye ondersteun hulle en regverdig dit deur te verklaar: 'Dit behoort mos by hul 'godsdiens en kultuur'. So na hul siening moet ons óns aanpas by die Moslems.
Die rooi sosialistiese tapyt word vir hul uitgerol en net die woordjies 'diskriminasie' en 'rassime' uit te spreek ' kan die mond stop van teenstanders van die veelkleurige ideaal.
Kortom ons kan vasstel dat Moslems meer regte het as die inwoners van hierdie lande.
n.s Lees ook asb by: http://afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=5371%3Adie-seeninge-van-die-reenboognasie-20&catid=160%3Aartikels&Itemid=284&lang=af
Alles word geduld en die enigste wat walgooi teen daardie nonsens is oa. die Party vir die Vryheid, die Staatkundige Gereformeerde Party, die Vlaams Belang, Lega Nord en die Pro Deutschland Party. Dis opvallend dat hulle ook die enigste is wat protesteer teen die plaasmoorde in Suid Afrika. Die andere partye is nie bekommerd nie. Hulle redeneer dat daardie land baie ver is, en boonop die misdade waar die land sedert 1994 onder deurloop die skuld is van die Apartheid. Maw boontjie kry sy loontjie.
Dat daai misdadigers die bevolking teister is glo die gevolg dat hulle in vroeëre jare slaaf was aldus die Sosialiste en Kommuniste. Ons betaal mos die gelag ivm die verlede.
Hierdie is een van die voorbeelde van die 'seëninge' wat 'n Afrikaner vrou het moet ondergaan:
"'n Swarte het my verkrag toe hy ingebreek het en hy is kastig nooit gekry nie. Ek is mos wit. Hoekom sal hul hom vang? Ek weet God was goed vir my daardie nag. Hy het eintlik geld gesoek. Ek het toe vir hom gesê ek het nie geld nie. Ek het alleen in my sus se huis gebly in ***. Daar was nie krag nie en ook nie water nie. My sus se man het elke aand vir my kos en water gebring. Nou in die kamer het n kluis oop en bloot gesit. Hy het my selfoon uit my hand gegryp. Ek het hom nie eers gehoor loop nie. Toe hy die veiligheids hek breek het ek my foon gevat om my sus te bel. Hy het die kamer deurgesoek met my selfoon se lig. Ek kan nie verstaan dat hy die kluis misgekyk het nie. Hy was feitlik teen die kluis. As hy die kluis gesien het sou hy my defnitief vermoor het. Hy sou my nie geglo het ek het nie die sleutel en dat die kluis leeg is nie. Hy het terug gestap na my toe my agteroor gestamp op die bed, die mes langs my neergesit en my verkrag. Toe hy klaar is het hy geloop met my foon. Ek het n rukkie gewag om seker te maak hy is nie meer in die huis nie en gaan hulp soek by bure. Hul het die polisie gebel. Die polisie het voor my 3x my sel nommer gebel en elke keer het hy hul geantwoord. Maar hul kon hom kastig nooit kry nie. Dit is al twee jaar terug".
Ons besluit hierdie artikel met 'n opsomming wat deur die politiek korrekte politieke partye goedgekeur word aan u voor te lê:
*Verkragting (van klein kinders,babatjies, meisies en vrouens)
*Aanranding
*Molestering
*Besnydenis van meisietjies en vroue
*Mishandeling
*Moord
*Terrorisme
* Dwelmssmokkel
*Afpersing
* Bedreiging en afdreiging
*Bedrogsake
*Intimidasie
*Vandalisme van (kinder) grawe
*Aan die brand steek van oa huise en skole (uiteraard nie hul eie huise en skole nie)
* Roof (oa Huis- en Sake rooftogte)
* Diefstal
*Inbraak
*Verdraaings van feite
*Lieg en bedrieg
*'n Huwelik tussen 'n neef en 'n nig (dit is vir nie Moslems verbode nie)