1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9962499

Besoekers aanlyn

Ons het 122 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

BESTAAN DAAR ‘N VERBOND TUSSEN GOD EN DIE GELOWIGE WAT BINDEND IS?

altAs daar so ʼn verbond bestaan, hoe raak dit in besonder die Afrikanervolk vandag? Is ʼn verbond nie net van toepassing op die teenwoordige persone met wie die verbond, of deur wie die verbond gesluit is nie, soos byvoorbeeld die gelofte van Bloedrivier? Meermale het ons al by Afrikaners wat Geloftedag minag of doodgewoon ignoreer en gaan visvang of iets dergeliks, gehoor dat daar nie namens hom of haar sonder hulle instemming ʼn ooreenkoms of gelofte of verbond aangegaan kan word waaraan hulle onderwerp is nie.

In die beoordeling van politieke gebeure in die wêreld en meer in besonder in Suid Afrika, is dit moontlik dat ʼn Bybelse verbond van tweeduisend jaar gelede, wat gesluit is met bv. die Israelvolk, vandag kan reflekteer op hoe dit in die wêreld en hier in Suid Afrika gaan? In hierdie bespreking laat ek die ongelowige uit aangesien sy mening voor-die-hand liggend behoort te wees synde diesulkes nie in of aan God glo nie.

Gemeet aan uitspraak en optrede van die oorgrote politici wêreldwyd, kan ek amper onomwonde die afleiding maak dat by meeste van hulle geen oorweging geskenk word aan die moontlikheid van Goddelike ingryping behalwe vir sover ‘n natuurramp deur hulle as “an act of God” bestempel word waarvoor hulle nie verantwoordelikheid wil aanvaar nie.

As gelowige is vir my die enigste betroubare bron vir inligting oor die vraag in die opskrif, die Woord van God. Dit gesê, sal daar by soveel gelowiges met dieselfde bron, waarskynlik net soveel verskillende antwoorde kom, aangesien daar by eksegese, vertolking, wysgerige verklaring, teologiese benadering en die blote aanvaarding van die openbaringe van God self in SY Woord, verskillende menings sal wees.

Dit dien vermeld te word dat daar sigbare parallelle bestaan waarvoor daar nie logiese verklarings bestaan, anders as dat die Hand van ons hemelse Vader daarin sigbaar is nie. Die argumente oor die testamente en van wanneer tot wanneer dit geldig is, verander niks aan wat in ons dag rondom ons sigbaar is in geweld, moord, korrupsie, hongersnood, siekte, oorloë, aardbewings, storms, ens. nie. Terselfdertyd is die toename in wondertekens van genesing, opwekking uit die dood, geestelike oplewing, verset teen kerkisme en sinodokrasie deur werklike bekering, tekens wat nie geïgnoreer behoort te word nie. Misleiding en veral gebrek aan geloof lê aan die wortel van die benouing waarin die Afrikanervolk hom vandag bevind. Lees gerus die onderstaande hoofstuk met aandag en bepeinsing en glo wat u lees!

DEUTERONÓMIUM 29:

1   DIT is die woorde van die verbond wat die HERE Moses beveel het om met die kinders van Israel te sluit in die land Moab, behalwe die verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.

2  En Moses het die hele Israel geroep en vir hulle gesê: Julle het self gesien alles wat die HERE in Egipteland voor julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het,

3  die groot versoekinge wat jou oë gesien het, dié groot tekens en wonders.

4  Maar die HERE het julle nie ’n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.

5  En Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen aan jou voet.

6  Brood het julle nie geëet en wyn en sterk drank nie gedrink nie, dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God is.

7  En toe julle by hierdie plek kom, het Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, uitgetrek ons tegemoet om te veg, maar ons het hulle verslaan

8  en hulle land ingeneem en dit as erfenis gegee aan die Rubeniete en Gadiete en aan die halwe stam van die Manassiete.

9  Onderhou dan die woorde van hierdie verbond en volbring dit, sodat julle voorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen.

10   Julle staan vandag almal voor die aangesig van die HERE julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters — al die manne van Israel;

11  julle kinders, julle vroue en jou vreemdeling wat binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter,

12 om oor te gaan in die verbond van die HERE jou God — en in sy eedswering — wat die HERE jou God vandag met jou sluit;

13  sodat Hy jou vandag vir Hom as volk kan bevestig en vir jou ’n God kan wees soos Hy jou beloof het, en soos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het.

14  En nie met julle alleen maak ek hierdie verbond en hierdie eedswering nie,

15  maar met die wat vandag hier saam met ons voor die aangesig van die HERE onse God staan, én met die wat hier vandag nie saam met ons is nie.

16  Want julle weet self hoe ons in Egipteland gewoon en hoe ons dwarsdeur die nasies getrek het waardeur julle getrek het.

 

17 En julle het hulle verfoeisels en hulle drekgode, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien,

18 sodat daar onder julle geen man of vrou of geslag of stam mag wees wat sy hart vandag van die HERE onse God afwend om die gode van dié nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat gif en wildeals dra nie,

19 en as hy die woorde van hierdie eedswering hoor, homself dan in sy hart gelukkig prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart wandel — om so die bewaterde saam met die dorstige weg te ruk!

20 Die HERE sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die toorn van die HERE en sy ywer teen dié man rook, en die hele vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus; en die HERE sal sy naam onder die hemel uitdelg.

21 En die HERE sal hom tot sy ongeluk van al die stamme van Israel afskei volgens al die vloeke van die verbond wat in hierdie wetboek geskrywe is.

22 En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit ’n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die HERE daarin laat uitbreek het —

23 ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat die HERE in sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het —

24 en al die nasies sal sê: Waarom het die HERE so met hierdie land gedoen? Wat beteken hierdie groot toorngloed?

25 Dan sal hulle antwoord: Omdat hulle die verbond van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit Egipteland uitgelei is,

26 en hulle ander gode gaan dien en hulle daarvoor neergebuig het, gode wat aan hulle nie bekend was nie, en wat Hy hulle nie toebedeel het nie,

27 daarom het die toorn van die HERE teen daardie land ontvlam om daaroor die hele vloek te bring wat in hierdie boek geskrywe is.

28 En die HERE het hulle uit hulle land uitgeruk in toorn en in grimmigheid en in groot verbolgenheid; en Hy het hulle weggeslinger na ’n ander land, soos dit vandag is.

29 Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie