Dit is gebruiklik dat politieke partye en politieke ontleders kommentaar lewer oor die beherende party se vooruitsigte en planne vir die jaar wat voorlê. Om egter kommentaar te lewer oor die beplanning van ‘n renegaat terroriste organisasie wat in beheer van jou land gekom het deur die verraad van die regering wat deur die wettige kiesers van jou land verkies is, is, ‘n beproewing!Om te beleef hoe daar na twintig jaar van so ‘n regime se berowing van die blanke belastingbetaler se swaarverdiende inkomste, met alles wat daarmee opgebou is, stuk vir stuk verteer word, en dan te moet aanhoor uit die voordrag van Zuma hoe “gesond” Suid Afrika is terwyl dit vir elkeen met slegs beperkte begrip duidelik is dat Suid Afrika terminaal siek is, is erger as ‘n beproewing. Dit is vergelykbaar met besmetlike misgeboorte.By herhaling stel Zuma dit dat Suid Afrika ‘n beter plek is om te woon as tydens apartheid. Dit moet egter duidelik gestel word dat Zuma op die vooraand van die verkiesing, sy verlore aansien en dié van die ANC probeer terugwen deur soveel kleur aan die toekoms te gee as waarmee dit moontlik is om kiesers wat alles glo wat hulle hoor en blind is vir wat hulle sien, kan betower! Hiervoor word gebruik gemaak van oordadige statistiek en van veral aanhalings uit die “struggle” tydperk met ongekwalifiseerde beskuldigings teen die Afrikanerregering se “ state-sponsored violence of the 1980s and 1990s in our townships and villages.”
Dit word verswyg dat die ”townships and villages” woonplekke was vir swartmense wat in hulle eie lande nie inkomste kon verdien omdat hulle nie instaat was om werk te skep deur ontwikkeling nie en derhalwe in Suid Afrika, die blanke Afrikaner se land, ‘n heenkome by die blanke kom soek en gekry het.
Wat dus uit Zuma se staatsrede vir Afrikaners belangrik is, is om te let op die regime se fokus om alle name en geskiedkundige plekke en herdenkings te vervang met ander om die Afrikaner se eienaarskap van Suid Afrika uit die geskiedenis uit te vee. Dit word met behulp van die DA en liberale Afrikaners wat ontrou geword het aan hulle eie volk en land, met allerhande slenters van menseregte, gelykheid, vryheid en broederskap toegepas. Veral in die skool, kultuur, kerk en sportliggame terwyl die beeldradio, advertensies, tydskrifte en vermaaklikheidsdienste met ywer aangewend word om patriotisme en veral nasionalisme af te breek en brûe te bou wat die Afrikanervolk en sy geskiedenis moet vernietig, sodat die wêreld kan aanvaar dat die swartes regmatig oor Suid Afrika regeer.
Zuma raak bv. die volgende snert kwyt.
We have built strong institutions of democracy. We buried the undemocratic, unrepresentative, oppressive and corrupt state that was serving a minority. We formed a unitary, non-racial, non-sexist democratic state, answerable to and representative of all South Africans. We created a thriving constitutional democracy, with well-functioning arms of the state –the legislature, the executive and the judiciary. We have Chapter 9 institutions which support democracy and protect the rights of citizens. Liberation and democracy have also created space for an active civil society and a free media. Liberation also brought for the first time, the promise of gender equality. The representation of women in public institutions has increased considerably since the dawn of freedom, and the extension of basic services also benefits women.
Wanneer hy dan verswyg dat die “benefits to women” ‘n slenter was om die blanke vrou in ‘n posisie te kry waar sy onder die swarte se gesag blootgestel is aan sy teenstrydige morele en waardestelsel teenoor die van die blanke, dit nie die werklikheid verteenwoordig nie soos wat die volgende stelling feitlik ‘n streep trek deur alles wat hy hierbo kwytgeraak het.
All these attributes have made South Africa a much better place to live in now than it has ever been. However, our country still faces the triple challenge of poverty, inequality and unemployment, which we continue to grapple with. Dealing with these challenges has become a central focus of all democratic administrations.
Die ANC se vyf fokuspunte sal die Afrikaner ook net verder benadeel en moet ons daarop bedag wees.
We elected to focus on five priorities, education, health, the fight against crime and corruption, rural development and land reform as well as creating decent work.
Die agteruitgang sedert 1994 in die onderwys en gesondheidsdienste het met elke nuwe benadering wat die ANC probeer het, net versleg. Daar is niks wat daarop dui dat dit nou sal verbeter nie. Die astronomiese salarisse en “werkskepping” deur oormatige aanstellings van amptenare en werkers wat dienslewering nie ‘n snars verbeter het nie, sal oor die korttermyn dalk vir die verkiesing iets beteken, maar vir die land net meer hangende ondersoeke terwyl die oortreders met volle betaling tuis vakansie hou.
‘n Saak wat hy gladnie aanraak nie, wat in twintig jaar deur die ANC-regime ignoreer word, is die talle moorde op blankes deur swartes. Die feit dat daar meer swartes as blankes vermoor word is géén argument teen hierdie barbaarse onmenslikheid wat deur bv. ‘n DA- Raadslid aangevoer word nie. Hierdie stelselmatige uitwissing van die blanke in Suid Afrika word voortgesit en deur haatspraak aangevuur terwyl die instansies wat dit moet verhoed, hulle doof en blind hou daarvoor.
Rural development, land reform as well as creating decent work, is al drie sake wat die Afrikaner as teiken opgestel het om van sy grond, sy dorpe en stedelike ontwikkeling en werksgeleenthede wat nog hier en daar bestaan, te ontneem en aan swart deurbringers te oorhandig.
Met verwysing na die padnetwerk wat verbeter is, verwys Zuma nie na die tolstelsel wat hy goedgekeur het nie en insgelyks verwys hy ook nie na die verval van die res van die land se padnetwerk wat verwaarloos word en motoriste miljoene rande kos aan bande, wielvellings, onderstelle en ongelukke waar selfs lewensverlies ter sake is nie.
Daar is van die jong Turke in die politiek wat ons ouer garde kritiseer as onnodig negatief. Hulle uitgangspunt is om liewer positief te probeer saamwerk met die ANC om hulle beheer en bestuur van Suid Afrika te maak werk in almal se belang. Die AVP stel dit opnuut onomwonde: Dit is nie moontlik nie, dit kan en sal nie werk nie en is so deur die geskiedenis bewys en nou weer bevestig! Hoewel hierdie standpunt niks met rassisme of “supremacism” te make het soos wat ons beskuldig word nie, is dit nie in die Imperiale moondhede en die ANC se belang om dit te erken nie. Elkeen van hulle het hulle eie agenda en dit sluit die Afrikanervolk uit, behalwe as jy dink om assimileer te word en jou geskape identiteit op te gee! Bedank dan liewer openlik as Afrikaner soos sommige dit alreeds gedoen het of kom tot jou sinne en aanvaar die riglyne uit die geskiedenis sodat daar duidelike skeidslyne kan kom en die Afrikaners kan konsolideer. Om tegelyk ‘n Afrikaner, ‘n Suid Afrikaner en Afrikaan te wees is ‘n onsinnigheid wat net in die denkbeeld van die DA kan bestaan. Dit, terloops, verskil ook niks van die terme Afrikaanses wat die siening van Martin Meyer van die DA beklemtoon en ‘n bespotting van Nasionalisme maak.