Ons is reeds diep in die eerste maand van 2014 en lê die spore van 2013 se verval, korrupsie, moord en onsekerheid, diep getrap agter ons. Die AVP wil egter waarsku dat die sporadiese aanvalle waarna ons verwys het met die oog op die sg. “Nag van die lang messe”, sy neerslag vind in verhoogde aanvalle en moord op enkele huisgesinne. U moet asb. U paraatheid opskerp! Al die pogings tot samehorigheid onder Afrikaners het in 2013 tot niks gekom nie en word daar reeds weer oral beplan om Afrikaners in hierdie jaar bymekaar te bring. Indien die gesindheid, en oogmerk met die bymekaarbring van Afrikaners egter nie ingrypend verander teenoor die pogings van 2013 nie, sal ook 2014 verbygaan met net nog ‘n groter verskeurde en verdeelde volk wat al verder agteruit gedwing word, nie net van sy bates nie, maar ook van sy reg as ‘n volk op ‘n eie taal en identiteit!
GETALLE IS ‘N AFRIKAWAPEN
Die blote saambring van mense, sonder dat daar ‘n duidelike politieke doel, waar almal in terme van beginsel en beleidsbenadering op mekaar afgestem is, het géén blywende waarde nie en is nou al oor en oor bewys. Getalsterkte is ‘n Afrikawapen wat ook vir die swart rasse slegs teen die Afrikaner ‘n waarde gehad het, toe die de Klerkregering daarin geslaag het om die blanke kieser te oortuig (gelees oorrompel) het dat gelykstelling met die swarte binne die blankbeheerde grondgebied, in belang van die Afrikaner se voortbestaan is. So het dit in Suid Afrika dan gebeur en is die Afrikanervolk effektief van sy politieke mag deur getalleoorheersing ontneem soos wat by herhaling voorspel en gewaarsku was.
DIE BELEMMERING VAN SAMEWERKING
Die vraag is nou, wat was dan verkeerd met die gesindheid en oogmerke van die onderskeie organisasies wat hulle beywer het om “in belang van die Afrikanervolk” op te tree en aksies te loods, sonder sukses? (Ek plaas dit in aanhaling omdat sommige organisasies steeds nie hulle werklike doel openlik stel nie uit vrees dat dit verwerp sal word!) Wat die gesindheid betref, is daar hoofsaaklik twee strome: Die stemmers en die nie-stemmers. Hierdie verdeling lê aan die wortel van die huidige wantroue onder Afrikaners omdat die stemmers bereid is om die stelsel soos wat hy nou daaruit sien te aanvaar en pogings in samewerking met die regime aanwend om die stelsel te maak werk, terwyl die regime, ongeag die retoriek, die blanke uit Suid Afrika wil verdryf deur moord, verkragting, finansiële uitbuiting en onteiening.
Volgens die stemmers is gelykstelling en samewerking die enigste haalbare strategie wat die Afrikaner weer by selfbeskikking gaan uitbring. Hierdie siening is ook die inhoud van die “geheime” Broederbond- dokument wat reeds lank voor die 1994 abdikasie onder die “Super Afrikaners” sirkuleer is. Dit was en is vandag nog ‘n direkte afwyking van die bestaande Nasionale Party beleid soos wat dit tot voor John Vorster se presidentskap geformuleer, getoets en toegepas was met ongelooflike sukses en prestasie. Dié Broederbond benadering het voortsetting gehad in Toekomsgesprek van die KP, wat oorgegaan het en nou voortgesit word deur Volksbond, beide wat bloot verlenging van die Broederbond was en is.
WIE STEUN DIE BELEIDSVERANDERINGE?
Duidelike rooiligte wat geflits het toe elke Afrikanervyandige organisasie hierdie beleidsafwyking met oop arms ontvang, ondersteun en toegepas het, is in die wind geslaan en is daar werklikwaar Afrikanermense wat hulleself as behoudend beskou, wat al vir die DA gestem het en ander mense nou nog probeer oortuig om saam met hulle in die komende verkiesing vir die DA te stem.
Die tweede probleem is die uiteenlopende sienings oor die doel of oogmerk waarom Afrikaners nou moet saamstaan. Die kwessie van, hierdie land is ons land, versus die volkstaatjie wat by die Regime afgesmeek moet word, (die “mooi” woord is onderhandel), het ‘n diep verdeeldheid en wantroue onderling in Afrikanergeledere ontketen. Die twee teenpole is saamwerk versus verset!
TWEE BEKOMMERNISSE
As daar na die media gekyk word, is daar egter twee baie belangrike onmiddellike kwellings onder ons volksgenote wat angstigheid veroorsaak en by die bestaande onsekerheid, ‘n drang tot ontvlugting ontketen. Hierin is dit nie net emigrasie waarna gekyk word nie maar leiding en leierskap wat sekuriteit skep. Die twee kwellings is veral grondhervorming, oftewel grondgryp wat ook totale besit omvat, en dan veiligheid! Fisiese lewensbedreigende aanvalle, moord en verkragtings wat telkens met marteling en verminking gepaard gaan. Die huidige verdeling onder Afrikaners waar sommige wil saamwerk en ander in verset wil wees dra niks by in die beswering van die genoemde twee kwessies wat ontvlugting in die hand werk nie.
WAT NOODSAAKLIK IS, IS POLITIEKE EENHEID
Indien die Afrikanervolk sy bestaansreg wil handhaaf, is bogenoemde die terreine waar ons ernstig aandag aan moet gee, riglyne opstel sodat daar nie twyfel bestaan oor ons siening en beleidsrigting wat ons volg en waarop ons ons volksgenote wil saamneem deur oortuiging van die uitvoerbaarheid en kans op suksesvolle deurvoering daarvan nie. Dit is egter hierdie oortuiging waarna ek hierbo verwys waar die knoop lê. Indien daar nie ‘n duidelike politieke doel, waar almal in terme van beginsel en beleidsbenadering op mekaar afgestem is bestaan nie, is die beste pogings tot samewerking nie haalbaar nie. ‘n Bewys hiervan setel in die KP, AWB en ander se weiering om die beste benadering wat daar destyds was om dit wat ons vandag beleef, te kon afweer. Mnr. Jaap Marais se oproep, “Stuit de Klerk” is sonder geldige rede afgewys terwyl mnr. Marais se standpunt onweerlegbaar meriete gehad het en de Klerk gestuit sou kon word indien sy gestruktureerde benadering aanvaar was. Die Broederbond agenda wat deur die onderskeie leiers van ander partye en organisasies gevolg is, was die beletsel van die ondersteuning en samewerking in ‘n haalbare versetaksie wat ‘n verkiesing sou afdwing waarin de Klerk verslaan sou gewees het.
In onlangse debatte oor selfbeskikking en rassisme is die verdelingslyne duidelik wat die stryd vir Afrikanervryheid kortwiek deur tyd te koop vir ons vyande, wat hulle in staat stel om hulle doel met ons te bereik soos wat die weermag se 80/20 beleid na die moord op dr. Verwoerd, vir die politici tyd gekoop het om politieke skikkings met ons vyande te bereik. Daardie skikkings het tot vandag toe vir die Afrikaner niks anders as ellende tot gevolg gehad nie, in teendeel het dit ons ons land gekos wat nou daagliks geruïneer word en enkele swartes tot miljoenêrs bevorder het! Om dit te kon deurvoer is die swaard van ‘n bloedbad en burgeroorlog oor ons hoofde gehang!
Nêrens in die wêreld is rasvermenging egter ‘n sukses nie soos wat die AVP al by herhaling met bewys beskryf het. Ek haal ‘n onlangse betoog uit Holland aan wat ook op ons webblad verskyn het.
724 DIE SEËNINGE VAN DIE REËNBOOGNASIE(6) 9843
De gelukkigen uit de witte enclave die hun huis hadden kunnen verkopen trokken nog verder van hun oorspronkelijke woonplaats of stad weg teneinde de multikulti voor te blijven maar aangezien die vreemdelingen toch ergens moesten wonen zou het ook niet lang duren voordat ze daar hun opwachting maakten en de geschiedenis zich herhaalde.
Wij durven gerust te stellen dat door het maar blijven binnenhalen van deze veelal onaangepaste vreemdelingen de talloze Europese wijken in steden als Wenen, Zürich,Berlijn, Amsterdam en Brussel zijn verworden tot ghetto's waar het zeer slecht toeven is.
We schreven u dat er de laatste jaren een kentering te bespeuren valt en politici die eerst die veelkleurigheid voorstonden, zich afvragen of het idee van een multikulturele samenleving niet hopeloos mislukt is alleen vragen wij ons af: Is het niet al veel te laat om tot die conclusie te komen?
Een nationalistische partij als Vlaams Belang heeft jaren geleden al gewaarschuwd dat die massaimmigratie 'n tikkende tijdbom is. Met andere woorden het is al lang geen twaalf uur meer maar al vijf over twaalf. De multikulti snelkookpan borrelt en pruttelt en is reeds op het punt dat zij overkookt.
FLIP BUYS EN DUS SOLIDARITEIT EN AFRIFORUM SE SIENINGS OOR SELFBESKIKKING EN RASSISME
REGEER ONS GOED OF ONS DOEN DIT SELF, SKRYF FLIP BUYS.
Selfbeskikking is ’n baie omstrede begrip in die Suid-Afrikaanse konteks.
Teenstanders glo dis net ’n sagter woord vir apartheid en moet sterk bekamp word. Voorstanders daarvan hou vol selfbeskikking is in ooreenstemming met internasionale reg en dat Afrikaners ook daarop geregtig is.
Wat is die feite? Die beginsel van selfbeskikking is inderdaad in ooreenstemming met internasionale reg en is ’n geldige strewe wat ook deur die Grondwet in art. 235 erken word.....................
AVP STANDPUNT
In ‘n Media verklaring deur mnr Pieter vd. Spuy van die AVP oor die reg op selfbeskikking en die grondwet, op 3 Mei 1996, het hy sy verbasing uitgespreek oor die Vryheidsfront se aankondiging dat hy die beoogde artikel 230 van die nuwe grondwet (wat later artikel 235 geword het terwyl die inhoud dieselfde gebly het), as ‘n groot deurbraak vir die erkenning van die reg op selfbeskikking beskou. Mnr. vd Spuy het gesê die Vryheidsfront probeer in sy verklaring die indruk skep dat die reg op selfbeskikking van gemeenskappe nou konstitusioneel erken en beskerm word terwyl dit hoegenaamd nie die geval is nie.
Mnr. vd Spuy het verder daarop gewys dat artikel 230 niks anders bepaal as wat in die 1994 grondwet bepaal is nie, naamlik dat geen volk of groep die reg op selfbeskikking het nie. Die enigste selfbeskikking is die van die Suid Afrikaanse bevolking in die geheel. Dit was uitdruklik bepaal in artikel 1 wat verklaar dat die Republiek van Suid Afrika een soewereine demokratiese staat is.
Artikel 230 maak dit duidelik dat enige erkenning van ‘n vorm van selfbeskikking wat moontlik in die toekoms aan ‘n groep verleen mag word, onderhewig sal wees aan die beginsel dat Suid Afrika in sy geheel ‘n eenheidstaat is. Die nuwe grondwet verbied dus in effek die verlening van selfbeskikking in ‘n soewereine, onafhanklike volkstaat. Dit is volkome in ooreenstemming met die ANC standpunt dat ‘n volkstaat vir die Afrikaner nooit erken sal word nie.
DIE HNP SE DWALING
Die HNP leiding se selfvernietigende afwyking van geykte beginselstandpunte begin al duideliker sigbaar word in hulle assosiasie met die sg. “Volksraad”. Standpunte soos dat daar nie met jou vyand onderhandel word oor dit wat jou eie is nie, dat hierdie land ons land is, dat daar nie met die swart kommunistiese regime onderhandel sal word nie, word nou deur die “Volksraad”, waarvan die leier van die HNP ook die president en voorsitter is gekanaliseer. Erkenning dat die swart Kommunistiese regime ‘n aanspraak op Suid Afrika het word gevestig deur met hulle te onderhandel. Dit skep ook die indruk van ‘n wetmatigheid waaroor hy nie beskik as gevolg van die onwettige wyse waarop hy aan bewind gekom het nie.
Bewys van enersyds die voorspelde nutteloosheid en andersyds die gepaardgaande vernedering van die Afrikanervolk en Witman, is sigbaar in die verslag van die leier van die HNP wat die voorsitter van die “Volksraad” in die onderstaande onderhandelings was.
Boere-Afrikaner Volksraad se voorspelde futiele onderhandelings oor die kleurgrens.
Die Volksraad het gister ‘n gesprek gevoer met die SA Menseregtekommissie na aanleiding van die klag wat die Volksraad op 3 Desember by die Kommissie teen die SA Regering gelê het weens laasgenoemde se versuim om uitvoering te gee aan sy konstitusionele en volkeregtelike verpligtinge met betrekking tot selfbeskikking van volkere, en spesifiek die Boere-Afrikanervolk.
FLIP BUYS : NEO-APARTHEID
Die probleem is dat Afrikaner-selfbeskikking in Suid-Afrika ’n verregse kleur gekry het en met ’n terugkeer na apartheid vereenselwig word. Dit spruit veral voort uit die politieke vergiftiging daarvan deur sommige verregse heethoofde wat die begrip met koddige neo-apartheidsplanne belaglik gemaak het. Terselfdertyd het dit ammunisie gebied vir teenstanders om die planne as agterlik en rassisties af te skryf. Daarby het die ANC natuurlik ’n sterk magspolitieke beweegrede om die gevaar van ’n “terugkeer na apartheid” te gebruik om hul strewe na totale oorheersing van die samelewing te regverdig.
Die vraag is wat die kanse tans op onmiddellike selfbeskikking in Suid-Afrika is. Die antwoord is nie positief nie. Hoewel ’n reg op selfbeskikking bestaan en die strewe in die Grondwet erken word, bestaan daar nie ’n pasklaar “Afrikaner-selfbeskikkingsgebied” wat net vry gestem, in ’n hof gewen, deur onderhandeling verkry of selfs vry geveg kan word nie. Daarvoor is Afrikaners oor die land heen net te yl versprei en maak hulle nêrens ’n natuurlike, betekenisvolle meerderheid uit nie. Dieselfde rede waarom die Afrikaner sy selfbeskikking verloor het, maak dus steeds die herstel daarvan onmoontlik................
AVP: Om te sê dat die Afrikaner sy selfbeskikking verloor het omdat hy net te yl oor die land versprei is en nêrens ‘n betekenisvolle meerderheid uitmaak nie, is ‘n flagrante verdraaiing van die werklikheid wat onderlinge wantroue versterk en kontraproduktief inwerk op die aanvaarding van Buys se opskrif: REGEER ONS GOED OF ONS DOEN DIT SELF. Om die waarheid te sê, dit maak hom verdag omdat die verraad van die NP nie in die donker plaasgevind het nie en veral omdat sy opskrif enersyds die persepsie skep dat hy aanvaar dat die ANC ‘n reg het om oor ons te regeer, en andersyds dat die moontlikheid wel bestaan dat ons ons politieke mag sal terugneem. Die Engelstalige wêreld noem dit “double speak”.
NOG DOUBLE SPEAK
BEPALINGS EN VOORWAARDES (BUYS GAAN VOORT)
Die reg op selfbeskikking is nie absoluut nie en moet opgeweeg word teen ander geldige regte.
Die belangrikste daarvan het te doen met die menseregte van die gebied se ander inwoners. Daar is nie ’n kans dat voorstanders van Afrikaner-selfbeskikking hul regte erken sal kry ten koste van die menseregte van nie-Afrikaners wat in dieselfde gebied woon nie.
SKREFIESDEUR
Dit beteken nie dat die deur op selfbeskikking heeltemal gesluit is nie – ’n paar moeilike, dog werkbare moontlikhede bestaan wel – ten minste vir interne vorme daarvan. Geen verstandige gemeenskap op hierdie onstuimige vasteland behoort die skrefiesdeur op selfbeskikking toe te maak nie. Daardie reg is in die Grondwet vervat en dit is net verantwoordelik om die deure van alle moontlike grondwetlike ruimtes en geleenthede oop te hou.
’n Grondwet is tog nie soos ’n spyskaart waar net sommige regte gekies word nie – regte wat bestaan, mag en moet opgeneem word. ’n Betreklik ongewilde minderheidsgroep sal polities roekeloos wees om enige oop deur self te sluit. (‘n Wortel wat nie bestaan nie, word herhaaldelik voorgehou. AVP.)
Die strewe na selfbeskikking kan op ’n wettige, verstandige manier (miskien onder ’n meer aanvaarbare naam) as ’n soort strategiese risikobestuursplan bevorder word.
Mense wat so ’n “agterdeur-opsie” summier as onwenslik en onwerkbaar wil afskiet, moet dit billikheidshalwe eers opweeg teen die risiko’s van permanente ondergeskiktheid van hul eie toekoms aan die ANC.
Anders gestel, hulle moet die waarde wat so ’n risikobestuursplan kan toevoeg, eerlik opweeg teen die kanse dat die ANC hulle oor die volgende 20 jaar beter gaan regeer as wat die afgelope 20 jaar die geval was.
GROEIENDE SELFBESKIKKING
Wat is die praktiese moontlikhede vir selfbeskikking? Bevolkingswerklikhede is die belangrikste bepaler.
In ’n vervlegde gebied word die kans op selfbeskikking beperk deurdat die meerderheidsgroep ten nouste daardeur geraak word. Dít sluit die digbevolkte dele van die land uit omdat selfbeskikking daar van ANC-instemming afhanklik sal wees.
Daar is twee oorblywende moontlikhede. Die eerste is om interne selfbeskikking in ’n ylbevolkte gebied van “onder” af te ontwikkel soos die plan wat Orania het om die dorp tot ’n moderne stadsgebied uit te bou.
Die tweede is om ’n Afrikaner-stad in ’n digbevolkte gebied te ontwikkel soos die Kleinfontein-projek naby Pretoria. Albei strategieë sal op twee spore moet beweeg: praktiese ontwikkeling en die erkenning daarvan deur onderhandeling en samewerking met die owerhede. Hierdie model kom neer op “groeiende selfbeskikking” en is ver verwyder van die rassevolkstaatkaarte van vroeër. Dié twee projekte het wel nog talle leemtes, maar hulle behoort gehelp te word om dit reg te stel, eerder as om dit ook verlore te laat gaan. Dit kan net werk as dit van enige sweem van rassisme ontkoppel word en as dit as toegevoegde waarde vir die hele land gedoen word, byvoorbeeld as ’n mededingende alternatief vir emigrasie.
Hierdie planne kan aanvullend tot die Solidariteit Beweging se strategie wees, naamlik om oral behoorlike regering te verseker, landwye gemeenskapsoutonomie te ontwikkel met sterk selfdoeninstellings en om skikkings oor knelpunte met die owerhede aan te gaan.
Die Romein Sallust het tereg gesê dat min mense vryheid begeer; die meeste wil net regverdige heersers hê. Die geskiedenis het bewys dat mense wat nie goed regeer word nie, uiteindelik daarop aandring om hulself te regeer. Die vrees vir dié aandrang is gewoonlik genoeg om selfs die swakste regering reg te ruk.
• Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Dié politieke insig van Buys, wat hy stel bó die van Genl. Hertzog, dr. Malan, adv. Strydom, dr. Verwoerd en mnr. Jaap Marais, asook talle nasionaliste van naam, laat ‘n mens duisel oor sy voortvarendheid. As daar dan nog in gedagte gehou word dat dit blanke vakbondledegeld is wat hy gekaap en Solidariteit mee opgebou het en waaruit ook Afriforum ontstaan het, dit mens ook noukeurig laat kyk na sy standpunt oor rassisme.
FLIP BUYS OOR RASSISME DES. 2013
MENINGSVORMERS PRAAT OOR NUUS EN AKTUELE SAKE: Rasse-argumente benadeel Afrikanersaak
Deur Flip Buys op 4 Desember 2013 uitvoerende hoof van Solidariteit
Dit is vreemd dat voorstaanders van ‘n bepaalde saak, in die praktyk soms die grootste vyande daarvan is. Die bekendste voorbeeld is waarskynlik Julius Malema, wat in sy tyd as ANC Jeugleier met sy haatpolitiek man-alleen die Mandela-beeld van die ANC afgebreek het. Kiddi Amin, het ‘n slim joernalis hom veelseggend gedoop.
Maar hierdie verskynsel is ook algemeen onder Afrikaners, wie se goeie naam en mooi ideale al dikwels beswadder is deur sommige ‘Afrikaner-leiers’ se swak gedrag of dom optredes. Die jongste voorbeeld hiervan is Dan Roodt se gebruik van rasse argumente, skynbaar in ‘n lomp poging om die Afrikanersaak te bevorder deur te probeer ‘bewys’ hoe dom swartmense nou regtig is, veral gemeet teen geleerde wit rassiste.
Al wat sulke mense en hul argumente regkry, is om nog meer verbete vyande vir Afrikaners te maak, en om talle gematigde Afrikaners te vervreem van enige iets wat Afrikaans is. Deur swak argumente te gebruik, word ‘n goeie saak polities verder besoedel en vernietig. Sulke argumente bevestig al die vooroordele wat daar teen Afrikaners bestaan, en gee gratis kanonkoeëls vir ons teenstaanders wat ons reeds niks gun nie. Dis vir Afrikaners nou ‘n goeie tyd om eerder vriende as nog vyande te maak. Ons is reeds een van die mees gehate groepe in die land, en daar is geen rede om onsself nog verder te verneder en ongewild te maak nie. Daar is ‘n baie groot verskil tussen ‘n pro-Afrikaner standpunt en ‘n anti-swart houding, ek kon nog nooit begryp hoekom daar mense is wat dit wil vermeng nie.
Afrikaners het ‘n goeie saak, en dis nie nodig om dit met swak argumente self verder te benadeel nie. Daarom het ons sedert die beginjare van die opbou van die Solidariteit Beweging, besluit om ons saak verstandig, oordeelkundig en geloofwaardig uit te bou. Ons speel altyd hard, maar nooit vuil nie. Ons veg vir die Afrikaner se waardigheid, maar gaan nie ander se menswaardigheid in die proses probeer afbreek nie. Ons eis niks op wat ons nie vir ander gun nie. Ons weet hoe dit voel om beledig te word, en beledig nie ander nie. Ons veg teen rassisme, en kan nie dan self rassisties wees nie. Ons droom is om ‘n toekoms te skep waarin die Afrikaner ook blywend vry, veilig en voorspoedig kan wees. Die voorwaarde hiervoor, is wedersydse erkenning en respek tussen alle groepe in die land. Dis Onchristelik om haat tussen rassegroepe aan te wakker.
Daar is minstens 5 redes hoekom ek teen rassistiese argumente is, veral as dit gebruik word om die Afrikanersaak te ‘bevorder’.
1. Dit is verkeerd
Die wetenskaplike hoofstroom se gevolgtrekking is al dekades lank dat daar nie biologiese verskille bestaan wat een ras minderwaardig maak nie. Klein groepies afvalliges se menings verander niks hieraan nie. Die verskille in kultuur, ideologie, tradisies, instellings, geografie, omstandighede en geleenthede wat verskillende prestasies tot gevolg het, het niks met ras te doen nie.
2. Dis moreel tereggestel
Rasbegronde argumente is moreel tereggestel deur gebeure in Nazi-Duitsland. Wie hierdie spook weer probeer oproep, vernietig sy eie saak. The moral high ground is the best place to site your artillery.
3. Dis onsinnig en nutteloos
Rasargumente is ‘n politieke doodloopstraat, sonder enige sin of nut. Dit maak wêreldwyd vir Afrikaners nog vyande, en is ‘n verleentheid vir die oorgrote meerderheid Afrikaners wat rassisme soos ‘n aansteeklike siekte wil vermy.
4. Dit kan die Afrikaner vernietig
Afrikaners is ‘n krimpende en ongewilde minderheid in ‘n al vyandiger omgewing. Rasse-argumente wek net verdere haat en woede aan, en speel in die hand van die Malemas wat ‘n rasse-oorlog aanhits om hulle politieke doelwitte te bevorder.
5. Vryheid teenoor Apartheid
‘n Geregverdigde vryheidstrewe wat op die regte manier bevorder word, is internasionaal aanvaarbaar en kan bykans onoorkomlike struikelblokke oorkom. Maar haatpolitiek wat die indruk probeer skep dat Afrikaners wat na Vryheid streef, maar net rassiste is wat wil terugkeer na Apartheid, is gedoem tot wêreldwye teenstand en ondergang.
Afrikaners is vandag ‘n gewilde teiken van bykans al wat ‘n wet, beleid of regeringsuitspraak is. Ten spyte of selfs as gevolg daarvan, het ons ‘n goeie saak en groeiende aansprake op beskerming en die bevordering van ons historiese ideale. Maar dan moet ons nie polities selfmoord pleeg deur die goeie saak waarvoor ons staan te vergiftig met swak argumente nie. Ons toekoms en ons kinders verdien beter.
Gepubliseer in Die Warm Debat, Gemeenskap en kultuur | Sleutelwoorde afrikaner, raspolitiek, rasse argumente
Geskryf deur Flip Buys
Flip Buys is die Uitvoerende Hoof van Solidariteit. (AVP se beklemtoning)
Ons haal ook ‘n aantal kommentare aan om die uiteenlopende, verwarde en opponerende sienings oor hierdie kernagtige onderwerpe aan te dui.
alleman 4 Desember 2013 om 09:14
Dankie, Flip, vir hierdie leierskap. Net jammer dis jare te laat, en Solidariteit, Afriforum asook die VF het vir baie jare lank Dan laat begaan en ook aan hom ‘n platform gegee. As gevolg van hierdie gebrek aan leierskap oor rassisme die afgelope twintig jaar al, sien die deursnee Suid-Afrikaner bykans geen verskil tussen waarvoor die rassis staan, en waarvoor Solidariteit staan nie. Kan dit omgekeer word? Ek hoop so – dalk as hierdie nie bloot ‘n eenmalige artikel is, wat sonder enige opvolgwerk vergete gaan raak nie.
‘Andreas Meyer 6 Desember 2013 om 01:22
n meer gepaste artikel sal wees, “swak opportunistiese gebrek aan leierskap benadeel Afrikaner-saal.”
David 4 Desember 2013 om 10:08
Nee, Flip, jy kan maar vir jou kry. Vir jou gaan dit net oor die “Afrikaner”, ongeag sy identiteit, sy geskiedenis, sy agtergrond – solank die persoon Afrikaans, of Afferkaans is. Die Boere en die Boervolk as sulks bestaan nie vir julle nie. Indien julle die Boervolk se (hartseer) geskiedenis kan uitbuit om mee geld te maak, dan is julle skielik bewus van die Boervolk, maar o, wee, verder wil julle nie eers die Boervolk se bestaan erken nie – behalwe waar julle in jul Nasperspaleise en FW de Klerk paleise, die Boervolk se ondergang probeer bewerkstellig, sy mense hul geskiedenis beroof of verdraai, of om dié wat nog aanspraak sou kon maak op hul Boervolkverbintenis, so te breinspoel dat hulle tweekeer sal dink voor hul enigsins met die Boervolk sal wil assosieër. Ons is mos maar die “malletjie-regses” in jul oë. Of hoe?
Paul 4 Desember 2013 om 11:00
Totaal van die punt af, David – besef jy dit? Die artikel gaan daaroor dat dit teenproduktief is om ‘n groep te “bevorder” deur ‘n ander groep te beledig. Of dit nou “Afrikaners” of “Afrikaanssprekendes” of “Boere” of “die Boervolk” is – die beginsel bly dieselfde. Of wil jy argumenteer dat rassistiese argumente teenoor swart mense “die Boervolk” se saak bevorder?
Boelie Brand - Beste in die land 4 Desember 2013 om 16:46 Hoe de joos kom jou by die gevolgtrekking uit dat Flip die Afrikaner se ondergang probeer bewerkstellig? Gaan kruip terug onder jou Israelvisie klip in, man! Die res van die mensdom is nog nie so gesuip soos jy die tyd van die dag om jou argumente te volg nie.
Demokraat 7 Desember 2013 om 13:37
David, dis juis vanweë julle ongegronde en beledigende uitsprake dat julle die naam van die Afrikaner groot skade aangedoen het. As julle so bietjie meer van die werklikheid aan die dag lê, sal julle agterkom dat daar met julle houding en ideale nie baie vêr gevorder sal word nie. Inteendeel die toekoms gaan vir julle net donkerder word. Verder is jou aannames totaal verkeerd naamlik dat almal wat nie soos jy dink nie en nie rekening hou met die geskiedenis en ideale van die Afrikaner nie, so gerieflikheidshalwe daarvan vergeet word. Watter snert !! Nee David, tye het ongelukkig drasties verander en as jy nie daarmee rekening wil hou nie, moet jy ongelukkig sink. Jammer my vriend !
Paul 4 Desember 2013 om 10:53
Baie goeie artikel. As die enigste manier hoe jy kan aandui waarom jy op jouself “trots” kan wees, is om ander af te kraak, dan het jy ‘n GROOT probleem. Mens moet VIR jouself wees en nie slegs TEEN iemand anders nie.
Andreas Meyer 6 Desember 2013 om 01:26
Duidelik verstaan jy nie die artikel nie. Buys etiketeer ander met ‘n strooipop-argument en volg eintlik maar net uitgediende linkse cliches. Dit maak dan weer duidelik dat dit eintlik maar nodig is om self die begrippe in die debat te debateer. Anders kry ‘n mens homeopatiese nasionaliste soos Buys, wat maar net alles afwater om by wat hy dink die hoofstroom is te pas.
Michael 4 Desember 2013 om 12:40
Wat ek vreemd vind is dat mense so dom is om die verskil in IK van veskillende groepe mense – rasse – net eenvoudig verwerp. Die dom mense aanvaar maklik dat die Japanese se IK hoer is as die Westerlinge, maar moet net nie durf se dat die Westerlinge slimmer is as ander groepe nie.
Toe die mense van Europa met hulle bootjies om Afrika gevaar het, het die inwoners nog nie eens die wiel ontdek nie, en tot vandag toe is daar nog steeds groepe mense wat nog nie die wiel ontdek het nie, in Afrika en in Borneo. In een van Vasco da Ga Mama’s se dokumente vertel hy hoe hulle van die groepe mense wat hulle in Afika gevind het as tolke opgelei het, maar hoe verder hulle met die kus van Afika af beweeg het hoe dommer die mense is, en nie gebruik kan word nie. In ‘n boek geskryf in die vroee 1700 oor die ontwikkeling in Suid Afrika tot op daardie stadium, skryf dat die swart groepe wat aan die onderpunt van Afrika is “dom, lui, wil nie werk nie en le net heeldag in die koelte, en steel dan alles wat hulle kan”. Daar is wel die uitsondering. Net soos IK verskil tussen die selde groepe mense.
Tog aanvaar die dommense dat bv. daar ‘n verskill is tussen veskillende diere. Voordat die dom mense nou se ek vergelyk mense met diere, dit is nie my punt nie. Verskillende honde groepe is slimmer as ander groepe. Die Skaap hond is volgens kenners die slimste, en die Bassett hond deen van die domste groepe. Maak nie saak hoe veel opleiding jy aan die Bassett gaan gee nie, die honde groep sal nooit skape kan oppas nie. Bonobo ape is slimmer as Chimpanzees, wat weer slimmer is as ander groepe ape. Maar moet net nie durf waag om te se dat daar sekere groepe mense is wat slimmer is en ‘n hoer IK het as ander groepe nie, dan is jy rasisties. Hierdie dom mense wil ook dan voorgeer dat Swartes nie rasisries kan wees nie, en kom met idiotiese verduidelikings vorendag om hulle redes te staaf.
Ek doen al die afgelope 15 jaar besigheid in China en Amerika, en die verskil in Inteligensie is duidelik merkbaar. Ek het ook besigheid in Afrika gedoen to sowat 5 jaar gelede, maar het opgegee uit verstrasie. Ek het probeer om ‘n verskil te maak in Afrika, maar het gevind dit is nie moontlik nie. Wat ek wel gevind het is dat sekere groepe in Afrika, die nader aan Europa, baie inteligenter as die hoe laer af in Afika jy gaan. Dit is asof die dommes nog steeds dink die Aarde is plat en dat die Universe om die Aarde draai. Afika sal nooit verander solank as wat hy aan die Westerse standaarde gemeet word nie. Begin eerder om Afrika te verander op die Inteligensue vlak wat hy is. Dan meskien oor 200 of 300 jaar sal die groepe in Afrika wees waar die Westerse groepevandag is.
Chris du Plessis 4 Desember 2013 om 12:45 Ek stem nie gereeld saam met Flip Buys nie, maar die keer stem ek wel saam. Dis hoogtyd dat ons wegkom van ras en velkleur as ons selfbeskikking ernstig opneem. Volgens internasionale reg word selfbeskikking slegs erken vir volke (‘peoples’) en daarom moet ons aandring op Afrikaner selfbeskikking en nie wit- of blanke selfbeskikking nie. Dis die eeniste manier om internasionale steun vir ons saak van selfbeskikking te verkry.
OASE is voorstaanders vir AFIKANER SELFBESKIKKING en geniet reeds buitelandse steun vir hul konsep van Afrikaner selfbeskikking. Nou moet Flip en die Sol beweging nog net die moeite doen en uitvind Wat die konsep behels en hoe dit n werklikheid kan word want Afrikaners gaan nie oorleef in Suid Afrika met die huidige konstitusionel demokratiese bestel nie maak nie saak hoeveel geld daaraan spandeer word om minderheids regte te probeer beskerm nie.
Eksterne selfbeskikking bly die eenigste waarborg vir Afrikaners se oorlewing maar bg het dit nog nie aanvaar nie en verkies om voort te ploeter in die NSA. “Transformasie’ sal al hierdie pogings tot niet maak. Dis tyd om buite die boks te dink…..
Richard 4 Desember 2013 om 13:03 Flip, doen jouself ‘n guns en gaan maak ‘n draai op ou Dan Roodt se “Websaait” Nie net Dan Roodt self wat met sy “hogere” woorde en filosofie eindlik maar in “plein” woorde sê die ander rasse is dom nie. maar ook sy paar ondersteuners wat jy op al twee jou hande kan tel wat nie die “finesse” het soos ou Dan om “nie ‘n spade ‘n spade” te noem nie. Die paar ou kommentators wat daar uitgehou het en positiewe kritiese kommentaar probeer lewer het, is gou “doodgeskrou” en sommer verban ook, want onthou “sonder hulle se geldjie” sou ou Dan mos nooit “survive” as hulle nie hulle sin kry nie………
Abel Malan 4 Desember 2013 om 14:07
Vriende, kom laat ons nou nie probeer polities korrek wees ten einde vals agendas te bevorder nie. Daar is net een toets vir ‘n rassis: Gaan jy jou Boere-dogter met ‘n oop en lieftallige gemoed toelaat om met Sipho Nkosi te trou? As jy “ja” sê, is jy nie ‘n rassis nie. As jy “nee” sê, is jy ‘n rassis. Klaar en uit en gedaan, geen lang onsamehangende debatte nie!! Ek sê openlik en trots “nee”!
Simon 4 Desember 2013 om 14:38 Baie dankie meneer Buys vir die artikel, dit raak verwarrend om nou te bsin oor wat die regte pad is om te volg, veral as daar soveel stemme is wat mens se aandag soek. Wat us se is waar mens moet nie vyande maak van die mense met wie jy wil onderhandel nie. Mens vat mos kant met jou mense, maar ek dink nie die tyd is ryp vir oorywerige miltante askie of spraak nie. Daar is miskien nogg plek vir ons om vir onsself n plekkkie te kry waar ons onself as volk kan self kan regeer. Maar dit moet onderhandel word. Die engelse se mos, “keep your friends close, but your enemis closer”
Frank Cornelissen 4 Desember 2013 om 14:39 Dis duidelik dat Solidariteit die dun lyn van draadsitter probeer loop en ek beny hulle nie. Die een kant is die “verligte” Afrikaner wat op ‘n manier tog wil deel wees van die hoofstroom samelewing alhoewel hulle ontevrede is met die bestel. Die ander kant is die “regse Afrikaner” wat siek en sat is vir die spulletjie se gesteel, gemoor en blatante korrupsie en dit onomwonde sê. Ek dink Dan Roodt, Sunette Bridges en Steve Hofmeyr kan seker by die groep ingesluit word, siende hulle saam deel was van die Rooi Oktober veldtog waar Solidariteit geskitter het in hulle afwesigheid. Die probleem wat hier geskep word deur Dan Roodt as ‘n rassis uit te kryt om die ander kant gelukkig te hou, is ongetwyveld nadelig, want die sg. regse Afrikaner (wat eintlik maar gatvol Gematigdes is) het intussen aangegroei tot ‘n mooi lotjie wat begin dreun op nasionale en internasionale vlak, soos met Rooi Oktober ondervind is. Solidaritiet moet liefs bietjie huiswerk gaan doen oor hoeveel van hulle lede intussen die skuif gemaak het na “regs” toe om ‘n teenwig daar te stel teen die voortdurende aanvalle van die swart leiers, die geweldenaars en die blanke linkse ploerte wat soos skape agter die hoofskaap aanfletter. Om öorwinning te skree vir ‘n BEE hofsaak wat gewen is, doen regtig bitter min om die swaar gemoedere van die deursnee Afrikaner te lig wat daagliks uitgemoor word. So regtig Flip Buys, ek dink jy het ‘n ernstige flater began deur iemand wat daadwerklik iets doen om die Afrikaners se probleme uit te lig, soos die res van die ploerte as rassis te brandmerk!
Theo 4 Desember 2013 om 14:49 Ek glo enige party wat die afrikaner op watter wyse ookal in die nsa wil integreer is met n stiloorlog teen die afrikaner besig. Die vyand haat ons en leer hulle kinders ook so.die enigste weg vir afrikaner voortbestaan is onafhanklikheid.Abel malan,ek stem 100% met j saam.viva afrikaner-boere volksraad
Ben Geldenhuys 4 Desember 2013 om 15:16 “5. Vryheid teenoor Apartheid
‘n Geregverdigde vryheidstrewe wat op die regte manier bevorder word, is internasionaal aanvaarbaar en kan bykans onoorkomlike struikelblokke oorkom. Maar haatpolitiek wat die indruk probeer skep dat Afrikaners wat na Vryheid streef, maar net rassiste is wat wil terugkeer na Apartheid, is gedoem tot wêreldwye teenstand en ondergang.” Hiermee stem ek saam. Die feit dat ek lief is vir my eie, beteken nie dat ek ander haat nie. Net so is ons strewe na selfbeskiking, nie ‘n nostalgiese verlange na dit wat was nie, maar ‘n realistiese toekomsverwagting.
Deon 4 Desember 2013 om 15:28 Strategies in die huidige vrymesselaars wereld absoluut korrek Flip. Feitelik tussen Volksgenote is dr Dan absoluut reg maar hy skep probleme. Maar waarheid kan mos nie in die pad staan of oorleef teen die Nuwe Wereld Orde nie… wees verlig nie verkramp nie! Die wereld mening sal bestuur word. Daar is ‘n geheime FW plan wat hy losie-goedkeuring voor het. Dr Dan jy sal moet strategies word en FW glo dat hy goeie planne met ons Volk het…hy voer iets in die mou, hy het geld en goed versteek vir ‘n tyd soos nou, blanke woonbuurte en skole kom, plase is veilig, eiendomsreg verseker. (onthou Constant het gese die Volk sal 20 jaar moet wag? En ‘n paar sal dalk moet vou – maar dit maak takties sin. Min dae, die Soli-FW Stigting sal ons red.
theo 4 Desember 2013 om 15:33 Ons Boere Afrikaners is te ordentlik om hierde land te probeer deel met die massas wat nie soos ons is nie. Ons moet bloot vat en hou wat aan ons behoort en afstig van die huidige RSA. Ons moet en kan weer ons self regeer. Die gematigdes wat iets met die massas in die land wil probeer uitrig en wil deel of in hul howe stoe, sterkte vir julle. Ek en my mense soek VRYHEID om ons self te regeer deur God aleen as ons rigtingwyser.
Boelie Brand - Beste in die land 4 Desember 2013 om 16:37
Ja Theo So wie is jou “god”? Want in my oë, of die oë van enige regdenkende Christen, speel jy God oor die lewens van ander as jy besluit om ‘n oorlog te begin wat onskuldige mense en kinders se lewens gaan verwoes.
Vryheid en onafhanklikheid is ‘n goeie en ‘n eerbare ideaal wat ek met my hele wese steun… maar om jouself belangriker te ag as jou medemens en doodeenvoudig ‘n oorlog te begin om jou sin te kry is moreel onverdedigbaar. Dit is basies ‘n verklaring teenoor God wat sê “Ek het nou lank genoeg gewag vir Jou, ek neem sake nou in my eie hande – laat MY wil geskied”. Mooi, ne? ‘n Ware Christen doen wat hy kan, maar sonder om god te speel oor die lewens van ander.
Tobie Louw 4 Desember 2013 om 16:39
Ek verstaan Flip Buys se argument 100%. Dis niks nuuts nie en is presies dieselfde as wat die PFP, DP, DA en NP nog die hele tyd gebruik het. Dit kom daarop neer: kom ons aanvaar die ANC se beginsel van “nie-rassigheid” en werk daarvandaan, en hoop dan dat hulle nie te kwaad vir ons sal wees nie, en ons ook ‘n plekkie onder die son sal gun. Dis veral belangrik dat ‘n “burgerregtegroep” soos Solidariteit daardie selfde deuntjie sing, eenvoudig omdat daar gekleurde lede, dws betalende lede, gewerf kan word. Ons weet egter presies waar die land vandag sit, en watter wonderlike resultate deur nie-rassigheid opgelewer is: ‘n grondwet en stelle wetgewing wat rasse-diskriminasie regverdig, aanmoedig en aanstook. Ek betwyfel dit uiters sterk dat die ras-argument Dan Roodt/Praag of welke groepering se uitgangspunt is en die grondslag waarop al hul argumente berus. Die holrug geryde teenwerping teen die uitwys van die feite van die lewe, nl. ras- en kultuurverskeidenheid, wat nouliks van mekaar geskei kan word, is niks anders as ‘n strooipopargument. Roodt se argumente word summier van die tafel afgevee, eerder as direk aangespreek, ter wille van die funksionele nuttigheidswaarde wat Buys daarin sien om voort te stu met Solidariteit. Dit kom voor asof Buys aanvoorwerk doen vir die optimistiese siening dat Solidariteit weldra gaan slaag waar De Klerk en kie misluk het. Herinner my aan die SAKP/ANC/Cosatu-alliansie wat beweer die Russe en Oos-Europeers het nie mooi geweet hoe om kommunisme te laat slaag nie, gee nou net die Alliansie kans en kyk na die suksesse wat hul gaan behaal.
catryn 4 Desember 2013 om 17:26 Stem saam oor rasdiskriminasie en afbreking. Ons Afrikaners moet ophou om onsself af te breek of deure toe te maak. Oral in die wereld kom wit en ander rasse voor, maar elke land het hul eie kulture, nes ons Afrikaners ons eie kultuur het. Wees trots daarop. Aangesien Flip Buys nou so eerlik oor ras skryf, het dit ook tyd geword vir die Afriforum, Solidariteit, Afrinet (waar FW de Klerk gasheer is), FAK en al die ander organisasies van hulle, om eerlik te wees met al die Afrikaners, oor hulle verbintenisse met die Afrikanerbond, die destydse Broederbond en Vrymesselaars. Ek glo dit is kommerwekkend by almal van ons, waar ook bogenoemde organisasies staan oor Eksterne Selfbeskikking. Ons weet waarvoor OASE staan, dis vrylik op hul webtuiste en facebook beskikbaar, ons het een einddoel: Eksterne Selfbeskikking. Want my siening is ook, Afrikaner geld word tans gebruik en uitgegee aan akademia’s , munisipale dienste (soms waar baie immigrante voorkom) en regsonkostes, is dit nie maar weer eens ‘n herhaling van ons onlangse verlede nie? Gister se e-tol uitslag waar 12 advokate opgedaag het en alles met koste van die hand gewys is, daar was nie eers ‘n bespreking nie, ‘n goeie voorbeeld. Die Afrikaners gee aanhoudend geld uit, bou akademia’s, universiteite, skole, ens en die regering kom vat alles of nasionaliseer alles. Watse waarborg het ons as Afrikaners?
Slegs Eksterne Selfbeskikking is daardie waarborg.
Somerset (Sommie) Morkel 4 Desember 2013 om 17:42 Hier is mense wat hier kommentaar lewer asof hulle werklik weet wie God is.
Hulle god is egter nie die God vd Bybel, Jesus Christus nie.
Hy het gekom om mense met mekaar te versoen, jou vyande lief te he, diegene te seen wat jou vervloek, in vrede met jou buurman te leef ens.
En dit het bv niks met Marxisme, Vrymesselaarsdenke of Nuwe Wereld-Orde te doen nie – inteendeel.
Die vraag is wat is God se wil.
Hy het ons geroep – om in hierdie land te woon en lig en sout te wees.
Flip beskryf in die artikel hoe dit werk en hoe dit moet lyk: realisties, prakties – alhoewel glad nie maklik nie.
Maar hierdie kontra-mense leef in versugtende verset – en vind hul weg in ontvlugtingsdenke.
Hulle wil uit die situasie uit.
Wesenlik is hulle diep binne-in lafaards – met ‘n uiterlike houding van brawade.
Hulle vra nie na God se wil nie – hulle wil vir God voorskryf wat hy met hulle moet doen.
En Hy moet hulle asb apart neem en weg-neem… van ander skepsels van Sy koninkryk.
Na ‘n eie plek waar hulle ‘heilig’ as Afrikaners kan lewe – soos moderne monnike van Rome se tyd: afgesonder en nutteloos vir God tussen die beperkende mure van ‘n klooster van hulle eie maaksel.
Die randgroeperings wat suiwer Afrikaner-soewereiniteit nastreef, aanbid ‘n afgod van Afrikaner-nasionalisme en ‘n Afrikaner-Volkstaat (heeltemaal onrealisties)
Hy is ‘n god wat moet doen wat hulle wil, nie wat hy wil nie. Hulle ry agterstevoor die toekoms in.
Hulle sal saam met hulle afgod in die asblik vd geskiedenis beland, arrogante rassime en al..
Sterkte Flip – julle is op die regte pad. Mag die Here julle verder lei en baie wysheid gee..
Mike 4 Desember 2013 om 19:05 Ek het vrae rondom Flip se skrywe hy sê “Dis vir Afrikaners nou ‘n goeie tyd om eerder vriende as nog vyande te maak. Ons is reeds een van die mees gehate groepe in die land, en daar is geen rede om onsself nog verder te verneder en ongewild te maak nie” My vraag is, as ons een van die mees gehate groepe in die land is wat is die doel om dan nog te probeer kruip voor hierdie groepe wat jou so haat? Wat gaan Flip se Solidariteit doen aan die haat wat nooit sal ophou nie aangesien hulle nie selfbeskikking voorstaan nie? Flip skryf “Daarom het ons sedert die beginjare van die opbou van die Solidariteit Beweging, besluit om ons saak verstandig, oordeelkundig en geloofwaardig uit te bou. Ons speel altyd hard, maar nooit vuil nie. Ons veg vir die Afrikaner se waardigheid, maar gaan nie ander se menswaardigheid in die proses probeer afbreek nie. Ons eis niks op wat ons nie vir ander gun nie” Watse saak bou Solidariteit uit? Hoe lank wil Solidariteit vir die afrikaner se waardigheid veg terwyl die regime die afrikaner verarm en vertrap, hoe kan die afrikaner sy waardigheid behou en nie ook rassisties raak as die regime hom uit die land wil hê nie? Hoe gaan Solidariteit die afrikaner help om weer sy menswaardigheid terug te kry deur hom te help om weer oor homself te regeer? Hoekom antwoord Flip nie eerder oor hulle slinke oorname van radio Pretoria nie?
Mike 4 Desember 2013 om 19:12 Flip se aanval op Dan Roodt gaan oor die stigting van die nuwe party Front Nasionaal waarby Dan betrokke is.
Ebert Terblanche 4 Desember 2013 om 23:43
Elke volk het maar sy rassiste. Dit is nie ongewoon nie. Almal weet dit. Afrikaners kry egter ‘n slegte naam omdat net die rassiste bereid is om hul standpunt in die openbaar te stel. Die stilswye van die gematigde Afrikaners oor die sake wat ons raak is dawerend. Edmund Burke het eens gesê: “All that is necessary for the triumph of evil is that good men do nothing”.
Deur hulleself van die openbare diskoers te onttrek (en in sommige gevalle te wil voorgee dat hulle nie Afrikaners is nie, soos renosters wat wil voorgee dat hulle seekoeie is sodat hulle die stropers kan vryspring), is gematigde Afrikaners aandadig aan die slegte naam wat Afrikaners oor die algemeen kry.
Dankie aan Flip Buys, een van die min gematigde Afrikaners wat sy Afrikanerskap belangrik genoeg ag om daarvoor op te staan en in beskerming te neem teen die uiterse vandalisme wat ‘n klein groepie rassiste besig is om aan te rig. Mag sy voorbeeld ‘n magtige dreuning word wat wyd oor die veld sweef en wat duidelik vir die rassiste sê: “tot hiertoe en nie verder nie”. Soet is die stryd vir die stryder – al moet hy alles verloor, maar hy wat sy deelname weier, is ‘n man wat sy nasie vermoor.
Shannon 5 Desember 2013 om 03:54 Flip ja, ek loer in by Dan Roodt se PRAAG werf so dan en wan. Ken dit al `n paar jaar. Daar is twee stellings wat ek wil maak spesifiek i.v.m. Dan. Eerstens waardeer ek nes baie ander die moeite wat Roodt in sit om ‘die saak van die Afrikaner’ te bevorder. Ek haal ook my hoed af vir hom omdat hy bereid is om sy nek uit te steek hiervoor. Dan Roodt het geldige punte en ek dink die meeste Afrikaners – en ander blanke burgers van Suid Afrika – sal met baie van sy punte saam stem. Daar is immers baie redes vir veral Afrikaners om ongelukkig te wees, soos jy self sê, en hierdie griewe moet gepubliseer word. Dan is daar `n tweede punt. Oor die jare terwyl ek by PRAAG deel geneem het het ek begin agter kom dat daar eintlik `n terminale siklus bestaan – `n soort van doodloop ritueel. PRAAG publiseer `n artikel, gewoonlik grief belaaide een. Dan spring die gereelde lesers in en lewer snedige kommentaar, hoofsaaklik met swaksinnige botheid en – soos jy bo noem – die al ewige rassisme. Dit vat ook glad nie lank voor iemand `n Bybel versie aanhaal nie en dan spring die goed rond soos `n hond wat sy eie dinges se jeuk moet stil byt. Voeg hier by iemand wie `n kommentaar lewer wat verskil met die blaffers en dan word die persoon toegesnou om te voertsek na sy eie websaait toe – ‘gaan soek jou eie werf, hierie is ons sin…’ Uiters min beredenering, onbeskoftheid en skel woorde word basies aangemoedig deur die sg. administrateur se stilswye. Dit nou ten spyte van die waarskuwing paragraaf aan die einde van elke klaaglied artikel wat mense waarsku om met matigheid deel te neem. Ek neem aan hulle bedoel eintlik “anders denkers sal nie geduld word nie”
Jy kan jou self voorstel dat na so jaar of wat van die soort vervreemding en al wat `n verstand het sal gee pad. Ek merk ook dat daar met `n hernude poging weggespring is by PRAAG om die werf te ontsmet van vry denkers en non-godsdienstige mense. Spot met een van die PRAAG Fariseërs en jou kommentaar word verwyder en jou IP adres geblok. So as of jy nou vuil taal gebruik het of naam skending gepleeg het.
So, met die insig dat Dan Roodt toe nou eintlik niks anders wil bereik as om `n bot gehoor vir sy prosa, en dus `n ondersteunings basis vir sy politieke toetrede, te kweek nie, het ek besluit om hom aan te vat oor sy alewige negatiewe gekerm. Sien die man en sy homogene span ‘joernaliste’ kan omtrent kerm ! Maar oplossings ? … planne ? enige soort van motief wat die Afrikaner saak ondersteun en nie na een maand plat val nie …. NIKS. En as jy weer die PRAAG werf besoek dan begin hy maar weer van voor af “laas naweek het ek die Mandela partytjie bygewoon …. daar was net duur Duitse motors …. en Mandela woon nie in die Transkei nie maar eerder in Houghton … nou gaan ek `n berig skryf hieroor en vir agt bladsye lank teem …. sodat my gereelde gehoor my op die skouer kan klop” “Goed gestel Dan ! Bravo doktor Roodt” En dan natuurlik – die onafwendbare ! `n Godsdienstige kommentaar, en die drama begin van voor af. Ek dink selfs Roodt moet somtyds wonder oor die gemiddelde IK onder sy lesers. Ek noem hulle die “Diep see krappe” hulle het hulle bron diep onder die donkerte gevind en nou skuif hulle nie verder nie. Ander goggas moet ook summier verjaag word. Wat is dit met hulle ?!
Dis ook seker `n vraag wat mense oor die algemeen kan vra i.v.m. Afrikaners. Somtyds is ek verstom oor die ongetraaktheid van Afrikaners m.b.t. hulle mede Afrikaners. Dis nou as daar nog so iets is. Want sien, as jou mening nie in lyn is met myne nie dan is jy mos nou nie meer `n ware Afrikaners nie. Is dit nie dalk die geval dat hierdie sulkes eintlik self nie meer die Afrikaner opmaak nie ? Die ding wat in Ingels na verwys word as “gravitational midpoint” … is dit nie al reeds jare lank weggedryf vanaf die Calvinistiese fundamentalistiese heteroseksuele Afrikaanse blanke persoon na iets gans anders nie ? Met ander woorde het hierdie kern groep wie nog steeds reken hulle is DIE Boere nie al reeds soveel mede Afrikaners oor die jare, en dalk eeu, vervreem dat hulle self nou in die minderheid is nie ? Ek kry die gevoel dit is hierdie mikro groepie vir wie Roodt gedigte skryf.
Ek wonder hoeveel mense daar op hierdie Aarde vandag leef, dalk iewers in die verte, wie nie gelowig is nie, wie nie nasionalisme met rassisme vereenselwig nie, wie gays is, wie met `n “vreemdeling” getroud is, of dalk nie eers getroud nie, wie dalk kuns en kultuur van ander volke waardeer, maar wie nog steeds in sy hart `n Afrikaner wil wees en smag na `n plek waar sy volk saam staan. Maar al wa so persoon hoor van sy volk is die geblaf van `n klomp diep see krappe. Ai !
Alwyn Beetge 5 Desember 2013 om 10:06 Stem saam met Flip.
Ons moet rassisme ten alle koste vermy as ons die Afrikaner se saak wil bevorder. As jy dink jy gaan jou saak bevorder deur ander rasse en nasies bv die Engelse sleg te maak is jy intellektueel gestremd.
Verder moet ons hierdie paramilitere klere en baniere by optogte vermy.Die Tweede Wereld Oorlog is nog vars in die geheue van die Europiers! Vermy enige iets wat na n swastika of die rooi swart en wit van die Nazzies lyk. Ons almal het net die beste bedoelings vir die Afrikaner. Hou op om ander persone verdag te maak en nog partye te stig! Eendracht maakt macht
Jaco 5 Desember 2013 om 11:11
Almal wil die blanke Afrikaner saak bevorder maar weereens kan niemand saamstem, saamwerk en saamstaan nie. Wat kry jy as jy 2 blanke Suid Afrikaners bymekaar sit? 3 politieke partye en 2 kerke denominasies. So tipies van ons ou volkie. Daarom het ons, ons landjie en identiteit verloor, en is ons besig om ons self te verloor. Wanneer gaan daar wakker geskrik word en gaan al die partye en en groeperinge begin saam staan en vir die Afrikaner saak saam werk? In my opinie is dit onmoontlik. Nie in Suid Afrika nie. Sit 2 Suidafrikaners bymekaar en daar sal tweespalt wees. Altyd gedink die ou Suidafrikaanse leuse “Ex Unitate Viras” was iemand se idee van n grap. Van die oomblik dat blankes hier in Suid Afrika aangekom het was daar tweespalt en is dit in ons hele geskiedenis tot vandag toe nog steeds so.
Daar is n les te leer by die sogenaamde dom swart mense. As n eenheid staan hulle saam en vorm alliansies en wen hulle die blanke op elke vlak daardeur. So wie is nou regtig die sogenaamde IK bevoordeeldes? Alle argumente van elke blanke voorstander party val hier deur die mat.
Solidariteit, VF, OASE, Dan, Steve, Flip, FW en elke ander persoon met sy eie verdeelde party, word wakker en begin saam werk. Vorm een party wat uit een mond kan praat en vergeet van kinderagtige self bevorderende idiaale. Die korrupsie is net so groot tussen julself as in die regerende party van die dag. Julle almal kry geld van julle onderskeie ondersteuners en die regering om julle op julle troontjies te hou. So al julle redenasies val soos mis in die pad.
Ek stem saam met Flip se stellings en dit maak sin. So stem ek ook saam met Dan se stellings. Die boodskap is duidelik en dit moet ons saam snoer om saam te werk. Almal weet die blanke Afrikaner is besig om te faal.
Is daar niemand in hierdie partye wat bereid is om sy eie persoonlike siening te onderdruk en modereer en almal kan saam vat en een groot, sterk Afrikaner beweging op die been te bring nie? Is almal so koning van hul eie mishoop dat hulle nie kan terug en saam staan nie? Is daar nie een dinamiese blanke Suidafrikaner wat ons kan lei nie? Dit gaan nog te goed met ons in hierdie land. Daar is nie regtig probleme nie. Kan niemand sien deur ons tweedrag versleg ons ons eie saak nie?
En so faal ons elke keer en sal ons bly faal. Ons het glo die wiel en lig ontdek en na Afrika gebring. In amper 500 jaar het ons daar vas gehaak. As ons as n volk in 500 jaar nie kon saam werk nie, het ek nie veel hoop vir die volgende 500 jaar nie. Wat nog vir die volgende 10 jaar. In die lig hiervan val alle redenasies, regs of links. En enige iemand met n bietjie verstand, en dit lyk my is nie veel nie, kan dit uit werk. So, n baie goeie en insiggewende artikel met baie goeie redenasie en waarmee meeste kan saam stem, en n goeie pad vorentoe vir die Afrikaner. Maar die hoof punt word deurgaans gemis. Die Afrikaanse saak kan net bevorder word deur samewerking van alle Afrikaner partye.
Mag al hierdie inligting daartoe lui om die besef dat politieke eensgesindheid noodsaaklik is vir samehorigheid sodat ons gemeenskaplike vyande gekies en identifiseer kan word. Dit is eers wanneer dit duidelik is wie jou vyand is, dat jy hom effektief kan beveg.