1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961105

Besoekers aanlyn

Ons het 121 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAT IS WETTIG IN ‘N LAND WAAR DIE REGERING ONWETTIG IS?

altNog piesangs!!

Miljarde rande gaan jaarliks weens korrupsie verlore. Volgens adv. Willie Hofmeyr, vorige hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), verdwyn sowat 20% – tussen R25 miljard en R30 mil-jard van die regering se begroting vir verkrygings elke jaar in iemand se gatsak.

IETS IS VROT IN DIE REGERING

May 24, 2013 by Finweek

Eerlike mense moet hul stem laat hoor.” In ’n toespraak in Augustus verlede jaar op die Discovery Invest-leierskapberaad het Pravin Gordhan, minister van finansies, n beroep op Suid-Afrika se leiers en inwoners gedoen om korrupsie te beveg. Word die stem van eerlikes oordonder deur die koor van gierigheid en bedrog? Elke nuwe koerantopskrif sinspeel daarop dat dié nasie van binne aan die verrot is.

Die jaarlikse korrupsiepersepsie-indeks toon dat korrupsie ’n wêreldwye pandemie is – ’n siekte wat Suid-Afrika sukkel om te genees. Suid-Afrika het die afgelope sewe jaar agteruitgegaan van ’n punt van 51 tot 43 vanjaar (nul sou uiters korrup wees).

 

Die ondeursigtigheid van korrupsie beteken dit is onmoontlik om die volle omvang daarvan in syfers uit te druk. KPMG se bedrogbarometer vir Junie 2012 onthul nietemin dat Suid-Afrika die hoogste aantal aangemelde bedrogsake op die vasteland het – dit verteenwoordig sowat 35% van alle aangemelde sake. Die statistieke toon ook dat Gordhan sal sukkel om eerlike stemme in die regering te vind: KPMG berig dat bedrog hoofsaaklik deur regeringsamptenare gepleeg word (18%) en dat die regering die ekonomiese sektor is met die hoogste risiko van bedrog (55%).

 

Miljarde rande gaan jaarliks weens korrupsie verlore. Volgens adv. Willie Hofmeyr, vorige hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), verdwyn sowat 20% – tussen R25 miljard en R30 mil-jard van die regering se begroting vir verkrygings elke jaar in iemand se gatsak. Die SOE het in Desember aan Finweek se susterkoerant City Press gesê hy is met byna 1 000 verskillende ondersoeke besig. Byna 600 hiervan het met verkryging te make en behels kontrakte ter waarde van meer as R9 miljard. Die eenheid ondersoek 360 gevalle van belangebotsings vir kontrakte ter waarde van R3,5 miljard.

 

Volgens die Staatsdienskommissie (SDK) het die koste van finansiële wangedrag vir die staat toegeneem: In 2010-’11 het dit R932 miljoen beloop, vergeleke met R346 miljoen in die vorige boekjaar.

Die ouditeur-generaal (OG) se verslag vir 2011-’12 is ewe verdoemend. Net 5% van munisipaliteite het skoon oudits behaal. Die OG het bevind munisipaliteite het minstens R11 miljard aan ongemagtigde, onreëlmatige, nuttelose en verkwistende besteding gemors, byna dubbeld die R6 miljard van 2009-’10. Daarby is kontrakte ter waarde van R1,15 miljard gewysig of verleng sonder ooglopende redes, terwyl kontrakte van R658 miljoen toegeken is sonder mededingende tenders.

Benewens die ekonomiese koste van morele verval is daar ’n maatskaplike koste. Marius Alberts, direkteur en hoof van Deloitte se forensiese dienste, sê: “Gegewe dat hulle die meeste op die staat se dienste aangewese is, is die uitwerking van korrupsie op armes bogemiddeld.” Korrupsie ondermyn die geloof in institusionele en regeringstrukture en verhinder ekonomiese ontwikkeling omdat hulpbronne wegsyfer en misbruik word.

Waar daar ’n politieke wil is, is daar ’n weg

Suid-Afrika het geen gebrek aan raamwerke, wette en beleidsdokumente met interessante akronieme, toegewese agent-skappe teen korrupsie en foonnommers vir fluitjieblasers nie. Die probleem is dat die balans tussen risiko en beloning oorleun in die guns van korruptes. Die SDK het die samespanning van ’n gebrek aan politieke wil en die gebrek aan die nodige hulpbronne en vaardighede uitgelig as die grootste struikelblokke in die doeltreffende identifisering, ondersoek en vervolging van gevalle van beweerde korrupsie.

In sy verslag oor die neigings met betrekking tot die staatsdiens het die SDK bevind slegs 50% van staatsdepartemente het ’n databasis van korrupsie. Die Noordwes- provinsiale regering, byvoorbeeld, het teen die aangewese datum minder as ’n derde van die vereiste finansiële dokumente aan die SDK openbaar gemaak.

Staatsdepartemente ondersoek in die algemeen nie die sake wat na hulle verwys word nie. “Dit is kommerwekkend dat die kommissie terugvoering oor slegs 2 948 sake ontvang het dus 37% van die 7 922 sake wat verwys is, lui die verslag. Boonop is net 23% van die sake (1 821) afgehandel. In 76% van die sake waarin strafregtelike klagte eintlik aanhangig gemaak moes word, het die regering geen stappe gedoen nie.

“Om dié siekte te takel wat ons samelewing teister, vereis ’n veelvlakkige benadering,” sê Alberts. “Ons benodig burgerlike aktivisme en ’n media wat die feite van die geruis sif. Suid-Afrikaners moet teen apatie waak. Ons benodig sterk, besliste leier-skap soos dié van die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela. Sy is ’n hoogs gerespekteerde figuur.”

Thulas Nxesi, minister van openbare werke, is nog ’n stem teen korrupsie. Hy het luidens berigte gesê: “Aan korrupte individue, ek laat julle met die volgende gedagte. Jy kan hardloop, maar jy kan nie wegkruip nie. As jy van die armes steel, sal ons jou vind.”

DIE KORPORATIEWE MORELE KOMPAS IS OOK BESMET

Die korporatiewe sektor is nie immuun teen korrupsie nie. Deelnemers aan die internasionale vereniging vir gesertifiseerde bedrogondersoekers (ACFE) se 2012-peiling het geraam dat die tipiese organisasie elke jaar 5% van sy inkomste aan bedrog verloor. As ’n mens dié persentasie toepas op die bruto wêreldproduk van 2011, beteken dit ’n potensiële jaarlikse verlies van meer as $3 500 miljard. Die mediaanverlies vir die gevalle in Afrika wat in die peiling ingesluit is, was $134 000.

Die verslag het bevind dat bank- en finansiële dienste, vervaardiging, gesondheidsorg en opvoeding die sektore was wat die grootste aantal bedrogsake aangemeld het. Driekwart van die bedrog in die studie is deur individue in ses afdelings gepleeg: rekeninge, bedryf, verkope, topbestuur, kliëntediens en aankope.

Peter Goss, PwC se hoof van forensiese ondersoeke in die regering en staatsdiens, sê: “Hoewel (korporatiewe) Suid-Afrika goed gedokumenteerde wetlike en reguleringsmaatreëls teen korrupsie het, het dit onlangs ’n noemenswaardige toename in die vlakke van korrupsie ervaar. Dit is grootliks weens ’n verskeidenheid skelmstreke en onderhandse tenders.”

KPMG se navorsing dui daarop dat 86% van alle instellings met meer as 10 000 werknemers die slagoffers van bedrog is. Die ACFE-verslag dui daarop dat 12,4% van witboordjiemisdaad deur die eienaar of topbestuur gepleeg is en 38,1% deur dié in bestuursposisies.

André Stürmer van Inoxico, wat data-gegronde risikobestuursoplossings voorsien, sê: “Transaksies met ’n verwante party is die hoofoorsaak van dié bedrieglike bedrywighede. Ongelukkig is daar ’n oorheersende ingesteldheid in ons kultuur dat mense voel hulle is geregtig op dinge. Transaksies met verwante partye word be-skou as die normale manier van sake doen.”

Inoxico se navorsing dui daarop dat die grootste 20 Suid-Afrikaanse maatskappye se direkteure elkeen gemiddeld nog 14 eksterne, aktiewe direkteursposte beklee. Dié verskynsel kom ook in middelslag-ondernemings voor; byvoorbeeld, ’n middelslag-ingenieursfirma met agt aktiewe direkteure hou gesamentlik aktiewe direkteursposte in altesame 67 ander maatskappye. “Daar is sommige individue wat aktief in meer as 50 direksies dien,” sê Stürmer.

 

In ’n mate kan belangebotsings nie vermy word nie. Weens ’n beperkte poel ervare bestuurders, die vereistes van swart ekonomiese bemagtiging en streng regulering in Suid-Afrika is dit onvermydelik dat sekere direkteure op verskeie direksies sal dien. Belangebotsings moet egter voorkomend bestuur word.

“King III het streng maatstawwe ingestel waardeur onafhanklikheid gemeet kan word en is onomwonde oor die beginsel dat direkteure nie as onafhanklik beskou kan word as hulle ’n aandeelhouer verteenwoordig wat die vermoë het om die bestuur of die direksie te beheer of noemenswaardig te beïnvloed nie,” sê Nina le Riche, direkteur en hoof van geïntegreerde verslag-doening van Deloitte. “Net so kan ’n direkteur nie as onafhanklik beskou word as hy of sy ’n regstreekse of onregstreekse belang in die maatskappy van meer as 5% van die groep se totale aantal uitgereikte aandele hou nie. King III vereis ook dat onafhanklike direkteure jaarliks ’n evaluasie deurloop om hul onafhanklikheid te bevestig.”

Le Riche glo die uitvoering hiervan is nog ’n uitdaging en dat die mense wat die mandaat bepaal – soos die trustees van groot pensioenfondse – daarvoor verantwoordelik gehou moet word om voldoening te vereis aan die aanvaarde beginsels van korporatiewe beheer.

“Tot op hede was fondsbestuurders traag om maatskappye voor stok te kry as hulle nie aan dié vereistes voldoen nie,” sê Alberts. “Dit is stadig aan die verander met die bekendstelling van die kode vir verantwoordelike belegging in Suid-Afrika (Crisa), sowel as regulasie 28.”

Goss maan: “Maatskappye moet die potensiële skade aan hul reputasie en handelsnaam in ag neem, sowel as die werklike moontlikheid dat korrupte bedrywighede wat deur hul werknemers of derde partye en vennote in gesamentlike ondernemings gepleeg word, tot vervolging kan lei.

Stürmer beaam: “Lede van die King III-kommissie het dit duidelik gestel dat n ongekende aantal hofsake aan die kom is teen sodanige direkteure en amptenare.” Hy voeg by dat baie direkteure en amptenare nie “ten volle van hul pligte bewus is nie”. Die Instituut van Direkteure Suid-Afrika werk volstoom om dié mense oor hul fidusiêre pligte in te lig.

Inoxico het verskeie hulpmiddels geskep om belangebotsings te identifiseer en te monitor, onder meer ’n matriks oor assosiasie, ’n toepassing wat risiko in die verskaffingsketting monitor en ’n indeks van direkteursenkelvoudigheid.

Blaas die fluitjie

Hoewel die ACFE-verslag bevind het eksterne en interne oudit was die oorwegende manier waarop bedrog in Afrika bekamp word, neem dit twee keer langer om bedrog só op te spoor (17 maande) as deur eenvoudige maatreëls soos belonings vir fluitjieblasers en verpligte vakansies (nege maande).

Alberts glo dat ’n foonnommer vir fluitjieblasers een van die magtigste en doeltreffendste afskrikmiddels teen korrupsie en bedrog is. Dit word deur die ACFE-verslag onderskraag, wat bevind het 43% van die bedrog deur werknemers word deur wenke opgespoor. Altesame 41 500 oproepe is die afgelope ses maande na die onderskeie teenbedrog-foonnommers gemaak wat Deloitte bestuur; hiervan het 8 080 tot verslae gelei wat ondersoek aanbeveel.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie