1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961083

Besoekers aanlyn

Ons het 116 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

TIEN JAAR IN DIE GEVANGENIS EN DAN NOG......

altDie eerste ding wat by 'n getroue Afrikaner na vore kom na die nuus dat 'n ander groep Afrikaners weens daardie groep se beweerde verset teen die onwettige ANC-owerheid lang vonnisse aangehoor het, is dat daardie Afrikaners se lyding weens tronkstraf met nog jare verleng word. Ons diepe meegevoel met daardie volksgenote en hul naasbestaandes. Jul offfer mag, nee, kán eenvoudig, nie ongewaardeerd verby gaan nie.

Dis 'n diep beker van smart wat daardie mense al vir meer as tien jaar moet ledig en steeds is daar geen mooi en skoon daeraad vir hulle in sig nie. Die troos vir hulle, en vir ons, is dat in die kiem van hul skynbaar mislukte verset daar kragtige lewe is.

 

Aansporing is, bewyse is vir die Afrikanergeslag van nou en vir opkomendes dat die Afrikaner nie wil en sal buig onder watter vreemde owerheid ook al oor hom aangestel word nie. Dis nie  Eben Jordaan, vir sy gewaande regspraak, die aanklaer vir sy meedoënlose aftakeling van 'n groepie uitgelewerdes, onder meer deur middel van vuil meeluistering, wat in die Afrikanervolk se annale van helde sal verskyn nie. Inteendeel het die volk nog 'n Maynier, 'n Henry Cloete, op 'n lys van politiek-aanstootlikes gekry.

Dat die regspraak in hierdie land ná gister se vonnis 'n bespotting is, is nie eens vir ons nodig om te bevestig nie.  Dag na dag, week na week, verskyn en word die veroordelings van die Nuwe Suid-Afrika se regstelsel gehoor, onsmaaklikhede en ongerymdhede oor geregterlike beamptes in die nuusmedia uitgestal. Ja, in die heel hoogste poste op die regbank en in die vervolgingsgesag mense gedaag om verantwoording te doen vir dade wat nie eens naastenby met 'n land se regspleging versoen kan word nie.

Uiteraard moet die vraag weer gestel word: En wie moet ons bedank vir dit wat 'n groepie manne wat, as hul lewenswandel andersins in oënskou geneem word, selde hul voete in 'n hofgebou in die land sou sit, oorgekom het? Dis mos nie skorriemorries wat gister moes verneem hul gaan vir nog jare tronk toe nie! Dis mense met deugde wat die kommunistiese Afrika-mens namens wie Jordaan sy oordeel uitgespreek het, nie eens kan droom om te hê nie.

Dit bring die waarnemer by die klagstaat teen FW de Klerk, daardie mens wat volgens een van sy luitenante in die onderhandelinge met die terroristiese ANC, Leon Wessels, self teen die grondwet en die onhoudbare toestande wat dit vir die Afrikanervolk sou meebring wou stem. Maar om een of ander duistere rede, een van sovele,  wel vir die gedrog in die Parlement gestem het.

Daardie mens wat vir die Afrikanervolk gelieg het toe hy gesê het 'n onderhandelde grondwet, die een waarteen die sogenaamde Boeremag in opstand gekom het, sal eers aan die Blankes vir hul goedkeuring voorgelê word.

Vir die getroue Afrikaner kan die AVP net dit sê: Eben Jordaan se vonnise gister in Pretoria is nie die afsluiting van 'n tydvak in die Afrikanervolk se geskiedenis nie, dis vir die getroue Afrikaner 'n teken dat daar 'n aangording vir die stryd, dalk die felste nog vir die volk, wag.

Die verhoor en die ANC-staat se skewe geregtigheid, soos onder meer gesuggereer in die Loots-getuienis, laat die getroue Afrikaner met te veel los drade en vrae wat om antwoorde roep. Die getroue Afrikaner sál daardie antwoorde uitgrawe. En, wie weet, dalk op 'n dag, sien die getroue Afrikaner weer vir regter Jordaan en die aanklaer Fick in die hof. Maar dan in 'n ander bank.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie