1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9960659

Besoekers aanlyn

Ons het 112 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

10 OKTOBER 2013: KRUGERDAG

alt“Moet nie wankel en in ongeloof verval nie.

Dit was op 10 Oktober 1825 dat Paul Kruger gebore is op die plaas Vaalbank in die distrik van Colesberg in die Kaapkolonie. Van gewone plaasseun tot een van die grootste en roemrykste leiers van die Afrikanervolk, het die Afrikaners dit goed gedink om sy geboortedag jaarliks te herdenk as ‘n baken op ons geskiedenispad wat ons telkens sou dwing om weer bestek op te neem en te put uit die vrugbare skat van riglyne wat hy vir ons nagelaat het. Ek haal as bewys aan uit ‘n telegram wat hy op 20 Junie 1900 aan sy krygsoffisiere gestuur het:

“Moet nie wankel en in ongeloof verval nie. Dit is die tyd waarin God se volk gelouter word. Die dier het mag gekry om die Christene te vervolg, en wie van die geloof afdwaal, sal buite bly en nie die heerlike Kerkstaat ingaan nie en sodoende uitgesluit word uit die hemelryk as die Kerk gesluit word, volgens Openbaring. Maar wie in die geloof bly en in die naam van die Here stry, sal die kroon behaal en die heerlike Kerkstaat van duisend jaar nog hier op die aarde ingaan en sodoende ook die ewige heerlikheid. Broeders, broeders, ek smeek u, dwaal nie af van die geloof nie, maar bly in die geloof en stry in die naam van die Here. Vra u eie hart af; as u so lafhartig word en vlug, dan is dit omdat u nie meer glo dat daar ‘n God in die hemel is nie, en dan word u ‘n volstrekte Godloënaar. Maar ek sê u, op grond van Gods Woord daar kan niks gebeur sonder Sy wil nie. Die oorwinning en die swaard is in Sy hand en Hy gee dit wat in Sy naam stry. Is dit nie nog dieselfde God wat Israel deur middel van wonderwerke en op ‘n wonderbaarlike wyse onder Farao uitgelei het nie? Is dit nie nog dieselfde God nie wat hulle deur die Rooi See gelei het deur middel van ‘n wolkkolom wat donker was vir die vyande, maar lig vir Sy kinders? Hierdie wolkkolom dui op die Woord van die Here as ‘n lamp vir ons voet en ‘n lig op ons pad, maar wie in ongeloof verval, hulle beland ook op daardie manier in die donker en glo nie meer aan die Woord van die Here nie en sodoende vergaan hulle in ongeloof.”

 

Wat ‘n kragtige boodskap ook vir ons vandag! Laat almal wat wil toegee en oorgee, saampraat en saamslaap, oorgee en weggee, gerus opnuut kennis neem van die riglyne wat ons voorsate gevolg het en tot hoë hoogtes as gevolg daarvan gevorder het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie