1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9960689

Besoekers aanlyn

Ons het 99 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAT MOTIVEER JOHAN RUPERT SE BELANGSTELLING IN DIE LANDBOU?

alt20% in Senwes en die samesmelting van Senwes en Afgri se kleinhandelsbesighede deur middel van Grindrod en Remgro, gee Rupert ‘n stewige greep op die voedselketting in Suid Afrika, maar ook in Afrika. Kan dit dalk die regeringsaankondiging wees dat brandstofmengsels in 2015, ten minste 5% Biobrandstof moet bevat?

 

Met die toenemende konflik in die Midde-Ooste en die opbouende spanning tussen Israel en Iran, is die moontlikheid van ‘n derde wêreldoorlog nie vergesog nie en word beide die energie-en-voedselbronne twee baie belangrike komponente om te beheer. Indien finansiële oorwegings die enigste motivering is, wonder ‘n mens waarom AgriGroupe, met ’n aanbod kom van sowat R2,4 miljard vir die oorname van al Afgri se aandele. Dit is R7 per aandeel, terwyl Afgri se aandeelprys slegs R5,81 is met Amerikaners wat belang daarby het. Lees gerus die onderstaande berigte in hierdie verband en bereken die moontlike invloed wat dit op die Suid Afrikaanse landbou in die toekoms kan hê as daar nou al gese word dat hierdie ooreenkoms strategies is vir al die rolspelers. Vraag is, wie is hulle almal? (Luidens ’n Sens-verklaring sluit dit Noord-Amerikaanse instellings en individue in met geen bande met buitelandse regerings of mededingers nie. Dit sal ’n konsortium van swart vennote in Suid-Afrika met landbou-kundigheid insluit.)

 

13 September 2013 09:24

Senwes, Grindrod and the Remgro angle

Deal is strategic for all players.

CAPE TOWN - The long hand of investment holdings company Remgro is evident in this week’s acquisition of a 20% stake in agricultural company Senwes by logistics company Grindrod. Grindrod paid R444m for the stake, at an average price of R12.29 a share – a 6.8% premium to the ruling price. It bought the shares from Senwes’ former BEE partner Treacle as well as from Senwesbel, the holding company. The deal has been presented as an opportunity for the two companies to partner in order to fast-track growth. Grindrod Trading, in which the acquisition will be housed, trades in commodities including metals, minerals, oil and agricultural products.

 

It is a small business within the Grindrod stable, but its growth supports the bigger logistics business, hence it is strategic. In the same way that Grindrod Trading is strategic to Grindrod, so the greater company is strategic to Remgro which 18 months ago bought a 23.5% stake for R2.08bn. Senwes’s main business is the provision of input products for agricultural production and the storage and handling of grain products. It also provides financial, technical and logistical services to grain producers. It operates across South Africa and has footprints in Malawi, Zambia and Mozambique.

 

“We like their agenda,” says Wayne Hartmann, CEO of Grindrod Trading. “We have similar objectives which are to grow our businesses in sub Saharan Africa.” However a closer look at the businesses suggests that while they are complimentary, there are some joint venture partners that may not be too charmed.

 

For instance Senwes is in a JV with Bunge, a global agribusiness. The partners are involved in the international trading of wheat, yellow maize and oilseeds. As far as the transportation of wheat and other grain products is concerned, Senwes is in a joint venture with Imperial Logistics. And Senwes’ financial services business is backed up by Wesbank. These are all areas in which Grindrod has very specific strengths.

 

“I think you need to look at this deal from 10 000m up,” says Francois Strydom, CEO of Senwes. “You you need to factor in Remgro which has effective control over Grindrod and which is busy restructuring its investment platforms into food (Rainbow and Foodcorp); energy and sugar (TSB) and logistics (Grindrod and now Senwes).” In this process, he adds, you reorganise in a way that makes sense. This could entail taking one division from one company and putting it into another. “From there you specialise the value chains.” The joint ventures will be complemented by the deal, he says.

 

“This is an extremely elegant deal,” says Vunani Securities small and mid cap analyst Anthony Clark. “Senwes is the primary beneficiary – initially anyway. There have been thorny relations between Senwes and Treacle and the removal of the BEE structure will enable Senwes to fully realise the capital expansion and organic and acquisitive growth that will power the company forward. “Remgro has extensive operation across the food supply chain. From the second a bushel of wheat is sold until a consumer buys a pie, Remgro is involved somewhere. We will see greater interaction between Senwes and Remgro,” he says. What is disappointing for shareholders is the fact that with a rich “sugar daddy” in the form of Remgro behind it, Senwes will not need to raise capital via a JSE listing (it trades over-the-counter), which could result in the share re-rating. However, Clark believes the share still offers good value at its current price of R11.50. It trades off a pe of 7.6x and he assumes the deal will accelerate growth.

 

An immediate priority for Senwes and Grindrod will be to take advantage of the consolidation mood in the sector and snap up “more of the same”. In other words, agricultural co-operatives.

 

This means they will run into PSG-controlled Zeder, which owns small stakes in agri-co-ops NWK and Suidwes, and has expansive ambitions in the agri-sector in South Africa and beyond.

 

However Piet Mouton, CEO of PSG believes the space is big enough for many more serious players. “I I wish them all the best with the investment...I don’t think a race has started – investments into agri co-op’s take time as the shares are held by many shareholders – so to build up meaningful stake is not that easy.” Beyond the acquisitions, Grindrod and Senwes will look at broadening their footprint into Africa.

 

Grindrod kry belang van 20,5% in Senwes

David van Rooyen

Dinsdag 10 September 2013

Johannesburg. – Grindrod, die genoteerde logistiekafdeling in die Remgro-groep, gaan ’n belang van 20,5% in Senwes bekom. Die landbougroep meen die transaksie hou vir hom opwindende moontlikhede en geleenthede vir sinergie in. Grindrod spesialiseer in onder meer hawens, vervoer en in- en uitvoerdienste, wat uitstekend inskakel by Senwes se bedrywighede – die hantering, berging en in- en uitvoer van sagte kommoditeite soos graan.

 

Dat Grindrod ’n filiaal van Remgro is, is volgens Francois Strydom, besturende direkteur van Senwes, ook belangrik, “want as ons besluit om iets groot saam te doen, is daar ’n kapitaalkragtige aandeelhouer op die agtergrond”. Grindrod wou ’n belang van minstens 20% bekom sodat hy ’n verteenwoordiger in Senwes se direksie kon kry en hy die landbougroep se resultate by sy eie kan verreken. Die transaksie is so gestruktureer dat Senwes se stormagtige verhouding met die private ekwiteitgroep Treacle, wat 17% van hom besit het, ook beëindig word. Grindrod koop ’n belang van 12,5% in Senwes regstreeks van Treacle en ’n Senwes-filiaal die res. Dít gaan gehou word vir sy aandele-aansporingskema. Die ander 8% wat Grindrod bekom het, het hy van Senwesbel, die Senwes-groep se beheermaatskappy, gekoop.

 

Senwesbel het voor die transaksies 59% van Senwes besit en het dus steeds ’n beherende belang (51%), maar hy kry nou kontant om die lening af te los wat hy by Absa aangegaan het om Senwes-aandele te bekom. Die gemiddelde prys wat Grindrod vir Senwes-aandele betaal het, beloop R12,29 per aandeel, wat heelwat hoër as die huidige markprys van sowat R11 per aandeel is.

 

Samesmelting van AFGRI en Senwes kleinhandelsbesighede goedgekeur deur mededingingsowerhede

Senwes | 12 April 2013

AFGRI en Senwes kondig graag aan dat die Mededingingstribunaal die samesmelting van die agri-kleinhandelsbesighede van die twee landboudienstemaatskappye en Partrite, die AFGRI groothandelsfiliaal, goedgekeur het, onderhewig aan sekere voorwaardes. Gemelde voorwaardes het betrekking op die vloei van vertroulike inligting en sekere personeelaangeleenthede. Die partye sal derhalwe nou voortgaan met die implementering van die transaksie en daar word voorsien dat die transaksie effektief sal wees vanaf 1 Junie 2013. Die voorgestelde bestuur van die gesamentlike onderneming sal binnekort deeglik met die onderskeie belanghebbendes gekommunikeer word.

 

“Ons is verheug oor die uitkoms van die proses en sien uit na ʼn gladde besigheidsoorgang,” het Chris Venter, Hoof Uitvoerende Beampte van AFGRI gesê. “Vir die huidige sal ons voortgaan met alle stappe in die implementeringsproses en ons onderskeie spanne is gereed daarvoor.” “Ons sal intussen alle nodige stappe doen om te verseker dat besigheid ononderbroke voortgaan,” het Francois Strydom, Besturende Direkteur van Senwes, bygevoeg. Alle ander AFGRI en Senwes besighede word van die transaksie uitgesluit.

 

Nuwe binnelandse landbou handelsmaatskappy se naam en handelsmerk nou amptelik
Senwes  | 15 Julie 2013
Ses weke na die geskiedkundige samevoeging van AFGRI en Senwes se kleinhandelsbesighede, is die naam en handelsmerk van die maatskappy ook nou amptelik gefinaliseer. Dit sal voortaan bekend staan as “Hinterland” en verwys na die soliede en gevestigde handelsreus wat in die binneland vanaf ʼn nuwe platform insette en dienste aan die landbousektor sal voorsien.

Hinterland sal via die “AFGRI Town en Country” en “Senwes Village”-takke steeds landbou produsente en ander klante bedien deur die goedgevestigde infrastruktuur, direkte bemarkers, kundigheid op verskeie vlakke, asook toegang tot ʼn omvattendereeks produkte en dienste. Die nuwe handelsnaam wat vir klante die gerusstelling sal gee van ʼn gevestigde, geloofwaardige vennoot vir die boer en landbousektor binne reikafstand, sal voortbou op die eeu oue reputasie van sy twee aandeelhouers, AFGRI en Senwes.

“Ek en my personeel is besonders opgewonde om hierdie besigheid in die binneland suksesvol te posisioneer.  Die samesmelting word baie positief ervaar by al ons belanghebbendes. Ons prioriteit is om ons gewaardeerde klante saam met ons trots te maak op hierdie nuwe mylpaal wat in landbou behaal is, en sal dit mettertyd gestalte vind in ons waardeproposisie aan ons klante basis,’’ het Frans du Plessis, besturende direkteur, gesê.

alt                       
Frans du Plessis is die Besturende Direkteur van Hinterland – ‘n nuwe landbou-insette en -dienste onderneming waarin AFGRI en Senwes ʼn gelyke belang het.

 

'Oorname van Afgri kan vir alle partye voordelig wees'

16:20 (GMT+2), Tue, 01 October 2013

Dirk Kok - Die voorgenome oorname van die landbou- en voedselgroep Afgri deur die internasionale beleggerskonsortium AgriGroupe sal langtermyn voordele inhou vir landbou-ontwikkeling en voedselsekerheid in Afrika, sê Afgri se uitvoerende hoof, Chris Venter.

Hy sê dit strook ook met Afgri se toekomsvisie.

AgriGroupe het ’n aanbod van sowat R2,4 miljard gemaak vir die oorname van al Afgri se aandele.

Die plan is om Afgri te denoteer en dit as ’n private maatskappy te bedryf. Dit moet deur Afgri-aandeelhouers, die owerheid en die JSE goedgekeur word. Venter sê geen werknemers se poste is in gedrang nie.

Bouwerk aan VS se bio-brandstofaanleg kan nog nie begin

16:33 (GMT+2), Tue, 01 October 2013

 

 alt

 

Photo: Image courtesy of ponsulak at FreeDigitalPhotos.net

 

Dirk Kok - Bouwerk aan Mabele Fuels se biobrandstof-aanleg by Bothaville sal eers kan begin wanneer die aansporingsmodel vir die vervaardiging van biobrandstof en die prysregulasies deur die regering afgekondig word, sê Mabele se algemene bestuurder, Asogan Moodaly. Hy sê hy is verlig die regering het die intreedatum vir die verpligte vermenging van biodiesel en bio-etanol in Suid-Afrika se brandstofvoorraad amptelik afgekondig. Die vermeng-regulasies tree oor ’n jaar in werking.

 

Moodaly sê Mabele Fuels het reeds die grond, die permitte en die finansierders vir die beplande bio-etanolaanleg vir sorghum by Bothaville. Die finansiering vir die aanleg sal egter eers beskikbaar word wanneer die aansporingsmodel en prysregulasies amptelik is. Kragtens die vermeng-regulasies moet die land se minerale brandstof voortaan met minstens 5% biodiesel en 2% tot 10% bio-etanol vermeng word.

 

Noord-Amerikaners wil Afgri koop

Sondag 29 September 2013

Die genoteerde landboumaatskappy Afgri het ’n aanbod gekry van R2,4 miljard van ’n koper om al sy aandele te bekom. Die maatskappy sal, as die transaksie voortgaan, gedenoteer word. Die koper is die private maatskappy AgriGroupe wat in Suid-Afrika opgerig is. Dit word blykbaar deur Joseph Investment Holdings besit wat in Mauritius opgerig is.

Inligting was skraps oor wie die uiteindelike aandeelhouers is en Afgri het navrae na AgriGroupe verwys.

Luidens ’n Sens-verklaring sluit dit Noord-Amerikaanse instellings en individue in met geen bande met buitelandse regerings of mededingers nie. Dit sal ’n konsortium van swart vennote in Suid-Afrika met landbou-kundigheid insluit.

Afgri se bestuur sal moontlik uiteindelik 5% hou en onderhandelinge is met plaaslike aandeelhouers aan die gang wat uiteindelik gesamentlik 35% sal hou. Die aanbod beloop R7 per aandeel. Afgri se aandeelprys het sedert sy eerste waarskuwing dat hy in onderhandelinge is op 8 Augustus van R4,60 per aandeel met 26% tot R5,81 gestyg.

AgriGroupe het reeds onherroepbare ondersteuning van aandeelhouers gekry wat altesaam 47,4% hou. Dit is Allan Gray wat 25,8%, Sanlam Investment Management wat 7,9% en Stanlib Asset Management wat 13,7% hou.

– Nellie Brand-Jonker

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie