1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9960655

Besoekers aanlyn

Ons het 111 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MEER OOR SASOL:

altDie beoogde naamsverandering skreeu teen Zuma se standpunt, dit skreeu teen versoening, ontwikkeling en ekonomiese groei, en dit lyk of dit nywerheid- en infrastruktuur-sabotasie verheerlik.

Beeld, 4 Februarie 2002, Hoofartikel: As die regering nou 'n ongelukkige boodskap aan Suid-Afrikaners en aan die buiteland wil stuur, moet hy toelaat dat die dorp Secunda se naam verander word in dié van Barney Molokwane. Dit gaan nie oor die behoud van die naam Secunda nie. Dit is geen besonderse naam nie. Dit is gegrond op die Latynse woord vir ``volgende'' of ``tweede'' na aanleiding van die tweede Sasol wat daar gebou is en waaraan die dorp sy ontstaan te danke het. Die plan is blykbaar in elk geval dat ``Secunda'' vir 'n deel van die groter dorp behou word.

 Dit gaan ook nie net oor die geldbesteding aan naamsveranderings terwyl verskeie ander noodsaaklike projekte soos onderwys, gesondheidsdienste, werkverskaffing, misdaadbestryding, asook die verskaffing en instandhouding van infrastruktuur, voorrang behoort te kry nie. Daaroor kan wel 'n sterk saak uitgemaak word. In hierdie geval gaan dit veral oor die keuse van die ANC-vryheidsvegter Molokwane as persoon na wie die dorp genoem moet word. Die probleem is dat Barney Molokwane bekendheid verwerf het vir sy aandeel in 'n missiel-aanval op Sasol, wat destyds deur die ANC beskou is as 'n maaksel van die apartheidsregering.

 

 

Sasol het daardie politieke bagasie egter al lankal afgeskud, en ontwikkel in een van Suid-Afrika se suksesvolste nywerheidsreuse. Hy het uit die staanspoor internasionale baanbrekerswerk gedoen met sy brandstof-uit-steenkool-prosesse, terwyl sy tegnologiese leierskap met die omskepping van gas in brandstof groot groeipotensiaal inhou. Na verwagting sal hy reeds vanjaar meer as die helfte van sy inkomste in die buiteland verdien.

 

Sasol het 'n simbool van Suid-Afrikaanse nywerheidsprestasies van wêreldgehalte geword.

 

Nou wil 'n munisipaliteit in Mpumalanga 'n Sasol-dorp noem na 'n man wat nywerheidsabotasie simboliseer en dit terwyl adj.pres. Jacob Zuma al voorverlede jaar gesê het die ANC is vandag baie bly dat sy destydse sabotasiepoging misluk het omdat Sasol een van die belangrikste steunpilare van die land se ekonomie is.

 

Die beoogde naamsverandering skreeu teen Zuma se standpunt, dit skreeu teen versoening, ontwikkeling en ekonomiese groei, en dit lyk of dit nywerheid- en infrastruktuur-sabotasie verheerlik.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie