Dat Naspers, en De Klerk, ondanks die volksmoord op Afrikaners en die veroordeling van Afrikaners in hul honderde duisende na plakkerskampe dié kaart van hoop uit die mou kan pluk, verstom eenvoudig. Die Naspers-nuuskartel stop weer vanoggend in die hoofartikel in sy koerante 'n hand vol vere onder die dekmantel van hoop in hul publikasies se lesers se hande na aanleiding van FW de Klerk se uitlating tydens 'n gholftoernooi in Moedertjie Engeland dat “Suid-Afrikaners nog nooit sedert 1994 so moedeloos soos nou was nie”. Van kwaad na erger, sou die waarnemer oor die Rooi Vrydag-toespraakmaker en grootste weldoener aan die kommunisme sedert Josef Stalin, se skandalige sinisme om deesdae van gholfbane gebruik te maak vir van sy beroemde woorde en gevolgtrekkings. Verlede jaarhet De Klerk van die 19de putjie van 'n gholfbaan in Johannesburg gebruik gemaak vir net so 'n slopende standpunt oor die staat en grondwet van wanhoop wat hy saam met kommuniste soos Nelson Mandela en Joe Slovo geskep het.
Dat Naspers, en De Klerk, ondanks die volksmoord op Afrikaners en die veroordeling van Afrikaners in hul honderde duisende na plakkerskampe dié kaart van hoop uit die mou kan pluk, verstom eenvoudig. Ja, gerieflik skryf Nasperskoerante ná die treurspel wat die Afrikanervolk in sy eie land getref het maar sonder verwysing na die besondere en onontvlugbare feit dat die eintlike slagoffer die Afrikanervolk is.
Hierdie waarnemer het dus maar die moeite gedoen om die hoofartikel in Naspers vir die Afrikanervolk te “vertaal”: ’n Mens hoef maar net na die koerant se opskrifte te kyk om te sien hoekom Afrikaners (Naspers se “mense”) so voel. Afrikanerarmoede, Afrikanerwerkloosheid, Afrikanerslagoffers van misdaad al by die derduisende, ’n swak onderwysstelsel in teenstelling van die heel beste in onderwys in Afrikanerskole en universiteite 'n dekade of twee gelede, ANC-kaderkorrupsie en ’n tam sosialisties gerigte ekonomie dreineer die Afrikanergees. Maar dit is ongelukkig alles dinge waaraan 'n Swart en kommunistiese regime nie gebore in staat is om iets aan te kan doen nie. Ongelukkig gee die ANC-regime vir Jan en Alleman min hoop om te glo dat dié probleme ooit opgelos kan word, ondanks al De Klerk en ons eie leë beloftes.
En dis maar eintlik al wat die gewone burgery vra: 'n hand vol vere en Saterdag se rugby en die braai daarna.
Dit is dié soort hopeloosheid waaraan alle verwagtinge op ’n beter toekoms en hoop op die regstel van iets wat verkeerd is, ongelukkig onderwerp moet word. Ja, vanoggend bied ons, Naspers en FW de Klerk, aan u, ons lesers, selfs 'n groter hand vol vere as in 1994 met die aasnkoue van die heel eerste swart reënboog aan die Suid-Afrikaanse hemel.
Daardie hand vol vere, geskep uit die misleiding van Joodse kommuniste soos Slovo, slaafs ingeskryf deur Roelf Meyer in die 1994 en uiteindelik 1996-grondwet, dat u, gewone en misleide Naspers-leser kan glo dat met en deur u deelname aan hierdie goddelose bestel waarin aborsies wettig is en u kan dobbel en na hartelus rugby kan speel, kan deelneem aan verandering deur die uitbring van ’n stem vir die totstandkoming van 'n Swart en kommunistieswe bewind onder die hiel van die veroordeelde kommunis Nelson Mandela.
Dit was die jammerlike oordra van ’n visie vir ’n kommunistiese land wat meegebring het dat derduisende mense in 'n bloedige volksmoord in doodskiste na hul grafte gedra is.
Dit was leierskap van die laagste en gemeenste orde.
Twintig jaar gelede het die ANC Slovo se Freedom Charter gebruik om 'n nagmerrie van ’n kommunistiese land te karteer. Vandag sit die ANC konsuis half besluiteloos met Clever Trevor Manuel se sogenaamde Nasionale Ontwikkelingsplan (knopkierie), wat veronderstel is om die land uit ’n ekonomiese moeras te lig. Ander kaders en onderlinge struwelinge veroorsaak dat meer energie aan politieke knoeiery en selfbemagtiging bestee word as aan die sáám knoei in ’n gekorrupteerde land.
Die res van Afrika, eens op ’n tyd jaloers op die ondergang wat so vir die witman in Suid-Afrika bewerkstellig is, is volgens daardie lande se eie korrupte syfers stil-stil besig om Suid-Afrika verby te steek in aspekte soos ekonomiese groei en internasionale aansien.
Twintig jaar gelede het Slovo en Naspers die land amper versmoor onder die laventel wat hulle op die vars lyk wat die nuwe Suid-Afrika was te spuit. Suid-Afrika is toe verander van onwelriekende muishond tot 'n heerlik riekende lyk. Maar die laventelruik het hoeka verslaan, die muishondreuk is in sy volle geweld terug, daardie soort stank wat elke Afrika-land uiteindelik tref sedert Ghana se onafhanklikheid, 'n stank wat ons sagkens wyt aan korrupsie en binnepolitiek, maar moenie dat u oë, en ons, u bedrieg nie.
Wat die land nou nodiger het as ooit is nog 'n Nelson Mandela, nog 'n Slovo, nog 'n Roelf Meyer, nog 'n FW de Klerk en 'n duidelike, eenvoudige visie – ’n nuwe handvol vere waarvan elke Naspers-leser eienaarskap kan neem en voel hy het sy deel gedoen om verflenter en vermink in 'n stink hospitaalsaal in die Nuwe Suid-Afrika, of 'n doodskis, nog 'n slagoffer in die volksmoord, te lê. En te dink: Verdomp! En al wat ek wou doen was om FW en Slovo en Mandela en Meyer en Pik se Nuwe Suid-Afrika tot sy volle potensiaal te ontgin.