daar is vermanings wat aan die adres van mnr. Botha gerig moet word. Die eerste vermaning is dat hy nie met die Afrikanervolk kan speel nie.
Vir die ore van 'n populistiese Swart terreurorganisasie moes so 'n uitspraak radikaal gewees. Maar ook vir elke linkse Afrikaner en Blanke in ons land. Want mnr. Botha is 'n soort hoëpriester van die Swart-ter-wille-geregtigheid wat liberale Afrikaners en Blankes teen witvelmense pleeg. In daardie Farmer's Weekly het mnr. Botha ook tot die volgende onomwonde (mnr. Botha het in sy ministeriële termyn 'n voorliefde gehad vir die woord “kategories” wanneer hy 'n onomwonde standpunt gehad het), gevolgtrekking gekom: Dat die NP-regering waarvan hy deel was tydens die onderhandelinge met die kommuniste en die ANC nooit tot 'n grondwetlike vergelyk met die ANC sou gekom het nie as hulle geweet het van die ANC se grondvraatsug soos geopenbaar deur Mbeki nie. Mnr. Botha se artikel in die Farmer's Weekly het gekom te midde van die klomp liberaliste in AgriSA, TLU SA, Solidariteit en die Broederbond se mobilisering teen Thabo Mbeki se grondvraatsug. Hierdie mobilisering het uitgeloop op ontmoetings tussen AgriSA, TLUSA, Solidariteit en die Broederbond op onderskeidelik 12 November 2008 (dus in die week van mnr. Botha se artikel in Farmer's Weekly), en 1 Februarie 2011. Die gonsgroep en sy vergaderings is verduidelik as dat daardie vergaderings die vergaderings is van die “Adhocgroep vir die Beskerming van Eiendomsreg”.
Mnr. Botha se tweede afspraak met die waarheid – en die punt wat hier beklemtoon moet word is dat dit mnr. Botha is wat 'n bewustelike besluit neem hy moet hierdie afsprake self maak en hy moet ook hierdie afsprake nakom – was verlede week en vandeesweek en het saamgeval met die bekendstelling van 'n boek met die titel, Regstellende trane, deur Dirk Hermann van Solidariteit. Dis nodig dat die treflyn, deel van die politiek gelade frases waarmee die jongste aksie van sweerlik die selfde gonsgroep bekend as die Adhocgroep vir die Beskerming van Eiendomsreg aangebied word, van nader beskou word. Die treflyn, aangebied as die inleidende paragraaf in 'n berig van die verloopte Naspers-publikasie, die verloopte koerant Beeld, lui: Regstellende aksie soos dit nou toegepas word, was nie die bedoeling van die skikking tussen die ou bedeling se leiers en die ANC nie.
Daar is werklik min te kies tussen dié twee frases as jy soek na 'n omskrywing van diepgaande politieke berou. (Die waarnemer sou gewis ook kon vra maar waarom is Solidariteit so prominent in hierdie uitstalling van spyt wat te laat kom, was dié vakbond dan so deel van daardie skandelike abdikasie gepleeg in die naam van onderhandelinge in die World Trade Centre in Kempton Park. Maar laat Dirk Hermann en Flip Buys maar, as hulle die moed het, hul eie afsprake met die waarheid maak en dit nakom.)
Terug na mnr. Pik Botha.
Mnr. Botha is al baie dinge genoem. 'n Baie hoë figuur in die Vrymesselary. 'n Maltese ridder. Wil hierdie skrywe hom nou boonop tot Waarheidsridderslaan? Nee, daar is vermanings wat aan die adres van mnr. Botha gerig moet word. Die eerste vermaning is dat hy nie met die Afrikanervolk speel nie. Die tyd van koeëls in 'n weermagkampvuur gooi vir 'n bietjie vermaak is verby. Die tyd om in die Verenigde Nasies op te staan en vir politieke konsumpsie en die lok van kiesers na die bedrieglike Nasionale Party te verklaar: Do your damnest! (Vergewe die Engelse spelling as dit verkeerd is, dis 'n Afrikaner wat hier skryf.)
Wat mnr. Botha baie goed moet verstaan is dat as daardie Farmer's Weekly-artikel met bogenoemde stelling oor Wit en Swart grondbesit wel uit sy pen gekom het, dan sit ons met weinig anders as wat bekend staan as 'n onderskeibare Blank Suid-Afrika teenoor die Swart grond in die groter gebied. Maar wat word opgemerk wat hierdie artikel in Farmer's Weekly betref. Daar moet nog 'n mooi uitdrukking in Afrikaans gevind word vir die verskynsel dat 'n skrywe op 'n bepaalde webwerf eenvoudig net nie meer beskikbaar is nie. Nee, dit het nie verdwyn nie. Daar staan 'n kubergogga in die pad van die liberalis se vryheid van spraak van gister en eergister. Mnr. Botha se artikel is net eenvoudig nie te vinde nie. Is die aangehaalde Engelse paragraaf die kategoriese waarheid, mnr. Botha? Indien wel, mnr. Botha, weleerse liefling van die nuusmedia, ook van Rapport en Naspers, waarom stuit dit u nie teen die bors wanneer Naspers in sy atikels en hoofartikels skryf dis nie of die ANC-regime die grond moet herverdeel nie, die enigste saak wat nou uitgemaak moet word is die pas waarteen dit geskied. Waarom verdedig u nie u standpunt teen so 'n verkragting van u regering se veelgeroemde akkoord met die Swart kommuniste nie?
Nog 'n vermaning is dat u lig moet loop vir FW de Klerk. Die woorde spyt en berou ken hy nie. Sy standpunte, ook op die FW de Klerk-stigting se webwerf, maak 'n spotterny van dit wat u in die Farmer's Weekly geskryf het. Of De Klerk net ydel is wanneer hy saam met u 'n buiging op die verhoog maak, is onseker. Maar dit skyn dat De Klerk glo dat hy elke dag 'n afspraak kan maak met 'n nuwe waarheid. Alles wat hy sê en doen is liberale relativisme, die goed wat hy sê raak gouer vrot as 'n tamatie op 'n groentewinkelrak. Hierdie skrywe is afgeskop met die genadige feit dat dit vir die manmoedige moontlik is om 'n afspraak met die waarheid te maak. Daar is ook kennis geneem van blyke dat u dan wel sulke afsprake met die waarheid gemaak het en dit probeer nakom.
Daar is egter ook 'n ander belangrike saak oor afsprake met die waarheid. Dit is dat die waarheid van sy kant af afsprake maak. Ja, ook dan is daar ruimte vir spyt en berou, geloof en hoop was nog nooit 'n hopelose ding nie. Maar dan is daar nog 'n saak. 'n Lelike saak. Dit gaan oor afsprake en leuens en dat leuens die mens voor stok kry. Die leuen is ongelukkig aan geen mens se kant nie. Hy hou veral daarvan om mense te oorval, ás hy 'n afspraak maak, is dit net om die mens te terroriseer.
Dit het opgeval dat een van die groot meedoeners aan die gemors wat dreig om die Afrikaner nou enige dag in sy vaderland te oorval, die NG teoloog Nico Smith, kort voor sy dood eintlik manies was oor 'n Algerynse noodwendigheid wat die Afrikaners en Blankes se voorland is, sy oplossing vir die probleem vir 'n oomblik ter syde. Om kort te gaan, politiek prakties te wees: U het nou reeds op twee terreine van die volkslewe (eiendomsbesit en arbeid) afsprake gemaak en nagekom. Waarom erken u nie maar u geroemde en besonge “akkoord” met die kommuniste het tot wanorde en anargie in die hele volkslewe gelei en dat dadelike en ingrypende regstellende optrede skort nie, regstellende optrede waarin u berou en u spyt heel bo aan die agenda verskyn.