Net sodat die wêreld kan sien dat dit nie slegs die AVP is wat bereid is om die werklike toestand in Suid Afrika bloot te lê nie!
2013-07-13 23:39
Polisielede op die toneel van ’n plaasmoord verlede jaar. | Foto: Felix Dlangamandla
Jana van der Merwe
Altesame 360 000 Suid-Afrikaners is sedert 1994 in dié land uitgemoor.
Dié skoksyfer kom uit die jongste navorsing deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-verhoudinge (SAIRV).
“As mens die lyke opmekaar stapel, is dit vier keer die bevolking van Nelspruit, die hele bevolking van Vanderbijlpark, die helfte van Oos-Londen of twee keer dié van Kimberley,” sê Frans Cronjé, uitvoerende adjunkhoof van die SAIRV.
“Vergeleke met Eerstewêreldlande soos Amerika, Australië en Japan waar daar slegs twee tot vyf moorde per 100 000 per jaar gepleeg word, is ons moordsyfer skokkend hoog.”
Volgens die SAIRV word 31 moorde per 100 000 mense per jaar in Suid-Afrika gepleeg.
In 2011-’12 is 16 766 huisrooftogte by die polisie aangemeld, volgens die Instituut vir Sekerheidstudies. Dit is net 0,7% minder as dié in die vorige jaar. Gauteng, met 38% (6?336) van die rooftogte, is die hardste getref.
“Mense het nie vertroue in die polisie se statistieke nie, maar dit is vir die polisie moeilik om met die moordsyfer te kul, want jy het ’n lyk. Jy het ’n familie wat antwoorde soek,” sê Cronjé.
Uit ’n verslag wat Transparency International die afgelope week bekend gemaak het, blyk dit 83% van alle Suid-Afrikaners meen die polisie is korrup.
Swak ondersoekwerk deur die polisie en die swak insameling van forensiese bewyse op misdaadtonele is ’n enorme probleem, sê Cronjé.
“As 80% van moorde deur mense wat die slagoffer ken gepleeg word, soos die regering beweer, hoekom is daar slegs ’n klein persentasie van waarskynlik sowat 13% skuldigbevindings in ons howe?”
Daar is een ding wat alle Suid-Afrikaners – wit, swart, arm of ryk – gemeen het: die vrees vir geweldmisdaad, sê Cronjé. Volgens hom doen die middel- en hoërinkomstegroepe alles moontlik vir beveiliging.
Al is dit dan deur ’n veiligheidsbedryf wat self nie alte streng gereguleer word nie, volgens Craig Oosthuizen, navorser vir die niewinsgewende organisasie Ndifuna Ukwazi en sekretaris van die Campaign for Safe Communities.
Dié tekortkoming in die private veiligheidsbedryf – wat al miljarde rande sterk is – is kommerwekkend, sê hy.
Tot 14% van die veiligheidsmaatskappye wat deur die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) ondersoek is, neem ongeregistreerde veiligheidswagte in diens. Een uit elke vyf veiligheidswagte dra, teenstrydig met Psira-regulasies, sy of haar persoonlike vuurwapen. Een uit elke tien is nie voldoende kragtens die Wet op Vuurwapenbeheer opgelei nie, is bevind.
Intussen oorweeg die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie ’n konsepwet wat strenger regulering van die veiligheidsbedryf vereis. In die groenskrif word aangevoer die private bedryf meng in by polisiewerk en dit kan tot die wanfunksionering van die regstelsel lei.
Steve Conradie, hoof van die Sekerheidsbedryfalliansie (SIA), meen die groenskrif is belaglik en dat sy bedryf bydra tot die voorkoming van misdaad. Vir elke polisielid in die land is daar drie private veiligheidslede, en agt veiligheidsmaatskappye vir elke polisiekantoor, sê hy.
Die amptelike polisiesyfer wys daar was in 2011-’12 altesame 1?125 polisiekantore vergeleke met Psira se 9?364 aktiewe veiligheidsondernemings.
“Elke Suid-Afrikaner bestee deesdae soveel as wat hulle kan bekostig om hulself te beveilig,” sê Jenny Reid, president van die Sekuriteitsvereniging van Suid-Afrika, wat meen die veiligheidsbedryf is minstens R50 miljard per jaar werd.
Daar moet dringend op maatskaplike en ekonomiese vlak na die geweldmisdaadprobleem gekyk word, sê Cronjé.
“Dit gaan oor meer as die bekamping van armoede en ons onbeholpe polisiemag.”
Die gebrek aan gesonde familiestelsels en -waardes is die kern van die probleem, meen die SAIRV. Drank, dwelms en geweldmisdaad gaan hand aan hand. Armoede, wat sedert die aanvang van welsyntoelae afgeneem het, is nie noodwendig die bepalende faktor in geweldmisdaad nie.
“Die staat het deur die jare net aangedra en gegee, maar dit help nie jong, werklose mense om te voel hulle het beheer oor hul eie land en lewe nie.”
South African Crime
Some interesting facts :
•At least 1 in every 15 South Africans will experience trauma this year
•Every 43 minutes somebody in South Africa dies as a result of a motor vehicle accident.
•For every person that dies, 85 are admitted for treatment at a medical facility.
•Over 20,000 interpersonal deaths (Murders, suicides, hijackings, etc) will occur this year alone
•A study by Interpol (the international police agency) shows that South Africa has the highest rate of rape in the world. A woman is raped in South Africa every 17 seconds… In South Africa in 2006 there were close 55 000 reported rape cases. There were over 494,000 rape cases that went unreported. In 2009/10 there were 68 332 REPORTED cases, which means more than 600,000 UNREPORTED cases.
•South Africa has the highest incidence of child and baby rape in the world with more than 67,000 cases of rape and sexual assaults against children reported in 2000.
•Statistics show significant (actually shocking) increases in the incidence of attempted murder (42,3%), all sexual offenses (36,1%) and murder (14,5%) against children between 2008/2009 and 2009/2010.
Latest Statistics for crime in South Africa. Taken from the CIA.gov website and the United Nations 2011 report "International Statistics on Crime and Justice". This is South Africa's position in the World Crime Rankings
South Africa ranked 1st in the World :
•Rapes (per capita) 1.19538 per 1,000 people [1st of 65]
•Assaults (per capita) 12.0752 per 1,000 people [1st of 57]
•Gun violence > Homicides > Firearm homicide rate > per 100,000 pop. 74.5748 [1st of 32]
•Gun violence > Homicides > Overall homicide rate > per 100,000 pop. 125.965 [1st of 32]
•Manslaughters (per capita) 0.247181 per 1,000 people [1st of 43]
South Africa ranked 2nd in the World :
•Murders with firearms 31,918 [1st of 36]
•Murders with firearms (per capita) 0.719782 per 1,000 people [1st of 32]
•Gun violence > Homicides > % homicides with firearms 59.2028 [2nd of 32]
•Murders (per capita) 0.496008 per 1,000 people [2nd of 62]
•Gun violence > Homicides > Non-firearm homicide rate > per 100,000 pop. 51.3901 [2nd of 32]
•Manslaughters 11,202 [2nd of 42]
•Number of prisoners 181,944 prisoners [2nd of 168]
South Africa ranked 4th or lower in the World :
•Robberies (per capita) 4.4434 per 1,000 people [4th of 64]
•Drug offences 53,810 per 100,000 people [4th of 46]
•Car thefts 93,133 [6th of 46]
Total crimes 2,683,849 [ranked 5th of 50 countries]