1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959751

Besoekers aanlyn

Ons het 117 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

RUIK DIE OUD-ANC-JEUGLIGALEIER JULIAS MALEMA LONT OOR AL DIE DUISTERHEDE WAT MET NELSON MANDELA GEBEUR?

altGeheimsinnige sterftes en voorvalle in die geskiedenis as deel van politieke intriges:

Malema meen Mandela, wat in die Medi-Clinic -harthospitaal in Pretoria behandel word, hoort eerder in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto.

“Dink net, as Mandela in die Baragwanath-hospitaal was, sou dit ’n mosie van vertroue in ons staatsdiens gewees het,” het die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) volgens EWN die naweek in Sebokeng, buite Vanderbijlpark, aan ’n handvol ondersteuners gesê. Maar vermoed Malema, 'n goed ingeligte bron, nog steeds vertroud met gebeure agter die skerms van die ANC en die Wit buitelandse en kommunistiese elite wat die organisasie bestuur, dalk gemene spel met Mandela? Waarom is Mandela inderdaad na die hospitaal in Pretoria gebring terwyl net sulke goeie of inderdaad beter mediese toerusting en hulp in Johannesburg se elite hospitale beskikbaar is? Om nie van die beste en baie vooraanstaande mediese personeel wat in Johannesburg se verpleeginrigtings beskikbaar is, nie te praat nie.

 

 

Daar is inderdaad vele vrae wat gestel kan word oor die geheimsinnige oorbring van die klaarblyklik dodelik siek Mandela in die middel van 'n Hoëveldse winternag in 'n mankolieke ambulans wat dan om een of ander rede die gees op die pad na Pretoria gegee het. Daar is reeds soveel vrae oor duistere moontlikhede wat veral die Afrikanervolk en ander Blankes in die land kan stel oor sinistere gebeurtenisse wat Mandela se siekbeddens, verpleegoorde en oorplasings en mediese bystand betref, eenvoudig deurdat die dood van Mandela ook deur buitelandse instansies beskou word as 'n moontlike snellergebeurtenis wat tot grootskeeps geweld in 'n versnelde fase van die Suid-Afrikaanse Rewolusie aanleiding kan gee. Om nog 'n duisterheid te noem: Die val van 'n Dakota-vliegtuig met 'n span mediese personeel onderweg na Mandela vroeg in Desember verlede jaar. Soos die mankolieke ambulans wat onklaar geraak het, moet daar gewis baie indringende vrae gestel word oor waarom dit juis 'n ou Dakota-vliegtuig was wat na Mandela se huis in Qunu in die Transkei onderweg was.

 

Die probleem is net dat indien diegene agter Mandela se mediese versorging nie behoorlike antwoorde op baie geldige vrae kan verskaf nie, nie slegs persoonlikhede soos Malema vrae oor sulke sinistere verwikkelinge kan stel nie: ook en veral die Afrikanervolk kan dit doen, hy is immers klaarblyklik 'n skyf en ʼn bestemde sneller in die ontvouing van die Suid-Afrikaanse Rewolusie. Hoe groot is die moontlikheid van anargie sou Mandela doodgaan, en dit nogal in 'n hospitaal in apartheid-Pretoria en terwyl hoofsaaklik Wit (Afrikaner?) mediese personeel hom verpleeg? Laat hierdie lewensbelangrike vraag deur meer objektiewe waarnemers as die Afrikanervolk, 'n volk wat klaarblyklik in die oog van die storm sal staan sou Mandela doodgaan, beantwoord word. So 'n onbetrokke instansie kan baie moontlike die Verenigde Nasies (VN) wees. En die VN hét so 'n antwoord verstrek deurdat hulle duisende sogenaamde vredesmag-soldate onlangs via die hawe in Port Elizabeth die ou Transkei en Ciskei ingestuur het, tot die tande vir die verpleging van beseerde burgerlikes gewapen met allerhande soorte gevorderde wapentuig. En waarom is dit Franse soldate (hoofsaaklik Westerlinge? Daar is ook berigte dat Amerikaanse vlootsoldate hulle in die sogenaamde vredesmag bevind. En wat het van die land se eie South African National Defense Force geword wat goed genoeg geag word om vredesoperasies in Afrika uit te voer?)

 

Twee ernstige verwikkelinge laat die Afrikanervolk nou met 'n baie ongemaklike vraag, en veral nou dat Malema gesuggereer het Mandela moes eerder na die Baragwanath-Hospitaal in Soweto as na Pretoria gebring gewees het: Was daar nie al twee mislukte aanslae op Mandela se lewe, Mandela se dood wat daardie noodsaaklike vonk vir die volgende en bloedige fase van die Suid-Afrikaanse Rewolusie moet wees nie? En laat niemand nou die verantwoordelike Afrikaner verwyt as hy hierdie plofbare vrae stel nie. Laat die Afrikaner net weer en ter wille van die rekord herinner word aan die twee moontlik bedekte aanslae op Mandela se lewe:

# Die keer van 'n mediese span met behulp van die sabotering van 'n ou Dakota-lugambulans om lewensnoodsaaklike mediese toerusting en hulp na Mandela in Qunu te bring;

 

#die geheimsinnige oorbring van die 94-jarige Mandela in 'n beweerde flenter ambulans in die middel van 'n Hoëveldse winternag na 'n hospitaal in Pretoria terwyl, volgens oud-ANC-jeugligaleier Malema, ewe goed mediese sorg in Soweto beskikbaar is.

 

Geheimsinnige sterftes en voorvalle in die geskiedenis as deel van politieke intriges:

Eerstens, oor die val van die Dakota (en uiteraard die vraag wat intussen geword het van die ondersoek na die ongeluk): Media 24: 6 Desember 2012: Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sê geen oorlewendes is gevind nadat ʼn militêre vliegtuig in KwaZulu-Natal neergestort het nie, het SA FM berig. Die weermag sê ses bemanningslede en vyf passasiers was ten tyde van die ongeluk aan boord die Dakota.

 

Volksblad berig die passasiers was veiligheidswagte wat die vliegtuie en geboue van die lugmag moes gaan oppas het by die Mthatha-lughawe. Dit volg nadat die SANW ook ontken het dat Oudpres. Nelson Mandela se mediese span aan boord die vliegtuig was. “Die berigte is nie korrek nie,” het Siphiwe Dlamini, hoof van die weermag se kommunikasie, gesê.

 

Sapa berig die departement se woordvoerder, Xolani Mabanga, het vroeër bevestig dat die vliegtuig se wrak gevind is. Die Dakota het Woensdagoggend omstreeks 08:00 van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria opgestyg en sou om 10:00 in Mthatha in die Oos-Kaap land. Dlamini wou ook nie bevestig hoeveel mense aan boord die vliegtuig was nie.

 

Beeld het vroeër berig die mediese span was moontlik aan boord. Die dagblad het bespiegel dat die span aan boord kon wees, aangesien die vliegtuig na Mthatha in die Oos-Kaap onderweg was, waar die oudpresident was.

Uit 'n opsomming op Gelofteland se webwerf van die boek, Die lang generaal, deur Anthony Elsdon, sekere opmerkings oor genl. Langhendrik van den Berg se beweerde betrokkenheid by die val van 'n SAL-vliegtuig met 'n akademikus, 'n dr. Bruwer, aan boord: Vroeg in Julie 1967 het 'n senior CIA-agent Hendrik van den Bergh besoek. Tot die mees onlangse voorval het die twee mans 'n professionele, dikwels wedersyds voordelige verhouding gehad. Die Amerikaner het by 'n venster gestaan en oor Pretoria gekyk. "Wat het jy vir die Rosenthals gesê?" wou hy weet. "Oor ons pragtige land," het Van den Bergh sarkasties gevra, "of oor hul pragtige dogter?" "Oor Audrey se besoek," het die agent geantwoord.

"Net dat die CIA ons nie oor hul daaglikse bedrywighede inlig nie." "Ons moes jou waarskynlik in ons vertroue geneem het." "Oor haar besoek of oor haar sending?" het Van den Bergh hom uitgedaag.

Die CIA-man het geweet dis 'n gevaarlike vraag. "Oor haar besoek," het hy versigtig geantwoord.

 

Van den Bergh het tydmors met woordspeletjies verpes. "Ek is seker jy moet geweet het sy is hier," het die Amerikaner gewaag. "Ek is bly ek het nie," het Van den Bergh met 'n pokergesig gesê, "anders het ek dalk een van my manne op daardie vliegtuig verloor." Die agent het geweet dit het geen sin gehad om meer te probeer wys word nie. Bruwer was 'n minder belangrike CIA-agent. Hy het die agentskap gevra om hom te help om potensieel dodelike inligting te bekom. In daardie stadium het die CIA nie geweet Hendrik van den Bergh was die onderwerp van die ondersoek nie. Hulle het beter as enige ander intelligensie-agentskap in die wêreld die lang man se reputasie geken. Almal het geweet hoe gevaarlik dit sou wees om Van den Bergh in sy eie agterplaas te pak. Die Rietbok-vliegtuigongeluk was net nog 'n voorbeeld van hoe verbeeldingryk hy was. Dit het bewys wat hy kon orkestreer wanneer hy homself en sy domein wou beskerm Terselfdertyd het dit die CIA een van sy beste Afrika-agente gekos. Die Duitsers se gesegde was in die kol: "Lol met Hendrik van den Bergh, en jy doen dit op eie risiko!"

 

Oor die dood van Wladislaw Sikorski wat volgens die Britse geskiedskrywer Irving deur Winston Churchill om die lewe gebring is: The body of Poland's wartime leader has been exhumed as part of a probe into claims his death in a 1943 air crash was the result of a plot by Britain and Russia. Authorities hope the exhumation of General Wladyslaw Sikorski, head of occupied Poland's government-in-exile, which was based in Britain, will cast light on suspicions that his death was ordered by Soviet or British leaders who were starting to find him politically inconvenient. There has been speculation that the notorious British traitor Kim Philby, then a British agent working for the Soviets, was involved.

 

Ten slote oor nog 'n vreemde vliegtuigongeluk waarin die hele Poolse leierskap uitgewis is:

A Polish parliamentary investigation into President’s Lech Kaczynski plane crash in Smolensk in 2010 is considering witness protection: A flight engineer set to deliver critical testimony was found hanged in his house in Warsaw.

 

The body of Remigiusz Muś, a 42-year-old aviation engineer, was found by his wife in the cellar of their house in the suburbs of the Polish capital at around 11:30pm local time on Saturday. She called an ambulance and attempted to resuscitate her husband, but medics pronounced him dead as soon as they arrived. An autopsy is set for Monday, October 29. As news of Muś’ death hit headlines, the head of the Polish parliamentary commission looking into the crash, Antoni Macierewicz, said that Muś was one of two key witnesses in the case. With Muś dead, key witness Artur Wosztyl should be put in protective custody, Macierewicz said.

 

Dariusz Slepokura, a spokesperson for the Warsaw district prosecutor's office, said on Monday that Muś likely committed suicide. Muś’ suicide has become the second incident of its kind connected to the investigation of the April 10, 2010, plane crash in Smolensk that killed the Polish president and 95 other people aboard. In January 2012, a Polish prosecutor involved in the investigation shot himself for no apparent reason during a media briefing. Prosecutor Mikolaj Przybyl told reporters he needed a break, and ordered them to leave the briefing room. Immediately after they left, Przybyl shot himself. Doctors managed to save his life, as his brain was not damaged by the self-inflicted wound.

 

Muś arrived to Smolensk on a Polish Yak-40 airliner carrying the Polish press pool one hour before the President’s plane crashed. Shortly after the incident, Muś retired from aviation. The catastrophe devastated Polish leadership, as most of the country’s top political, military, financial and religious leaders were on the same flight to Smolensk to commemorate Polish officers imprisoned and brought to the USSR in 1939. The prisoners were later executed in the forests of Katyn, around 14 kilometers west of the city of Smolensk.

 

During the investigation, Muś testified that he witnessed the ground control in Smolensk communicating with the pilots of the president’s airplane. Muś claimed that while he rested in the cabin of the plane, he overheard a Russian air traffic control officer giving the president’s plane permission to descend to a ‘landing decision’ height of 50 meters. Muś said that earlier, the aircraft in which he was flying was given the same permission to descend to 50 meters, despite the dense fog covering the Smolensk region that day.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie