1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959713

Besoekers aanlyn

Ons het 104 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WORD DIE 1996-GRONDWETLIKE BEDELING DALK SAAM BEGRAWE?

Die begrafnis is glo bestem om die begrafnisse van wêreldfigure soos Pous Johannes Paulus en Diana van Brittanje na die kroon te steek.

Moet die dood en begrafnis van Nelson Mandela ook as die dood en begrafnis van die 1996-grondwetlike bedeling in die land gesien word?

Daar is vele vrae in dié verband in die lig van die ysere beheer wat die Amerikaanse administrasie gaan instel oor bedrywighede in die land onder die dekmantel die reëlings is noodsaaklik wat betref die vlotte verloop van die sogenaamde "wêreldikoon" (sekere behoudende kommentators verkies die woord "afgod" wanneer na Mandela verwys word), se begrafnis.  Die begrafnis is glo bestem om die begrafnisse van wêreldfigure soos Pous Johannes Paulus en Diana van Brittanje na die kroon te steek.  Dat daar 'n Amerikaanse ystergreep op verwikkelinge in Suid-Afrika en die voortgang in ons daaglikse lewe kom wanneer Mandela sterf, kan uit onderstaande berigte afgelei word.

 

Die vraag wat dalk gestel moet word is in hoe 'n mate Amerikaanse regeringsfronte soos die CIA, en ook die Britse inligtingsdienste reeds die daaglikse gang van sake uit die hande van die Zuma-regime geneem het. Is Jacob Zuma se verskyning by Nelson Mandela in die Pretoria-Harthospitaal nie maar net 'n poging om steeds in die regeringsprentjie te bly nie? Te sê, moet my nie vergeet, ek is steeds hier?  

'n Volgende vraag is dan dat as die kis in die graf gesak en die routyd (of tyd van verskerpte deurvoer van die rewolusie), afgehandel is, wie in beheer van die land sal wees. Is die Mandela-saga nie maar bloot die gee van 'n besondere inhoud aan Suid-Afrika se sogenaamde Lente-rewolusie nie?

 

Hierdie vrae is nodig in die lig van die feit dat die gedagte dat die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) 'n ongerigte en bloedige fase kan bereik met die dood van Mandela, berekend die wêreld ingestuur word. Hoewel alle rewolusies gekenmerk word deur anargistiese fases, is hierdie anargistiese fases nooit sonder stuurlui nie, dié stuurlui wat in die 20ste en 21ste eeu gewoonlik in Amerika gesit het en steeds sit en met behulp van die Amerikaanse CIA voltrek word.

 

Dit is in die lig van hierdie feit dat die gegewens soos verstrek op Vaandel se webbladsy, beoordeel moet word: Die VSA regering het ’n tyd gelede reeds alle reëlings rondom Mandela se begrafnis uit die hande van die ANC geneem, aangesien die ANC, volgens ’n senior Amerikaanse offisier, dit nie kon behartig nie en ook hopeloos sou verbrou het. Tot dusver beloop Amerika se kostes vir die reëlings reeds meer as 900 miljoen dollar (byna R10 miljard) en teen die tyd dat alles weer “genormaliseer” het, kan dit verdubbel. Die skedule wat gevolg gaan word, is glo reeds volledig uitgewerk en sien soos volg daar uit — dit mag dalk later verander.

 

(Het Siener (van rensburg) dalk na hierdie “volledige” planne verwys toe hy gesê het “hulle mooi uitgewerkte plannetjies gaan lelike skeefloop”?):

 

● Daar word glo beplan om Mandela se dood binne die volgende week en warskynlik vóór die 29ste Junie aan te kondig. (Maar laat ons liewer wag totdat dit amptelik aangekondig word).

 

● In ’n mediaverklaring sal o.a. gesê word dat die SA regring met ’n staatsbegrafnis mnr. Nelson Mandela se uitstaande nalatenskap wil eer en daarom ’n amptelike routydperiode van (aantal dae) aankondig. Die heengaan van Mandela was een van die belangrikste gebeurtenisse vir beide Suid-Afrika en die res van die wêreld.

 

● Daarna sal hy ’n “vinnige” balsem-behandeling ontvang wat net moet hou vir die duur van die begrafnis.

 

● Sy liggaam sal eers in Pretoria in staatsie lê, daarna verskuif word na die Coca Cola Dome in die noordelike dele van Johannesburg, waar een van die grootste spyseniers in Gauteng reeds gereedstaan om aan die sowat miljoen roubeklaers kos te voorsien; uiteindelik word sy liggaam na Umtata geneem om ook daar in staatsie te lê, voordat hy begrawe word.

 

● Vir die duur van die begrafnis sal die OT-lughawe slegs begrafnisgangers akkommodeer.

 

● Sekere paaie kan afgesper word.

 

● In hierdie stadium oorweeg Amerika dit om ook Engeland en Duitsland se hulp in te roep, aangesien daar nie net sprake is van moontlike terroristiese aanvalle op begrafnisgangers nie, maar ook xenofobiese geweld wat kan uitbreek. (Regse blankes sal nie hierby betrokke wees nie).

 

● Alle Suid-Afrikaanse “operations” (ondernemings) kan moontlik gesluit word, behalwe diensverskaffing deur sake waarvan buitelanders afhanklik is.

 

In hierdie stadium is dit nog onduidelik watter besighede gesluit mag word, veral omdat die meerderheid swartes met verlof sal wees vir die duur van die routyd en begrafnis. Dit kan insluit kleinhandelaars, voedselverspreiders, vulstasies, finasiële instellings, staatsdepartemente, soos bv. die poskantoor, ens. Afhangende van die gebied waar dit geleë is. Sien meer berigte oor Mandela op Vaandel se webbladsy maar met dit in gedagte: Dat dit u plig is om u eie gesonde oordeel wat sulke inligting betref, te laat geld.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie