1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959695

Besoekers aanlyn

Ons het 90 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

Hoe veilig is u spaargeld...dink u?

IxArcas van Rooyenndividue wie bankrekeninge het wat 100 000 Euro of meer bevat sal geskut word as reddingsmiddel om die banke in stand te hou.

Interessante gebeure het aan die lig gekom tydens ons besoek aan Europa gedurende Junie 2013. Die Europese Unie se Ministers van Finansies het 'n skokkende nuwe plan aangekondig wat elke bankrekening in Europa kwesbaar sal maak om banke wat in finansiele knyp is te red van ondergang. Individue wie bankrekeninge het wat 100 000 Euro of meer bevat sal geskut word as reddingsmiddel om die banke in stand te hou. Blykbaar wil hulle nie meer belasting betalersgeld gebruik om banke uit die moeilikheid te help nie. 

 

Hierdie nuwe raamwerk vereis verbandhouers, aandeelhouers en groot rekeninge wat meer as 100 000 Euro in die bank het, die eerste sal wees wat verliese sal ly wanneer banke in die knyp nie gered kan word nie. Dit meen as jy 'n bankrekening in Europa het en jy een more opstaan, elke sent wat u het bo 100 000 Euro gevat sal wees sonder toestemming. Deposito gelde minder as 100 000 Euro sal beskerm word en belastingbetalersgeld sal alleen as 'n laaste toevlugsoord gebruik word in die reddingspakket.

 

 

Blykbaar, volgens die pers was die eiland Ciprus die eerste land wat al in Maart 2013 hierdie roete gevolg het om hulle banke se ondergang te voorkom. Die weste het Ciprus hewig gekritiseer aangesien afgetredes en klein sakeondernemings honderd duisende Euros oornag verloor het. Nou volg die Europese Parlement dieselfde plan voor die end van die jaar, omdat dit hulle nou pas. Die aanbeveling nou is, indien enigiemand 'n bankrekening het meer as 100 000 Euro, die geld so gou doenlik te onttrek. Dit is geen geheim nie dat die verwagting onder die ekonome, in veral Europa is dat baie banke nog in die toekoms ineen gaan stort. Daar

word al vewys na 'n ekonomiese depressie wat gaan volg. As die feite hieronder ontleed word, is dit nie 'n vergesog moontlikheid nie.

 

       - Motorverkope in Europa is die laagste in 20 jaar.

       - In totaal is die werkloosheidsyfers in die eurosone 12,2%, die hoogste ooit in hul   geskiedenis.

       - In Italie alleen sluit daar 134 kleinhandelbesighede per dag. Oor die 224 000 kleinhandelafsetwinkels het sedert 2008 toegemaak.

       - In Frankryk is die werkloosheidsyfer 10.4%, die hoogste in 15 jaar.

       - Die Regering in Frankryk is nou verantwoordelik vir 57% van die totale ekonomiese lewering.

       - In Meimaand 2013 het die huishoudelike lenings in Europa afgeneem teen die vinnigste

         pas in 11 maande.

       - Gedurende die eerste kwartaal het die afsetbare inkomste in die Vereenigde Koningkryk teen die vinnigste pas afgeneem in 25 jaar.

       - Daar word voorspel dat werkloosheid in Spanje sal daal tot 28.5% volgende jaar.

       - Net 'n paar jaar gelede het die persentasie swak lenings gegroei van 2% tot 10.87%.

       - Oor die laaste 12 maande het Spanje se nasionale skuld gegroei tot 19.1%.

       - Die Griekse Regering voorspel dat die Griekse ekonomie sal krimp met 4.5% per jaar.

       - Daar word verwag dat werkloosheid in Griekeland sal styg tot 30% in 2014.

 

Teen hierdie agtergrond hoop en vertrou die Afrikaner Volksparty dat Afrikaners en volksgenote aandag sal skenk aan die verlammende ekonomiese gebeure in Europa en nie die houding sal inneem dat Europa te ver weg is en dus nie Suid-Afrika sal affekteer nie. Ons het geleer dat die ANC regime van Suid-Afrika die grootste na-apers is van die weste en as Europa dit goedkeur om bankrekeninge met bedrae oor 100 000 Euro (+/- R 1 300 000-00) te gryp dan kan dit ook hier gedoen word vir byvoorbeeld die sogenaamde werkloosheid probleem van 27% en om armoede te bekamp.

 

So, moenie al u eiers in een mandjie hou nie, dit sal goed wees om u bates te versprei na verskillende plekke en organisasies en finansiële instellings. Wat nou in Europa gebeur is ongehoord in moderne tye om bankrekeninge oop veld te verklaar. Dit sal die ANC soos 'n handskoen pas om Europa se voorbeeld te volg om blankes blankes se bankrekeninge uit te buit.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie