1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959717

Besoekers aanlyn

Ons het 104 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VERSTEEKTE NP MILJARDE SLAAN OP VREEMDE PLEKKE UIT

altWat interessant word, is die magte wat nou teenoor mekaar in slagorde opgestel is!

Daar is verskeie kere op hierdie webblad verwys na die gerugte van miljarde wat verskuif is voor die 1994 magsoordrag aan ʼn kommunistiese terroristebende. In ʼn verklaring oor Project Hammer word daar selfs verwys na R16 Triljoen se goud wat sy weg uit Suid Afrika gevind het sonder die medewete van die Afrikanervolk.

 

Vandag op bladsy 10 van die Beeldkoerant, versteek onder die opskrif: “ Kunstenaars lewe in vrees oor sensuur”, skryf Mariana Malan van R30 Miljard wat verdwyn het waarna in ʼn film verwys word wat die SABC nie wil laat vertoon nie. As in gedagte gehou word dat dit die ANC regime is wat die SABC beheer en dat dit in hulle belang sou wees om sulke inligting bekend te maak, is dit egter duidelik dat daar steeds agter die skerms geknoei word om sommige onwettighede toe te hou en om sommige bestaande verhoudings te beskerm.

  

 

Waarvoor die voormalige NP regering ookal die geld aanwend, kan dit nooit opweeg teen die onmeetbare ellende wat hulle onwettige magsoordrag die Afrikanervolk aangedoen het nie. 

Wat interessant word, is die magte wat nou teenoor mekaar in slagorde opgestel is! Lojale liberales teen die Afrikanerverraaiers en genote. Afrikaners, hou goeie moed! Daar word vir ons gestry waar ons nie kan bykom nie. Die Hiënas loer vir mekaar en dit word elke dag duideliker dat selfs die linkses van die linkervleuel nou begin bekommerd raak. So draai die wiel onverbiddelik om dit wat nou bo is, na onder te bring!

‘n Uittreksel uit die Beeld berig:

Grahamstad. – ’n Donker wolk hang oor kunstenaars en hul werk, want nuwe maniere om die kunste te sensor kom na vore.......

Voorts is die joernalis Sylvia Vollenhoven tans in ’n dispuut met die SAUK gewikkel omdat sy weier om al die materiaal te oorhandig wat sy gebruik het vir die dokumentêr Project Spear wat sy in opdrag vir SABC2 se reeks Truth Be Told gemaak het. Dit handel oor ’n voormalige M16-spioen wat ondersoek moes instel na geld wat met die oorgang na die nuwe bedeling verdwyn het.

 

Na bewering is R30 miljard op die spel en talle rolspelers uit die ou bedeling is betrek.

Hoewel dit nooit uitgesaai is nie, beskou die SAUK dit as sy eiendom. Dit gaan glo nie om die inhoud nie, maar om die beginsel dat dit sy eiendom is.

Alex Dodd, ’n gesoute kunstejoernalis, het gesê kunstenaars beleef ’n kultuur van vrees. “Dit beïnvloed nie bloot die persoon nie, maar dikwels ook sy manier van voortbestaan,” het sy gesê.

Volgens Blignaut het die nuwe “sensorskap” vernietigende gevolge. “Dit verwoes kunstenaars se lewens. Kunstenaars word gedwing om aktiviste te word.”

Oor die vervaardiging van die rolprent word daar op ‘n ander webblad as volg berig:

LINKSES PAK MEKAAR.

July 1, 2013 -     

Die SAUK het koue voete gekry oor ‘n hoogs omstrede dokumentêre werk wat reeds in Januarie vanjaar uitgesaai sou word.

......weier die SAUK om die dokumentêre rolprent, getiteld Project Spear die lig te laat sien.

Daar word na die rolprent waarvan die vervaardiging R5,900 per minuut gekos het – meer as R280 000 dus vir 48 minute lugtyd – verwys as “die prent wat die SAUK jou nie wil laat sien nie.”

 

Die rolprent waaroor daar nou so getwis word dat prokureurs nou ingeroep is, handel oor ‘n ondersoek wat die ANC aangevra het om uit te vind wat van miljarde rand geword het wat verdwyn het in die oorgang na die nuwe bedeling.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie