1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959371

Besoekers aanlyn

Ons het 66 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DUBBELE STANDAARDE MET HALWE WAARHEDE

Want FW de Klerk het pas verlede week voor die Bogotana seker een van die grootste “ligte flaters” - ofte wel grofste flaters, beken wat 'n beweerde Afrikaner-politikus kán begaandesmond tutu

Wat eienaardig in die linkse politiek is, is die dubbele standaarde waarmee “ligte flaters” hanteer word.

Kyk, as daar nou 'n koerantgroep is wat kon floreer op ligte flaters wat Afrikaner-leiers begaan het wat 'n ding net 'n aks te veel na regs geneem het, is dit die Naspes-liegfabriek.

Ook geen verrassing nie, is een van die groot peetvaders van die Naspes-liegfabriek nie oorle Schalk Pienaar nie?

Saam met Piet Cillié het hy Die Burger en die ou Nasionale Pers van dr. DF. Malan 'n rooi kleed omgehang en die behoudende Afrikaner en Afrikaner-nasionalis begin jaag soos 'n klopgees in die spookhuis op die heuwel.

Maar daar het intussen 'n klomp dinge in ons wye, droewe land gebeur, die ergste dalk dat ligte flaters lankal nie meer goed genoeg is vir die nuusblaaie van 'n Naspes-koerant met al die growwe flaters wat hul Swart peetkinders in die ANC aanvang nie, dis nou van Nelson Mandela af dwarsdeur tot Jacob Zuma. Kyk, daar is soveel korrupsie al voor die ANC aan bewind gekom het deur die ANC gepleeg, hulle sal 'n bobaas-wiskundige soos George Gallup uit die dood moet opwek om hierdie aardige sommetjie te maak.

 

Die ligte flaters van álle ligte flaters was toe PW Botha, toe minister van verdediging in John Vorster se kabinet, vir die SA Weermag sê as die Kubane en die Angolese dan skoor soek, vat hulle! Toe draai die SA Weermag naby Luanda. Het Pienaar nie oor hierdie “ligte flater” gekraai nie.

Soos laat blyk: dis lankal nie meer die seisoen vir ligte flaters nie. Ook nie vir die grofste flaters nie.

Nogal jammer.

Want FW de Klerk het pas verlede week voor die Bogotana seker een van die grootste “ligte flaters” - ofte wel grofste flaters, beken wat 'n beweerde Afrikaner-politikus kán begaan en wel in die volgende berugte woorde (Vertaal): “Ongelukkig het 'ons' Waarheids- en Versoeningskommissie nie werklik in sy hoofdoel, om nasionale versoening te bevorder, geslaag nie.

Hierdie is ernstige woorde, ingeval iemand dit nog nie agtergekom het nie.

Stel u iets voor soos u jongste knaap, opgeskoot en nog goed nat agter die ore, kom suutjies die sitkamer in, so iets van 'n rooi haal oor sy gesig en hy sê: “Pa, Pa moet nou nie kwaad wees nie, maar ek het ons kar op die verkeerde plek geparkeer.”

U kyk na die rooi haal op sy gesig en ruik onraad en u vra: “Verkeerd geparkeer? Van wanneer af parkeer jy die kar? Nou waar hét jy die kar parkeer!” “Om die... Om die...” “Om die wát!?” “Om 'n paal, Pa...”

Dis wat FW de Klerk gedoen het. Hy het die Afrikanervolk, en in besonder lede van die ou Veiligheidsmagte, met behulp van die Tutu-kommissie en sy konstitusionele wonderwerk om 'n paal geparkeer.

Die ding is net dat De Klerk in een of ander vreemde opwelling na 19 jaar met, en let wel, dele van die waarheid, vorendag kom, en lyk of hy die waarheid in die oë begin kyk. Of maak hy of hy die waarheid in die oë begin kyk?

Op die feit dat die Tutu-kommissie 'n yslike flater was, brei De Klerk so uit: “Sy (die kommissie se) grootste flater was dat verteenwoordigers van al die partye in die konflik nie betrokke was nie. Daar was geen kommissarisse wat kon praat namens die meerderheid van ons Blanke en Kleurling-gemeenskappe nie – of vir die Inkatha-Vryheids- of die Nasionale Party nie – twee van die hoofpartye in die konflik. Versoening kan nie gebeur as daar geen konsensus is nie - en konsensus is nie moontlik as alle kante nie behoorlik in die proses verteenwoordig is nie. Die ander groter swakheid van die WVK was dat dit nie die regte mandaat gehad het nie. Sy hoofdoelwit was om die waarheid vas te stel oor die politieke konflik wat die land ervaar het tussen 1960 en 1994.”

Nou, ons is nog nie klaar met daardie storie van die seun wat die kar verkeerd geparkeer het nie. Die seun, toe sy pa die karwats vir seker die honderdste hou oor sy bas lig en bang raak sy pa gaan hom doodslaan, sê: “Pa, daar is darem goeie nuus ook.”

“O Ja, goeie nuus, sê jy..?” Ja pa! “Die kar se ligte werk nog perfek! Al staan hulle 'n bietjie skeef saam met die modderskerms...”

Kyk net hoe beduie De Klerk dat die land se ligte darem nog werk, die Jode Bobby Godsell en Hillary Joffe se beste pogings om Evkom-krag ten duurste aan ons te verkoop ten spyt: “Tog was Suid-Afrika taamlik gelukkig ten opsigte van die vlakke van geweld wat hy ervaar het teenoor ander oorgangsgemeenskappe. In die tyd van 34 jaar het sowat 23 500 mense omgekom in wettige en onwettige operasies van die veiligheidsmagte. Die by verre meerderheid van die sterftes het voortgevloei uit konflik voor 1994 tussen die ANC en die Zoeloe-gesteunde Inkatha Vryheidsparty – hoofsaaklik vir beheer van die land se mees digbevolkte provinsie, KwaZulu-Natal. Die eintlike kwessie was nie 34 jaar van politieke konflik nie – maar die geskiedenis van meer as 300 jaar van koloniale bewind, wit oorheersing en apartheid.

“Dít moes die rede vir bespreking gewees het. Ten slotte was die WVK se werkswyse verkeerd. Die doel moes nie gewees het om die historiese weergawe van een kant van die stryd op die res van die samelewing af te dwing nie: dit moes gewees het om na vore te kom met 'n weergawe van die geskiedenis wat algemeen aanvaarbaar vir al ons hoofpartye en gemeenskappe kon wees.” Aldus de Klerk. Ja, volgens De Klerk sou die Kommissie tog “goeie werk gedoen het”. Dit het glo “agter die waarheid gekom wat baie growwe miskennings van menseregte” betref.

Of De Klerk ooit sal toelaat dat die waarheid hóm agterhaal?

Waarom verduidelik hy nie vir die Afrikanervolk en lede van die ou veiligheidsmagte hoe hy hierdie gemors, hierdie wors van misplaaste geregtigheid volgens Afrika se primitiewe ubuntu-styl, weer terug deur die worsmasjien gaan kry nie. Daar was geen objektiewe toets van geregtigheid nie, nie met ANC's wat sommer so by die honderde kwytskelding vir wandade ontvang het nie. Hoe maak hy hierdie Griekse tragedie met sy swart Klub van Rome-mater Desmond Tutu as hooftokkelos ongedaan?

Op 'n ander webwerf vir behoudendes is al verklaar die enigste uitweg vir De Klerk is dat hy ere-selfmoord pleeg. En ere-selfmoord 'n slegte naam gee?

En so terloops, wanneer laas het u u NG predikant 'n preek oor ubuntu hoor afsteek? Die ding is mos al amper saam met die Belhar-belydenis tot op sinodevlak deur. Jong, Swart heiligheid is darem onaanvegbaar. Inderdaad weerspreek die volksmoord op die Afrikaner al van dag een van die nuwe Suid-Afrika af die volgende bewering oor UBUNTU op Wikipedia, eenvoudig deurdat moord-en-doodslag, dis nou aan die hand van ons ervaring in Suid-Afrika, veel dieper in die Afrika-kultuur gesetel is as hierdie “hoogs-verwikkelde etiese kode”: Ubuntu is 'n hoogs verwikkelde etiese kode, 'n riglyn vir morele waardes wat diep in die Afrika-kultuur gesetel is. In hierdie besondere filosofie word die waardigheid van elke mens nagestreef, asook die intieme ontwikkeling en instandhouding van die verhoudings tussen mense. Die onderhandelaars vir ’n nuwe bedeling in Suid-Afrika het die wysheid gehad om die einste begrip in die tussentydse grondwet vas te lê sodat dit as ’n grondslag vir vergifnis in die Suid-Afrikaanse omstandighede kon dien. Dit was juis ’n sin in die aanhegsel tot die grondwet wat die behoefte aan Ubuntu gespel het, wat ten grondslag gelê het van Tutu se visie vir die taak van die WVK.

Om dit maar reguit te skryf: Was Eugene de Kock 'n ANC-kader was hy al hoof-kommodoor en kokkedoor in Umkontu en bevelvoerder in Afrika se vredesmag.

Om maar na een voorbeeld in hierdie verband te verwys: Op Saterdag, 2 Julie 1988 het 'n kragtige Umkontu-bom ontplof, gestel in 'n gesteelde motor wat buite die hekke was van Ellispark waar duisende toeskouers wat pas 'n rugbywedstryd tussen Transvaal en die Vrystaat gesien het, uitgestroom het. In die ontploffing is mnre. Linus Maree en Clive Clucas dood en 37 toeskouers beseer.

Vier Umkontu -lede het in 'n brief van Kgalema Mothlante aan die Tutu-kommissie om vrywaring van vervolging vir hulle daad aansoek gedoen. Een van hulle, Lester Dumakule, is vir sy dapper Umkontu -daad met die rang van kolonel in die nuwe Suid-Afrikaanse weermag vereer, nog een van die vier het kamtig 'n polisieman geword.

Dat De Klerk nog 'n ver pad het om te loop voor hy hoegenaamd sal oortuig wat sy beskouinge van die 1996-grondwet, amnestie en die Tutu-kommisie betref, is wis en seker.

Die Tutu-kommisie was bloot 'n instrument tot 'n valse vrede met die kommunistiese ANC. Dit was 'n werktuig in die hande van die bose, 'n hekkie waaroor die kommuniste moes kom as hulle die land sonder slag of stoot wou oorneem nadat hulle dit vir dekades lank met behulp van hul sogenaamde gewapende stryd vergeefs gepoog het.

Dalk moet De Klerk in die roes wat hy nog nie afgeskud het nie die volgende stellings wat op Wikipedia met die Joodse kommunis Albie Sachs in verband bring oorweeg: Albie Sachs, grondwetkundige van die ANC, glo dat die verkiesing vir alle Suid-Afrikaners in 1994 bes moontlik nie sonder die amnestie-bepaling sou kon plaasgevind het nie.

Dit is volgens waarnemers stellig omdat die onderhandelaars aan die “blanke” kant nooit daarmee genoeë sou geneem het nie. Dit sou immers beteken het dat hordes leiers in die apartheidsregering vervolg sou kon word sodra die ANC oorneem. Dit sou onteenseglik die onderhandelings laat ontspoor het.

Om vir 'n oomblik van 'n ander interessante waarneming oor die Tutu-kommissie op Wikipedia kennis te neem en dan te besluit oor die kommissie se gebalanseerde geregtigheid:” ’n Interessante episode in die bestaan van die WVK was toe Winnie Mandela voor die kommissie verskyn het. Tutu pleit by Winnie Mandela om te erken sy is jammer vir haar betrokkenheid by die dood van Stompie Seipei, omdat hy agting het vir haar uitmuntende rol in die vryheidstryd maar hy begeer dat sy dit moet betreur dat iets so 'verskriklik, ontsettend verkeerd' geloop het. Hy smeek haar ook om haar jammerte te bely omdat hy haar 'steeds omhels' en vir haar lief is.

“Winnie Mandela reageer egter bloot met ’n dankwoord aan die paneel en dan ’n verskoning aan Seipei se ma. Hierna haal sy die heuningkwas uit om haar 'vader' Tutu se 'wonderlike wyse woorde' te besing en ook sy stelling te beaam dat dinge 'ontsettend verkeerd' geloop het. En sy eindig net deur te sê dat sy baie jammer is oor die dinge wat so erg verkeerd geloop het – geen gebieg oor haar eie rol in die tragedie nie. Geen wonder dat baie mense voel dat haar 'apologie' eintlik waardeloos was nie!”

Moet daar iets bygevoeg word? Laat die behoudende waarnemer maar liefs let op mnr. Jaap Marais se waarnemings oor die Tutu-kommissie, dit hou gewis baie meer water:

Volksblad, 5 November 1998: Verwerp Tutu-verslag met grootste minagting, sê Jaap Marais

DIE Tutu-verslag moet met die grootste minagting moontlik verwerp word weens halwe waarhede en die verkeerde gronde waarop die Afrikaner veroordeel is en omdat dit die voortsetting van die oorlog teen dié volk is, het mnr. Jaap Marais, leier van die Herstigte Nasionale Party, gisteraand in Bloemfontein gesê.

Hy het sowat 100 mense in die Hoërskool Dr. Böhmer toegespreek en gesê die verslag kan nie dié van die Waarheid-en-Versoeningskommissie genoem word nie, omdat dit nie op die waarheid gegrond is nie en nie versoening gebring het nie.

Net soos die Boere ná die besetting van Bloemfontein en Pretoria in die Anglo-Boereoorlog met 'n guerrilla-stryd voortgegaan het, moet die Afrikaner voortveg om sy selfrespek en eer terug te kry deur hom op sy geskiedenis te beroem.

Die Afrikaner het nie sy mag verloor nie, maar is deur leiers verraai en bedrieg.

Die Afrikaner het al twee keer sy mag herwin; hy het dit by Amajuba met die wapen teruggewen en 46 jaar ná die oorlog deur die 1948-verkiesing te wen.

Net soos Milner ná die oorlog met 'n geestelike oorlog teen die Afrikaner voortgegaan het, is die Tutu-verslag 'n verlenging van die oorlog om die Afrikaner op sy knieë te hou, sodat hy nie kan terugveg nie. Hy word as sondaar teen die mensdom veroordeel wat die werk van die anti-Chris gedoen het.

``Hulle weet ons is nie verslaan nie; daarom wil hulle dit nou op 'n ander manier doen, ons verlam, van ons selfrespek ontneem, skaam maak en straffeloos die oorlog voortsit om ons uit die land te kry of ons só te verlam dat ons onderdanig bly.''

Dit is dieselfde metode wat gevolg word as lord Milner wat gesê het die bodem moet vir altyd onder die Afrikaner uitgeslaan word.

Die Tutu-kommissie het net die kloof tussen swart en wit groter gemaak. Toe mev. Winnie Mandela voor die kommissie verskyn het, het Tutu haar omhels, terwyl die Afrikaners daar met die grootste vyandigheid behandel is, het mnr. Marais gesê.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie