1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958857

Besoekers aanlyn

Ons het 58 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

GISTER WAS PATRIOTTE-DAG IN AMERIKA.

alt- Patriottedag is die viering van die eerste twee veldslae in die Amerikaanse bevrydingsoorlog.

Die patriotiese diskoers in Amerika het opgevlam weens stappe wat die Obama-administrasie beplan ten einde die Amerikaanse grondwet se sogenaamde Tweede Amendement te wysig om private vuurwapenbesit aan bande te lê. Behoudende Amerikaners gooi wal teen so 'n stap en verwys in 'n patriotiese opwelling na die Amerikaanse burgeroorlog, 'n held soos Paul Revere en dat Amerikaanse presidente verklaar het die bewapening van die gewone burgery is 'n sleutelmaatreël ter bekamping van staatstirannie. Die vraag na gister se bomontploffings is uiteraard of die Obama-administrasie daardeur aan die burgery wil sê hy aanvaar die uitdaging en sal voortgaan met maatreëls waarvolgens inbreuk gedoen word op die regte van die burgery.

Twee ontploffings het gister by die eindstreep van die Boston-marathon op die Copley-plein voorgekom. 'n Nuusbron in Suid-Afrika skryf die eerste ontploffing was sowat 25 m van die eindstreep, aan die oorkant van die hoofpaviljoen, tussen die Marathon- sportwinkel en toeskouers wat by internasionale vlae agter ’n reling gestaan het. Die ontploffingspunt was glo skuins agter 'n kopdoek van Winnie Mandela, die gekleurde lap wat ons land deur swartes en Wit liberaliste beskou word as die Suid-Afrikaanse vlag.. Die ontploffings het 14:50 Amerikaanse tyd (net ná 21:00 Suid-Afrikaanse tyd) gebeur

Die tweede ontploffing was sowat 15 sekondes later, ’n blok verder aan dieselfde kant van die pad. Minstens drie mense, onder wie ’n agtjarige seun, het gesterf en minstens 100 mense is in Boston-hospitale behandel. Na wat berig word is twee Suid-Afrikaners onder die beseerdes. Ed Davis, Boston se polisiekommissaris, het op ’n mediakonferensie gisteraand gesê dit is nog ’n ontvoude drama en ’n beroep op mense gedoen om nie in groepe in die stad te vergader nie en in hul huise te bly. Sowat 15 straatblokke om die toneel, wat Davis ’n misdaad­toneel genoem het, is afgesper.

Gedagtig aan die flater van George Bush die jonge met die 9/11-voorvalle, deur te gou na die ontploffing te verklaar sy administrasie weet wie die verdagtes is, het Davis berigte ontken dat ’n verdagte reeds geïdentifiseer is. Vandag word algemeen deur behoudende Amerikaners aanvaar dat die 9/11-saboteurs deur die Amerikaanse inligtingsdienste self as vlieëniers (in Saoedi-Arabië) en saboteurs opgelei is, daarom daardie administrasie se gerieflike voorkennis van wie agter 9/11 gesit het. Davis het nietemin verklaar talle mense word ondervra, maar geen inhegtenisnemings is glo gedoen nie. 'n Woonstel in Boston word glo deursoek vir leidrade. Owerhede het kringtelevisiekamera-beeldmateriaal gevind waarin ’n man met twee rugsakke op die tonele gesien word net oomblikke voor die ontploffings. ’n Ontploffing by die JFK-biblioteek in Dorchester is glo aanvanklik as verwant beskou, maar later gister is bevind dit was weens ’n brand. Die Boston-polisie het gisteraand laat (Suid-Afrikaanse tyd) bevestig hulle het nog vier ploftoestelle gevind wat onskadelik gestel is. Die Amerikaanse lugverkeerowerheid het ’n vlugverbod oor Boston afgekondig.

Laura McLean van Toronto, ’n atleet, het die ontploffings gehoor: “Mense is baie, baie bloederig. Hulle is in die mediese tent ingesleep,” het sy gesê. ’n Trauma-verpleegster het die mediese tent ’n tydelike lykhuis genoem met slagoffers wie se ledemate afgeskiet is en kinders met erge brandwonde.

 

Ooggetuies het gesê hulle het etlike mense gesien wat lede­mate verloor het. Na berig word, het minstens tien mense ledemate verloor. “Ek het ’n harde slag gehoor en rook gesien. Ek het aanhou hardloop en ’n harde slag gehoor. “Dit het gelyk asof dit in ’n vullisdrom of so iets was... Hier is mense wat met wrakstukke (van die gebou) getref is... mense met bloederige voorkoppe,” het Chris Cassidy, ’n verslaggewer van die Boston Herald, gesê. Hy het aan die marathon deelgeneem.

Barack Obama het 00:15 Suid-Afrikaanse tyd op ’n mediakonferensie gesê daar moenie aannames oor die “sinnelose” voorval gemaak word nie. “Ons weet nog nie wie hiervoor verantwoordelik is nie en ons weet nie waarom nie, maar ons sal uitvind,” het hy gesê. “Boston en sy mense is sterk en taai. Ek is oortuig daarvan dat Boston se mense saam sal werk, na mekaar sal omsien en vorentoe sal beweeg as een trotse stad,” het hy gesê.

- Patriottedag is die viering van die eerste twee veldslae in die Amerikaanse bevrydingsoorlog.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie