1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958579

Besoekers aanlyn

Ons het 72 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE GLANS VAN DIE “NUWE MODERNE” SA GRONDWET WAS TOE AL DIE TYD KLATERGOUD!

altDie grondwet en sy gevolglike politieke bedeling is nou by feitlik die minuut besig om geloofwaardigheid en legimiteit te verloor. Elke korrupsie-berig, elke terugslag van die land se betaalmiddel, elke onbeholpe Zuma-uitspraak, elke beduidenis van 'n onverwiklike magstryd in die ANC self, elke staking, elke Afrikaner-slagoffer van die ANC se volksmoord, is 'n mosie van wantroue in die grondwet en die bedeling wat daarop berus. Ook in die res van die Weste, van Alaska tot Vuurland, van Skandinawië tot Corsica, bring die toestroming van vreemdes die Westerling tot ontwaking. Dit lyk boonop asof die wêreld se ekonomiese krisis 'n al groter rol in die uitmekaar val van die heersende wêreldorde, waarbinne die Suid-Afrikaanse bestel tot stand gekom het, gaan speel.

In teenstelling met die wrange vrugte van rasse- en godsdiensintegrasie wêreldwyd staan die beginsels van apartheid (nie die karikatuur wat John Vorster en Piet Koornhof tot stand gebring het nie) nog helder en lok luid dat dit toegepas word.

In dié omstandighede moet daar maar weer gepleit word: Wees geduldig (dalk die meeste met jou self!). Mobiliseer jou geestelik en fisiek vir vryheid. Tree op binne die wet. Moenie gryp na elke staatkundige model nie, enige stukkie grond vir die uitoefening van halfgebakte vryheid soos kamtige interne- en kulturele selfbeskikking nie, daar is veel meer vir die Afrikaner vervat in die grondwetlike bedeling wat FW de Klerk en sy kommunistiese en Amerikaanse handlangers van die Afrikanervolk probeer steel het in die World Trade Centre boereverneukery van die 1990's.

Die 1961-grondwet vat die Afrikanervolk en ander Blankes wat hom met die Afrikanervolk se vryheidstrewe vereenselwig, die beste saam. Toe sogenaamde volkstaatvoorstanders in veral die 1980's met allerhande studies en boekies die 1961-grondwet wou verkwansel, het mnr. Jaap Marais en sy tydgenote met groot geduld in Die Afrikaner, lyfblad van die destydse HNP, die staatkundige aansprake van die Afrikanervolk en die Blanke op die Republiek uitgestippel. Die voormalige 17 Trekkerrepublieke was maar een van die beginpunte van die vestiging van die Afrikanervolk en Blanke se regte op die Republiek; die Trekkerstate vertrekpunte dus, en nie die eindpunt(e) nie.

In die 20ste eeu het daar ander onontbeerlike staatkundige en volkeregtelike stutte bygekom en hierdie stutte word versmaai in die meeste, indien nie al die voorleggings en publikasies ter bevordering van 'n volkstaat (Boerevolkstate) nie.

En, van allerbelang, die feit dat FW de Klerk en sy regering soos wat hulle by meer as een maal belowe het, nie na die Afrikanervolk en ander Blankes teruggekeer het om die 1996-onderhandelde grondwet in 'n verkiesing of referendum vir goedkeuring voor te lê nie, bied gronde vir die uitgangspunt - die tot niet maak van die 1961-grondwet of sy wysigings het nie plaasgevind nie.

Die AVP plaas gevolglik dr. Verwoerd se toespraak om die oorsprong en bedoelings met die 1961 grondwet, maar veral die opofferings wat die Afrikaners in die proses gemaak het om die Engelssprekendes deel van Suid Afrika te laat voel in n poging om harmonie tussen die twee taalgroepe te bewerkstellig, weer te beklemtoon. Dit dui ook duidelik op die verskil in benadering met die opstel tussen die 1961 en 1966 grondwette. Veral belig dit die grondwetlike aanspraak van die Afrikanervolk op Suid Afrika as Afrikanerland!

TOESPRAKE IN DIE VOLKSRAAD IN VERBAND MET DIE REPUBLIKEINSE GRONDWET

Die Eerste Minister het die Republikeinse Grondwet persoonlik deur die Parlement geloods. Die historiese debat het op 30 Januarie 1961 begin. Nadat die beginsel van die wetsontwerp aanvaar is, is dit na 'n Gesamentlike Gekose Komitee van albei Huise van die Parlement verwys sodat die finale stadium van die wetsontwerp eers diep in April afgehandel is. Die hoofstuk bestaan eintlik uit drie dele: die Premier se toespraak tydens die tweede lesing, sy repliek op die debat en opsommende opmerkings tydens die derde lesing in die Volksraad. Die kern van die toesprake word volledig weergegee. Verdubbelings en sake wat minder direk op die wetsontwerp betrekking het, is weggelaat sowel as die Premier se breedvoerige uiteensetting oor die betekenis van elke klousule. Daarteenoor is die dele beskou wat die beginsels van die wetsontwerp toelig.

(a)   TOESPRAAK   TYDENS   TWEEDE   LESING,   ONTWERPGRONDWET, 30 JANUARIE 1961

Waar ek die tweede lesing van die Ontwerp-grondwet voorstel, wil ek dadelik aankondig dat ek, ooreenkomstig die reg wat die Reëls van die Huis gee, voornemens is om in die loop van hierdie debat verskillende aspekte te behandel in beide Landstale, sommige dele in Afrikaans en sommige dele in Engels. Ek doen dit opsetlik om daarmee op 'n simboliese wyse te probeer aandui dat ons die Republiek van Suid-Afrika binnegaan en in hom saamneem, as een van ons waardevolste besittings, die twee tale wat ons as ons Landstale aanvaar het en erken.

Dit is vandag 'n heuglike geleentheid, 'n historiese geleentheid, maar ek wil nie daarvan gebruik maak om groot nadruk te lê op die emosionele aspekte wat ongetwyfeld aan hierdie ontwikkeling waarmee ons besig is, kleef nie. 'n Tyd van vervulling is nie die tyd wanneer emosionele agtergronde te sterk benadruk moet word nie. Ons wil die saak van die Republiek so stel dat dit vir ons almal moontlik sal wees om dit binne te gaan met gelykmoedigheid en met hoop. Dit is 'n lang gekoesterde ideaal die vervulling waarvan ons nou nader; 'n lang gekoesterde ideaal, miskien vir sekere dele van ons bevolking meer as vir ander.   Dis een wat oor die jare van politieke ontwikkeling altyd voor oë gehou is deur die Nasionale Partye, soos hul ontwikkel het gedurende verskillende periodes. Dis 'n ideaal wat ook opgeneem is in 'n sekere stadium van sy ontwikkeling en nooit verwerp is deur die wegneem van en die invoeging in sy konstitusie nie deur die Verenigde Party self. Reeds sedert kort na die eerste stigtingsjare van die Unie, is dit gestel dat Suid-Afrika weer eens 'n republiek moet word. En geleidelik oor die jare, dwarsdeur moeilike tye, het dit duideliker en duideliker geword vir die hele bevolking dat dit eendag sal kom. Ons het deur die geslagte heen gewoond geword aan die geloof dat die natuurlike ontwikkelingsproses in S.A. na 'n republiek is, maar presies wanneer en presies hoe en presies hoe hy daaruit sou sien, was nie ewe helder nie. Sedert 1948 egter, is dit in die mees onomwonde taal gestel dat die vervullingsperiode begin nader kom, en in die afgelope paar jaar, na die jongste verkiesing, is dit nog duideliker gestel dat die Republiek binne hierdie vyfjaarperiode sou moes kom. So het ons land hom aangepas by die gedagte dat dit niemand verbaas het toe die aankondiging op die ou end kom dat die tyd nou daar is nie. Verlede jaar het hierdie Parlement, ter voorbereiding vir die toets van die volk van Suid-Afrika, die Volkstemmingswet aangeneem, en in ooreenstemming daarmee is op 5 Oktober verlede jaar die volkstemming gehou. As gevolg van die uitslag van daardie volkstemming is, ooreenkomstig ʼn belofte, op 9 Desember 1960 in die Staatskoerant 'n ontwerpgrondwet gepubliseer wat gebaseer was op die Suid-Afrikawet, ook soos beloof. Op 23 Januarie van hierdie jaar is die wetsontwerp hier ingedien. So het ons gevorder vanaf die ideaal tot by die aankoms van die werklikheid.

Die gebeure het vir die verskillende bevolkingsdele verskillende inhoud. Daar is, gesien van die kant van die Afrikaner, iets aan die gang wat hom noodwendig diep moet roer. Dwarsdeur sy geskiedenis — vanaf lank voor die totstandkoming van die twee Republieke in die noorde — was hy van nature republikein. Hy was dit omdat hy ʼn land hier help ontwikkel het, ver weg — veral inagnemende die toestande van daardie tyd — van 'n vaderland. Hier moes hy 'n eie land begin help skoonmaak; hier moes hy 'n nuwe volk tot stand bring of onder-gaan. Also, beide vanweë sy verre afstand en die selfstandigheid van die pionier en deur die natuurlike konserwatisme van die boer op sy plaas, wat die basis van hierdie volk gevorm het, het die Afrikaner die behoefte aan 'n eie bestuur van 'n eie land steeds ten sterkste ontwikkel. Daar het vereers gevolg die verwesenliking van sy ideaal in 'n diversiteit van republieke maar uiteindelik is sy ideaal se vervulling gekonsentreer op twee groteres. Toe die tydperk verbygegaan het, was die ideaal gedemp maar nie verdwene nie. Hy het gehunker en bepleit en hom later beywer vir die totstandkoming weer eens van juis daardie staatsvorm. Tog het dit ook in hom gegroei dat die nuwe republiek iets groter en iets anders moes wees as wat hy gehad het maar nie kon behou nie. Die idee van 'n groot Republiek van Suid-Afrika het op die ou end sy ideaal geword. Dit was 'n ideaal van 'n republiek nie net vir sy deel van die bevolking nie maar vir die hele bevolking. Met die ideaal van 'n republiek het verbonde geraak die idee dat die verskillende bevolkingsbestanddele, nieteenstaande voormalige stryd, in-eengestrengel moes word in een nasie, een nasie wat in die land sou deel hê en in die land sy toekoms self sou skep.

So het dan in die Afrikanerhart die ideaal van die republiek gegroei tot vandag toe. So is dit met hom vandag. Vir daardie republiek is hy bereid om offers te bring, offers selfs van baie van wat hy eers gehoop het kenmerkend van sy republiek sou wees. Ek moet dit beklemtoon omdat die republiek, soos dit nou tot stand sal kom, nie is soos baie dit dwarsdeur die jare verwag het nie. Soos dit nou tot stand sal kom, bevat dit groot toegawes ter wille van die eenheidswording van 'n nuwe nasie. Ek kan 'n paar voorbeelde daarvan noem. Die Nasionalis het vanaf die vroegste tye altyd gedink aan die konstitusie van die republiek as iets wat in 'n baie hoe mate gegrondves sou wees op, en ooreen sou stem met, die karakter van die konstitusies van wat modelstate genoem is deur skrywers van oorsee. Hy het egter besef, toe die tyd nou nader kom, dat dit nie so sou kon wees nie as alle dele van die bevolking in ag geneem moes word. Hy sou rekening moes hou met die hele ontwikkeling Republiekwaarts sedert 1910, en hy sou as die grondslag van die nuwe tyd, dit moet vat wat gebore is in die tyd wat besig is om verby te gaan, die Suid-Afrikawet soos gedurig
gewysig. Sodoende is inherent in die aanvaarding van die soort konstitusie (wat die ontwerpgrondwet, wat voor u is, bevat) 'n bydrae tot die eenwording van die volk van Suid-Afrika, al sal dit groot hartseer aan baie bring. Nasionaliste is gereed om van die ou Republieke se konstitusies af te sien ter wille van die grotere saak.

Ek kan 'n tweede voorbeeld noem wat daarmee saamhang. Daar was altyd in die gedagte van die Afrikanerdom: die herstel eendag van 'n president wat nie net 'n staatshoof nie maar ook 'n regeringshoof sou wees, 'n vereniging van die twee posisies soos dit was in die ou republieke. Ook hier het die realisme van ons tyd by die geslag wat nou die vervulling van die begeerte beleef, daartoe gelei dat rekening kon gehou word met die tradisies van die ander deel van die bevolking. Hulle het iets by te dra gehad uit hul geskiedenis sowel as — saam met ons — uit die 50 jaar wat verbygerol het sedert 1910: die tradisie wat voorsiening gemaak het vir 'n skeiding van die pligte en ampte van staatshoof en regeringshoof. In die ontwerpgrondwet wat voor agb. lede lê, word daarmee rekening gehou en word also nog 'n prys betaal.

Daar is ook baie in die seremonieel van ons Parlement en in sy prosedure wat nie ooreenstem met wat die Nasionalis altyd gesien het as karakteristiek en inheems en wat hy sou wil behou nie. Dit is eerder kenmerkend van wat deel vorm van die tradisies van die moeder van die parlemente, nl. die van Brittanje. Dit het grootse herinneringe en dus betekenis vir die ander deel van ons blanke bevolking. Terwyl daar sekerlik ooreengekom sal moet word oor sekere vereenvoudigings van prosedures — nie om iets uit ons geskiedenis by te haal nie maar bloot in die belang van goeie werksmetodes — is tog ook die prys betaal van te aanvaar dat die seremonieel, al is dit so oorgeërf, deel geword het van ons praktyk en ons tradisies. Daarom sal daarop gebou moet word.

Behalwe dit, is daar nog ander bepalings wat hierdie grondwet herinstel en wat nie in ooreenstemming is met die verwagtings van baie oor wat sou kom wanneer die republiek eendag ontstaan nie. Ek wil bv. verwys na die simbool van onafhanklikheid, die vlag. Daar was die opvatting by baie dat 'n ander vlag aanvaar sou word, nie noodwendig die vlag van een van die gewese republieke nie, maar dan iets heeltemal nuuts, iets wat sou simboliseer die verandering wat kom, en nie die verlede nie. Daar is egter besef dat die vlag wat ons het, gebore is uit stryd en uit toegawes van die een aan die ander, en dat dit 'n vlag is wat as enigste landsvlag reeds deel geword het van die Suid-Afrikaanse tradisie. Ook is besef dat om nou daaraan verandering te bring nuwe stryd sou meebring, stryd oor 'n simbool in plaas van beslissing te kry oor die wese en die vorm van die staat. Daarom is ook (en dit het seker hartepyn aan baie veroorsaak en veroorsaak dit nog) aanvaar as feit dat die vlag wat hier in Suid-Afrika met smart gebore is, behoue moet bly. Dit word in hierdie konstitusie so in-geskryf.

Daarby — laat ek dit ruiterlik sê — was lidmaatskap van die State-bond vir die Nasionalis vir 'n lang tyd nie gesien as een van die kenmerke van 'n Republiek van Suid-Afrika nie. Eers was dit so omdat dit nie toe kon wees nie, nl. omdat afskeiding van die Kroon destyds noodwendig sou beteken het: afskeiding van die Statebond. Daarna, toe die verandering gekom het met die toelating van republieke in die Statebond, het dit 'n ope vraag geword maar vir baie Nasionaliste was dit in hul eie gemoed 'n ope vraag wat hulle gemeen het beslis sou word in die rigting van nie lid te bly van die Statebond nie maar eerder van bondgenoot en vriend van die ander lede van die Statebond te word. Nogtans toe die tyd ryp geword het vir die totstandkoming van die Republiek — onlangs — is besef dat, net soos die begeerte na republiekwording diep ingegrif is in die harte van veral die Afrikanernasionaliste, is die begeerte om verband te bly behou met die Statebond ewe diep ingegrif in die harte van die Engelssprekende deel van die bevolking. Dit is egter nodig dat besef word deur ons Engelssprekende vriende dat terwyl alle Nasionaliste vandag aanvaar dat die Republiek lid van die Statebond moet wees, baie van hulle nie soseer tot daardie besluit gekom het om materiële redes nie — hoewel besef word dat dit ook sy materiële voordele het, wat egter nie so groot is soos sommige mense wil voorgee nie. Lidmaatskap is deur die meeste Afrikaner-nasionaliste aanvaar as een van die middels om mee te help om ons saam te bind tot een volk van die nuwe Republiek. Dit is 'n prys wat betaal word net soos aan die ander kant die prys van afskeid neem van die monargie betaal word. As dit besef word dan sal ons onderlinge begrip van wat die verandering vereis aan beide kante miskien beter verstaan word.

Meneer die Speaker, daar is ook 'n Engelssprekende Suid-Afrikaanse gesigspunt aan die hele probleem van republiekwording. Mag ek se dat deur gebruik te maak van die reg wat die reëls van die Raad my gee, om deel van my toespraak in Engels te lewer, ek dit doen om geen ander rede nie as om die feit te simboliseer, as ek dit moontlik kan doen, op hierdie heuglike moment dat ons tot die Republiek toetree (ondanks baie en groot politieke verskille tussen ons) met die besef dat daar veel is wat ons saam besit. Daar is hierdie een land wat aan ons almal behoort. In besonder moet beklemtoon word dat ons twee tale het: nie een taal wat aan party behoort en 'n ander wat aan andere behoort nie, maar twee tale behorende aan ons almal en van waarde vir ons almal.

In Suid-Afrika is Engelssprekende Suid-Afrikaners wat in hul hart republikeine is. Daar is miskien nie baie nie, maar hulle is hier. Hulle begeer 'n republiek omdat hulle eerlikwaar glo dat dit die beste regeringsvorm vir ons land is. Hulle glo dat in 'n republiek die nasie, wat ons almal begeer hier sal ontwikkel, werklikwaar uitgebou kan word, aangesien alleen dan die knelpunte en spannings wat ons bestaan in die verlede gehinder het, sal verval. Daar is andere, miskien meer in getal, wat nie soseer in hul hart republikeine is nie, maar wat vir 'n lang ruk reeds besef het dat 'n republiek noodwendig sal kom. Hulle het dit met goeie grasie aanvaar, met die hoop dat deur die republiekwording te steun hulle ook kon bydra tot uitskakeling van veel wat sleg is in ons geskiedenis — botsings wat ons almal graag wil vergeet. Hulle het ook gehoop dat hul steun kan help met die opbou van vriendskap nie alleen in die land self nie, maar ook na buite, vriendskap wat vir altyd kan voortduur. Hulle het besef dat die monargistiese staatsvorm altyd 'n hindernis was vir ontwikkeling van wesenlike vriendskap tussen die hele Suid-Afrika en Groot-Brittanje, en hulle was oortuig dat die wesenlike inhoud van vriendskap vir hulle belangriker was as die staatsvorm.   Hulle het begryp dat, terwyl die Engelssprekende seksie van die Suid-Afrikaanse bevolking altyd hierdie diep gevoel van vriendskap sou hê vir die moederland vanwaar hulle kom, 'n dergelike gevoel nie maklik by die Afrikaners kon ontwikkel nie, solank gevoel is dat die konneksie in enige konstitusionele sin weer aanleiding kon gee tot die een of ander vorm van onderhorigheid, of wetlik en openlik of andersins in die een of ander onderliggende vorm. Of dit reg of verkeerd was, hulle het besef dat hier 'n fundamentele sielkundige hindernis was vir die ontwikkeling van wesenlike vriendskap en samewerking. En so het hierdie Engelssprekende vriende wat die Afrikaner begryp het, ten gunste van 'n republiek gevoel ten einde uit te skakel wat 'n verstorende element was, sodat die grondslag van vriendskap tussen die twee volke wat so veel gemeenskaplik het, ekonomies en andersins, en tussen die Afrikanerseksie en die Engelssprekende seksie van ons bevolking — kon ontwikkel.

Derdens is daar daardie Engelssprekende burgers van Suid-Afrika wat nie ten gunste van 'n republiek was en is nie, en wat selfs skerp vyandig voel teenoor die proses wat ons van stapel gestuur het. Hulle hoef nie te dink dat ons nie hul gevoelens kan begryp of met hul gevoel van ongelukkigheid kan simpatiseer nie. Ons het dit alles self deur-gemaak. Vir baie, baie jare moes ons die konstitusionele situasie aanvaar waarmee ons nie tevrede kon voel nie. Daar is egter 'n mate van verskil. In ons geval moes ons deelneem aan 'n konstitusionele situasie wat ontwikkel het uit die onderwerping van ons volk deur die van hulle; in hul geval moet hulle alleen die konstitusionele situasie aanvaar wat ons saam ingaan in wat ons gemeenskaplike land sal wees. Maar ons kan hul kommer begryp. Van Afrikanerkant dus het ons gevoel dat dit noodsaaklik was om te probeer om hierdie pynlike verandering — pynlik vir hulle — so maklik moontlik te maak. Ek het nou net gesê, en ek wil herhaal, dat juis om daardie rede groot opofferings gemaak is.

Meneer die Speaker, voor die referendum het ek 'n beroep gedoen om eenheid. Daar word partykeer gesê dat ons geen opoffering vir daardie eenheid gemaak het nie, en ons is gevra wat ons bereid was om te doen. Ek moet weer eens beklemtoon, soos ek reeds dikwels tevore gedoen het, dat ons wel opofferings gemaak het. Ek dink nie ons Engelssprekende vriende besef ten voile hoe groot daardie opofferings vir baie van ons is nie. As hulle dit kan begryp, sal hulle miskien beter voel en besef dat terwyl hulle 'n republiek moet aanvaar, ons veel moet aanvaar wat in hierdie konstitusie ingeskryf is, wat in stryd is met ons vorige ambisies en ideale. Miskien gee ons heeltemal net soveel prys as wat hulle moes doen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie