51.ESÉGIËL 21:24
Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle jul ongeregtigheid in herinnering bring deurdat julle oortredinge openbaar word, sodat julle sondes in al jul handelinge gesien word — omdat julle in herinnering gebring is, sal julle met die hand gegryp word.
As dit waar is wat Loots bely, wat wag vir die Afrikanervolk wat vir sy vryheid en reg wil stry? Aan die hand van die stelsels wat sy reg moet beskerm en nog deur Afrikaanssprekende blankes beman word? Indien gebeure agter die skerms, soos wat dit gaandeweg ontbloot word se verloop sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd in aanmerking geneem word, sal noukeuriger ontleding daarvan ʼn bydrae kan maak om persone en organisasies bloot te lê wat deur onmenslike, korruptiewe en onwettige wyse, hulleself en hulle verwronge strewes daardeur ten koste van ander, bevoordeel het. Sou Deon Loots se verklaring waar bevind word, is daar generaals, advokate en prokureurs wat vervolg en van die rol geskraap behoort te word terwyl polisie en ander geregsamptenare van meineed en ander onwettighede aangekla en toegesluit behoort te word!
Dit is dus in openbare belang dat hierdie verwikkeling grondig bestudeer en die verloop daarvan in die howe gevolg moet word.
Sou Loots se verklaring bona fide bevind word, is daar mense wat huidig in die tronk sit wat summier vrygelaat moet word terwyl daar “geregsdienaars” is wat toegesluit en die sleutels van hulle selle weggegooi moet word! (Danie Varkevisser)
Dokument X
Aanhalings uit die boek:
'n Resensent aan die woord oor VAG: Die algemene strekking van die boek is, dat dit nie die ANC is, wat die land regeer nie, of hoogstens vir twintig persent. Die werklike huidige maghebbers bestaan uit drie
groepe:
Eerstens 'n kerngroep uit die Afrikanerbond (die ou Broederbond, dus), wat die skrywer die "Verligte Aksiegroep" (VAG) noem en wat die lakens uitdeel. Tweedens 'n groep Swartes, die "Wyse Manne" (WM) genoem, wat oorspronklik uit die ou Rivoniagroep voortkom en aangevul is met veral kommuniste uit die sogenoemde Lusakagroep, en derdens Moslems onder die naam van Islamitiese Ekstremiste (IE). Daar het jy dit.
Die ou Broederbond het, volgens die skrywer al in die jare tagtig van die vorige eeu seker gemaak dat hulle die mag slegs gedeeltelik aan die Swartes sou oordra, maar self die toutjies in hande sou hou. Daarvoor is Nasionale en Militêre Intelligensie (NID en MI) ingespan en het hulle saam met frontorganisasies (die BSB funksioneer steeds), binne die ANC geïnfiltreer en alle moontlike misdadige metodes gebruik om hulle mag te vestig. Dwelmhandel is deur hulle, saam met Mafia-organisasies, georganiseer, maar ook goud- en diamantsmokkel en selfs kindersmokkel word genoem. Pedofiel Gert van Rooyen, wat vyf meisies laat verdwyn het, en 'n kennis van Pik Botha was, word meer as een maal vermeld.
Die VAG wil, saam met die WM en die IE, die hele Suider-Afrika destabiliseer met misdaad en korrupsie, transitorooftogte en plaasmoorde. Tegelyk word die skyn van die teendeel gewek, naamlik dat die regering en die polisie wel optree. Die doel is, volgens die skrywer, om met al hierdie onheilige metodes uiteindelik 'n super-moondheid, die Verenigde State van Suider-Afrika (VSSA) te vestig. Vir die doel is die Suid-Afrikaanse intelligensiedienste reeds jarelank in alle Afrika lande bedrywig.
Dit blyk uit die boek dat PW Botha, asook Bantu Holomisa op 'n stadium nie meer met die VAG wou saamspeel nie. Dit kan dalk verklaar dat Roelf Meyer Holomisa se UDM verlaat het en dat die UDM, wat, volgens die skrywer, deur die VAG opgerig is om die ANC teen te staan, so te sê tot niet is (my afleiding, WdB).
Resensent:
Hoewel die land en in die besonder 'die swart magte' gedestabiliseer moet word, moet 'die blanke magte' sover moontlik gestabiliseer word en hulle mag veral nie tot geweld oorgaan nie.
Vir die doel het Constand Viljoen "met sy eertydse oorlogspraatjies", sy ondersteuners in die steek gelaat het en wel aan die verkiesing deelgeneem. Verder, en ek haal aan: "Daarna is verskeie ander rade, komitees en partye op die been gebring. Almal met die doel om die Afrikaner die indruk te gee dat daar "namens hom" iets gedoen word.
Die volgende organisasies, rade, en komitees word genoem:
Volkstaatraad, VEKOM, Afrikaner Volksfront (AVF), Sekretariaat vir Volksbou, Boerekrag, Afrikaner Alliansie, Vryheid 2000 en die AWB, wat apart bespreek word, asook die KP op die agtergrond. Daar tussendeur word 'n hele aantal bekende persone genoem, wat betrokke is by een of meer van die voornoemde rade en komitees: "Let op hoedat dieselfde name (=swartgedruk) oral opduik, waar nuwe rade, komitees of selfs aksiegroepe "namens die Afrikaner" tot stand gebring word".
Die onderwerpe en aktiwiteite waar die genoemdes hulle mee besig hou is:
"Pretoria Kerngebied", Afrikaner Strategie 2000+, selfbeskikking, herstel van die voormalige Boererepublieke, gemeenskapsrade, volksverkiesing, 'n selfregerende gebied van Pretoria-Oos tot by Bronkhorstspruit.
Die skrywer is uiters sinies oor al die bogenoemde en praat van klugte, waar niks van tereggekom het nie. " 'n Ander tergende vraag is, waar die geld vandaan kom om die driejaarlange vergaderings te onderhou, tesame met al die drukwerk". (Dieselfde vraag kan natuurlik ook gevra word vir kerke en politieke partye, waarvan, deur die eeue heen, nooit een bankrot geraak het nie, WdB)
Tenslotte glo die skrywer, ..asof daar agter die skerms 'n fyn uitgewerkte plan is om met voorbedagte rade sake tot vervelens toe uit te rek, sodat sekere wittes geleentheid kan kry om 'n eie geheime agenda in werking te kry". Dit is natuurlik suiwere spekulasie en as sodanig "samesweringsteorie" in optima forma.
Die "sekere wittes", wat elders in die boek genoem word, is Piet Viljoen, seun van die generaal, Chris Stals, Anton Rupert, Pik Botha, Barend du Plessis, FW de Klerk, Meyer Khan, Magnus Malan, ABSA se Danie Cronjé, Tienie Groenewald, en nog 'n hele aantal.
Dit val op, dat Pik Botha en Tienie Groenewald hier in een asem genoem word, nieteenstaande wat Groenewald elders oor Pik Botha kwyt geraak het.
Wytze de Boer (Resensent)
Groep, Wyse Manne en Islamitiese Ekstremiste.
Daar bestaan drie hoofgroeperings in Suid-Afrika wat as uiters invloedryk beskou kan word. Elkeen van hierdie groepe verteenwoordig ’n verskillende ideologie en probeer om die Suid- Afrikaanse regering te manipuleer. Eerstens kry ons die Verligte Aksie Groep wat essensieel die Afrikanerbond is en wat vroeër as die Broederbond bekend was.
Tweedens is daar die Wyse Manne, meestal lede van die African National Congress (ANC) en sy alliansies, die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party, (SAKP) en die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) en hierdie groep kan ook as ’n swart Broederbond beskou word.
Laastens is daar die Moslems wat elemente van Islamitiese Ekstremiste insluit. Elkeen van hierdie groepe het ’n sterk ondersteuningsbasis in verskillende lande buite ons grense, amptelik sowel as nieamptelik. Die drie geheime groepe sal klinies sonder vooroordeel ontleed word.
Verligte Aksie Groep (VAG)/Die Afrikanerbond (gewese Broederbond) Die skrywer beskik nou oor genoeg getuienis om te staaf dat die VAG niks anders as die Broederbond/Afrikanerbond is nie.
Die Afrikanerbond vergader gereeld, gewoonlik een maal per maand, en essensieel het hierdie byeenkomste dit ten doel om die Afrikaner se belange te bevorder. Altans, dit is wat hulle voorgee. In werklike terme is die Afrikanerbond niks anders as ’n groep Afrikaners wat hulleself in die naam van die Afrikaner verryk nie. Sover dit die skrywer betref, is die Afrikanerbond vir alle praktiese doeleindes die Boere-mafia. Nog ’n rede vir hulle assosiasie is rasegtheid - dit was een van die redes waarom die Broe- derbond aanvanklik gestig was. Dit is ook die basis vir hulle verhouding met die Duitse Adler-groep.
Met Britse oorheersing steeds in hul gedagtes het die Afrikanerbond gedurende die tagtigerjare ’n plan begin formuleer om in beheer te bly (Die Afrikaner het na Britse heerskappy besluit dat niemand anders hulle weer sou oorheers nie). Dit is belangrik om te besef dat die Afrikanerbond geweet/geglo het dat blankes nie weer in Suid-Afrika sou regeer nie. Dit beteken egter nie dat die Afrikanerbond die idee verwerp het nie. Die idee is slegs ver fyn sodat die Afrikanerbond 80% beheer sou hê nadat die ANC as regering verkies is.
Die Afrikanerbond se invloed strek veel verder as net die openbare sektor. Ook is nie alle Afrikanerbond-lede by hierdie strategiese plan betrokke nie. Hulle bestaan uit vorige Politici/Regeringsamptenare, Ekonome, Generaals (Polisie sowel as Weermag) en Intelligensie-operateurs.
Politici/Regeringsamptenare wat betrokke is, is Pik Botha, Neil van Heerden, Roelf Meyer, FW de Klerk en Rusty Evans. Sommige ekonome wat betrokke is, is Barend du Plessis, Chris Stals, Chris Ball, dr.
Anton Rupert, Meyer Khan en Danie Cronjé (Aanhangsel 7). Betrokke Generaals is Magnus Malan, Tienie Groenewald, Basie Smit en Mike Geldenhuys, terwyl die Intelligensie-operatiewe bestaan uit dr. Neil Barnard en Sean Cleary. Die name wat hier genoem word, is dié van Afrikanerbondlede en sluit nie mense in wat met hulle saamwerk nie.
Die skrywer is bewus daarvan dat voormalige Intelligensie-operateurs wat nie lede is nie, genader is om die Afrikanerbond te help. Hierdie operateurs was topspioene van Suid-Afrika tydens die apartheids- jare.
Hulle het selfs sommige staatshoofde in Afrika hanteer, ter- wyl ander sekere senior ANC-lede in die ANC-regering hanteer het.
Die plan het verskeie dimensies en sluit in:
a). Identifikasie van ANC-leiers, sowel as ANC-alliansie leiers vir werwing, en/of besoedeling vir manipulasie doeleindes deur die Afrikanerbond (Hoofstuk 2). (Die eintlike grondwerk is deur die Apartheid Intelligensie Apparatuur gedoen.)
b). Beheer oor die ekonomie te bekom. As jy die ekonomie beheer, beheer jy die regering (Hoofstuk 3).
c). Manipulasie van Intelligensie (word in Hoofstuk 4 behandel) (Polisie, Weermag, Geheime Diens (SAGD) (ekstern) en Nasionale Intelligensie Agentskap (NIA), (intern).
d). Destabiliserende aksies deur verhoging van misdaad en skepping van chaos in openbare werke. Maar terselfdertyd moet die blanke Afrikaner gesus word om te verhoed dat hy gefrustreerd raak en hom tot oorlogsgeweld wend. Hierdie doel word bereik deur die stigting van skynpolitieke partye, rade, komitees, verenigings en selfs ‘aksiegroepe’ wat oënskynlik ten doel het om die blanke (maar veral die Afrikaner) se belange te beskerm (Hoof- stuk 5)
e). Die verkryging van internasionale vennote om die plan uit te voer en destabilisasie van Afrika-lande (Hoofstuk 6) tesame met hulle internasionale vennote met die doel om die sogenaamde “globalisasie-proses” tot stand te bring.
Die metodologie van die Afrikanerbond om hulle doelwitte te bereik, is baie ingewikkeld omdat hulle gebruik maak van afhokking. Byvoorbeeld, hulle het verskeie projekte soos Sunrock en Odessa in die ekonomiese kompartement, en die persone wat by Sunrock betrokke is, weet slegs van Sunrock. Daar is dus baie name binne die groep, en selfs diegene in hierdie groepe het geen benul van die groter prentjie nie. Soos reeds gemeld, het die skrywer self die naam VAG aan die groep gegee, want niemand buite die groep ken die regte naam van die “binnekring” nie. Toe die skrywer die illustrasie (Fig. 1) aan genl.
Tienie Groenewald getoon het, het Groenewald gesê dat hy met die totale illustrasie kan saamstem, behalwe die naam, VAG. Die skrywer het nou bekend gemaak dat die VAG in werklikheid ’n groep binne die Afrikanerbond is.
Die meeste lede van die Nasionale Party is Afrikaner Broederbonders. Die NP is deur die Afrikanerbond as instrument gebruik om hulle doelwitte te bevorder. Die Afrikanerbond het sedert die begin van die negentigerjare na ander partye begin uitbrei. Dit was baie belangrik, want hulle moes hulle invloed in ander partye laat geld om al hul planne te laat werk.
Een van die mees bisarre stukke van Nasionale Party-politiek is om te probeer verstaan hoe Pik Botha daarin geslaag het om in die party aan te bly, wat nog te sê die regering, terwyl almal in die regering geweet het hy werk vir die CIA en KGB. Die antwoord op hierdie raaisel is dat hy ’n Broederbonder/Vrymesselaar was. Volgens Tienie Groenewald, wat CIA Direkteur, Casey, ontmoet het, het Casey aan hom gesê dat hy nog nooit iemand in sy lewe ontmoet het wat so korrup soos Pik Botha is nie, want binne vyf minute nadat belangrike inligting aan Pik Botha “oorgedra” is, het die CIA en KGB dit ook geweet. Hy was ook die meesterbrein agter die val van oud-pres. PW Botha.
Die term, Globalisasie, is maar net ’n ander weergawe van die uitdrukking Nuwe Wêreldorde, albei het dieselfde betekenis. Volgens oud-pres. PW Botha, is verskeie pogings tydens sy Presidentskap aangewend om Suid-Afrika deel van die Nuwe Wêreldorde te maak. Hy het botweg geweier omdat hy die Afrikaners nie wou uitverkoop nie. Volgens hom is hy drie keer genader. Anton Rupert het hom die eerste keer genader, die tweede keer was dit Meyer Khan en die derde maal was dit Henry Kissinger. Nadat hy na die derde ontmoeting geweier het, en kort na sy beroerte-aanval, stel hy dit só: “Ek is deur my eie mense verraai.” PW Botha het FW de Klerk agterna gekonfronteer en aan hom gesê dat hy die Afrikaner uitverkoop het en dat hy (FW) geld van Anton Rupert ontvang het. FW se antwoord was: “Ja, maar ek het nie al die geld vir myself gehou nie. Ek het baie daarvan aan die Universiteit van Potchefstroom geskenk.”
Dan is daar Marthinus van Schalkwyk, ’n selferkende spioen, wat die Nasionale Party man-alleen “vernietig” het. Die vraag is: Hoeveel hiervan is deur die Afrikanerbond en die WM beplan om blanke Suid-Afrikaners in ’n spesifieke politieke rigting te dwing? Dit lyk asof die Afrikanerbond wil hê dat blanke Suid-Afrikaners by die ANC moet aansluit en Thabo Mbeki moet ondersteun. Die groot vraag is of Pik Botha en ander se aksies om by die ANC aan te sluit as simbole of as aansporing dien vir gewone mense om dieselfde pad te volg? Waarom het die NP eers ’n alliansie met die DP aangegaan, as die inligting was dat hulle met die ANC sou handevat? Kan dit wees dat die NP die DP, wat nou ’n blanke toevlugsoord geword het, wil diskrediteer sodat blankes die NP na die ANC moet volg? Wat ook al die antwoord, kiesers in Suid-Afrika het geen reg om watter politieke party ook al te blameer nie. Indien mens onkundig oor die waarheid is, moet hulle nie ander daarvoor blameer nie.
21 Mei 2010, Danie Varkevisser, AVP Die VAG (Verligte Aksie Groep) is ʼn organisasie wat sy ontstaan binne die Afrikaner Broederbond gehad het. In ʼn boekie van Gunther Schickelgruber, Dokument X wat in 2002 verskyn het, skryf hy dat die VAG nog vóór onderhandelinge destyds met die ANC aangeknoop is deur die NP, daar besluit is dat hulle 80% beheer oor die land sou behou en slegs 20% aan die ANC sou oorgee. Die skrywer vermeld dat hoewel dit nooit aan die media bekend gemaak is nie, was 80% van die top tien kandidate op die ANC se nasionale stemlys, gewese apartheidsinformante. Minstens 90%, indien nie alle staatsposte, is gedurende die apartheidsjare deur Broederbonders beset.
Gunther Schickelgruber, wat homself identifiseer as ʼn lid van die destydse SA Polisiediens by Binnelandse Veiligheid, verwys na die korruptering deur middel van dwelms en ander kriminele aktiwiteite van hoë profiel ANC-lede, veral die Lusaka-groep in die ANC. Manipulering deur die Broederbond van sakebestuurders, spioene, informante, agente en samewerkers in die apartheidsjare deur geheime groepe agter die politieke skerms is interessante inligting hierin vervat.
Hy wys daarop dat vir alle praktiese doeleindes, dit nie die ANC is wat in beheer is nie en dat die Broederbond aanvaar het dat die blanke nooit weer in Suid Afrika sou regeer nie, maar dat hulle (die NP), met ʼn geknoei agter die skerms, 80% beheer sou uitoefen nadat die ANC aan bewind gekom het.
In ʼn berig in ʼn plaaslike koerant het FW de Klerk net na oorname van die ANC gesê dat hy binne vyf jaar weer die land sou regeer. Dit was nadat hy met frustrasie uit die Regering van Nasionale Eenheid getree het.
Hoewel daar neerhalende kritiek op Schickelgruber se Dokument X geopper is net nadat dit verskyn het, (net soos in die geval van die boek Volksverraad van Adv. Piet Pretorius) is daar tog sekere gebeure wat vandag duidelik verband hou met wat hulle bereid was om op skrif te stel. Dit kan nie ontken word dat beide hierdie twee skrywers intieme kennis gehad het van die vakgebiede waarin hulle ontplooi was nie.
Wat nou van die uiterste belang is, is die veiligheidskwessie waar die Afrikaner in die knel van ʼn eensydige oorlog, stelselmatig uitgewis word! As dit volgens die skrywer nie die ANC is wat in beheer is nie, wie moet dan die blaam hiervoor dra?
In sy omskrywing van die Broederbond se beplanning om 80% beheer te behou verwys hy na die destabiliserende aksies deur verhoging van misdaad en skepping van chaos in openbare werke. Maar terselfdertyd moet die blanke Afrikaner gesus word om te verhoed dat hy gefrustreerd raak en hom tot oorlogsgeweld wend. Hierdie doel word bereik deur die stigting van skynpolitieke partye, rade, komitees, verenigings en selfs ‘aksiegroepe’ wat oënskynlik ten doel het om die blanke (maar veral die Afrikaner) se belange te beskerm.
Dit is in die lig van hierdie herkenbare tekens wat die Afrikanervolk homself moet beskerm deur laer te trek en die bo-vermelde groeperings wat vir ons ondergang verantwoordelik is, te isoleer! As die gewaande leiers van ʼn volk 80% van Satan en sy magte probeer beheer en dink dat met 20% se oorgawe in die Afrikaner se belang optree, is ons volk gedoem om in die vergetelheid van die geskiedenis begrawe te word! Dit is hier waar “geleerdheid” die ervaring van wysheid opsygedruk het sonder om die gevolge daarvan te projekteer wat kennelik by ons volk se vernietiging sal uitkom!
Dit was Thomas Jefferson wat gesê het: “’n Volk wat verwag om ongeërg te bly en vry te bly... verwag iets wat nog nooit was en nooit kan wees nie.”
Quo Vadis Afrikaner?
Oor Johan Niemoller: Our leaders abandoned us, says Tempe accused June 1 2001 at 12:10am
A man charged with murdering two soldiers in an ammunition hijacking in June 1998 has accused right wing leaders of forsaking their followers after letting them do all the dirty work.
"People like Eugene Terre' Blanche and Johan Niemoller take their followers to a point and then drop them like hot potatoes," Marius Swanepoel told the Bloemfontein High Court.
Terre'Blanche is the leader of the Afrikaner Weerstandsbeweging, while Niemoller allegedly led a group called Die Volk - set up to arm whites to take over the country.
"Just look at how many AWB people are languishing in jail today, and who gave the orders? Nobody but Terre'Blanche and his generals. When the pawpaw strikes the fan, they turn their backs on these poor people."
Swanepoel, and brothers Petrus and Hendrik du Preez are charged with abducting and murdering Sergeant Michael Leisanyane and Gilmore van Wyk on June 1, 1998. The victims were transporting ammunition in an army truck from De Brug near Bloemfontein to Ladybrand.
The three are charged with robbing the truck and transporting its occupants in the boots of two cars for at least seven hours before throwing the soldiers into the Modder River to drown - Leisanyane with his hands and feet tied.
Together with Nicolaas Kirsten, they also face charges of stealing arms worth R800 000 from the Tempe military base in Bloemfontein in May 1998. Kirsten has been charged with conspiracy in connection with the ammunition robbery.
The state claims the men were all supporters of Die Volk and that Swanepoel was also a member of the AWB.
The court heard of right wing plans to break Swanepoel out of prison and discredit the state's case against him and his co-accused.
Samuel Grobbelaar, an inmate at Bloemfontein's Grootvlei Prison, told the court he escaped in July 1998 to free Swanepoel, who was at the time incarcerated at Brandfort. He was re-arrested before he could carry out his plans.
Grobbelaar testified that he and another rightwinger and fellow prisoner, Willem Hurter, then compiled a document in a bid to discredit the prosecution's case.
Among the fabrications contained in the document was that the security police were a party to the plans to free Swanepoel from prison.
The final evidence in the trial was expected to be led on Friday. The trial will then be postponed to mid-June for closing arguments and judgment. - Sapa