David Cameron, eerste minister van Brittanje mag in die interim geloof word vir sy steun vir die meerderheid stem om homoseksuele huwelike goed te keur. Sy vooruitsig is egter kaal soos die plekke waar Sodom en Gemorra eens was toe hulle ook so gekies het!
Hierdie bekende gesegde het in die verlede en seker vandag ook nog, iemand beskryf wat weinig besit maar deur sy optrede voorgee om vermoënd te wees deur spoggerig te lyk, te doen en te praat..
ʼn mens kan dit weliswaar na die politiek toe ook deurtrek. Hoe groter die huidige regime se aangerigte skade aan Suid Afrika is, hoe meer probeer hulle wysmaak dat daar vordering is. Hoe meer diktatoriaal hulle optree, hoe meer word gehamer op die moderne democrasy”
Hoe meer mense sonder werk en inkomste raak, hoe harder word gepraat oor werkskepping. Hoe groter die ellende is waarin die Afrikaner gedompel word deur de Klerk se onderhandelde grondwet, hoe meer wil hy die grondwet implementeer met “wigte en teenwigte”. Volgens hom lê die ANC te veel klem op sommige aspekte van die grondwet en onderbeklemtoon hulle ander. Feit is, die ANC implementeer die grondwet wat hy wat de Klerk is help opstel het! Wat het hy verwag om te kry as hy die riglyne uit die geskiedenis bly ignoreer!
Hoe meer mense in Suid Afrika vermoor word, hoe harder word daar gepoog om die oorblywendes uit hulle besittings te belas. Hoe daar nou ookal gespog word met duur motors, buitelandse inkopies met staatsgefinansierde vlugte na die internasionale inkopiesentrums onder die vaandel van konferensies, vredesberade en samesprekings, soos vanmelewe is die “jonker aan almal bekend en beïndruk sy pierewaaiery niemand nie! As jy kaal is is jy kaal!
Of jy nou kaal is aan politieke insig, of regeervermoë, of moed of getrouheid, of wat ookal, die somtotaal bly kaal! Jou optrede word deur die sigbare uitkoms daarvan deur diegene wat daardeur geraak word beoordeel. Hoe jy ookal pronk, die geskiedenis sal jou meedoënloos in die regte kategorie plaas ongeag of jy deur mede pronkers hooggeplaas word.