DIE DE DOORNS DEBAKEL
Ek haal enkele opmerkings uit ʼn berig van SAPA aan ten einde lig te werp op die debakel by de Doorns en lewer dan lopend kommentaar om hierdie dreigende en gevaarlike tendens in perspektief te plaas.
Johannesburg - A farmer was arrested after he allegedly fired a shot at protesting farm workers in De Doorns on Tuesday, Western Cape police said. "The farm owner has been arrested for attempted murder," said Lieutenant Colonel André Traut. He said about 8 000 farm workers gathered to protest in De Doorns on Tuesday. "The situation is calm. They are slowly dispersing and more police have been deployed to maintain order."
Die aanvaarde beginsel om ‘n maatreel aan te wend ten einde jou lewe en eiendom ,(huis en haard) te beskerm deur die bedreiging af te weer, word hier nie net in die doofpot gestop nie, maar as ‘n kriminele oortreding hanteer waar die slagoffer gestraf en die aanvallers beskerm word!
Wouter Kriel, spokesperson for agriculture MEC Gerrit van Rensburg, said the reasons for the protest were not immediately clear. "There is no specific leadership, and no list of demands... one thing that is very important is to get dialogue going." The N1 highway was closed between Touws River and De Doorns on Monday when farm workers gathered on the road.
ONDERHANDELINGS
Al die elemente vir ‘n plofbare situasie is duidelik hier teenwoordig en al wat belangrik geag word is onderhandeling met die agressors. Wat presies is hier aan die gang? Waar het onderhandelings ons beland? Wat het Kodessa vir ons beteken? Of die onderhandelings by Dakar, of die geheime onderhandelings met die kommuniste in London, of die onderhandelings op Bermuda, of die geheime onderhandelings by die duiweklub in Pretoria, of enige van die menige ander bedrogvolle onderhandelings “namens die Afrikanervolk” wat u aan kan dink? Dit was eerder die sleutel tot die suksesvolle oorname van mag oor reg! Van Valsheid en Verraad oor Waarheid en Regverdigheid!
Aspen Institute:
In die Weekly Mail van 7-13 April 1989 verskyn daar ‘n artikel oor ‘n by-eenkoms wat deur die Aspen Institute gereël is. Die Aspen Institute is in Washington-Amerika gesetel . Die belangrikheid van die by-eenkoms volgens Mark Swilling, die artikelskrywer, is “...convened to educate a significant group of American congressmen and senators. Its importance lay in the fact that the conference provided a forum where all the major South African actors could articulate policy positions at a time when the major super powers are working out their approaches towards South Africa after Namibian independance.”
Bermuda
Volgens die artikel was dit waarskynlik die eerste by-eenkoms waar elke enkele vername politieke rolspeler van Suid Afrika verteenwoordig was. Die by-eenkoms het op die eiland Bermuda plaasgevind tussen die NP, KP, DP(nou DA), ANC, UDF, IFP en Black Conscience Movement aan die een kant en die Amerikaners aan die anderkant. Tussen hierdie afgevaardigdes was daar ‘n ooreenstemming oor veral twee sake.
1. Die afsweer van geweld moet nie ‘n voorvereiste vir onderhandeling wees nie en,
2. Die Regskommissie se aanbeveling oor groepsregte as basis vir ‘n nuwe grondwet.
Ooreenkoms
Al die voorleggings wat gemaak is het volgens Swilling eenstemmigheid gehad oor : ....”a ‘negotiated
Settlement’ between the principal parties must be the starting point; in other words, there can be no solution if the NP and the ANC plus others on the white and black sides do not negotiate.”
“The Americans came away with the clear conclusion that it is no longer a question of whether this is desirable or not, but how to get there.” (my beklemtoning)
Over 30ha of vineyards were destroyed in the protest.
Western Cape police said at the time the cause of the protest was likely a wage dispute, but the agricultural department disputed this. "This is not a labour strike and [is] not organised by farm workers, even though farm workers are involved. It seems to be politically motivated," Kriel said.
"There is a lot of intimidation going on. We have a lot of seasonal labour on the farms starting for [the] grape season. We are adamant that it is not traditional workers who are involved, but the seasonal workers."
Hierdie is duidelik ‘n voortsetting van wat in Marikana begin is. Die liberale Kapenaars wat saam met Agri SA onderhandeling as die werkbare pad gekies het, behoort nou in te staan vir die verlies van die 30ha wingerde wat in die proses vernietig is! Onderhandeling is in hierdie aanslag op die Afrikaner se besitreg van Suid Afrika bepaald nie die oplossing nie, maar juis die wapen wat ontwerp is om die Afrikaner te ontmagtig en uiteindelik te vernietig!
The Congress of SA Trade Unions in the Western Cape said it supported demands by farm workers and residents of De Doorns for a living wage and decent living conditions, with basic services and proper housing plans. "Many of the farmers have been exploiting the farm workers for too long in the agricultural sector, and this needs to come to an end," provincial secretary Tony Ehrenreich said. People cannot be expected to live on their knees, whilst the farmers profit handsomely from the exploitation."
He called on workers and residents not to resort to violence.
- SAPA
De Doorns 'very tense' after protest
2012-11-06 12:26
"The situation is very tense, but police seem to be in control at the moment. They've also called for reinforcements to come and a helicopter is on its way," said Wouter Kriel, spokesperson for agriculture MEC Gerrit van Rensburg. He said it looked as though the group was planning to march. Van Rensburg, community safety MEC Dan Plato and cultural affairs and sports MEC Ivan Meyer met with police, local safety authorities and the farming community at around 08:00 to discuss a plan of action.
Police warned to avoid excessive force
2012-11-01 20:46
Riot police (Picture: Sapa)
Johannesburg - Police officers should refrain from using excessive force to control public protests, Parliament's police portfolio committee said in a statement on Thursday.
"Police officers can no longer be allowed to use excessive force when stabilising public unrest incidents. It is against our Constitution and against our human rights culture," said the committee's acting chairperson Annelize van Wyk. Van Wyk said an increase in public protests was a cause for concern. "These incidents increased from 971 in 2010/11 to 1194 in 2011/12, which resulted mainly from factors such as labour disputes and dissatisfaction with service delivery," she said. Van Wyk said police should be properly trained to deal with such events.
"The recruitment and training of public order police members is of paramount importance and must receive urgent attention, with focus on constitutional principles." The reasons for the increase in public unrest should be investigated by relevant government departments and business, she said
- SAPA
Wanneer die myne se belange bedreig word, tree die staat met die dood op! Wanneer die landbouer se belange op die spel is, word die Boer gearresteer wat ʼn waarskuwingskoot in die grond afvuur en die verlies deur skade wat aangerig is, geïgnoreer! Die gevolge daarvan is egter blywend en sal in sommige gevalle finansieel noodlottig wees as daarmee aangehou word.
Dit is duidelik dat die departement van arbeid daarop uit is om ook sy bydrae te lewer om die blanke en veral die Afrikaner, by te kom deur enorme boetes te hef soos aan die Boer in Tzaneen.
’n Boete van R28 miljoen staar die naasgrootste tamatieprodusent in die land in die gesig tensy hy binne 21 dae voldoen aan die regulasies wat die departement van arbeid sê hy oortree.
Die departement het in ’n verklaring gesê hy het ’n waarskuwingskennisgewing aan Montina Boerdery van Modjadjiskloof (Duiwelskloof) by Tzaneen gerig en hou volgens die departement verband met die verskaffing van kos en huisvesting aan die maatskappy se sowat 2 000 werkers wat op 20 plase werk.
Ook op ander Afrikanerbesighede word oral vereistes gestel en met boetes gedreig indien die vereistes nie nagekom word nie!
Die oplossing vir hierdie soort optrede setel in gesamentlike verset. As voorbeeld haal ek die gebeure by Morgenzon aan om hierdie stelling te bevestig.
Op 21 Maart, (Human Rights Day), is waarskynlik die eerste volskaalse en behoorlik ge-organiseerde plaasbesetting in Oos-Transvaal, met groot sukses afgeweer! Die aanhoudende dreunsang van die skare wat met busse aangery is, “Mugabe is coming”, behoef geen verdere verduideliking oor die werklike rede vir die by-eenkoms op die skouer van ʼn verlate grondpad, regoor die plaashek van ʼn reeds swaar beproefde boer nie.
Wat dadelik die kollig op die regering laat val, is die drie owerheidsinstellings wat hier ʼn bedenklike rol gespeel het!
Eerstens verleen die blanke plaaslike landdros van Breyten toestemming aan die swart aktivis-organisasie Trac, (Transvaal Rural Action Committee), nou verbonde aan die Landless Peoples Organisation, om vanaf 10vm tot 4nm, (ses ure), ʼn by-eenkoms te hou op die drumpel van ʼn boer se eiendom. Hierdie gesin moes al twee plaasaanvalle afweer, bykans tweehonderdduisend rand se hofkostes betaal om hulleself te verweer omdat in die proses van verdediging van die boer en sy seun se lewe, ʼn aanvaller verwond is, en waar persone vanuit die Wits Universiteit, die swartes met hulle saak bystaan en adviseer sodat daar ʼn nimmereindigende en kostige dreinering van die boer se tyd, energie en inkomste aan die gang gehou word met die ooglopende doel om hom te ruïneer!
Tweedens word geeneen van die blanke gemeenskap gewaarsku nie terwyl die plaaslike stasiebevelvoerder, (ook ʼn blanke), wel deur die landdros in kennis gestel is. Die verstommende ding is dat die polisieman deeglik op hoogte is van al die verwikkelinge op Morgenster en desnieteenstaande swyg oor die by-eenkoms!
Derdens word die teenwoordige TV-span met ʼn polisievoertuig vervoer om in ʼn posisie te kom waarvandaan hulle ʼn uitsig kon hê op die saamgetrekte aantal boere wat buite sig van die betogers gegroepeer het nadat die plaaseienaar om hulp gevra het toe hy van die voorneme om sy plaas te beset bewus geword het.
Die teenwoordigheid van aanvanklik slegs vyf of ses lede van die SAPD waarvan die bevelvoerder deurgaans as onderhandelaar van die aktivistegroep ageer het, het die aanwesige boere onmiddellik laat besef dat hulle op hulleself aangewese gaan wees vir beskerming! Dié vermoede is versterk deur die stasiebevelvoerder wat deurentyd die aktiviste se eise en dreigemente aan die boere kom oordra het in stede daarvan om hom te bepaal by die verantwoordelikheid om hulle daarvan te weerhou om die bepalings van die landdros se toestemming stiptelik na te kom ter beskerming van die boer en sy gesin! Die verantwoordelikheid vir die reg op beskerming deur die owerheid wat hier ooglopend deur die vingers gesien word om die “mensereg” om ʼn gesin te terroriseer , toe te laat!
Vierdens dui die teenwoordigheid van drie blanke mans in opruiende hoedanigheid tussen die swartes op ʼn sterk moontlikheid van derdemag bedrywigheid. Inligting wat oor hulle teenwoordigheid bekom is het die strekking dat hierdie waarskynlik die eerste geval van finansiële dryf vanuit die buiteland van ʼn beoogde eis teen die boer van drie miljoen rand vir skadevergoeding gaan wees!
Wanneer al hierdie faktore in berekening gebring word en dan gerugsteun word deur die dreigement dat daar te min lede van die SAPD is om die betogers te keer. Dat hulle nou die plaas gaan betree en as die boere hulle probeer keer sal hulle skiet, besef ʼn mens opeens dat hierdie veel meer as bloot ʼn by-eenkoms was van swartes wat vreedsaam kom pleit vir menseregte!
Dit was eers toe die nagenoeg tagtig boere spontaan ʼn kring maak, hardop tot God bid en psalmsing en daarna vasberade in ordelike eg militêre formasie ontplooi nadat skerpskutters aangewys, belhamels uitgewys, stelling inneem met die vasbeslote doel om Morgenster met bloed te verdedig, dat die potensiaal vir bloedvergieting tot die staat se verteenwoordigers en grondgrypers en hulle helpers deurgedring het. Die oprukkende swartes na die hek van die plaasboer in blokvorm, met vrouens vooraan, al skuifelend en dreunsingend, het tot stilstand geruk toe die Boere ontplooi en daar ewe skielik ʼn reënbui uitsak wat hulle na hulle voertuie laat skarrel het!
Die slag van Morgenster was gewen. Wat egter belangriker is, is die hegte band van samehorigheid, gebore uit die noodsaak daarvoor, wat daar gebind is. Die gees van Afrikanernasionalisme, gegrondves in die geloof in God-Drie-Enig soos ons dit ken uit die geskiedenis en wat die eer van die oorwinning aan God gee! Dít maak dit ʼn oorwinning in geloof van reg oor onreg!
Die gebeurtenis onderstreep egter die noodsaaklikheid van gesamentlike verset teen dié soort van onreg teen die blanke in die algemeen en die boer in besonder! Die wettige beskerming van lewe en eiendom van die blanke wanneer die onwettige regime in gebreke bly en boonop sy owerheidsinstellings gebruik om onder die dekmantel van menseregte, sulke growwe onregmatigheid toe te laat, sal toenemend by die blanke self setel!
Laat die blanke in die land en die Afrikaner in die besonder, met die oog op beloofde versnelling van die Mugabe benadering ten opsigte van die witman se totale besit, (nié net sy grond nie), en met die oog op die gemiddelde agt blankes per dag wat vermoor word sedert 1994, 2x2x2 keer dink voordat hy sy vuurkrag vrywillig inhandig! Die besit en verantwoordelike aanwending daarvan het bloedvergieting voorkom!!
Danie Varkevisser
29 MAART 2005