1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957759

Besoekers aanlyn

Ons het 84 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

AS JY BY JOU HUIS AANGEVAL WORD.

alt“As jy ’n man by sy huis aanval, moet jy verwag dat hy jou sal slaan met alles wat hy het,” het Mashaba gesê.

Hierdie stelling sny twee kante toe! Die AVP waarsku Mashaba dat dit voortaan elke blanke se ingesteldheid sal wees wanneer hulle by hulle huise aangeval word. Ons sal die aanvallers slaan met alles wat ons het! Op sterkte van die woordvoerder van die “president” van die land en van die ANC, regerende politieke party se uitspraak!

‘n Besoek aan ons eiendom sal voortaan beskou word as ‘n aanval op ons tuiste en ons sal dit gewelddadig teenstaan! Enige gewelddadige botsings sal die “besoekers” (gelees aanvallers) se skuld wees.

JZ-huis: ANC dreig DA

2012-11-02 22:09

Thamsanqa Magubane

Pietermaritzburg. – Groot moeilikheid dreig in Nkandla nadat die ANC met geweld gedreig het indien Helen Zille, leier van die DA, voortgaan om dié Zoeloelandse dorpie môre te besoek.

 

Die DA het egter gesê die besoek gaan voort – dit is buite die kwessie dat die ANC die opposisie gaan intimideer en verbied om ’n plek te besoek, want waarheen is die land dan op pad?

 

Die ANC in KwaZulu-Natal het die DA gister gewaarsku teen hul planne om Nkandla te besoek omdat die ANC dit as ’n aanval op pres. Jacob Zuma se tuiste beskou.

 

Die ANC het gewaarsku dat sy lede in Nkandla die DA-besoek gewelddadig sal teenstaan.

 

Die DA-leierskorps beplan om môre Nkandla toe te gaan om self te gaan kyk hoe lyk die nuwe dorpsgebied en die peperduur nuwe presidentswoning waarvoor die belastingbetaler tans meer as R200 miljoen moet opdok.

 

Thulani Mashaba, ANC-leier aan die KwaZulu-Natalse noordkus, het gesê ANC-lede sal vanaand ’n nagwaak hou en nog meer sal môreoggend by hulle aansluit “om die president se huis te beskerm”.

 

“Ons beskou die DA se optrede as ’n aanval op die president se huis en ons sal dienooreenkomstig handel.

 

“As jy ’n man by sy huis aanval, moet jy verwag dat hy jou sal slaan met alles wat hy het,” het Mashaba gesê.

 

Zuma is nie môre in Nkandla nie. Luidens sy dagboek sal hy ’n kultuurgeleentheid in Qumbu in die Transkei bywoon.

 

Volgens Mashaba sal enige gewelddadige botsings Zille se skuld wees.

 

“As die DA regtig belangstel in wat met die president se huis gebeur, kan hulle hul vrae in die parlement stel en hulle kan wag op die verslag deur die openbare beskermer, wat hulle mos aangevra het,” het hy gesê.

 

Mashaba het gesê enigeen wat ANC-lede uitlok, sal maai wat hulle saai.

 

Ook Sihle Zikalala, provinsiale ANC-sekretaris, het gesê as die DA nie ’n herhaling van die botsings met die Cosatu-huis-optogte vroeër vanjaar wil sien nie, moet hulle hul besoek eerder afstel.

 

Cosatu meen die DA se besoek aan Nkandla is onverantwoordelik.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie