LIEG EN BEDRIEG, MOOR, VERKRAG EN STEEL! KOM ONS REIK UIT NA HULLE SÊ PIK.
Dit is wat ons sal moet doen as ons die krisis wil voorkom by die kruispad waarvoor ons nou te staan gekom het, aldus Pik Botha, een van die inisieerders van die krisis waarna hy verwys asof hy daar niks mee te make gehad het nie!
In dieselfde koerant waarin hy sy oproep doen, verskyn ‘n paar verdoemende uitsprake oor die produk waartoe hulle hul laat oorreed het, in teenstelling met bestaande riglyne vanuit die geskiedenis, ons voormalige Afrikaner Nasionalistiese volksleiers, die Bybel en Afrika as aanskouingsles. Daartoe het hulle ook ‘n aansienlike deel van die Afrikanervolk beweeg deur dreigemente van ‘n bloedbad en noodsaaklike veranderinge wat ons sal moet aanbring as ons as ‘n volk wil bly voortbestaan!
Langs die berig van Pik verskyn daar ʼn opskrif: “Bates: Húlle swyg. ¾ Van die ANC parlementslede verklaar nie hulle bates betyds nie en dan sluit dit die hoofsweep wat daaroor moet toesig hou in.
Verder is daar opskrifte soos: “Korrupsie kos land miljarde. Donker prentjie van regstelsel geskets” Hulle steel nie meer honderde nie, hulle steel ook nie meer duisende of honderde duisende rande of self miljoene nie, hulle steel nou miljarde terwyl pensioentrekkers wat hulle lewens gewy het aan infrastruktuur se opbou , instandhouding en bedryf, nou honger moet gaan. Berigte soos Tronke vol, want hulle kry nie borg. Tronke in Transvaal (Gauteng) is 133% vol! Veiligste dorp: 6de rooftog in twee weke. Nadat die Instituut vir Sekerheidstudie vanjaar bekend gemaak het dat Sasolburg die veiligste dorp in die land is, het misdaad oornag vervyfdubbel. Wat ʼn getuienis vir die regime se “vermoë” om wet en orde te handhaaf. Meer nog, wat n getuienis van die misdadigers se vermoë om te demonstreer waartoe hulle in Suid Afrika instaat is.
Verder berig dieselfde uitgawe van Regter Harms , oud appèlregter en afgetrede adjunk president van die appèlhof, wat hoofregter Mogoeng Mogoeng aanspreek oor die weiering om Jeremy Gauntlet te oorweeg vir ʼn moontlike regterspos, ongeag Gauntlet se ervaring. Op dieselfde bladsy word verder berig van twee gevaarlike swartes wat aangehou is vir moord en verkragting, die dak van ʼn vangwa oopgesny en ontsnap het terwyl hulle vervoer is tussen Potchefstroom en Stilfontein en dan ʼn verdere berig van grypdiewe en boewe wat in die middestad van Pretoria floreer omdat die publiek nie meer die gevalle by die polisie aanmeld nie.
Op dieselfde bladsy van dieselfde koerant word verder berig van die regime se ongenaakbare voortgang om tolgeld te verhaal van die publiek, waarskynlik omdat daar te min van die belastingbetalers se belastinggeld oorbly nadat korrupsie sy pond vleis gevat het. Dit word afgerond met ʼn swart hoof wat sy matrieks se eksamenvraestelle op sy kar se dak vergeet en verloor en dan bloot voortgaan met ʼn ekstra houer vraestelle wat aangevra word.
Twee bladsye verder moet die Suid Afrikaanse Spoorweë en Hawens (nou Transnet) se pensionarisse, wat in sommige gevalle een rand uit gekry het nadat hulle medies afgetrek is, in die hof stry omdat hulle pensioen met slegs twee persentasie punte aangepas word terwyl 75,000 van hulle totaal verarm het en onder die broodlyn lewe!
Op die voorblad van dieselfde koerant verskyn die foto van ʼn pragtige jong Afrikanerdogter wat eenvoudig koelbloedig doodgeskiet word omdat swart barbare haar motor wil hê! Is dit omdat dr. Tertius Delport, destydse minister van Plaaslike regering geweet het dat dit wat hierbo berig is ons voorland gaan wees, dat hy de Klerk aan die kraag gegryp het met die uitroep: “Wat het jy aangevang? Jy het die land weggegee.......Ons het alle mag verloor!” soos wat in Giliomee se boek opgeteken is.
Dit is met dankbaarheid dat die AVP, en ek glo elke behoudende Afrikaner vandag terugkyk en besef dat ons saak reg was en vandag nog is. ‘n Versoek om met dit wat hier in slegs een koerant die beeld van die “Nuwe Suid Afrika” skets, na hetsy die huidige verwoesters van ons land uit te reik, ditsy die skeppers van die omstandighede wat die toestand moontlik gemaak het, is siek en veragtelik en verpersoonlik die verwronge gedagtegang wat reg as onreg en onreg as reg vertolk! As daar n behoefte uitgespreek moet word oor wat Hermann Giliomee se boek in Afrikanergeledere moet bereik, dan is dit om ware Afrikaners weer bymekaar te bring met die besef dat ons verraai was deur diegene wat vertrou was met die Afrikaner se hoogste goed! Ook en veral sy godsdiens.
QUO VADIS AFRIKANER? Laat ons wat uit innerlike oortuiging by mekaar tuis hoort, by mekaar uitkom deur na mekaar uit te reik omdat ons in dieselfde God glo, dieselfde geskiedenis deel, dieselfde taal praat, glo dat hierdie land ons land is en dat afsonderlike ontwikkeling die enigste beleid is wat vreedsame naasbestaan in Suid Afrika tot gevolg gehad het en kan hê omdat rasse verskil, en ons dan daarvoor beywer!