Dit is al by herhaling gesê dat as ondergang van die Afrikanervolk in Suid Afrika onafwendbaar is, laat dit dan ons lot wees en nie ons skuld nie!
AS HY SY TAAL PRYSGEE EN AS HY INTEGREER
Op 21 Februarie 2007 het die AVP oor die blanke Afrikanergemeenskap se futiele stryd om behoud van Ermelo Hoërskool se Afrikaanse karakter geskryf en die gevolg van toegewings en prysgawe van beginsels aangedui.
Met die toegewing aan internasionale druk om nieblankes vir die 1967 rugbytoer van Nieu Zeeland na Suid Afrika in ‘n besoekende rugbyspan toe te laat, was die lot van elke Afrikaanse onderwys en opvoedingsinstelling reeds verseël! Om die waarheid te sê, was die blanke se reg om homself te regeer volgens sy eie begeerte en behoefte en in ooreenstemming met sy geloofswaardes en opdragte uit die Woord van God, in die doofpot gestop!
Die ongelooflik betreurenswaardige toestand waarin die eens trotse Afrikanervolk hom vandag bevind was immers in goed beredeneerde en onomstootlike debatte en toesprake van elke Afrikanerleier wat die vaandel van Christelike Nasionalisme gedra het, aan elke lid van ons volk by herhaling deur die loop van ons geskiedenis voorspel. Met Donker Afrika as aanskouingsles, was dit ooglopend duidelik dat die Afrikaner se roeping en verantwoordelikheid, ook ten opsigte van die swart volke hier te lande, slegs in die handhawing van die beginsel van rasseskeiding gesetel het.
Die gebrek aan moed, insig en eerlikheid van leiers na die internasionale beplande moord op Dr. Verwoerd, het nou die onvermydelike gevolg dat drie volksvreemde regters op aandrang van ‘n volksvreemde onderwys minister, ‘n bedoelde onomkeerbare beslissing maak wat ‘n hele Afrikanergemeenskap se regte eenvoudig opskort en die voorkeure van ander op hulle afdwing! Binne hulle eie gemeenskap, hulle eie geskiedkundige dorp, word die reg hulle ontneem om volgens hulle eie waardes, tradisie en moedertaal hulle skool in te rig en hulle kinders daarvolgens vir die volwasse lewe voor te berei.
Die teenpool van rasseskeiding, naamlik rasse-integrasie, het soos voorspel, die blanke se beheer oor selfs sy kinders se opvoeding in die hande van die kommunis geplaas en ‘n proses aan die gang gesit wat Afrikaans moet verdring en vervang!
AS HY SY LAND PRYSGEE
Daar is verskeie maniere waarop n volk sy land kan prysgee of verloor. Die mees algemene is deur oorlog. Om egter ‘n oorlog te verloor beteken nie noodwendig die verlies van jou volkskap nie. In teendeel! Neem Duitsland en selfs Japan wat albei in oorloë verslaan is. Hulle het albei in enkele jare só herstel dat hulle selfs hulle eertydse vyande ekonomies kon help en beide vandag toonaangewende volke is na wie opgesien word!
Dit is wanneer jy die wil om te stry prysgegee het en emigreer. Of aanvaar dat daar nie hoop is of dat geen versetaksie enige waarde sal hê nie en dan sienderoë jou volk laat ondergrawe en sy geskiedenis, taal, godsdiens, eiendom en infrastruktuur wat oor eeue gevestig is laat vernietig. Wanneer jy dan op n vliegtuig klim om jou heil iewers anders te gaan soek, vertrek jy van die graf van jou volk af!
Om jou eie land te verraai deur in klein geloof te vergeet van die groot dade van wonderbaarlike ingryping deur God in die geskiedenis van ons volk en dan toegewings aan internasionale druk te maak wat noodwendig die grondslag moet lê vir die vernietiging en uitwissing van ons volk, is een van die sekerste maniere waarom ʼn volk sal sterf!
AS HY VERBASTER
Wanneer die behoefte by jou vervaag het om jou in ʼn huwelik te begewe met iemand van jou eie ras en kinders verwek word deur bloedvermenging omdat nie-rassigheid en rasgelykheid die norm is in teenstelling met die skeidingsbeginsel van God, is dit een van die onomkeerbares wat die beste potensiaal het om ʼn volk te laat sterf!
AS GOD NIE MEER SY LOTSBEPALER IS NIE
MATTHÉÜS 10:28
En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
2. LUKAS 12:4
EN Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie;
As ʼn volk sy hulp in die buiteland gaan soek, en dalk kry, word hy ʼn slaaf van sy hulpverlener omdat hy hom ingenooi het om in sy binnelandse aangeleenthede in te meng en verklaar hy daarmee ook dat die buiteland ʼn hoër gesag as hyself het en dat hy ook in die toekoms daaraan onderworpe sal moet wees.
Om te onderhandel met die ongelowige vyand en toegewings aan hom te maak uit vrees vir sy optrede teen jou, in teenstelling met geloof in God en Sy geregtigheid, is ʼn seker teken van afvalligheid en ongeloof en lei tot die afstand doen van jou Godgegewe erfenis in ruil vir ʼn volkstaatjie, wat indien dit ooit realiseer, as monument sal dien van hierdie “gelowige” volk se ongeloof in God se wil en almag! Dit is al by herhaling gesê dat as ondergang van die Afrikanervolk in Suid Afrika onafwendbaar is, laat dit dan ons lot wees en nie ons skuld nie!
Deur vaste geloof en onvoorwaardelike afhanklikheid van ons volk se God, die Drie-Enige-God, Vader, Seun en Heilige Gees, die God Van Abraham, Isak en Jakob, het die Afrikanervolk niks te vrees nie omdat Sy arm nie te kort is om te help nie, mits ons in ootmoedigheid Hom daarom vra soos Andries Pretorius en Sarel Celliers by Bloedrivier! Laat ons as volk ons opnuut bekeer sodat ons kan lewe, want dit is God se wil vir die wat Hom vrees.