1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9957479

Besoekers aanlyn

Ons het 104 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

RAMP OP RAMP OP RAMP. CRY AFRIKANER,CRY!

altDit is ongetwyfeld een van die merkwaardigste verskynsels in die media, plaaslik en internasionaal, dat by die ineenstorting van die Regering van Nasionale Eenheid, al die ondersteuners daarvan dit eens is dat daar nou fout is. Erger nog, dat ons op ‘n ramp afstuur! Wat egter merkwaardig is, is die algehele verswyging van die feit dat hierdie toestand in detail voorspel was, beredeneer was, in besonderhede aan die hand van talle ontledings en voorbeelde uit die geskiedenis verduidelik en voorgelê was. Geen woord van erkenning dat daar foutiewe, insiglose, om nie eers te praat van doelbewuste verraderlike en veragtelike politieke geknoei was wat ten grondslag van wat nou genoem word: “Die Reënboog het sy glans verloor!”, lê nie.

 

Dit verg regtig nie uitermate hoë intelligensie om die rede daarvoor raak te sien nie. Geen van die beskuldigings wat nou in omloop is en persone wat daarvoor verantwoordelik gehou word, raak aan die oorsprong van hierdie toedrag van sake nie. Wat egter onomstootlik vas is, is dat die Afrikanervolk die teiken van die aanslag was en nog is. Net so futiel as wat dit is van Afrikaners om met Swartes oor hierdie kwessie in debat te gaan vanweë onversoenbare uiteenlopende verwysingsraamwerke, net so futiel is n debat tussen Nasionalis en Liberalis.

 

Die oplossing setel in dr. Malan se standpunt: “ Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging by mekaar tuis hoort.” Eers wanneer dít tot ons deurdring, sal daar suksesvolle gesamentlike aksies kan volg wat tot die eenheid onder Afrikaners moet lei wat geheers het tussen 1948 en 1966. Ons is sienderoë saamgesleur tot waar ons vyande nie anders kan as om te moet erken dat ons na ‘n ramp op pad is. Soos ʼn muis voor ʼn rinkhals, gehipnotiseer, magteloos om te veg of te vlug ten spyte van die kennis van die uitkoms, selfs terwyl daar genoeg tyd daarvoor was!

 

Die wiel se aksie is egter onverbiddelik om dit wat bo was na onder te voer en dit wat onder was na bo! Die AVP se oproep op Mede Afrikaners is, skud nou die hipnose af en ook die skuldgevoel wat deur die gelykstelling van rasverskille op ons volk gelaai is! Ons vryheid se vlam word deur ʼn klein kern in die volk brandend gehou en kan en sal ʼn magtige vuur word wanneer beginsel en nie meer omstandigheid die motivering vir standpuntinname word nie.

‘Reënboog verloor nou sy glans’

2012-10-20 23:33

 

Johan Eybers

Talle ontleders, asook oudpres. Thabo Mbeki, het hulle geskaar by twee van die wêreld se mees vooraanstaande nuusblaaie se verdoemende kritiek teen die gehalte van leierskap in Suid-Afrika.

 

Daar was darem enkeles, onder wie die politieke ontleder JP Landman, wat glo die somber ontleding deur The Economist is ’n “oorreaksie” wat sal “oorwaai”.

 

Die tydskrif, wat 169 jaar oud is en miljoene lesers in meer as 200 lande het, dek Suid-Afrika se “hartseer agteruitgang” by ’n foto van woedende, stakende mynwerkers.

 

Swak leierskap, onbekwaamheid, arbeidsonrus, korrupsie, beleggings wat opdroog, struikelblokke vir beleggers en die groeiende kloof tussen ryk en arm rem die land af, skryf die tydskrif, in ’n eggo van ’n ewe kritiese artikel vroeër die week in The Wall Street Journal.

 

Ter plaatse is Mbeki se waarskuwings in Fort Hare in die Oos-Kaap dat ons op ’n “baie duur ramp” afstuur, beklemtoon deur onder andere dr. Mamphela Ramphele, oudhoofbestuurder van die Wêreldbank, wat aan Rapport gesê het Suid-Afrika is in die greep van “self-sabotasie”.

 

Jay Naidoo, voormalige hoofsekretaris van Cosatu, het ook Vrydagaand in Pretoria die regering van pres. Jacob Zuma skerp gekritiseer, veral oor sy hantering van die handboekkrisis in Limpopo.

 

Die kritiek op Suid-Afrika en die ANC “dui ook daarop dat geweldig hoë verwagtinge oor Suid-Afrika geskep is wat heeltemal te hoog was”, het die skrywer en filosoof Willie Esterhuyse by navraag gesê.

 

Dit is wel volgens Esterhuyse ’n goeie teken dat Mbeki bereid was om sy kamerade op so ’n ongewoon direkte wyse by te kom.

 

Zuma en Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het die media gekap oor “negatiewe” dekking wat beleggersvertroue ondermyn.

 

Op ’n mediakonferensie gister in Johannesburg het Vavi Zuma geprys oor sy uitlatings dat Suid-Afrikaners en die media moet ophou om nét negatief oor die land te praat.

 

“Suid-Afrikaners se eerste lojaliteit is teenoor hul land,” het Vavi gesê. Cosatu het die afgelope week besluit om Zuma se kandidatuur as ANC-leier by Mangaung te steun.

 

The Economist oorreageer, sê ander. “Dit is nie die moeite werd om eens hieroor te praat nie, want dit is niks meer as ’n absolute oorreaksie nie,” het Landman gesê. “Wanneer die stakings binne ’n paar weke verby is, sal alles weer tot normaal terugkeer,” het hy gesê.

 

Prof. Sipho Seepe, raadgewer van Lindiwe Sisulu, minister van staatsdiens en administrasie, het gesê die artikels versuim om die strukturele foute te pak wat deur apartheid gebaar is.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie