
LEIERSKAP IN
AFRIKANERGELEDERE
Die Afrikanervolk het ʼn geskiedenis wat ryk is aan voorbeelde van voortreflike, intelligente en beginselvaste leiers. Daar was helaas ook die uitsonderings! In terugskouing was dit die eersgenoemdes wat die Afrikanervolk tot die hoogtes gelei het wat ‘n swart, Kommunistiesbeheerde meerderheidsregime nou al vir bykans twintig jaar met hulle Afrikamentaliteit nie heeltemal ten gronde kon rig nie. Tenspyte daarvan is daar vele wat kommentaar te lewer het oor die eienskappe en kwaliteite al dan nie van verskeie van ons uitstaande leiers.
Wanneer ek na leiers verwys bedoel ek nie noodwendig net politieke leiers nie, maar na elke leier wat op sy eie terrein, ʼn bydrae gemaak het. Wat bygedra het tot die vorming van ons volk, ons taal, ons godsdiens, ons onderwysstelsel, ons gesondheidstrukture, administrasie, spoorweg, militêre en elke ander stelsel wat in ons beskawing voorgekom het. In ʼn baie kort tyd as dit met ander wêrelddele vergelyk word, tot toonaangewend, vooruitstrewend en georden as aanvaarde en soewerein onafhanklike volk in eie reg. ‘n Volk waar wet en orde, moraliteit, dissipline, toekomsbeplanning en elke beskaafde norme geldig was.
Dit is nou, nadat die verloopte en liberale wêreldlinge in teenstelling met die handhawing van beginsel, beleid en standaard wat beproef en gelouter was deur die geskiedenis, aan internasionale druk toegegee en die voorspelde verval as gevolg daarvan ingetree het, dat hierdie selfde klomp verraaiers, filosofies en akademies raak oor Afrikaner leierskap!
As dit op plekke soos Aardklop is waar bespiegel word oor leierskap, is dit reeds betekenisvol. As dit dan nog mense soos Fred de Vries wat die skrywer van Rigtingbedonnerd en Willie Spies van Afriforumfaam is wat vra of die Afrikaners ʼn leier het en of ons een behoort te kry, en dan van mening is dat 94% Afrikaners vir die DA stem omdat hulle na politieke magsverlies die politiek uitgekontrakteer het aan liberale mense wat weet hoe om ten beste in ʼn sekulêre grondwetlike staat te funksioneer, is dit niks anders as verbale diarree wat in die rioolput van liberale denke tuishoort waar die fermentasie van hulle denke reeds goed aan die prut is. Om daarvan in te neem sal verseker politieke buikloop veroorsaak asof die rasgemengde regime wat vinnig besig is om in ʼn eenpartystaat te ontwikkel onder die vaandel van hulle bekookte demokrasie, hulp nodig het om die land verder in ʼn politieke rioolplaas te verander as dit waarin ons reeds beland het.
Met die soort leierskap wat diesulkes in gedagte het, het die Afrikaner werklik nie vyande nodig nie!