1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956897

Besoekers aanlyn

Ons het 115 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

AFRIKA SE DEMOKRATIESE WYSE VAN ONDERHANDELING

alt2012-08-28 22:09

Buks Viljoen

Ontstoke taxibestuurders van Embalenhle naby Secunda het gister ’n verkeersvoertuig aan die brand gesteek omdat een van hul makkers in hegtenis geneem is.

’n Groep van 17 verkeersbeamptes van Mpumalanga se reaksie-eenheid het voertuie by ’n kruising aan die buitewyke van die dorp voorgekeer.

Volgens Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van veiligheid en sekuriteit, het ’n taxibestuurder wat afgetrek is beswaar gemaak omdat hy ’n boete kry.

“Daar was talle probleme met die taxi en toe ons die boete aan hom wou gee, het met die verkeersbeamptes begin stoei.”

Die man is gearresteer en na die polisiekantoor geneem. Die taxi-eienaar het kort daarna by die toneel opgedaag en die verkeersbeamptes glo met die dood gedreig.

’n Aantal taxi’s het daar stilgehou en teen hul kollega se arrestasie betoog.

“Hulle het ons lede omsingel en ’n verkeersbeampte het ’n waarskuwingskoot geskiet om hulle uit mekaar te dryf,” het Mabuza gesê.

Die verkeersbeamptes het gevlug toe hulle met klippe bestook is. Twee polisiemanne is beseer toe hulle met die taxibestuurders slaags geraak het.

’n Verkeersman is teen die kop getref. In die Haas om te vlug het die beamptes ’n verkeersmotor agtergelaat. Die betogende taxibestuurders het dit aan die brand gesteek.

Die ontstoke groep het daarna na die polisiekantoor opgeruk en aangedring dat hul kollega vrygelaat word.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie