1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956889

Besoekers aanlyn

Ons het 110 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAARHEEN NEEM DIE MARIKANA BENADERING ONS?

altEtniese verskille onderliggend aan onluste onder Swartes in Suid Afrika

Die AVP se standpunt was van meet af aan dat Suid Afrika se regering van Nasionale Eenheid nie sal standhou nie, dat dit uitmekaar gaan spat, dat dit met geweld gepaard sal gaan wat onder die swartes sal begin en noodwendig sal oorspoel na die blankes.

Hierdie standpunt is nie uit die lug gegryp nie maar staan op die vaste grond van geskiedkundige bewys uit veral Afrika waar die etniese verskille veel geringer is as in Suid Afrika.

Ons het ook nog die Difaqane as voorbeeld van etniese onverdraagsaamheid wat op volksmoord uitgeloop het en wat sonder die blanke se toesig en beheer, sonder enige twyfel weer sal gebeur.

Marikana bevat reeds elemente daarvan. Ons het egter reeds in Januarie 2010 ‘n mediaverklaring uitgereik wat ons standpunt onderstreep. Ons plaas dit weer en verduidelik dan verder sodat u in die lig daarvan tussen al die ander menings wat aan ons opgedis word, nie die werklikheid miskyk nie.

Mediaverklaring (01/2010)

 

ANC EN XHOSAS DREIG MET BURGEROORLOG

 

As daar ooit potensiaal vir ‘n hewige swart burgeroorlog in Suid-Afrika was, dan is dit nou met die dreigement van die Xhosakoning Buyelekhaya Dalindyebo teenoor die ANC om met 10 miljoen van sy Xhosa-substam, Thembu, van die res af te skei en 60% van Suid-Afrika vir hulself te

annekseer.

 

Dalindyebo beweer dat hy ‘n bestuursbesluit geneem het namens die 10 miljoen Xhosas van sy stam om Suid-Afrika oor te neem. Hy en sy stam maak aanspraak daarop dat Natal, die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Noord Kaap en gedeeltes van die Vrystaat asook die Transvaal oorspronklik aan hulle behoort het. Dit is die gedeeltes wat hy nou tot ‘n onafhanklike staat wil beset. Sy plan was om die groot uittog en besetting op 6 Januarie uit te voer maar is tydelik uitgestel na aanleiding van ‘n brief wat Zuma aan Dalindyebo gestuur het waarna Dalindyebo verklaar het dat die planne nie afgestel is nie, net uitgestel, opsigself ‘n dreigement om te vat wat hy wil hê.

 

Dalindyebo het sy besettingsplan bekend gemaak kort nadat Zuma geweier het om in ‘n kriminele hofsaak teen Dalindyebo te verskyn. Dalindyebo staan tans ‘n 15-jaar vonnis op klagtes van beweerde moord, ontvoering, mishandeling en brandstigting teen, ‘n saak wat dateer uit 1995 en

1996 toe ‘n klein stat naby Mthatha afgebrand is waarin een sterfgeval plaasgevind het. Van die vroue en kinders is glo ontvoer en mishandel.

 

Dalindyebo se ondersteuners eis nou dat alle klagtes teen hom teruggetrek word en dat die ANC 80 biljoen rand as kompensasie vir sy openbare vernedering in die hof moet betaal. Dít sal natuurlik nooit realiseer nie en groot konflik hieroor word tussen die ANC en die Xhosas verwag.

 

Zuma probeer nou in die stilligheid vure doodslaan voordat te veel Suid-Afrikaners van hierdie verwikkelinge verneem en word dit in die Suid-Afrikaanse media sover moontlik verswyg.

 

Zuma se woordvoerder, Vincent Magwenya, het die plan as belaglik afgemaak. Hy beweer om gedeeltes van die land binne die Republiek van Suid-Afrika as ‘n onafhanklike staat af te pen is onmoontlik. Sy mening is ‘n duidelike dreigement vir oorlog as hy vra hoe ‘n onafhanklike staat erken kan word sonder om oorlog te verklaar: "How do you declare an independent state

without technically declaring war with South Africa? I don't believe our constitution even makes a provision for such an act."

 

Hierdie situasie is ‘n kruitvat wat wag om vlam te vat waarvan die ontploffing vir Suid-Afrika hewig en aardskuddend gaan wees.

 

Dit is in die lig van bo-staande dus nie vergesog as die AVP bespiegel oor die rol wat etnisiteit in die Marikana skietery kon gespeel het nie. Ons kyk na ‘n paar verklarings wat in nuusberigte voorgekom het.

Ons wou polisie nié aanval’

2012-08-19 22:10

Gerhard Pretorius

Marikana. – Hulle wou die polisie nooit aanval nie. Hulle het uit vrees gehardloop en dis toe hul vriende en kollegas geskiet is. So het van die stakende mynwerkers wat Donderdag by was toe 34 van hul kollegas by Lonmin se Marikana-myn doodgeskiet en meer as 70 gewond is, gister gesê.

 

Eerw. Sakhumzi Qiqimana, saam met pastore Daniel Pule Modise- nyane en Donald Ndlovu, het lede van die gemeenskap gelei in gebede vir die mynwerkers wat dood is en dié wat nog in die Andrew Saffy-hospitaal langs die myn aansterk.

 

Qiqimana het gesê daar is verskeie uitdagings wat die begrafnisse betref.

 

Volgens hom kom die meeste van die oorledenes van die Oos-Kaap en ook van Mosambiek en Lesotho. “Die oorledenes se families het nie noodwendig geld om hul geliefdes se lyke na die Oos-Kaap te vat nie,” het Qiqimana gesê.

The Guardian (Londen) het die skietery in die raamwerk van die magstryd in die ANC geplaas.

 

“Die NUM, een van die twee vakbonde by die Marikana-myn, steun Zuma se herverkiesing; die ander een, Amcu, soek iemand anders in die presidentsamp,” het die koerant gesê.

 

Die antwoord lê teoreties voor die hand. Die ANC moet ophou om die landsbestuur as ’n instrument vir die akkumulasie van mag en persoonlike verryking te beskou, ophou om onbekwame mense om politieke redes in sleutelposte aan te stel, en ophou om die minderhede voortdurend in die tande te skop.

 

Maar Dawie wil voorspel: Ook Marikana is nie genoeg om die ANC tot besinning te dwing nie.

 

- Die Burger

 

 

DIE TAAKMAG

Dit sal interessant wees om om te weet uit oorwegend watter etniese groep die samestelling van die taakmag was en ook wie die opdrag om te skiet gegee het. Dit is egter net so belangrik om die belange van die myne in aanmerking te neem by die oorweging van die motief om te dood.

Malema

Malema se besoek aan Londen is betekenisvol! Dat die geldmag intens bewus moet wees dat hy tegelykertyd vir hulle ʼn bedreiging is in terme van nasionalisering en ander skadelike uitgangspunte wat strook met die Freedom Charter, weet hulle ook dat hy n affiniteit vir geld en luukse leefstyl het. Dit maak hom bruikbaar. Sy ontvanklikheid onder die voetvolk en uitgesproke kritiek teen Zuma en ander hooggeplaaste ANC kaders, maak hom feitlik die enigste kandidaat om Zuma uit die kussings te lig.

Zuma

Zuma het vir die Weste se beplanning met Afrika ʼn bedreiging geword en moet nou vervang word. Sy vermoë om homself te beskerm deur Zoeloe ontplooiing in elke area van belang, verskans hom enersyds in hoe mate, maar verdiep andersyds die kloof tussen die Zoeloes en ander etniese groeperings. Veral tussen die Zoeloes en Xhosas. Die Xhosas wat aanvanklik beheer gehad het deur Mandela en Mbeki, word stelselmatig ontmagtig deur die ontplooiing van Zoeloes wat noodwendig ongelukkigheid veroorsaak en in organisasies soos Amcu na die oppervlak dryf en deur hulle president Joseph Mathunjwa verwoord word.

 

 

Dit sal ook interessant wees om Helen Zille se motief te verneem vir haar voorkeur van die weermag in teenstelling met die polisie vir die beheer van onluste in die provinsie onder haar beheer.

 

Met optogte wat oral in die land begin voorkom met konflik tussen staat en swart ontevredenes, saamgelees met ʼn ernstige toename in moord op blankes, is ons dalk baie nader aan ons voorspelling as wat algemeen aanvaar wil word.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie