1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956893

Besoekers aanlyn

Ons het 113 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MARIKANA – GRONDWET KAN JOU NIE BESKERM

marikanaVan die skerpste rooi ligte vir Afrikanervolk na die Marikana-slagting is dat die veelgeroemde grondwet van die land nie aan die mense in die land verskansing teen magsmisbruik bied nie. Hierdie gebrek aan verskansing is wat aanslae uit die Swart samelewing sowel as die Swart regime self betref.

 Die probleem, soos wat verlede week op Marikana gesien is, is dat daar lyke na sulke magsmisbruik afgevoer kan word. Die vraag wat ons ons moet afvra is hoe die reaksie sou wees as dit ons mense was wat of voor die polisie se outomatiese geweervuur geval, of deur 'n barbare onder die invloed van 'n toordokter opgekap is.

Die grondwet ken ons nou al as daardie wondermiddel wat ons oulike demokratiese regte, ook bekend as burgerregte, moet en sal beskerm teen die tirannie van 'n Swart getalsoorwig, vra maar vir FW de Klerk, Naspes en SoliForum.

 Die ANC-regime se beleidskonferensie in Midrand het al wat liberalis onder aansporing van die Naspes-nuuskartel en deesdae Radio Pretoria insluit, na sy hart laat gryp, die allesdeurdringende vraag in hart en gemoed: Gaan die ANC-regime aan hul heilige graal van 'n grondwet peuter? Of dit dalk met een sluk ledig, Artikel 25 (wat oor eiendomsreg handel) uit Jacob Zuma en sy ANC se sogenaamde Tweede Oorgang en die oorhoofse Suid-Afrikaanse Rewolusie se pad rol?

En toe die groot sug van verligting asof uit een liberale bors: Artikel 25 word behou, dankie Madiba en Jacob!

 

Dit het egter 'n behoorlike lees van Jacob se fynbesnede Zoeloelippe deur die liberaliste gekos, ook talle oor en weer versekerings in die liberale Wit gemeenskap: Dit is mos so..? Jacob het dit mos gesê? Of hoe? Ja, hy het..? Hoewel... Ag? Hy sê dan hy kan die ANC se grondhervorming, die ANC se ontwikkelingstaat en rewolusie deurvoer met Artikel 25 en al? Of hoe..?

 

Dis uiteraard 'n ou probleem met 'n Wit liberalis, sal ons skryf gewone Pietie Pienkes, om na al die versekeringe van die Swarte te luister wat in ons land en internasionale raadsale gegee word. Want vir die liberalis van die Kaap tot so ver noord soos Alaska spreek die Swartman se woorde duideliker as die Swartman se dade. Om hulle stort die Westerling se leef- en kultuurruimte in duie maar daardie vertroue staan onwankelbaarder as die geloof van 'n stakende rotsbreker op Wonderkop op Marikana in die doepa van 'n toordokter.

 

Ja, ook in dr. HF Verwoerd se tyd, ook met Sharpeville, was die polisie daardie dun blou lyn wat vir die gewone (grond-)wetgehoorsame 'n leefruimte moes bied. Maar in 1960 was burgerlike opstande onder die Swart menigte nog in sy kinderskoene en die doen en late van Swart burgerregtebewegings onder aanvoering van die Martin Luther Kings nog niks meer as proeflopies nie. Daarmee saam was die leerskool waardeur polisiemagte van Beijing in die Ooste tot Los Angeles in die Weste met stedelike onluste moes gaan, nog op die heel laagste trap en die middele tot onlustebeheer nog maar karig.

En tog kon die staat van 1960 met 'n redelike mate van sekerheid vir die gewone burgerlike sterfling, Wit en Swart, sê bly weg van onluste en opsetlike wetsverbreking ten einde politieke of (salaris-!) doelstellings te bereik en ons sal na jou veiligheid omsien.

Die Marikana-bloedbad het getoon so 'n versekering - en juis weens en desondanks die land se grondwet - is niks anders as goedkoop politieke propaganda en nie die papier werd waarop die liberale grondwet van die land geskryf staan nie.

 

Die rede?

Johannes Calvyn het gepraat en geskryf van die tirannie van ongelyksoortiges.

Die mensdom is nou maar een maal ongelyksoortig en liefde en vermenging oor die kleur-, kultuur en godsdiensskeidslyne in televisiesepies, sportbyeenkomste en selfs jare se gesamentlike opvoeding van alle rasse deurmekaar op skool, universiteit of in die werkplek verminder nie daardie ongelyksoortigheid nie. Op die ou einde word die een kultuursoort net meer gelyk as die ander, soos George Orwell in sy Animal Farm vir elke ou wat kan lees aan die verstand probeer bring het.

 

Die Nuwe Wêreldorde se driftig toegepaste beskawingsvernis, die invoerders van hierdiie Orde se pogings tot ras-, godsdiens- en kultuurgelykstelling het niks verander aan daardie vakbondlede van AMCU, saamgetrek op Wonderkop, se geloof in die uitwerking van die moetie van 'n medisyneman nie. Ook nie al die arbeidswetgewing, so sorgvuldig aangeteken na ure se debat in Nedlac en in 'n praathuis ver in die Kaap kon niks verander aan die instinkte van 'n klomp Swartes saamgetrek op Wonderkop op Marikana nie.

Nie dat die Afrikanervolk hom kan verbeel dat hy, indien hy tot die selfde opvordering van menigtes soos die Swartman in staat sou wees, nie sal terugval in die dieptes van barbarisme sou daardie oomblik wanneer fisieke oorlewing, die behoud van jou en jou geliefdes se lewe, jou dade gaan bepaal nie.

 

Hierdie party se ampsdraers het hulle nog altyd weerhou van goedkoop slagspreukpolitiek soos dat daar gewaak moet word dat die “tier in die Afrikaner nie wakker gemaak moet word nie” (mnr. P.W Botha in die warm debatte destyds net na die instel van die Driekamer-parlementêre bedeling).

 

Dis dwaas.

Maar wat nou gemaak as jy in dieselfde hok (grondwetlike bedeling) ingesmyt word as mense wat snye aan hul koppe maak en moetie daar laat invrywe wat hulle onsigbaar vir die polisie en onsterflik vir 'n polisiekoeël maak?

Dis met goeie rede dat daar ter aanvang van hierdie skrywe na SoliForum (waarvan die vakbond Solidariteit 'n deel is), verwys is. Solidariteit wil graag “die grondwet maak werk”, so al op die wysie van 'n kinderversie wat FW de Klerk sing.

In die hele Marikana-gedoente het Solidariteit na alles behalwe 'n vakbond gelyk wat hom met vertroue skaar by die grondwet en die wonderlike liberale beginsels wat daardie grondwet-gedoente voorgee, die grondwet klaarblyklik nie eens geskik om 'n rusie tydens 'n vroueteeklubvergadering te besweer nie wat nog te sê 'n salaristwis van opgesweepte Swart rotsboorders by te lê. Inteendeel.

 

Die groot Solidariteit-ghoeroes, Flip Buys, Dirk Hermann, Kallie Kriel, Danie Langer en Ernst Roets, was besonder stil. Hermann het wel sy verskyning op SABC-TV-nuus gemaak waar hy in die Kaap soos 'n outydse filantroop, 'n wafferse Read of Van der Kemp, omtrentjies oor regstellende aksie verkoop ten einde 'n klomp Kleurling-bewaarders se werk en opbetaalde Solidariteit-lidmaatskap te verseker.

 

Mnr. Leon du Plessis, die segsman wat die netelige nuuskonferenssies en verklarings in die Marikana-debakel hanteer het, het geen vertroue ingeboesem nie. Dit moet geskryf word nadat 'n opsomming van mnr. Du Plessis se optrede al 'n slag getemper is weens oorweging van die feit dat die tonne bakstene wat van alle kante op alle betrokkenes se koppe gereën het en nou nog reën, g'n speletjies is nie.

Want die grondwet en die arbeidswette en die verbreekte direktiewe deur die polisie wat onlustebeheer betref en die regressie van AMCU-stakendes na die wette van die oerwoud   het eenvoudig nie ruimte gebied vir vreedsame arbeidsbeslegting nie. En dit sal, so lank as die son opkom in hierdie wye, droewe land met sy botsende stamme, godsdienste en kulture die geval bly.

 

Voeg by hierdie netelige situasie die feit dat daar magte en mense in hierdie land maar veral in die buiteland los is wat met niks minder as 'n bloedige rewolusie tevrede sal wees ten einde hul oogmerke te bereik nie.

 

Vir hierdie magte en mense was die aanloop tot die Marikana-bloedbad manna uit die hel.

Waar staan die Afrikanervolk dus nou, 'n week na die Marikana-slagting?

Dit blyk dat die slagting gewig en beweging verleen het aan die vernietigende en afbrekende politieke dinamika wat vaardig in die land is sedert dr. H.F Verwoerd in sy ontplooiing van 'n rasse- en volkerebeleid waarvolgens die aspirasies van die botsende (ongelyksoortige) ras-, godsdiens- en kultuurgroepe ontstrengel sou word, gestuit is toe hy op 6 September 1966 in sy Volksraadbank vermoor is. Wanneer ons op 6 September 2012 nog kniediep in die naskokke van die Marikana-ramp sal staan te midde van arbeids- en sogenaamde diensleweringsonrus, kan een en almal in die land dus vir 'n slag met groter waardering hul gedagtes laat gaan na 'n man wat 'n groter insig gehad het in die politieke dinamika wat die saamgooi van ongelyksoortiges tot gevolg het as wat die liberalis, kommunis en gewone Jan Rap en sy maat wil toegee.

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie