1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956952

Besoekers aanlyn

Ons het 87 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE GELOOF VAN ‘N GELOWIGE

altHierdie kommentaar en berig uit die Volksblad is vir ons aangestuur en verdien om geplaas te word.

Die joiners en hensoppers is nog steeds besig met hulle dade van verwoesting teen die Boer, Afrikaner en witman. Lig die vloek op dorp, bid vrou 2011-06-05 22:57 Charles Smith WINBURG. – 'n Boervrou het hier gebid dat die Here "die vloek op Winburg moet lig wat deur 'n Boeregeneraal op die dorp uitgespreek is". Mev. Marthina Kok het by navraag gesê die vloek is glo deur genl. C.R. de Wet oor Winburg uitgespreek nadat sy seun, Danie, deur die regeringsmagte in die Rebellie buite dié dorp doodgeskiet is.

"Hy het gedreig om Winburg af te brand. Here, lig daardie vloek!" het sy op 'n kultuurdag in die Winburg-stadsaal gebid wat sy gereël het om die boek The Boer Whore van Nico Moolman bekend te stel. Sy het vir die geleentheid 'n Voortrekker-rok en voorskoot aangehad. Die boek gaan oor die Boeremeisie Susan Nell (17) wat deur dronk Britse offisiere in die Anglo-Boereoorlog (ABO) in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood gelaat is nadat sy deur die joiner C.P. Schutte van Heilbron na hulle gesleep is.

Kok het ook gebid dat die Afrikaners die bitterheid teen die Britte vergewe word. Mense soos die joiner Olof Bergh moet ook vergewe word vir sy "gruwels" teen die Boerevroue. "Here, gee ook dat ons die joiners en hensoppers vergewe. Ek het van albei in my voorgeslagte," het haar gebed gelui. Kok sê volgens oorlewering het Bergh 'n klomp Boerevroue en -kinders van Reitz na die konsentrasiekamp laat aanry. Halfpad het hy besluit dit is te veel moeite. "Hy het die vroue in 'n skuur op 'n plaas laat toesluit en 'n klomp mans gestuur om hulle met knopkieries te gaan doodslaan. Twee het op die dakbalke geskuil en só ontsnap." Kok het gister gesê sy het die gebed gedoen om eenheid op Winburg te bewerkstellig. Sy vermoed die Here beweeg in hierdie tyd in gemeenskappe. "Ons moet regmaak vir die oordeelsdag, anders gaan jy vir herlewing bid, maar nêrens kom nie." In haar gebed het sy ook verwys na die twee NG gemeentes wat nie eenheid kan bewerkstellig nie. Sy praat na die "Sap-kerk (die Winburg-gemeente) en die Nat-kerk (die Rietfontein-gemeente)". Sy is self nie lid van een van die gemeentes nie. "Almal op Winburg lag en sê: 'Ai, dié twee gemeentes...' Ons trek maar net skouers op. Totdat die Here sê: 'Maar niemand het My nog om verskoning gevra nie.'" Kok het gesê sy is gister deur inwoners gelukgewens met haar gebed. "Vir my gaan dit nie oor die bohaai nie. Die Here het vir my gesê ek moet dit doen, toe doen ek dit. Ons is 'n gemeenskap wat die Here ekskuus vra. "Ek hoop die Here aanvaar dit. Ek sal môre (Maandag) wag op Sy antwoord." Kok sê sy gaan sit in die berge op hul plaas Môreson en praat met die Here. - Volksblad

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie