1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956646

Besoekers aanlyn

Ons het 85 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

BESPIEGELAARS OOR LEIERSKAP HET LEIDING NODIG

altLEIERSKAP

Dit sou eintlik skreeusnaaks gewees het was dit nie so ernstig nie, dié naarstige gesoek na 'n ANC-leier deur die verloopte Afrikaners in hul verloopte publikasies.

Só erg word daar klippe omgekeer op soek na ANC-leiers in die naweek se Rapport dat die uitgawe maklik as die leierskap-uitgawe bekend kan staan.

Dan kom die Naspes-pulpkartel se een-mens-dinktenk Tim du Plessis boonop en hy skryf 'n artikel met die opskrif, “'n Volk, maar sonder 'n leier”!

Dit na aanleiding van 'n boek van Hermann Giliomee met ook die swanger titel, “Die laaste Afrikanerleiers”!!

Ongelukkig nie 'n verkenning deur Giliomee wat veel om die lyf het as mnr. Jaap Marais nie in daardie boek onder die loep kom nie, dit sommer terloops. Of is dit ook maar goed so, vir wat so 'n onkreukbare strydros in dieselfde asem as John Vorster, PW Botha en FW de Klerk noem!

Twee sake is hier op die keper:

 

# gebrekkige ANC-leierskap en

# vermeende gebrekkige Afrikanerleierskap – en die woord “vemeende” moet beklemtoon word.

Gebrekkige ANC-leierskap

Puik leiers is oral behalwe in die kabinet, skryf Rapport (12-08-2012) in sy hoofartikel. Rapport se spotprent, die bont span van Trevor Manuel, Cyril Ramapahosa en Jonathan Jansen met Jacob Zuma en Kgalema Motlanthe afwesig op die wegspringstreep, beaam die verloopte Witman se penarie oor 'n stelsel wat maar net 'n swarte in een of ander skakekering as leier kan voortbring.

Ten besluite en gewigtig kom die gevolgtrekking aan die einde van die hoofartikel: “'n Bisantynse kiesstelsel binne die ANC en die feit dat ons nie 'n regstreeks verkose president (soos die Amerikaners) het nie, maak dit egter haas onmoontlik vir die beste van die bestes om dit tot tot heel bo te maak. Intussen is die jakkalse in beheer. 'n Mens se bede is daarom dat ons regte leiers daarom dapper sal aanhou lei waar hulle ook kan, al is dit buite die Uniegebou. Ons het julle nodig.”

Dit het jy nou van die “beste grondwet ter wêreld”.

Regstreeks verkose president die redding? Asof Barack Obama van Amerika enigsins “as die beste van die bestes” kan deurgaan – regstreeks verkies of te not.

Daar is 'n ou en afgesaagde uitdrukking in die Suid-Afrikaanse politiek vir hierdie selfkastydende leedvermaak: Jy kan nie ter versagting van vonnis pleit jy is 'n weeskind nadat jy jou ouers vermoor het nie.

Kyk, in die aanloop tot die ANC se leierskapverkiesing einde vanjaar in Bloemfontein gaan die Naspespulpkartel sy lesers nog met vele soortgelyke lamentasies besig hou. En nie net wroeg nie. Die selfkastyding kan wreder vorme aanneem, hoop net nie ou Tim sny sy polse in die proses nie.

Dis nodig om 'n draai in die geskiedenis te maak om die verloopte Witman en Afrikaners se predikament wat Swart leierskap betref te verstaan.

Daar was die ou dae, die sogenaamde voor-demokratiese era, toe elke Jood, Engelsman en kommunis hul donkies vir July afgerig het. Dink maar net aan ou Nelson en sy bewieroking, reeds voor hy aangetree is in die Rivonia-verhoor. Afgerig om 'n ANC-beheerde land te regeer is eintlik 'n onderbeklemtoning, hy was die land se énigste erfgenaam, kort en klaar. In Mandela se geval was sy hanteerders hoofsaaklik Johannesburgse Jode.

Sy opvolger was Thabo Mbeki, seun van die kommunis Govan Mbeki. Mbeki se afrigters was die kommunistiese Jode van Europa maar veral die Britse establishment in Londen. As u nie oortuig is hiervan nie, lees wat Koos van der Merwe (IVP-hoofsweep in die Parlement) oor hierdie afgeronde Londenaar uit die Oos-Kaap, aan Vader O'Mally te sê gehad het, indrukke wat Van der Merwe gekry het toe hy, nog 'n KP-Volksraadslid, in die geheim met die ANC gaan oeloe-oeloe het.

Hierdie vrymoedigheid deur Wit meesters om toekomstige Swart leiers vir leierskap vir die sogenaamde post-koloniale Afrika groot te maak, is nie uniek aan Suid-Afrika nie. Robert Mugabe was glo al vroeg bestem om Rhodesië se Swart president te word toe hy deur Roomse Jesuïete priesters vir sy rol geïdentifiseer en grootgemaak is.

So is ook die rooi tapyte vir latere Swart leiers in die Kongo (Laurent Kabilla en sy seuns) in Wes-Europa uitgerol, waar hulle deur voormalige koloniale moondhede as koninklike howelinge opgevoed en afgerond is.

Soos die ondervinding in Afrika egter al geleer het: Die voormalige koloniale meesters en hul borge agter die skerms (Groot Kapitaal) verloor so min of meer na twee dekades beheer oor hul Swart poppe. Dit gebeur deurdat hul poppe weens die gang van die tyd (ouderdom) hul greep op die regeringsleisels verloor, of opkomende Swart sterre hulle van die politieke verhoog verdring. Dis wat met Nelson Mandela en Thabo Mbeki gebeur het.

Daar is wel die uitsonderings. Soos Mugabe, wat al ver verby sy rakleeftyd as politieke leier is.

Maar gewoonlik na so min of meer twintig jaar spat die vonke. 'n Verskynsel soos “staatleegheid” ('n verskynsel wat Suid-Afrika betref wat deur dr. Jan du Plessis ontleed is), kom na vore. (“Staatleegheid” beteken dat die post-koloniale Afrika-staat wel nog op die landkaart is; die regime kry dit reg om deur 'n oppervlakkige magsontplooiing die skyn van een of ander vorm van administrasie voor te hou.)

Dis in hierdie tyd dat karakters soos Jacob Zuma, politici gewoonlik gekoppel aan die getal- of militêr sterkste etniese stam, na vore tree.

Mens weet nie eintlik of jy die Naspespulpkartel tot bedaring moet probeer bring wat hul gesanik oor die gebrek aan leierskap betref nie. Deur byvoorbeeld vir hulle te sê, troos julle daaraan dat Zuma eintlik nog maar 'n mak weergawe van leierskap is die dag wanneer Afrika en Afrikane hul eie leierskap na vore stoot. Want haal Zuma nie die paal in die ANC se Mangaung-konferensie nie, wat van 'n Julias Malema? Of 'n Idi Amin? 'n Jeremy Rawlins, daardie snuiter wat gister nog 'n eenstreep-korporaal in die paleiswag was?

Die Afrikanervolk sonder leiers?

Dit wil so werklik waar lyk of die Naspespulpkartel besig is om 'n kopskuif te beleef. Tim du Plessis is pens en pootjies terug by die volk nadat hy vir so hardnekkige 18 jaar of so nooit van 'n volk soos die Afrikanervolk geweet het nie.

Jammer dat hierdie waarnemer se gevolgtrekking dalk te sketsmatig is.

Nee, hy het nog nooit oor die feit van die Afrikanervolk getwyfel nie.

Dis deurdat Du Plessis, en klaarblyklik ook Giliomee, so stomp en met vae lyne eindig (Du Plessis in die artikel aangehaal):

“In antwoord op die vraag of die Afrikaners sal oorleef en gedy, skryf Giliomee in die laaste paragraaf...: 'Dit sal afhang van hul selfgeloof, hul inisiatief en boweal Afrikaners se vermoë om vrede te maak met hul geskiedenis'.

“By implikasie sê hy dus die Afrikaners het nog nie 'n behoorlike greep op hul verlede nie. Die goed én die sleg; die bitter en die soet daarvan.

“Ek stem. Dalk kry die boek die proses aan die gang.”

Aldus Du Plessis en Giliomee.

Elders in die uitgawe van daardie koerant word berig oor tweespalt in die Naspespulpkartel se gunstelingparty, die Demokratiese Alliansie (DA), en hoe die messe geslyp word om van die Black Sash-lid en DA-leier Helen Zille ontslae te raak.

Zille het blykbaar 'n foxtrot te ver gegaan in haar dansies met die Swart nasie.

Ja, 'n meewarige kopgeskud, dis maar al reaksie wat hierop nagehou kan word.

Beklae die Naspespulpkartel nie juis hul lot dat as jy 'n paar mieliepitte rondom 'n stroois in die grond druk en jy lei dit nat met 'n oeserige rioolwatertjie dan kom daar 'n Zuma of 'n Zille op nie. Van pikkewynmis sal jy nooit 'n volstruis kan uitbroei nie, boetie.

Dan kla hulle van 'n Bisantynse kiesstelsel in die ANC!

Dis julle Bisantynse grondwetlike bedeling, wanneer gaan julle een en een eendag bymekaar getel kry?

Sela.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie