1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956543

Besoekers aanlyn

Ons het 82 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE MUIS IS GEBAAR!

 Ontwikkeling by die negentiende putjie “op ys”: Theo de Jager van AgriSA

Toe baar die berg 'n dooie muis, soos gister op hierdie webwerf gegis is na aanleiding van die FW de Klerk-Stigting se  beraad by die Johannesburgse gholfklub, die drankies en biere wat ná afloop van hierdie leë gegons by die negentiende putjie gesink is seker die merkwaardigste van die dag se gebeure.

Met FW de Klerk wat die ANC-grondgrypbal in 'n baie swak aangee terug aan die ANC-hoofkierieswaaier Jacob Zuma besorg het, die ANC moet glo nou einde vanjaar op sy Mangaung-saamtrek duidelikheid oor die grondgrypery en die res van Zuma se sogenaamde Tweede Oorgang in die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) bring.

De Klerk dus op sy allerbeste. Of is dit sy allervrotste.

 

In die fynkam van die koerante en nuusmedia was daar toe hierdie berig geskryf is ongelukkig niks laat blyk van wat Kallie Kriel van die AfriSol-sameswering te sê gehad het nie. Ook nie die Héle Zille, die Black Sash-lid van die DA nie. Wel is berig oor wat die Broerdebond-verteenwoordiger by Agri SA, Theo de Jager, se gevoele oor Zuma se Tweede Oorgang is. En soos altyd het hierdie opportunis by uitstek 'n plan om saam met die stroom te swem: Hy wil blykbaar hê die groot maatskappye in die landbousektor wat hy verteenwoordig moet toegang tot Swart stamgrond kry, die suikerlagie om die pil wat die Afrikanervolk en ander Blankes in die land met die finale deurvoer van die NDR, sal seker die oefening aptytliker maak.

De Jager het beweer hy kan boere nie in dié stadium aanraai om in hul plase te belê nie. “Soos sake op die oomblik staan, kan dit (die ANC se huidige beleidsvoorstel oor grondgrypery) beteken dat enige plaas enige tyd teen enige prys onteien kan word.”

 

Daar is meer onsekerheid as ooit onder Suid-Afrikaanse boere ná die ANC-beleidskongres verlede maand, het De Jager gerapporteer. Daar was aanvanklik verligting in boeregeledere nadat die ANC besluit het om onteiening sonder vergoeding te verwerp en die Grondwet nie te wysig om grondhervorming te bespoedig nie.

 

Gister het De Jager egter uit dieselfde mond gesê hy is bekommerd.

 

“Diep in my hart het ek vrees oor die betekenis van wat besluit is.

 

“Aan die positiewe kant is daar besluit om nie aan die Grondwet te torring nie en dit is ’n groot verligting, maar presies hoe hulle die vrywillige koper/verkoper-beginsel wil skrap en die implikasies daarvan is onseker,” het hy verklaar.

 

Die heersende stand van sake skrik boere af om in hul boerdery te belê en dit uit te brei omdat hulle nie weet of hulle nog daar gaan wees om die opbrengs te kry nie, het hy gesê.

 

Tina Joemat, ANC-kommissar vir landbou, het op die beleidskongres gesê boere hoef nie bekommerd te wees oor die ANC-grondgrypery nie omdat die regime hulle nie sal destabiliseer of voedselsekerheid in die gedrang sal bring nie.

 

De Jager het egter gesê daar is groot kommer en vrees onder boere dat hul plase onteien sal word met vergoeding, maar vir ’n prys ver onder die markwaarde.

 

“Selfs in die raamwerk van die Grondwet kan boere seerkry. Wat ons betref, is belegging en ontwikkeling 'op ys' totdat daar meer sekerheid is.”

 Zuma se vergryp om die laat aflewering van skoolhandboeke aan apartheid te wyt, was FW de Klerk se uitvlug, oor die ANC se grondgrypery sprak hy g'n sprook nie, dis nou die afleiding na aanleiding van die nuusberigte.

“Ek dink dit is heeltemal buite orde om bestuursmislukkings van vandag te plaas voor wat 20, 30, 40, 50 jaar gelede gebeur het.

 

“Dit is suiwer ’n kwessie van enorme swak bestuur. Dit het niks met apartheid uit te waai nie.”

 

Zuma het Maandag gesê die probleem met die aflewering van boeke is weens historiese onderwysprobleme en daarom is die handboekkrisis te wyte aan “wat Verwoerd gedoen het”.

 

De Klerk het gesê dit is ’n tendens in die ANC om “wit mans” te blameer vir al die land se probleme en dit wakker rassisme aan.

 

“Daar is dikwels toesprake waarin die party se bestuursfoute op rassisme en die verlede blameer word.

 

“Dit is ’n rookskerm waaragter hulle wegkruip om hul eie bestuursfoute te probeer verbloem.”

 

De Klerk was een van die sprekers op ’n konferensie van die FW de Klerk-stigting waar die ANC se beleidsvoorstelle bespreek is.

 

“’n Groot deel van die retoriek oor die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) se tweede fase gaan daaroor om wit mans onregverdiglik die skuld te gee vir armoede, ongelykheid en werkloosheid.

 

“Dit wys Suid-Afrika is besig om weg te beweeg van oud pres. Nelson Mandela se fokus op versoening na ’n land waar rassisme die oorhand het,” het De Klerk gesê.

 

Hy het “bepaalde elemente” in die ANC daarvoor blameer.

 

Die regerende party se jongste beleidsvoorstelle wys dat Suid-Afrika by ’n kruispad is.

 

“Uit ANC-geledere word twee botsende paaie vir Suid-Afrika se toekoms uitgespel. Aan die een kant is daar dié van die nasionale beplanningskommissie... die ander is die gediskrediteerde benadering uit die ANC se beleidsdokumente wat gebaseer is op die NDR.

 

“Die NDR is gegrond op beleidsrigtings, filosofieë en ideologieë wat reeds totaal misluk het oral in die wêreld waar dit toegepas is”.

 

Robuuste debatvoering waaraan alle Suid-Afrikaners deelneem, is nou nodig sodat die “regte besluite” by Mangaung geneem kan word, het De Klerk gesê.

 

 Aangesien daar dan nou tot ná Dingaansdag gewag moet word voor De Klerk hom weer gaan “oppomp” oor die boere se kaart en transport, kan die volgende leë beloftes (nog nie op hierdie webwerf gerapporteer nie), in herinnering geroep word, dis nou om die tydjie tot De Klerk sy planne om wel die boere se kaart en transport te waarborg aankondig, korter te maak.

Toespraak deur De Klerk, pas verkies tot leier van die Nasionale Party na PW Botha se siekte en uittrede: debat oor waarnemende staatspresidentsrede, 8 Februarie 1989:

“Ek wil dit onomwonde stel dat die NP teen oorheersing van enige groep oor 'n ander is. Blanke oorheersing, in so verre dit steeds bestaan, moet weg.

“Enige stelsel gerig op die hou van sy deelnemers in 'n ondergeskikte plek deur middel van slim of misleidende middele is gedoem tot ondergang. Dit moet sigbaar regverdig en gelyk wees vir almal.

“In dieselfde asem verwerp die NP oorheersing in enige vorm. Oorheersing deur 'n meerderheid is so onaanvaarbaar soos oorheersing deur 'n minderheid – na alles: die slegste voorbeeld in die geskiedenis van oorheersing en onderdrukking is deur 'n meerderheid gepleeg. Is daar enige mens in hierdie raadsaal ten gunste van Swart oorheersing? Ek twyfel. Daarom is die enigste pad 'n stelsel wat oorheersing uitskakel.

“Aan die Blanke kiesers wil ek vandag hierdie versekering gee:

“Die Nasionale Party sal in sy bouwerk aan ʼn nuwe bedeling wat volwaardige regte aan almal bied, jaloers waak oor u en ander minderhede se sekuriteit en belange.

“Verder - soos my voorganger, so verbind ek my ook tot die onderneming dat enige wesenlike grondwetlike wysigings voorafgegaan sal word deur ’n verkiesing of 'n referendum waarin ‘n mandaat aangevra word.

“Al die lippediens aan 'n sogenaamde nie-rassige samelewing is louter onsin. My party sal egter streef na 'n nie-rassige samelewing, 'n land vry van rassisme, rassehaat, negatiewe diskriminasie op die grond van ras...

“Maar, soos Amerika sy diversiteit moet erken en akkommodeer deur die Swart Koukus, spesiale maatreëls vir Indiaanse reservate (dalk gaan De Klerk na Mangaung 'n klompie Blanke reservate aankondig!) en regstellende aksie-programme, sal Suid-Afrika voortgaan om sy minderhede te akkommodeer – kultuur- en rasgewys – in sy toekomstige beplanning.

“Soos België gedwing is om spesiale maatreëls te tref vir groepsveiligheid as grondslag vir samewerking sal ons ook doen.

“En so kan ek uitwei. Die punt is egter gestel. Die werklikheid dikteer die erkenning van groepsregte. Hoe ons dit doen om te verseker dat dit nie op 'n diskriminerende grondslag is nie, is 'n uitdaging wat vir ons wag. Maar wag, wag dit op ons.

Die tyd nie aangebreek vir ons om te onderhandel oor 'n nuwe, realistiese model vir die nie-diskriminerende onderhouding van gemeenskapsregte in die maatskaplike sfeer? Soos ons dit nastreef in die grondwetlike sfeer, moet ons trag mekaar te vind ten opsigte van gevoelige sake soos woongebiede en dergelike sake.

Ondertussen moet die bestaande maatreëls dien. Ons kan nie die onsekerheid en wrywing wat 'n nie-gereguleerde vakuum bring bekostig nie.”

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie