1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956937

Besoekers aanlyn

Ons het 78 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

OPE BRIEF AAN JOODSE RAAD

25 Junie 2012

OPE BRIEF AAN DIE SUID-AFRIKAANSE JOODSE RAAD VAN AFGEVAARDIGDES.

Geagte Mev. Mary Kluk

Ek verwys na ʼn berig in die Beeldkoerant van Dinsdag 12 Junie 2012, wat behalwe dat dit kommentaar verdien, helder lig werp op  ʼn politieke dubbelslagtigheid aan Joodse kant, wat uitgeklaar moet word.  Ek haal enkele stellings uit die berig aan.

Israel wil Afrikane ‘uit liefde vir volk’ deporteer

2012-06-11 22:58

Tel Aviv. – Israel het immigrante van Afrika begin bymekaar-maak in die eerste fase van ’n omstrede “noodplan” om duisende wat as ’n bedreiging vir die Joodse aard van Israel bestempel word, te deporteer.

Tientalle Afrikane, hoofsaaklik ma’s en kinders van Suid-Soedan, word volgens Israel Radio al in Eilat, die oordstad aan die Rooi See se oewer, aangehou.  “Hierdie is nog net ’n klein groepie van die indringers.

Ek tree nie teen hulle op weens vreemdelingehaat nie, maar uit ’n liefde vir my volk en om my geboorteland te red,” het Eli Yishai, Israelse minister van binnelandse sake, gesê.

Die doel met die noodplan is die repatriasie van al die geraamde 60 000 immigrante van Afrika. Die immigrante se teenwoordigheid word deur talle Israeli’s as ’n kwessie van reg en orde en selfs ’n bedreiging vir die lewensvatbaarheid van die Joodse staat bestempel.

Nagenoeg 500 Soedanse mans ­het eergister vreedsaam in Tel Aviv betoog teen die deportasie, die oplossing wat Binyamin ­Netanyahu, die Israelse premier, voorgestel het ná maande van debat oor hoe om die intog van immigrante te hanteer.

“Ons is vlugtelinge, nie misdadigers nie!” het die Soedannese gedreunsing.   Talle van die Soedannese sluit vlugtelinge van Darfoer in en hulle leef al jare vreedsaam in Israel in ’n wetlike niemandsland omdat hulle nie amptelike vlugtelingstatus het nie.

Hulle het gesê hulle word nou die teiken van vyandigheid teenoor swart mense in ’n arm deel suid van Tel Aviv waar ’n klomp van hulle woon.

WAT IS DIE JOODSE RAAD SE STANDPUNT?

Die vraag wat beantwoord moet word is of die Jode van Suid Afrika, mnr. Eli Yishai en Binyamin Netanyahu se standpunte steun en of u dit repudieer?  Ek vra die vraag omdat die Jode en Joodse gemeenskap in Suid Afrika se optrede tot dusvêr, lynreg bots met die standpunt van die Israeliese regering soos in die berig hierbo.

Wat nog erger is, is dat die Suid Afrikaanse Jode se optrede oor baie jare, ook teenstrydig is met julle verklaarde beleid van:  . “We work for the betterment of human relations between Jews and all other peoples of South Africa, based on mutual respect, understanding and goodwill, and to protect the civil liberties of South African Jews. We are committed to a South Africa where everyone will enjoy freedom from the evils of prejudice, intolerance and discrimination”, soos wat dit verskyn op julle webblad.

Julle sogenaamde “All other peoples of South Africa”, het beslis die Afrikanervolk uitgesluit en die Kommunisme ingesluit.  Die aandeel van die, “two tiny communities in South Africa”, waarna u in ‘n toespraak wat op u webblad verskyn het verwys en waarvan u gemeenskap een is, het in oordaat bygedra tot die verlies van die Afrikanervolk se land en algehele verval en ongebreidelde geweld wat volgens statistiek van Interpol, tot die moord van meer as 600,000 mense gelei het.

As klein gemeenskap wat die gasvryheid en ekonomiese voordeligheid van die Afrikanervolk en ons land geniet het, het die Jode alle perke van welvoeglikheid oorskry deur linkse politieke betrokkenheid, onder die dekmantel van die Humanisme, terwyl die “civil liberties” van die Jode, nooit deur die Afrikaners aan bande gelê is, behalwe in die geval van diegene wat staatsveiligheid deur ondermynende bedrywighede bedreig het.

DIE JODE NOG ALTYD TEEN DIE AFRIKANER

Die DA, vroeër die DP wat voorheen die PFP was en voor dit die Progressiewe Party, was nog altyd teen alles waarvoor die Afrikaner gestaan het en het van meet af aan die ANC en ander rewolusionêre aksies ondersteun. Ten spyte daarvan dat die verklaring op u webblad stel dat, “the South African Jewish Board of Deputies (Cape Council) is the umbrella organisation and non-partisan political arm of the Jewish community of the Western Cape Province”, was die Joodse gemeenskap feitlik deur die bank in die bo-vermelde liberale politieke organisasies, toonaangewend.

Dit was die DP wat in Maart 1960 saam met die Liberale Party, die Black Sash en ander Engelse organisasies in die geheim vergader het waarna ʼn verklaring, “Verwoerd must go!” uitgereik is!  David Pratt wat pasiënt van dr. Solly Jacobson, ʼn Kommunistiese Joodse neuroloog was, het 13 dae later dr. Verwoerd met ʼn pistool in die kop geskiet. Dimitri Tsafendas wat dr. Verwoerd op 6 September 1966 met ʼn dolk in sy parlementêre bank vermoor het, was ook ʼn pasiënt van dieselfde dr. Solly Jacobson, ’n Kommunis met uitsprake soos: “If Verwoerd goes on like this HE IS GOING TO GET A BULLET” en “Verwoerd is a mad man and is draging the country to ruin”, skryf dr. Allen Byrd in sy outobiografie, BIRD ON THE WING, in verwysing na sy vennoot, Jacobson, se opmerkings teenoor hom.  Jacobson het na Pratt se aanslag op dr. Verwoerd landuit gevlug en sy praktyk in London gaan voortsit waar hy Tsafendas “behandel” het.

RIVONIA

Dan is daar Rivonia! Behalwe vir die terroriste Mandela, Sisulu, Mhlaba, Govan Mbeki, Mlangeni en Motsoaledi, was daar een Indiër, Ahmed Kathrada. Die res was blankes en behalwe vir twyfel oor twee, was die res almal  Kommunistiese Jode.

Wat aangekla is was Lionel Bernstein, Dennis Goldberg, Bob Hepple en James Kantor. Hulle mede samesweerders wat deur die Joodse Prokureur-Generaal, dr. Percy Yutar gelys en voorgelees is, was Arthur Goldreich, Harold Wolpe, Vivien Ezra, Julius First, Michael Harmel, Percy Hogdson, Ronnie Kasrils, Joseph Slovo en Ben Turok, almal Jode! Die ander twee name wat die regter voorgelees het, was moontlik nie Jode nie. Hulle was Harold Strachan en Cecil B. Williams. Meeste van hulle het na London uitgewyk en vandaar hulle Kommunistiese veldtog teen die Afrikanervolk voortgesit. Dus ʼn oorwig van 13 Jode uit ʼn groep van sewe Swartes, een Indiër en twee Jodegenote. ʼn  Verstommende betrokkenheid in die stryd om die Afrikaner se regmatige politieke gesag met geweld te probeer omvêr werp vanuit ʼn selferkende, “Tiny Community

VERSKIL DIT VAN APARTHEID?

As die Joodse volk in Israel sê,  “Ek tree nie teen hulle op weens vreemdelingehaat nie, maar uit ’n liefde vir my volk en om my geboorteland te red,” het Eli Yishai, Israelse minister van binnelandse sake, gesê”, kan u verduidelik hoe dit van die Afrikaner se beleid van afsonderlike ontwikkeling verskil? 

Moet ons uit u, Mary Kluk, se opmerking,  ” Kluk spoke of “the very different voice than we’ve been hearing from our government. This is not the South African way,” aflei dat die Joodse gemeenskap polities insigloos en moedswillig doof was vir die tydige waarskuwings vanuit Afrikanergeledere dat  ʼn beleid van integrasie tot die verval moes lei wat ons nou beleef en waarteen Israel homself nou deur deportasie wil beskerm?  Is dit slegs die Jode wat hulle die reg mag toe-eien om om ʼn beleid, in hulle eie land, te volg wat daarop gerig is om hulle voortbestaan te beskerm? Die Jode se gekonkel agter die skerms om die Afrikaner uit sy erfenis te help bedrieg, is deur die geskiedenis vasgelê en die waansinnigheid daarvan sal ook deur dié van u wat hier in Suid Afrika gaan aanbly, beleef word!

Daar is géén argument wat die “onreg” wat Israel nou teen 60,000 Afrikane pleeg, anders gelees gaan word as ʼn “misdryf teen die mensheid”  (strafbaar met die dood), wat in Suid Afrika vir dieselfde redes as wat Israel nou aanvoer, toegepas is nie!

Ook in Engeland, Duitsland, Frankryk en Italië, het multikulturalisme, die mooi woord vir apartheid, nou  ʼn probleem geword waar vreemde of anderse kulture die inheemse bevolkings deur blote getalle begin bedreig en die Afrikanervolk se beleid van selfbeskerming nou ʼn opsie geword het, net onder ander name.

Die artikel hieronder wat ook van u webblad afkomstig is, is ’n bewys van die begin van ʼn aanslag op die Jodedom in Suid Afrika, van ʼn stelsel  wat u gemeenskap self help skep het en u gaandeweg ernstig sal benadeel.

 ONREG EN OPLOSSING

Die onregmatigheid teen die Afrikanervolk en sy regsinnigheid van beleid, waarvan gedokumenteerde bewys van die voordeel wat dit vir al die volke in Suid Afrika ingehou het  in oorvloed beskikbaar is, sal meer as Fariseërs en Skrifgeleerdes verg om die Joodse gemeenskap se aandeel daaraan te regverdig in die lig van die Israeli regering se huidige standpunt.

Die Amerikaners se heldeverering van Mandela en hulle ondersteuning aan die terroristiese ANC organisasie, terwyl hulle uitgesproke en verklaarde terroristejagters is, se dubbelslagtigheid strook met dié van die Suid Afrikaanse Jode wat nou na die oppervlak kom en bevestig ʼn verskuilde agenda wat met menseregte niks te make het nie.

Die Afrikaner Volksparty is intens bewus van die Jode se haat vir die Afrikaner en van die Jode se voorkeur vir die Kommuniste, moordenaars, verkragters en landsverwoesters in Suid Afrika.

Ons vestig graag u aandag op die geskiedenis en die feit dat ons albei kere wat ons ons vryheid  verloor het, ons dit weer teruggekry het.  U kan dus gerus die gesindheid van die Afrikanervolk jeens die Jodedom in die vooruitsig stel wanneer ons ons vryheid vir die derde maal terugkry en Afrikaners in hulle duisendtalle terugkeer na Suid Afrika!

Deportasie, die oplossing wat Binyamin Netanyahu, die Israelse premier, voorgestel het ná maande van debat, klink vir my na ʼn redelike oplossing vir mense wat jou staat se vryheid ondermyn. Die “hervorming” van besit sonder vergoeding behoort in die lig van Internasionale swye in hierdie verband, ook met vrug toegepas kan word.

Ek verneem graag u raad se standpunt,

By voorbaat dank

 

Danie Varkevisser

Leier

AFRIKANER VOLKSPARTY

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie