1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9956205

Besoekers aanlyn

Ons het 91 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

GRONDGRYP OM DIE DRAAI!

 Wat van nou af in die vooruitsig is is dat die fokus van die Swartes wat openbare geweld oor gebrekkige munisipale dienste betref sal verskuif na die fisieke besetting van grond.

Jacob Zuma het die grondgryppandora tydens die ANC se beleidskonferensie uit die kis gelaat en nou is dit vasgord vir die land se Blankes ten einde 'n herhaling van Robert Mugabe se Groot Grondmahala in ons eie land te stuit.

Moet u nie laat verstrik in al die nuttelose argumentjies en geredekawel deur links joernaliste en geleerdes oor al die implikasies en versteekte implikasies van Zuma se aankondigings nie, u persoonlike hef-aan in hierdie saak lê voor.

Die tyd vir groot eise aan u en u naasbestaandes se vryheid – u veiligheid, soos u seker lankal weet, is lankal opgeoffer –  het aangebreek.

Moenie glo dat die Swart menigtes gaan wag vir een of ander aankondiging deur Zuma of sy verteenwoordiger van die Parlement of die Uniegebou se trappe af  nie. Wat van nou af in die vooruitsig is is dat die fokus van die Swartes wat openbare geweld oor gebrekkige munisipale dienste betref sal verskuif na die fisieke besetting van grond.

 

Soos u byna daagliks met u eie oë op die televisie sien is die ANC se sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) reeds in die sogenaamde brandfase. Bekommer u nie in die tyd wat voorlê oor die meer ingewikkelde beskrywings van die rewolusie en sy twee of selfs vyf fases nie. Ook nie of Zuma dit die Tweede Oorgang noem nie. Wat hom nou sal afspeel is die sogenaamde brandfase  (Daardie offisiere wat in die ou Suid-Afrikaanse Weermag opgelei is en nog u vriende is, kan u nader daaroor inlig. Genl. Constand Viljoen byvoorbeeld; met die omverwerp van Lucas Mangope se bewind het hy sy opwagting per helikopter in so 'n “brandfase” gemaak.) 

Wat die ANC-regime se gereedheid vir die Groot Grondmahala op wetgewende vlak betref, kan u kennis neem van 'n skrywe deur TLU SA in sy Internasionale Bulletin. Wat hierdie aspek betref: Zuma het op die beleidskonferensie gesê dis nie nodig om die Grondwet (Artikel 25) te wysig om met sy sogenaamde Tweede Oorgang, ofte wel “ekonomiese bevryding”, voort te gaan nie.

Ter agtergrond tot die hele Groot Grondmahala die volgende artikels en berigte, die eerste een, 'n artikel wat op hierdie webwerf verskyn het. Kom gerus op die hoogte van die inhoud, daarin verskyn belangrike waarnemings en inligting oor die stuit van hierdie sogenaamde Tweede Oorgang deur Zuma en sy regime.

# (26 Junie 2010)   In hierdie voorbeskoulike reeks oor die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) en die regime se beplande optrede ná 12 Julie (2010) is reeds gemaan dat die Afrikanervolk se verset daarteen, en die uitgangspunte vir die stryd, onder die regte banier moet geskied.

Die Afrikanervolk moet waak teen strategiese alternatiewe soos dié waarmee Constand Viljoen die volk onaangenaam op 29 Januarie 1994 verras het. Die beste, hoewel nie enigste medisyne daarteen nie, is om woord en daad aan ‘n banier, of slagspreuk, te toets.

In hierdie artikel word hierdie problematiek nader verken. Want ons wil seker maak dat ook op gedesentraliseerde (plaaslike) vlak die stryd onder die regte banier gevoer word. Sodat veiligheidsgetaakte Afrikanerinstansies elemente met allerhande “strategiese alternatiewe” en bedekte agendas betyds op hierdie vlak kan ïdentifiseer.

HIERDIE LAND IS ONS LAND!

‘n Beter vaandel om die stryd teen die kommunistiese regime se grondrowery te voer as die Afrikanerleier mnr. Willie Marais se “hierdie land is ons land”, is daar nie. Want die kommunistiese regime se grondgrypery na 12 Julie betrek die hele land, ‘n iedere eiendom van elke Blanke, van Kaappunt tot die Limpopo, van die Indiese tot die Atlantiese Oseaan.

Daar is egter ‘n misleidende vervalsing van mnr. Marais se slagspreuk wat berekend die wêreld ingestuur is. Dit lui: Hierdie land is “ook” ons land. Met ander woorde, Blank Suid-Afrika behoort ook aan die Swartman en elke Jan Rap en sy maat. Die doel van hierdie vervalsing is om wanneer die bendes ANC-grondgrypers opdaag daar ‘n “legitieme” opening vir hulle sal wees om as “ook-eienaars” hul kleim op grond af te steek.

Grootskeepse grondgrypery gaan ‘n werklikheid van die NDR na 12 Julie wees

Die Afrikanervolk en ander Blankes wat hulle met die vryheidsideale van die volk vereenselwig, sal nie gereed wees vir hakke inkap teen die grondgrypery as hulle nie die erns van hierdie faset van die NDR begryp nie.

Toe die ANC-jeugligaleier Julias Malema omstreeks die Paasnaweek vanjaar skielik Zimbabwe besoek, was dit nie om die kollig na die moord op die AWB-leier mnr. Eugene Terre’Blanche weens sy Maak-dood-die-Boere-haatgesange te ontglip nie.

Sy besoek is lank vooruit beplan, ooreenkomstig die kommunistiese regime se streng protokol. Malema is met Jacob Zuma en die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee se seën hier weg en nie sommer net as ‘n ANC-losloper by eie agendas betrokke nie. Nuus dat hy grondgryp-resepte in Zimbabwe by ZANU-PF-oorlogsveterane gaan leer het, en ook hul daadwerklike steun verseker is, is beaam deur uitlatings van die ANC-regime se grondgrypkommissar Gugili Nkwinti dat die Zimbabwe-soort grondgrypery ons boere se voorland is.

Ook die ANC-landboukommissar Tina Joemat se uitlatings oor wysigings aan wette wat sogenaamde landboutransformasie frustreer, is deel van ‘n voorspel tot dramatiese grondrowery later vanjaar.

Dit laat ons met net een gevolgtrekking, slegs weerlêbaar deur gebeure ná 12 Julie: Hier kom grondgrypmoeilikheid.

Georganiseerde landbou se paraatheid op nasionale vlak

Op 8 Junie het Agri SA ‘n verklaring uitgereik waarin hy die kommunistiese regime dringend versoek om die “verwydering van hindernisse” wat “grondhervorming” in die wiele ry ná die publikasie van die ANC se sogenaamde Groenskrif oor landbou, omvattend met Agri SA te bespreek. In die verklaring maak Agri SA-voorsitter mnr. Johannes Möller gewag van ‘n vennootskap met die private sektor ten einde “volhoubare en versnelde grondhervorming” tot stand te bring.

Geen betoog nodig nie: Dit verskil van die ANC, Malema, Joemat en Nkwinti se grondgrypagenda.

Maar, en baie belangrik: Daar kan maar een gevolg wees wat Agri SA en die ANC-regime se verskille betref: ‘n dooiepunt. Dit skep uiteraard kwalik vaste gronde van waar boere 12 Julie en daarna se dreigende grondgrypery tegemoet kan sien. Dus: Uit ‘n Agri SA-oogpunt hang hulle tussen hemel en aarde. En met planne wat hulle seker maar op plaaslike vlak sal moet prakseer, hul veiligheid ingesluit, in watter mate sektor-polisiëring (wat mnr. Möller se voorwaardelike steun geniet) sal help, ‘n gevaarlike raaiskoot.

Op dieselfde 8 Junie egter reik TLU SA se dagbestuur (toevallig?) ook ‘n verklaring uit waarin gekla word dat daar nou ‘n te lang lys van onbevoegdhede is deur staatsinstellings en dit skep “ ‘n wesenlike veiligheidsrisiko”.

Na die ANC se grondgrypery as sulks is nie verwys nie maar wel baie na die polisie se epidemiese betrokkenheid by misdaad.

Van algemene belang is dat TLU SA nie teen sogenaamde grondhervorming is nie. Trouens, TLU SA is op vele wyses daadwerklike vennoot, een ‘n sogenaamde ‘n mentorskapprogram waarvolgens ‘n nuwe Swart grondeienaar deur TLU SA-lede as landbouer opgelei word.

In ‘n ander verwikkeling het die kommunistiese kommissar vir landbou Tina Joemat nooit vir ‘n TLU SA-vergadering opgedaag nie.

Ons gevolgtrekking: ‘n Ewe groot dooiepunt tussen TLU SA en die ANC-regime as die een tussen Agri SA en die regime.

En stel u voor wanneer ‘n groep boere na 12 Julie op die toneel van ‘n grondrowery kom en hulle soek vastigheid, ‘n mandaat vir hul optrede kragtens ‘n ooreenkoms of verstandhouding tussen die ANC-regime en die sogenaamde georganiseerde landbou op nasionale vlak. En besef so iets bestaan nie.

 

INTERDIKTE EN HOFUITSPRAKE

Ons het weer gesien hoe die liberale establishment ‘n hofuitspraak gebruik om deur regsekerheid politieke sekerheid te probeer skep toe Vrystaat Landbou (VL) ‘n bevinding deur ‘n hof oor die Vrystaat/Lesotho-grens afgedwing het. Dit val in die patroon van transformasiegesinde Blankes (die herverdeling van landbougrond een van hulle transformasiedoelwitte) om ‘n sogenaamde regstaat in stand te hou, die DA-leier en Black Sash-lid Helen Zille, die bekendste voorspraak vir hierdie idilliese liberale hersenskim in Afrika.

So vind ons dat die linkse vakbond Solidariteit ook kort-kort in die hof is om werksekerheid van witboordjiewerkers te verseker terwyl die Afrikanervolk se kreti en pleti, honderde-duisend van hulle, in plakkerskampe vergaan.

Die AVP se eerste reaksie op die grensuitspraak was om na die Modderklip-hofbevinding enkele jare gelede te verwys. In hierdie uitspraak oor die grond van mnr. Abraham Duvenhage wat aan die buitewyke van Benoni aan die Oos-Rand geboer het, is ook groot bevele deur baie hoë Suid-Afrikaanse howe uitgereik. Met 70 000 plakkers wat doodeenvoudig op sy plaas bly sit het, die polisiediens hom aan die uitsprake afgevee.

Verwag groot en dringende interdikte en groot hofuitsprake, soos in die grondgrypery in Zimbabwe, as ‘n metode aangewend deur georganiseeerde landbou om sy lede te paai. En dan kom daar van die daadwerklike belet van Swart invallers op grond ‘n ronde nul.

 

LANDBOU SE PARAATHEID OP PLAASLIKE VLAK

‘n Man moet seker nie aan die voorskoot wat hy tydens sy inisiasie as lid van ‘n geheime organisasie dra beoordeel word nie, dis net dat die Afrikanervolk twee keer moet dink of ‘n verskynsel soos vrymesselary goed sal wees in sy verset teen die roof van sy grond. Dis jammer om te skryf, maar geheime organisasies soos die Vrymesselaars en die Broederbond speel ‘n groot rol in georganiseerde landbou, vra maar vir die VL-voorsitter Louw Steytler.

Dis ook jammer om te skryf, maar in die plaaslike landbou-politiek speel geheime organisasies ‘n deurslaggewende rol. Dis deur die plaaslike boere-unies van die TLU SA waar besluit word of daar ‘n DA- of ‘n VF Positief-kandidaat in verkiesings gestel sal word.

Dis in die kleiner plattelandse gemeenskap, waar nie losies is nie, dat jy verneem wie weer op so en so ‘n plaas by ‘n Vrymesselaars-vergadering opgedaag het. En verneem onder hulle is niemand anders nie as kerksraadslede in  Afrikaanse Kerke, voorsitter van die CVO-skoolbestuur, en les bes, voorsitter van die plaaslike TLU SA.

Dus: Wanneer veiligheidsgetaakte Afrikaner-organisasies oor die komende optrede teen plaasbesettings besin, maak seker dat die mense aan die hoof van die verset in die finale instansie nie teenoor die Sanhedrin verantwoordelik is nie. Of, indien lid van die AB, dalk aan die AB-baas Piet Vorster, ‘n reënboognasieman, gerapporteer word nie.

AANDUIDERS VAN KOMENDE PLAASBESETTINGS

■Skielike toename van geweldsmisdaad en ander aanvalle op boeregesinne in ‘n geteikende gebied;

■Opruiende verklarings deur Swart vakbondleiers waarin teen “wandade” deur die boere te velde getrek word.

■Hofverskynings, hetsy van Blankes of Swartes, wat aangewend word vir klimaatskepping;

■Vreemde Swartes wat hul opwagting in die Swart gemeenskap maak, moontlik verteenwoordigers van die Departement van Grondsake self, die sogenaamde Landless Peoples’ Organisastion, National Land Commission en ander sogenaamde nie-regeringsorganisasies. Hulle probeer ook toegang tot die plase self kry.

■Opruiende vlugskrifte doen die ronde onder Swartes.

■Die om-die-lewe-bring van nie-konformerende Swartes of hul naasbestaandes in skynbare misdaadvoorvalle maar ook openlike teregstellings in die lokasies deur die Swart gepeupel.

■ Afrika-tekens, dit is boodskappe, Afrika-styl, en ook gevegsaanduidings, enersyds gerig as intimidasie van die boeregemeenskap, andersyds bedoel vir die koverte oordra van inligting aan betrokkenes by die aksie.

■Besoeke deur Swart polisiemanne aan geteikende plase onder die voorwendsel hulle ondersoek (dalk ou en vergete) klagtes. Dit kan bereken wees op intimidasie, of die insamel van inligting belangrik vir die komende besettings.

■Die betekening van regskennisgewings of die aflewer van prokureursbriewe van dreigende aard.

Die Swart besetters daag op

Gehuurde busse maak hul opwagting in die omgewing van die geteikende plaas. Daar kan selfs markies- en ander tente op padserwitute opgeslaan word.

Daar word getoi-toi en algaande tot dreigende postuur, gepaardgaande met die vertoon van wapens soos kieries en pangas maar selfs vuurwapens, oorgegaan.

Die polisie sal weldra en beslis nie gretig, nadat die plaaseienaar hul verwittig het, hul opwagting maak.

In vorige besettings en gepoogde besettings was daar Witmense, hoewel min in getal, teenwoordig. Of hulle net ‘n toesighoudende rol het, is onseker.

Hoe Malema se ZANU-PF-opgeleide kaders in die nuwe rondte ontplooi sal word sal die tyd moet leer. Dit kan wees dat daar gouer van ‘n intimidasie- tot ‘n geweldspostuur oorgegaan word.

DIE AFRIKANER SE VERSET

Die Afrikanergemeenskap sal swaar moet steun op intydse inligting. Vir hierdie doel sal hy ‘n behoorlike inligtingstelsel moet bedryf waarvolgens inligting behoorlik met die oog op optrede verwerk word.

Die Afrikaner-gemeenskap sal in kritieke getalle en behoorlik bewapen by brandpunte ontplooi moet word.

Dit spreek vanself dat die mense wat die leiding op die toneel gee baie verantwoordelik sal optree.

In sulke voorgenome besettings kan daar ‘n “onderhandelingsfase” wees. Wees bedag daarop dat hierdie fase misbruik sál word om die weg te berei om die doelwit van die besetters, dis om die grond te gryp, te vergemaklik. In die proses word die versetters se doelwit, om besettings af te weer, verydel.

Pas op vir “onderhandelaars” wat heen-en-weer tussen die versetters en besetters se posisies saam met die “fasiliteerder/s”, gewoonlik polisiemanne, beweeg. ‘n Goeie bevelvoerder laat hom nie van sy manskappe afsny nie. Hy het buitendien die morele steun van sy manskappe nodig sodat hy nie vir elke bakatel en tot elke konsessie swig nie.

Die Afrikanerversetters moet bekend wees met, en behoorlik voorberei (gewapen) wees op wat van hulle verwag word in die afweer van die besetting. Bevel-en-beheer is van deurslaggewende belang.

Dit spreek vanself dat elke versetter wat ontplooi word behoorlik en volledig tot die aksie verbind sal wees.

Die versetgroep moet ‘n duidelike beleidsbesluit neem oor die toelating van die nuusmedia in die omgewing van ‘n versetaksie. Die eienaar van grond kan reg van toegang op sy grond voorbehou.

 

Hierdie is deel van die aanloop, of sagmaakproses, waarin die ANC-regime Suid-Afrika se Blankes  vir grondgrypery voorberei het:

13.11.2006 Gert Coetzee, Volksblad

KAAPSTAD. – Suid-Afrika gaan nié Zimbabwe se eensydige grondgrypery navolg nie, omdat dit onnodig is.

Voorts sál die regering ook met georganiseerde landbou deeglik beraadslaag voor die beginsel van gewillige koper en verkoper hersien word.

Só het me. Lulu Xingwana, minister van landbou en grondsake, gister wéér vrese besweer nadat ’n vroeëre uitgelekte regeringsdokument tot georganiseerde landbou se ontsteltenis glo die Zimbabwe-pad vir Suid-Afrikaanse grondonteiening uitgestippel het.

In antwoord op ’n parlementêre vraag deur mnr. Maans Nel, DA-LP, het Xingwana gesê die opdrag vir die dokument oor ’n hersiene gewilligheidsbeginsel kom van pres. Thabo Mbeki, wat dit al in sy staatsrede aangekondig het.

Die werksessie (waar besonderhede bekend gemaak is) is gehou om bystand met die regeringsformulering van die gewilligheidsbeginsel te kry. Net amptenare en kundiges in landbou- en grondhervorming het dit bygewoon.

Volgens haar is georganiseerde landbou nie by die gesprek betrek nie, omdat dit slegs ’n besprekingsverslag is wat as die grondslag vir verdere gesprek moet dien.

Xingwana het ook gesê sy is ten gunste van ’n “reeks instrumente vir versnelde grondverkryging”, omdat die hersiening van die gewilligheidsbeginsel die pad vorentoe sal aandui.

Xingwana het aan Landbouweekblad gesê die grondwetlike beginsels oor onteiening, insluitende die markwaarde, moet vir vergoeding in ag geneem word. As ’n boer die proses onnodig vertraag, tree onteiening ná ses maande in werking.

Sy het Agri SA en die TLU SA se ooreenkoms met die grondeisekommissie oor die versnelde afhandeling van grondeise verwelkom.

Nel het dit betreur dat die begroting van R3,4 miljard vir grondhervorming vir 2006-’07 in die aansuiweringsbegroting met R1,1 miljard verminder is, omdat die departement van grondsake in die eerste ses maande vanjaar net R686 miljoen of 20% hiervan bestee het.

'N BERIG OP DIE AVP-WEBBLADSY IN 2010:

Van ‘n ooreenkoms tussen Agri SA en die kommunistiese regime se hoofgrondgrypkommissaris om ‘n lys van plase wat vir ANC-grondgrypery bestem is by hierdie kommissar te kry het dadels gekom. Volgens hierdie kommissar, ene Blessing Mphela, bestaan daar wel so ‘n lys. Dis wat die Swart kommunis in elk geval teenoor die Broederbond se verteenwoordiger by Agri SA Theo de Jager beweer het. Maar Mphela wil glo hê sekere “navorsing” moet eers afgehandel word voor hy die lys openbaar maak.

As ons mag raai: Die uitslag van daardie “navorsing” sal omstreeks 12 Julie (2010) bekend gemaak word. Dit wentel grootliks om die gereedheidsgrondslag waarop gewapende ANC-kaders gekom het wat opleiding in grondgrypery by Robert Mugabe se ZANU-PF-veterane ondergaan het aan ‘n sogenaamde weermagstafkollege in Zimbabwe.

De Jager se groot planne om wel insae te kry in hierdie geheimsinnige “navorsing” ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting kan dus op sy beste as blote uitsteltegniek beskou word.

UITSTELTEGNIEK TEN BEHOEWE VAN WAT?

Uitsteltegniek ten behoewe van die Broederbond en al sy stutorganisasies, ook die “konserwatiewe” TLU SA, in hul ontkenningspel dat ‘n grootskeepse grondgrypery vir Wit boere reg voor die deur is.

En kyk maar nou al hoe werk hierdie ontkenningspel en die aanwending van die wet vir De Jager, die Broederbond en ook ‘n “konserwatiewe” landbou-organisasie soos TLU SA presies: Dit is ’n duur en lang proses (seg De Jager). Sien, dis nie om dowe neute dat ons sulke hofsake uitsteltegniek noem nie.

Dus maar nog ‘n bietjie slaap, nog’n bietjie sluimer totdat MK-“veterane” a-la ZANU-PF-“veterane” letterlik gewapend op ons boere toeslaan. Of dink De Jager, AB-stutorganisasies - ook die “konserwatiewe” TLU SA - Gugilie Nkwinti en Julias Malema dreig sommer maar net?

De Jager en Mphela het glo ook gesprek gevoer oor ’n “ooreenkoms” (bid jou aan! Dat daar steeds op “ooreenkomste” met die ANC-regime in hierdie laat uur staat gemaak word!) wat in Maart verlede jaar tussen die partye aangegaan is waarvolgens Agri SA die geleentheid sou kry om ’n lys van plase, waarteen hy meen daar nie eise bestaan nie en wat van die eise-lys verwyder behoort te word, aan die kommissaris voor te lê.

Hoewel die lys ingedien is, is daar tot op hede nog geen verslae ontvang nie en Mphela wyt dit heel gemaklik aan die feit Natal, waar die meeste probleme glo voorkom, nie meer ’n heeltydse streekkommissaris het nie, u weet mos, die kinders het hul pa vermoor en nou pleit hulle om strafversagting weens die feit dat hulle weeskinders is.

De Jager het volgens ‘n koerantberig Mphela glo gemaan dat grondeienaars eise teen die kommissie kan instel as hulle skade ly weens die vertragings. Dis egter nie die soort gogga wat baba bang kan maak nie met Mphela wat doodeenvoudig teengekap het plaaseienaars geen gronde het om sulke eise in te stel nie. En hy sal weet, dan nie?

De Jager sê hy is bewus van ’n hele aantal grondeienaars wat reeds hofsake teen die ANC-regime ingebring het weens dié se versuim om hulle vir hul grond te vergoed.

Dit blyk dat die kommissie sal probeer om die eisers wat hulle na die hof gewend het om die regime te dwing om hulle te betaal, teen die einde van die maand te betaal.

Daar is al gesuggereer dat die regime gedagvaar gaan word om voor die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsunie (SAOG) te verskyn weens minagting van die hof en die versuim om eienaars vir hul eiendom te vergoed. Nog eens: Anders as uitsteltegniek kan dit nie wees nie, op die ou einde loop die ding maar dieselfde pad as met die Wit boere van Zimbabwe waarin die boere van bakboord na stuurboord is, beginnende by daardie selfde tribunaal en geëindig het met ‘n hooggeregshof-uitspraak in Pretoria. Ja, AfriForum wat hierdie aksie help dryf het, het selfs kammalie ‘n interdik gekry om op Zimbabwe se eiendom in ons land beslag te lê, u ken al die groot gebaar waarmee die Broederbond/AfriForum/Solidariteit-sameswering hierdie sake afhandel. Net om op die ou einde te verneem Mugabe gryp al weer plase in Zimbabwe.

“ANDER FAKTORE” IN DIE WAARDASIE VAN GROND

Agri SA het glo ook sy kommer uitgespreek oor die kommissie se besluit om voortaan nie meer die waardasie-verslae op grond waarvan pryse bepaal word, aan eienaars beskikbaar te stel nie. Die kommissie sê dat pryse in die toekoms ook nie meer net op grond van waardasie bepaal gaan word nie, maar dat “ander faktore” ook ’n rol gaan speel.

Daar is ook kommer oor die vraag of die kommissie afskrifte van waardasies gaan hou sodat grondeienaars wat meen dat hulle onregmatig behandel word deur die proses, later die inligting kan bekom en as bewys vir vergoeding kan voorlê.

Red nou ‘n volk se grond met so ‘n gerondvallery!

 

WAT SAL FW DOEN?

'n Verklaring deur die FW de Klerk-stigting oor die oorlogspraatjies en grondgrypdreigmente van die ANC-adjunk-jeugleier Ronald Lamola is net nog 'n jammerlike openbaring van die gewetenlose houding van die politikus wat deur hierdie sogenaamde stigting verteenwoordig word.

Die Engelse verklaring op 22 Junie verwys ook na “duidelik opswepende en kwetsende liedjies soos 'Skiet die Boer'” wat ANC—leiers sing of toegesing word.

Die onvermydelike vraag is wat De Klerk nou sal doen nadat Zuma sy “Bring my masjiengeweer”-liedjie nie slegs op die ANC-beleidskonfrensie aangehoor het nie, Zuma het sulke liedjies met mag en mening verdedig.

Dat die regime nie sal ingryp en gemoedere kalmeer, soos wat die De Klerk-Stigting in die verklaring versoek nie, is so verblindend helder soos die lig van 'n aankomende trein in 'n tonnel.

Die stigting se verklaring lui: “It is of the greatest importance that the ANC government should now intervene and calm the passions and fears on all sides by making it clear that talk of war or ‘acts as forceful as war’ is unacceptable. It should also stop supporting the singing of clearly inflammatory and hurtful songs like “Shoot the Boer”. On 16 February President Zuma said that “the land question is one of the most emotive issues in our history and present, and must be handled with utmost care...” We couldn’t agree more, and would like to see the government take the lead in ensuring that all parties show the necessary care and sensitivity in the manner in which they deal with this most emotive issue.”

Wat verstom is dat De Klerk hom steeds voorhou as 'n laaste loopgraaf in die verdediging van die private eiendomsreg van die Afrikaner en die Blanke in hierdie land. Só het De Klerk, nogal op Republiekdag, 31 Mei, in Durban oor “die belangrikheid van eiendomsreg” in die land gepraat.

In daardie toespraak het hy tot die volgende merkwaardige ondekking gekom: Hy het gemaan (en nou word uit 'n nuusverklaring aangehaal): “...dat eiendomsreg bedreig word en dat die volgende 12 maande deurslaggewend mag wees vir die toekoms van hierdie regte

“Mnr De Klerk het gesê dat as privaat eiendom ondermyn word, sal dit 'baie van die ekonomiese aktiwiteit wat ons tans op ons strate en in ons stede sien, doodmaak'.

“Hy het gewaarsku dat beleidsdokumente wat die ANC in Maart vrygestel het bedreigings vir eiendomsreg inhou.

“Die ANC is klaarblyklik daarop ingestel om die kontroversiële grondhervormingbeleid te implementeer wat die eiendomsreg van boere ernstig sal ondermyn. Die ‘Landelike

“Transformasie’ waarop aanspraak gemaak word in die Groenskrif op Grondhervorming vereis '’n spoedige en fundamentele verandering in die stelsel en patrone van eienaarskap en beheer van grond, vee, oeste en die gemeenskap.' Grond in private besit sal op vrypag wees maar met '’n beperkende mate', wat beteken dat daar ‘n beperking op die grootte van plase, of die hoeveelheid plase wat ‘n persoon mag besit, geplaas mag word.

“Mnr De Klerk was ook besorgd dat die ANC klaarblyklik daaraan dink om pensioene en spaargeld te teiken. Hy het verwys na regeringsplanne 'om ‘n aansienlike deel van openbare en private afree- en lewensversekeringfondse te beheer sodat hierdie fondse belê kan word in die finansiële instrumente van staatsorganisasies en/of ontwikkelingfinansiering instansies'. Hy het gewaarsku dat 'enige poging om in te meng met die vermoëns van pensioen- en lewensversekeringfondse om die maksimum veilige voordele vir hul beleggers te produseer, sal die eiendomsreg van betrokke individue ondermyn'.”

Hoewel De Klerk se optrede een reuse-afkeurenswaardige verleentheid vir die eens trotse party is wat hy as leier verteenwoordig het en in gewone omstandighede en weens De Klerk se afgryslike rekord van onbetroubaarheid geïgnoreer kan word, is dit om twee redes tog van uiterste belang dat die Afrikanervolk en die Blankes oor die algemeen van hierdie standpunte  kennis neem:

# De Klerk paradeer steeds in sekere linkse Afrikaanse nuusmedia as die sleutelhouer tot die morele hoëgrond van die Afrikanervolk en die Blanke;

# De Klerk moet nie net eendag, as of wanneer die Afrikanervolk weer selfregering het nie, voor stok gekry word vir die verraderlike oorhandiging van politieke mag aan die Afrikanervolk se doodsvyand, die kommunistiese ANC nie, dis nou, in 'n tyd soos hierdie, die aangewese om die gewone Afrikaner en Blanke te herinner aan hierdie wandaad en die listige leuens wat daarmee gepaard gegaan het.

Een van hierdie listige leuens was 'n versekering dat die boere se kaart en transport veilig is: Enkele weke gelede is só op hierdie webwerf gerapporteer: Op Maandag, 4 Februarie 1991 het emosies nog hoog geloop in die raadsale van die Parlement in Kaapstad. Dit was 'n jaar na F.W. De Klerk se berugte Rooi Vrydag-toespraak waarin die ANC en kommuniste ontperk is. Daardie Vrydag nog het De Klerk in sy openingsrede van die nuwe Parlementsitting gelewer, 'n dag van hoë drama waarin 'n stuk of vier KP-Volksraadslede die nuwe raadsaal van die Parlement uitgestuur is na beskuldigings en tussenwerpsels De Klerk is 'n verraaier.

In die daaropvolgende week sou daar meer as een versekering deur NP-LV's wees dat alles nie verlore is vir die Afrikanersaak in die land nie en sinspelings dat De Klerk 'n haas in die hoed het wat hy êrens vorentoe kan uitpluk. Een so 'n beroemde laaste woord was deur De Klerk self op Vrydag, 9 Februarie toe hy verklaar het (Hansard, kol. 445): “Ek wil vir die agbare lid (dr. A.P. Treurnicht?) oor die grondkwessie sê, die KP moet ophou om die boere op te pomp. Die boere se kaart en transport is veilig...”

Die vraag nou aan De Klerk is: Dink hy dit is genoegsaam dat hy deur middel van sy stigting en in besonder deur sy hanteerder, die gebore Keniaan en Kanadese burger Dave Steward, verklarings uitreik oor so 'n uiters gevoelige kwessie soos die gryp van die Afrikaner se grond?

De Klerk (of dan sy sogenaamde stigting en sy Brits-Amerikaanse hanteerder Dave Steward) sal sy holle protes teen die ANC en Zuma se Groot Grondmahala maar moet staak en in die toekoms die kern van die saak, beloftes soos dié op Vrydag, 9 Februarie 1991 in die Parlement, moet behandel.

Waarmee sal die Afrikanervolk sy benoude penarie vergelyk?

Die Afrikanervolk en die Blankes in die algemeen, teen wie Zuma en sy regime se sogenaamde Tweede Oorgang gerig is, is vasgekeer deur 'n verterende brand op die dak van 'n hoë gebou en die vlamme lek al aan hul voete, De Klerk wat met die sleutel sit van die enigste deur wat na die brandtrap lei. En hy weier eenvoudig botweg om die sleutel tot vryheid en die Afrikanervolk se morele hoëgrond te oorhandig sodat die Afrikanervolk na veiligheid gebring kan word.

Daardie sleutel na die deur en die brandtrap is dat De Klerk sy moedswilige kort geheue wat betref al sy beloftes aan die Afrikanervolk in die aanloop tot magsoorhandiging aan die ANC verfris, sy beloftes hardop voor die Afrikanervolk in herinnering roep en aan die Afrikanervolk vertel hoe hy nou uitvoering aan daardie beloftes sal gee.

F W DE KLERK PRAAT OOR DIE BELANGRIKHEID VAN EIENDOMSREGTE VIR SUID-AFRIKA

Deur die F W de Klerk Stigting

In 'n toespraak tydens die 2012 Kongres van die Vereniging van Eiendomeienaars van Suid-Afrika in Durban op 31 Mei 2012, het FW de Klerk 

 

Volgens mnr De Klerk is hierdie deel van planne om die regering se rol in die ekonomie te vergroot deur die daarstelling van ‘n “ontwikkelingstaat”. Volgens beleidsgesprekdokumente, word daar voorsien dat die ontwikkelingstaat sal insluit “ ‘n samestelling van private, staat, koöperatiewe en ander vorme van maatskaplike eienaarskap.” Die “balans tussen maatskaplike en private besitreg van beleggingsbronne” sal “deur die balans van getuienis met betrekking tot die nasionale ontwikkelingbehoeftes en die werklike take van die Nasionale Demokratiese Revolusie op enige tydstip bepaal word.”

‘n Sentrale doelwit van die NDR is om “die ras faktor te verwyder uit die besitreg en beheer van rykdom, insluitend grond, effekte en regstellende aksie, asook in die voorsiening van vaardighede en toegang tot bestuursposisies.”

Mnr De Klerk het gewaarsku dat enige poging om die eiendomsreg van Suid-Afrikaners te erodeer op die basis van hul ras, sal “baie ernstige implikasies inhou vir die nasionale konsensus waarop ons sedert 1994 gefunksioneer het.”

Hy het die ANC se bewerings dat die verhouding in eiendomsbesit nog steeds dieselfde is as voor 1994, bevraagteken en uitgewys dat

• ten minste 35% van die land se grond besit word deur óf swart Suid-Afrikaners óf die Regering;

• tussen 1993 en 2008 die blanke aandeel van persoonlike inkomste van 54% afgeneem het tot minder as 40%;

• tussen 1995 en 2009 die blanke aandeel van die boonste 20% van persoonlike inkomste gedaal het van 42% tot 32%.

• swart Suid-Afrikaners 28% van die aandele in die top 100 maatskappye wat aan Suid-Afrikaners beskikbaar is, besit.

• swart, Kleurling en Indiër Suid-Afrikaners besit 56,2% van Suid-Afrika se primêre woningmark, wat meer as 2.3 triljoen rand werd is.

• Die swart-beheerde regering is verantwoordelik vir bykans 32% van die jaarlikse BBP. Hierby moet gevoeg word 6% van BBP wat deur staatsorganisasies verteenwoordig word, en tot soveel as 10% van BBP wat die informele sektor na beraming bydra.

 

Mnr De Klerk het opgemerk dat “wanneer ons dan in aanmerking neem dat die Regering ekonomiese en fiskale beleid beheer, is die stelling dat min verander het in ekonomiese verhoudinge sedert 1994, duidelik verkeerd.” Hy het toegegee dat die blanke aandeel in die ekonomie steeds buite verhouding groot is. “Dit is egter duidelik dat dit besig is om betekenisvol af te neem en dat dit selfs vinniger sou kon afneem as ekonomiese-, arbeid- en onderwysbeleid meer Suid-Afrikaners in staat kon stel om aan die ekonomie deel te neem.”

 

Mnr De Klerk het gesê dat die sentrale vraagstuk vir beleidmakers is om te bepaal welke stelsel meer effektief sou wees om algemene welvaart te bevorder en armoede te verminder.

Hy het uitgewys dat volgens die mees onlangse Economic Freedom in the World opname

• lande in die boonste 25% van vrye ekonomieë ‘n per capita inkomste van $31 500 in 2009 gehad het in vergelyking met slegs $4 545 in die 25% wat die minste ekonomiese vryheid geniet;

• hulle het ‘n gemiddelde groei tussen 1990 en 2009 van 3.07% gehad in vergelyking met 1.18% in die lande met die minste ekonomiese vryheid;

• die gemiddelde per capita inkomste van die armste 10% van die mense in die ekonomieë wat die meeste vryheid geniet, groter was as die totale gemiddelde inkomste in die ekonomieë wat die minste vry was;

• lewensverwagting was 79.4 jaar in vrye ekonomieë in vergelyking met 41.5% in die ekonomieë wat die minste vry was;

• in die vryste ekonomieë het slegs 2.7% van die mense in armoede geleef in vergelyking met 41.5% in die minste vry ekonomieë.

Ongelukkig het Suid-Afrika se posisie in die ekonomiese vryheid opname gedaal van 46ste posisie in 1995 tot 84ste plek in 2009.

Mnr De Klerk het gewaarsku dat as die regering die anti-private eiendomsbesit maatreëls aanneem, sal daar ernstige negatiewe gevolge vir alle Suid-Afrikaners wees: buitelandse en plaaslike beleggings sal opdroog; die mees produktiewe individue van al ons gemeenskappe sal nie langer meer in staat wees, of gewillig wees, om by te dra tot ekonomiese groei nie; en die regering sal minder belasting ontvang.

Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika se probleme nie opgelos kan word deur groter betrokkenheid van die Regering in die ekonomie nie. Hoe groter die openbare sektor, hoe kleiner sal die private sektor wees. Dit sal laer groei en laer inkomste vir die Staat beteken. Hy het verwys na wanbestuur deur die Regering en staatsbeheerde instansies en opgemerk dat regeringsondernemings beskerm is van kompetisie en die dissipline van die mark. “Hulle raak nie insolvent as hulle nie in staat is om hul klante se behoeftes te bevredig nie.”

Die Regering moet eerder die uitdagings wat in sy eie Nasionale Ontwikkelingplan uitgewys is, aanspreek – in die besonder die probleem van werkloosheid en onderwys.

Mnr De Klerk het afgesluit deur Suid-Afrika se enorme potensiaal te bevestig. “Ons moet almal saamwerk om hierdie potensiaal te behaal, maar die private sektor sal nie sy onmisbare rol kan speel as eiendomsreg ondermyn word en die Staat voortgaan om sy betrokkenheid in die ekonomie uit te brei nie.” 

 

 RONALD LAMOLA’S CALL FOR AN ACT AS FORCEFUL AS WAR

The FW de Klerk Foundation is deeply concerned over comments made by ANC Youth League deputy-president Ronald Lamola in Durban on 19 June, during a lecture at the Durban University of Technology. Lamola called for the expropriation of land without compensation. He said youth unemployment could not be dealt with unless land was expropriated. Lamola also stated that, “it is an illusion if South Africans believe they can get their land back peacefully” and “we need an act as forceful as war to bring it back to the Africans”.

Our Constitution requires us to “heal the divisions of the past and to establish a society based on democratic values, social justice and fundamental human rights.” Section 16 states that the right to freedom of expression does not extend to (a) propaganda for war; (b) incitement of imminent violence; or (c) advocacy of hatred that is based on race, ethnicity, gender or religion, and that constitutes incitement to cause harm.”

According to section 10 (1) of the Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act, “no person may publish, propagate, advocate or communicate words based on one or more of the prohibited grounds, against any person that could reasonably be construed to demonstrate a clear intention to (a) be hurtful; (b) be harmful or to incite harm; or (c) promote or propagate hatred.”

Mr Lamola’s outburst could well be construed as demonstrating a clear intention to be harmful or to incite harm, and might also be viewed as propaganda for war. But would it help if further charges were laid against Lamola in the courts, or the Human Rights Commission?

The problem is not, in the first place, the incendiary language used by an uninformed youth leader to a scraggly audience of only 150 comrades. It is that the ANC has done nothing at all to call Lamola to order, or to require that he should behave in a responsible and constitutional manner. On the contrary, its inaction and some of its actions and statements appear to condone the racially provocative and divisive views of Lamola and his predecessor, Julius Malema.

On 6 May 2011, President Zuma sat silently on the same platform in Galishewe while Julius Malema stated that white farmers were thieves. “Once we agree that they stole our land, we can agree they are criminals and must be treated as such.” His statement later formed the basis of one of the charges that the ANC leadership brought against Malema which, disturbingly, was later dropped.

Similar racially charged sentiments are expressed in the government’s Green Paper on Land Reform, which asserts that “all anti-colonial struggles are, at the core, about two things: repossession of land lost through force or deceit; and, restoring the centrality of indigenous culture.” After castigating colonialism and apartheid for “the systematic denudation and impoverishment of African people...” it darkly warns that the goodwill and capacity for forgiveness of black South Africans “should not be taken for granted, because it is not an inexhaustible social asset”.

Despite the findings of the courts and the Human Rights Commission, the ANC continues to support the “Shoot the Boer” song and will be joining the case in the Supreme Court of Appeal in its defence. This support, in the face of the mounting number of farm murders, is incomprehensible.

We cannot afford this kind of gratuitous racial provocation in our national debate. Nor can we dismiss it as empty rhetoric. The fact is that everything that Lamola and Malema have said is consistent with both the content of the Green Paper and the National Democratic Revolution’s call for the “elimination of apartheid property relations” including “the deracialisation of ownership and control of wealth, including land.”

In multicultural societies such as our own there is always the threat that rhetoric might be translated into reality. In an angry response on 20 June, Transvaal Agricultural Union’s Deputy President, Henry Geldenhuys, ascribed the murder that day of Johan van Rensburg, a 77-year-old farmer, to Lamola’s bellicose rhetoric. He said that it seemed as though farmers had “no other choice than to prepare themselves for war.”

It is of the greatest importance that the ANC government should now intervene and calm the passions and fears on all sides by making it clear that talk of war or ‘acts as forceful as war’ is unacceptable. It should also stop supporting the singing of clearly inflammatory and hurtful songs like “Shoot the Boer”. On 16 February President Zuma said that “the land question is one of the most emotive issues in our history and present, and must be handled with utmost care...” We couldn’t agree more, and would like to see the government take the lead in ensuring that all parties show the necessary care and sensitivity in the manner in which they deal with this most emotive issue.

ISSUED BY THE FW DE KLERK FOUNDATION

CAPE TOWN, 22 JUNE 2012

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie