Nog 'n FW-tameletjie, nog 'n beroemde FW-belofte
Indien daar nog nuwelinge by die Afrikaner-politiek is wat wonder waarom FW de Klerk as 'n “liegbek” uitgemaak word, daar is nog redes.
Iemand het daar in 1999/2000 rond, toe die meeste ingeligte Afrikaners nog nie oor hul onsteltenis was oor al De Klerk se leë beloftes nie, geskryf op sy grafsteen moet eendag staan: Hy het regs gewys en links gedraai.
Oorweeg die volgende en u sal besef daardie aanbevole grafskrif het niks met 'n padongeluk uit te waai nie:
De Klerk (in die openingsrede van die parlement op 1 Februarie 1991, 'n jaar na sy berugte Rooi Vrydag-toespraak (Hansard, kolom 7): “...Doeltreffende regering en bestuur ingevolge bestaande konstitusionle wetgewing moet egter voortgesit word totdat 'n nuwe grondwet onderhandel – en ná die verkryging van 'n mandaat – in werking gestel is.”