1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955951

Besoekers aanlyn

Ons het 123 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VRYHEID DEUR VERANDERING?

RADIO PRETORIA: Wat verander hier, die luisteraarsprofiel of die bestuur se profiel?

Op 'n ander webwerf (Die Vryburger) publiseer 'n klaarblyklik gefrustreerde medewerker 'n skrywe (van ene Van Rensburg), en ook die antwoord op die skrywe deur Willie Spies, Radio Pretoria (RP) se nuwe hoofbestuurder, namens die nuwe eienaars, Solidariteit en die Naspesnuuskartel.

Oor die nuwe luisteraarsprofiel waarna Spies en Kie strewe verduidelik Spies dan die Afrikaner van vroeër lyk nie meer soos die “Afrikaner” van vandag nie, 'n nogal lam poging om Solidariteit en Radio Pretoria se gehengel na Kleurlinge as politieke bed- en luistermaats te verklaar.

In Spies se strewe na 'n nuwe luisteraarsprofiel word daar nou baie Engelse musiek gespeel en ook musiek gemaak deur Swart en Kleurlingkunstenaars. Die beswaardes kla ook dis nou net sport van die more tot die aand op die radiostasie.

 

Op die internetwerwe vir behoudende Afrikaners word elke so 'n verdagte skuif deur die RP/Solidariteit/Naspes-nes met ywer aan die man gebring en al wat daar bygevoeg kan word is doen so voort.

Die ywer waarmee die behoudende Afrikaner te werk gaan, die pynlik juiste insig en omsigtigheid waarmee hulle te werk gaan, vra egter reaksie.

Ek glo die persoon in wie se voetspore hierdie kommentators volg is dié van hoofsaaklik twee mense: mnr. Jaap Marais en Beaumont Schoeman.

Oor die werk van mnr. Marais is op hierdie webwerf al dikwels waardering uitgespreek. Die wyse waarop hy tot die behoudende Afrikaner gespreek het, en nou nog spreek, dra nie net die stempel van politieke insig nie. Mnr. Marais kon die Afrikaanse taal so beheers dat 'n volgende geslag Afrikaners (nie Spies en sy spul se “Afrikaners” nie!), daaruit kan put.

Maar Beaumont Schoeman se werk as redakteur van die HNP-lyfblad, Die Afrikaner, en gewis ook  as skrywer van boeke soos dié oor die verborge magte agter die moord op dr. H.F. Verwoerd, verdien vir 'n slag besinning. Hy het baanbrekerswerk verrig in 'n tyd toe die lyne tussen behoudend en liberaal in die ou Nasionale Party nog bedek gehou is deur mense soos John Vorster. Schoeman het ook 'n groot rol gespeel in die aan die man bring van die listige werk van Groot Kapitaal in die aanslag op die Afrikanerdom en dit by die Afrikanervolk tuisgebring dat die kommunistiese aanslag teen die volk en die Westerse beskawing net verstaan kan word binne die verweefdheid wat hierdie aanslag het met die doen en late van Groot Kapitaal.

Oor die ywer dan van 'n Gideonsbende behoudende Afrikaners en klaarblyklik ook 'n paar Engelstaliges op die internetwerwe nadere besonderhede:

Merk u nie ook in daardie ywer verslaentheid nie?

Verslaentheid dat hul boodskap, die waarheid en die werklikheid soos hulle dit ervaar, geen inslag vind by die afgedwaaldes onder die Afrikaners nie. U kan maar op Praag se webwerf lees van hierdie frustrasie, selfs woede, oor die doen en late van die Solidariteit-kabal. Met die Mulders. Met die Naspes-pulpkartel.

Dan is daar die vermeteles uit daardie linkse dampkring wat hul verskyning op die reaksie-kolomme van die webwerwe maak. Dat die volgende deelnemers sommer dom en bot slimjanne is, dit vermoed jy weldrae:  Ene Sloet, Richard en 'n Oom Kosie. Oom Kosie is met behulp van meer skuilname op Praag bedrywig. Hy is glo die hoofbestuurder van die Naspespulpkartel, Koos Bekker. Van Oom Kosie is lanklaas verneem, dalk is hy nou met vakansie by die see en kyk of hy hom nie van al die slegsêery kan reinig nie. Alle teenspoed met die taak!

Terug na die verslaentheid in die ywer van die behoudende skrywers merkbaar...

Deur al die woede en uitbarstings deur is dit asof daar tog 'n boodskap deurskemer: Dis nog nie te laat vir terugdraai nie. Ons stryd is nou wel swaar maar op 'n manier bittersoet. Ja, soet soos die stryd van ID du Plessis se stryer, al moet ons die stryd ook verloor, maar ons, die Afrikanernasie sal ons nimmer vermoor, hom nie eens soos Willie Spies listig as 'n gewysigde Afrikaner definieer nie.

Ons is soos Bart Nel.

Ons is nog ons.

Het nog dieselfde geskiedenis. Ons sal nooit Krisjan de Wet, Koos de la Rey, Manie Maritz, Wynand Malan, J.B.M. Hertzog, M.T. Steyn, Danie Theron, Paul Kruger, Andries Hendrik Potgieter, Andries Pretorius, D.F. Malan, J.G. Strijdom en Hendrik Verwoerd inruil vir Oemkontoe-kaders, vereer in die ANC se Freedom Park nie. En gewis ni vir Nelson Mandela nie. Die ANC se sogenaamde vryheid kan nooit ons vryheid wees nie. Swart en kommunistiese vryheid in die  Freedom Charter is ons knegskap, sien julle dit dan nie voor julle afspeel nie, al byna 20 jaar lank, maak oop jul oë.

Miskien nog 'n woord oor verwikkelinge by Radio Pretroria, ook ter wille van die bewoë geskiedenis hom reeds afgespeel, en steeds in wording, se boekstawing.

Hierdie skrywer het in Radio Prtoria se sogenaamde eerste lewe as joernalis daar gewerk en was in 'n stadium selfs waarnemende redakteur (toe Tom Cairncross met verlof was.).

Gerugte dat Radio Pretoria se ontvangenis nie vlekkeloos was nie, het toe reeds uitgeslaan. Daar is gefluister dat van die uitsaai-apparaat op Donkerhoek se bult van die weermag gekom het, 'n stukkie inligting wat op 'n dubbele agenda kon dui, die koverte deel van die agenda dat die behoudende Afrikaners met behulp van hierdie radiostasie in die 1994-verkiesing ingelok sou word.

Ek het besluit dat solank ek daar is, dit nie sou gebeur nie, daardie besluit vir my self gehou.

En met behae behoudendes soos mnr. Jaap Marais, dr. Pieter van der Dussen en Robert van Tonder (Boerestaatparty), gebel vir kommentaar in die opstel van nuusbulletins. Ook vir mnr. Eugene Terre'Blanché, 'n politikus wat ek nou nog nie kan klein kry nie, die slag of wat dat ek probeer het om kommentaar van hom te kry openlike verwyt van hom verneem het oor dit waarmee Radio Pretoria dan nou eintlik besig is.

Oor Radio Pretoria se finansiering was daar ook vrae. Byvoorbeeld wie betaal die rekenings. En as 'n antwoord het ek 'n “mnr. Pieterse”, wat glo een of ander suksesvolle staalonderneming in Pretoria bedryf het, ontmoet, hierdie “mnr. Pieterse” wat, eienaardig, 'n nuuskonferensie van genl. Constand Viljoen,  waarin Viljoen die eerste en beslissende  overtures in die rigting van verkiesingsdeelname gemaak het, bygewoon het.

Of  “mnr. Pieterse” genoeg geld vir Radio Pretoria gestoot het? Ek glo nie so nie.

Op 'n dag het Tom Cairncross met 'n lys van die personeel se salarisse in die hand gesit, billik ontstoke. Want ons het vir slegs 'n duisend rand per maand gewerk. Almal. So is aan ons gesê. Maar volgens hierdie staat, weggesteek in ds. Mossie van den Berg se lessernaarlaai, het sekere uitverkorenes R6 000 per maand, nogal nie 'n sleg salaris vir daardie tyd en omstandighede nie, ontvang. Dit was nou van die omroepers wat so gul betaal het. Plus nog reistoelae.

Ek sien nog vir Tom daar met die staat in Magalieskruin staan, Tom wat dit uitspuug: “As 'n dominee lieg, dan kan hy steel ook!”

Ter besinning: Ek glo nie die behoudende Afrikaner se beginsels, en ook die feit van die werklikheid van dit wat hom bloedig in die land se veelgeroemde demokrasie afspeel, bevat genoeg oorredingskrag om Willie Spies en diesulkes te oortuig nie.

Hulle het hul siele aan die “demokrasie” verkwansel. Dit gaan oor syfers, goed soos groei en geprojekteerde groeigrafieke.

Dat die behoudende Afrikaners, kom ons verondestel nadat ons elk moontlike behoudende Afrikaner gemonster het vir die stryd, dalk uit so 'n anderhalfmiljoen siele sal bestaan. Daarenteen was die gekleurde “Afrikaanses” teen 'n baie stywe pas aan.

Spies en die ander lede van die kabal maak daarop staat dat ons behoudende Afrikaners in elk geval, gedwing deur die “demokratiese werklikheid”, ons by hul poging sal moet voeg.

Aan die hawelose Afrikaners in meer as 70 plakkerskampe gee hulle die minimum burokratiese aandag, dis by die Kleurlinge, waar die groot groeipotensiaal lê, waar hulle sorge in hierdie stadium lê.

Daarom word  skepsels soos Allan Boesak en Shaleen Surtee-Richards by hul gala-geleenthede en hul kospakkieprojekte betrek. Daarom betwis hulle 'n duur arbeidsgeskil namens die Kleurlingbewaarders in die Kaap.

Sien, ons, die behoudende Afrikaners, mag beginselpolitiek verstaan, hulle verstaan getalle-politiek. Dit is die punt. 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie