Grondwetkontrepsie ook wat die ekonomie betref 'n flenter papier
Die grondwetkontrepsie van krag in die land is daagliks onder skoot – veral van die ANC-regime se kant af.
Op 5 Maart vanjaar het die ANC sy voorneme aangekondig om met sekere elemente van die grondwetlike verdrag waarop die sogenaamde nie-rassige demokrasie in die land gegrond is, weg te doen.
Die regime het gesê dat die grondwetlike ooreenkomste wat bereik is tussen 1990 en 1994 niks meer as ‘n “eerste oorgang” was nie. Die ANC het gesê dat hierdie eerste oorgang “‘n toepaslike raamwerk vir politieke bevryding, naamlik ‘n politieke oorgang was, maar dat dit onvoldoende en onvanpas is vir die maatskaplike en ekonomiese oorgangsfase”.
In die gerem van die Wit liberaliste se kant af, veral by monde van die DA se Black Sash-leier Helen Zille, teen die regime se planne, val die kollig veral op die sogenaamde regstaatbeginsel waarop die grondwetkontrepsie rus en 'n beswaar dat hierdie sogenaamde regstaat nou deur 'n ANC-magstaat vervang word.
Die gedagte van hierdie artikel is om 'n ander aspek agter die grondwetkontrepsie te belig. Dit is die “ekonomiese beginsels” waarop die bedeling wat sy verskyning in Kempton Park gemaak, moes berus.
Hierdie “ekonomiese beginsels” is beliggaam in wat bekend staan as die Washington-Konsensus. Dat die wêreld se liberaliste en diegene agter hierdie liberaliste, dit is Die Geldmag, baie ernstig is oor die Konsensus, word geopenbaar deur die feit dat Illuminati-segsman, Henry Kissinger, aan die einde van 2008 en midde in die grootste resessie wat die moderne wêreld nog getref het, in die Geldmag-tydskrif, The Economist, na die Washington-Konsensus as steeds geldend verwys het.
Maar toe was die skrif al aan die muur vir al die liberale wensdenkery vervat in die Konsensus, die vader van die sogenaamde konsensus self wat verklaar het die Konsensus is 'n “beskadigde handelsnaam”.
Nou wat ís hierdie sogenaamde Washington-Konsensus dan?
Die uitdrukking Washington-Konsensus is in 1989 deur die ekonoom John Williamson gemunt ten einde ekonomiese beleidsvoorskrifte vir ontwikklende lande te omskryf wat tot stand sou bring standaard hervormingspakkette vir daardie lande se ekonomieë soos bepaal deur Washington-gebaseerde instellings soos die Interenasionale Monetêre Fonds (IMF), die Wêreldbank en die Amerikaanse Tesourie. Hierdie bepalings, gewild sedert veral die 1970's tot die middel 1990's, is oor die algemeen bestempel as 'n vorm van “ekonomiese liberalisme” wat trag om doeltreffendheid vir die private sektor en vryhandel af te dwing en markte te open (vir die Geldmag!).
Williamson se oorspronklike bedoeling het sinoniem geword met sogenaamde markfundamentalisme en neo-liberalisme. Die “bevryding” wat in Washington-Konsensus se spoor gevolg het het die tot-nog-toe geslote markte in Latyns-Amerika en Sub-Sahara-Afrika verder vir die Geldmag oopgestamp. 'n Voorbeeld is die Boliviese ervaring. In daardie land is 'n rigiede benadering deur die staat, vervang deur 'n buigsamer benadering, egter met dié vesrskil: Die staat, dit is die sogenaamde “people” se verteenwoordiger, moes as borg optree vir al die vrye ondernemers, gewoonlik spelers uit die Geldmag, se riskante ondernemings. Nodeloos om te skryf: Enige rentesoekende optrede deur die staat (dit is immers die uitsluitlike voorreg van die Geldmag!) is by voorbaat die kop ingeslaan weens voorwaardes vervat in die Washington-Konsensus
Die tien beleidsreëls van die Konsensus was:
Enige een wat die politieke debat in die land volg besef dat as daar nou een punt is waarin die ANC-regime hopeloos faal, dit hierdie laaste een is. Sonder om in te veel besonderhede oor hierdie saak, wat al uitvoerig op hierdie webbladsy en in die algemene nuusmedia behandel is, te verval, die vraag: Wat wil die ANC-regime met die land se mynbou, landbou, handel en nywerheid doen? Hy wil dit nasionaliseer. Dus wetlike beskerming van eiendomgsreg afskaf.
Net op sterkte van hierdie feit, 'n sluitsteen tot die 1996-grondwet, is die ANC-regime besig om die Washington-Konsensus ongedaan te maak. Die regime is daarom besig om die grondwet wat in 1996 deur die parlement bekragtig is, in 'n nuttelose stukkie papier te verander.
Meer nog: As die tekens van die tye onder oë gesien word is dit klaarblyklik dat die grondwet nie alleen van van die begin af bestem was om 'n nuttelose stukkie papier te wees nie. Dit sal soos in alle Swart state flentertjies met bloedbevlekte konfetti word wat oor Suid-Afrika dwarrel wannneer Julias Malema en ander ANC-kaders hul grond- en eiendomsgrypery met geweld op die land se Blankes afdwing.