1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955533

Besoekers aanlyn

Ons het 114 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

BURGERREGTE. REGTIG?

DIE BURGERREGTEBEWEGING IN SUID-AFRIKA EN SOLIDARITEIT

Sogenaamde burgerregtebewegings was vreemd vir die Afrikaner, vandag is die Afrikaner in 'n volbloed burgerregte-kultuur ingelok deur middel van 'n eertydse Afrikanervakbond, nou bekend as Solidariteit.

Solidariteit het dan ook 'n sogenaamde burgerregte-vleuel, bekend as Afriforum, 'n organisasie onder aanvoering van Kallie Kriel.

Kriel se loopbaan as “regse” is met behulp van Radio Pretoria gelanseer toe hierdie verloopte stasie in die 1990's buitengewone aandag in sy nuusdekking en nuusagtergrondprogramme  aan 'n sirkus in 'n parlementssitting gegee het waarin Kriel die hoofnar was. Kriel sou naamlik opmerkings van die openbare galery tydens 'n parlementsitting gemaak het wat hom die onmin van die ANC-regime op die hals sou haal, 'n ware “showstopper” in die nou reeds bekende tradisie van Solidariteit waarin daar onder meer met kruiwaens beweerde handtekeninge teen misdaad en diesulke dinge by die Parlement opgedaag word

.

Kriel se buiging as “regse” in die Afrikaner-politiek was kort nadat hoof-NP-onderhandelaar en Amerikaanse en kommunistiese lakei Roelf Meyer lang persverklarings begin uitreik, en ewe lang perskonferensies begin hou het, oor die vermeende heilsaamheid van burgerregtebewegings.

Burgerregte? Hoe dan?

Is daar iets verkeerd met die bevordering van die Afrikaner se sogenaamde burgerregte?

Gewis as die Afrikaner se volksregte, soos dat hy geregtig is op 'n eie land en eie vakbondorganisasies (en nie 'n bont een soos Solidariteit nie), by die agterdeur uitgesmyt word. En as daar in gedagte gehou word dat die sogenaamde burgerregtebeweging sy oorsprong in die humanisme het.

Die spoor van die burgerregtebeweging loop deur die Franse Rewolusie en 'n reeks ander opstande  bekend as rewolusies wat veral sedert die 1840's in Europa voorgekom het, tot in Amerika, waar dit onder die beskerming van die vrymesselary skering en inslag in die Amerikaanse samelewing gevind het. Dis egter onder Amerika se Swart bewussynsgroepe, met Martin Luher King as die speerpunt, veral dat die burgerregtebeweging daar sy weersinswekkende kleim afgesteek het.

Dat burgerregtebewegings vreemde vlees vir die Afrikanervolk gebly het tot en met die 1990's  is waar en wel weens die protestants-Afrikaner kerklike gemeenskap en sy leierskap wat enige organisasie wat net vaagweg bande met die humanisme sou openbaar, veroordeel het, of hulle ten minste op 'n veilige afstand probeer hou het.

Helaas is daardie tyd verby. Blaai maar byvoorbeeld deur die Afrikaanse Protestantse Kerk se lyfblad, Die Boodskapper, om die bewieroking van Solidariteit en Afriforum in artikels gade te slaan.

Nie dat die kerklike gemeenskap onder die protestante hom nie met die politiek kan of hoef te bemoei nie, ook wat die Christen-Afrikaner betref. Ons merk hierdie bemoeienis van protestante met die politiek dan inderdaad in die geskrifte en doen en late van persoonlikhede soos Johannes Calvyn en John Knox en elke protestantse leier van naam. Calvyn het protestantse betrokkenheid by die politiek van die dag opgevorder deur instellings wat hy “mindere magistrate” genoem het. Maar onder hierdie opgevorderde protestantse instellings in die samelewing sou net die kruis as simbool van vryheid welkom wees, gewis nie die hamer en sekel of die lasterlike slagkrete wat tydens opstande soos  die Franse Rewolusie opgeklink het nie.

En dit is die dilemma van die borge van die Suid-Afrikaanse Rewolusie. As 'n volk soos die Afrikanervolk, in wese 'n Christenvolk, vir die voortgaande rewolusie opgevorder moet word, hoe kry jy dit reg dat hy nie skaam kry om by 'n optog in te val waarin die Rooi Vlag wapper en die hamer en sekel saam in die voorhoede is nie? Deur die motief van die opgevorderdes so in te klee  dat die Rooi Vlag wel saam met die kruis in die optog kan lei.

Dis wat in die burgerregte-beweging in Amerika, onder aanvoering van “Christelike” eerwaardes soos Martin Luther-King, gedoen is, en dis hoe dit nou in Suid-Afrika gebeur waar Flip Buys se  Solidariteit-onderhoriges saam met Blade Nzimande se SA Kommunisteparty-onderhoriges die strate vat.

Soos reeds laat blyk, het die vestiging van die burgergtebeweging deur Solidariteit nie sommer net spontaan gebeur nie. Dis met deeglike beplanning deur die Amerikaanse State Department en die (CFR) van stapel laat loop.

In die ondersoek van die CFR se invloed word onder meer die naam van Lawrence Schlemmer (nou oorlede) opgemerk. Nog iemand wat studiestukke by die CFR gepubliseer het is Herman Giliomee.

Dit is egter Schlemmer wat ons aandag verg. Want dit was Schlemmer wat die beleid van die ou Blanke Mynwerkersunie hersien het om hierdie eens behoudende Afrikaner-bastion onder die nuwe naam Solidariteit as burgerregtefront vir die Nuwe Suid-Afrika te lanseer.

Die en CFR se veldtog is gevoer deur 'n netwerk van organisasies. Groot bedrae geld, ook CIA-geld, is gebruik om die afskop van die program te finansier en beleidsdoelwitte na te jaag.

Die veldtog stem ooreen met strategieë wat Amerika en in die res van Afrika maar ook Suid-Amerika gevolg het, skryf 'n waarnemer in Januarie 1993. “Die resep sluit gewoonlik ekonomiese, sosiale en politieke maatreëls in, gekoppel aan koverte of klandestiene optrede deur CIA-agente. Dit is voorts verbloem as 'n soort internasionale operasie van die VN.

“Die jongste inligting dui op 'n versnelde en uitgebreide veldtog wat in besonderhede teen die middel van 1992 in Amerika ontwerp is,” skryf die waarnemer. 'n Gesamentlike konferensie van sleutelorganisasies is op 29 Julie 1992 gehou. Die resultate is saamgevat in 'n memorandum met die titel, South Africa: Toward a New Political order?

Die veldtog is van stapel geloop onder die voorwendsel, die beperking van geweld in Suid-Afrika, As deel van sy toepassing het F.W. de Klerk en sy destydse minister van verdediging Roelf Meyer, met die latere hulp van die Joodse regter Richard Goldstone, van moontlike opstandige elemente onder die generaals van die ou SAW en SAP ontslae geraak.

Nog 'n Jood, Michael Christie van die SA Stigting, het oor hierdie verwikkelinge geskryf: “Die deur is nou meer as oop vir die wêreld om 'n beslissende en welwillende rol in die bepaling van gebeure in Suid-Afrika te speel.”

Gay McDowell van die Lawyer Commity of Civil Rights, het op die konferensie verklaar dat 'n onafhanklike aanklaer die veiligheidsmagte moes ondersoek, eise wat net so deur die SA Kommunisteparty en die ANC oorgeneem is. In die memorandum staan dan ook so oor die te wagte nuwe rol van burgerregte-organisasies in ons land geskryf: “The US government and private volantary organizations should become far more active in building South Africas's civil structures.”

Die  Afrikaner-kommentaarskrywer van destyds verklaar dan: “Die sogenaamde opbou van 'burgerlike strukture' behels die volgende: vredeskomitees, die betrokkenheid van stadsrade, die bevordering van vroue-organisasies, opvoedkundige uitruilskemas (veral dosente), die uitnooi van leiers uit Amerika en Afrika en die gebruik van propagandamiddels soos perskonferensies (en kruiwaens kamtig vol protesskrifte?!).”

Die hele linie van voormalige behoudende Afrikanerorganisasies is later sito-sito by hierdie sogenaamde burgerregte-beweging betrek, van die Afrikaanse Handelsinstituut tot die georganiseerde landbou, TLU SA ingesluit. Wat laasgenoemde betref het ons spoedig na die aanbreek van die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika  gesien hoe boere-optoggies en handjiesvol boere-protesmakers hul opwagting by hofsake waarin sogenaamde plaasmoordenaars verskyn het maak, alles binne Amerikaanse beleidsvoorskrifte vir burgerregtebewegings.

Ja, selfs nou, meer as 20 jaar na F.W. De Klerk se Rooi Vrydag-toespraak, besef die Afrikanervolk klaarblyklik nie niks - allermins 'n optoggie of 'n kruiwae met protesskriffies - kan die stemreg wat hulle vir hul eie verteenwoordigers in die ou Volksraad gehad het (die laaste in 1989), vervang nie. Hulle draf maar steeds agter die burgeregte-rottevangers Flip Buys, Dirk Herman, Danie Langer en Kallie Kriel aan, onderweg na gewisse ondergang.  

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie