TOLSKELM!
Die kontroversie rondom die veelbesproke tolhekke en ekstra finansiële las wat dit op die padverbruiker sou lê, is niks anders as nog ʼn regeringsstommiteit wat daarop gerig is om die regime se toegang tot meer blanke geld te bewerkstellig nie.
Die enorme bedrae geld wat deur korrupsie en wanbesteding nie meer beskikbaar is om infrastruktuur in stand te hou nie, wat nog te sê om uitgediende infrastruktuur te vervang, moet op die een of ander wyse aangevul word. Soos aasvoels kyk hulle waar hulle kan aas op blanke inkomste
Die feit dat die hof hulle inkomsteplan tydelik in die wiele gery het, sal egter niks afdoen aan hulle toegang tot die blanke se karige oorblywende inkomste nie! Die Freedom Charter stipuleer immers dat daar ʼn vinnige en onomkeerbare herverdeling van rykdom sal plaasvind. Hulle sal waarskynlik begin met die verhoging van die brandstofprys en verder hulle tekorte aanvul met heffings op krag en water en elke ander verbruikersbehoefte, totdat die land se ekonomie tot stilstand gekom het.
Die uitgangspunt vir die vestiging van tolhekke, was vanaf sy geboorte oneerlik omdat die motoris reeds voldoende belas is om die paaie in stand te hou én te vernuwe indien die begrote lewensverwagting daarvan verstryk het, net soos wat hy voldoende belas is om die onderwys in stand te hou en niks daarvoor terug kry nie, sowel as vir sy veiligheid en wet en orde en gesondheidsdienste, alles waarvoor hy niks behalwe agteruitgang terugkry nie!
Die behandeling van die simptome van ʼn terminale siekte bring sekerlik verligting, maar dat die dood onafwendbaar is indien die oorsaak nie verwyder word nie, behoef nie uitermate intelligensie nie, behalwe as jy poog om die politieke aannames en uitsprake van die laaste blanke regering en hulle politieke eksperimente probeer verstaan! Dit veroorsaak ʼn breinstilstand wat uiters nadelig kan wees vir vergewingsgesindheid!
As die Tollenaars skelm is, spreek dit tog vanself dat die “skeppers” van die stelsel wat die Tollenaars voortgebring het, die vaders van die skelmstelsels is waaronder die Afrikanervolk nou gebuk moet gaan.
Redaksie.