1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9955226

Besoekers aanlyn

Ons het 140 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WIE OF WAT VEROORSAAK VERDEELDHEID?

DIE OORSAAK VAN VERDEELDHEID 17 Julie 2009

 Ek het die webmeester versoek om hierdie betoog weer te plaas omdat dit relevant is in die lig van die F.W. Stigting se plasing van de Klerk se repliek op Radebe se uitlatings.

INLEIDING:

Sedert die vyande van die Afrikanervolk in 1994 tot “heersers” oor ons verhef is, het die aanmatigende gesindheid van bykans elke nie-blanke persoon in beheer van iets of iemand, gaandeweg toegeneem tot by die finale dreigement van uitwissing, sou ons nie retireer nie! Gedenk maar die kreet: “Adapt or die”!

 Die “onomkeerbaarheid” en “finaliteit” van die verraad teenoor die Afrikanervolk is in die oë van ons vyande in die buiteland so volledig, dat selfs Gaddafi dit beskryf as : ”white people are now at the “mercy” of Africa’s black leaders........”, en: “the blacks are victorious.  The whites are now under their control.” Volgens ‘n voorblad berig van die Sunday Times van 14 Julie 2002.

 Die AVP glo egter dat die owerheidsgesag wat nou in die hande van barbare is kan nie nou.. en sal nooit in die toekoms die werktuig kan wees om die roepings vervulling van gelowiges te be-eindig nie! Daar is ander kragte aan die werk wat veel groter gevaar vir ons voortbestaan inhou, UIT AFRIKANER BODEM

fw 09-11-16 kleinF.W.de Klerk  wat instrumenteel was in die swartes se “victory” word na sy openlike verraad in 1994, steeds deur Solidariteit, wat ook eens ‘n slegs blanke organisasie was, nou telkens prominensie verleen in die openbaar. Die afleidings wat daaruit gemaak kan en moet word, is dat die verraad nog lank nie afgerond is nie en dat Solidariteit, soos ook ander organisasies wat diè vakbond se sentimente deel, nie is wat hulle voorgee om te wees nie.

 Op ‘n “Internasionale” konferensie van Solidariteit in “Centurion”  op 16 Julie 2009, verklaar de Klerk dat net soos wat ekonomiese groei die val van apartheid  ingewy het, sal dit ook ekonomiese werklikhede wees wat ‘n einde sal bring aan die huidige ongebalanseerde regstellende aksie. As hy in dieselfde asem sê dat as Suid Afrika op ekonomiese gebied mededingend wil wees, sal dit vereis dat elke talentvolle Suid Afrikaner daarvoor ingespan sal moet word, is sy asembenemende “insig” verstommend, in ag genome dat die talentvolle wat deur sý verraderlike toedoen landuit is of werkloos ‘n eie heenkome moes vind, nie meer beskikbaar is nie. En as hy na 15 jaar van sy Afrikaner verpletterende politieke eksperimente nou nog nie oortuig is, dat al was hulle hier en beskikbaar, daar nie genoeg breinkrag bestaan in die dubbel so groot as die eertydse Blanke Parlement, om tot die besef  te kom dat die huidige stelsel van regstellende aksie waarna hy verwys, Suid Afrika reeds halfpad oor die afgrond het nie!.

Tim du Plessis in gister  se beeld

“Rasse-ideologie is die virus wat die land al meer as 350 jaar terughou en verhinder dat Suid Afrika tot sy volle potensiaal ontwikkel.

Eers die ideologie van wit meerderwaardigheid en sedert 1994, sy swart eweknie. Albei aangevuur deur daardie teenproduktiewe ding, nasionalisme.”

 

Sulke joernalistieke stommiteit deug slegs om die inkomste van die blanke naprater vir nog ‘n maand of twee-drie te verseker, maar in volksverband herinner dit slegs aan die eeue oue aanhaling van Cicero: “...........A murderer is less to be feared”.  Rasse-ideologie! Ek bid jou aan!!  Nasionalisme ‘n teenproduktiewe ding!  Mnr. Jaap Marais het by geleentheid van iemand gesê, “ Die Engelse het ‘n gesegde wat lui: This man was educated beyond his intelligence”.  Feit is egter dat die oningeligtes, goedgelowiges, be-invloed word, wat weer verdeeldheid en onderlinge wantroue veroorsaak!

 

Gaddafi se  oordeel word klaarblyklik gedeel deur die meeste liberale Afrikaners wat hulle vir die huidige “Demokrasie” en teenpool van nasionalisme be-ywer het en nou, ten spyte van die ontnugtering deur die “Afrikamaatstaf” wat op ons aangelê word, nl. moord, verkragting, marteling, motorkapings, korrupsie, ens., steeds wil saamwerk! Volgens hulle bly daar net een weg oop, nl. deelname aan hierdie stelsel van selfvernietiging, met die hoop dat daar darem iewers iets vir die Afrikaner sal oorbly.  Behalwe dat ons daarvoor dankbaar moet wees, moet ons dan ook nog daarmee tevrede  wees!

So verklaar Joost en Amor v.d. Westhuisen, Pik Botha, Liezel v.d. Westhuizen van Idols faam, dat hulle môre Mandeladag gaan vier!

Bewys uit geskiedenis slegs ‘n sprokie?

As ons ons verder moet laat lei deur bv. iemand soos Albert Venter (Professor in Rau se departement politiek en regeerkunde) se repliek in die Rapport, ook van 14 Julie 2002, in die debat oor die histories Afrikaanse Universiteite en die be-oogde onderwysplan, is Gaddafi nie net reg in sy oordeel nie, maar is die lot van die blankes in Rhodesië onvermydelik ook ons s’n!

Venter maak die stelling dat die FAK, die Broederbond, die kerke, die TO, die Akademie, die Afrikaanse Handelsinstituut,  in die bevordering van die “Afrikaanse saak”, spreekwoordelike tandelose leeus geword het.

 Gesien hulle aandeel in die bevordering van die huidige “Demokrasie” sou ek persoonlik uiters verbaas wees indien daar  uit daardie oord iets van wat hulle weg,  (soos in weggee), onderhandel het, vir die Afrikaner  teruggekry kan of wil word. In ‘n oorlog het die “Victors” wat “control” het geen respek of agting vir ‘n kruiperige verraaier nie! As jy dan nog soos Gaddafi glo dat:, ( ”white people are now at the “mercy” of Africa’s black leaders........”) en dat jy die horde swart ministers en amptenare se uitdagings  ingevolge húlle reëls moet aanvaar ten einde vir Afrikaans en die land iets te beteken,  het Afrika as aanskouingsles kennelik by jou verbygegaan en is dit wat nou in Rhodesië gebeur en reeds by ons in snelrat is, tog seker net ‘n feëverhaal?!

 

DIE ROL VAN DIE KERK

Komende vanuit die liberale dampkring kan mens dit nog verstaan, maar luister na wat wyle Ds. Mossie v.d. Berg van die Hervormde Kerk by geleentheid op skrif gestel het toe hy in beheer van Radio Pretoria was en dit deur die Radio propageer het!

 Hy skryf in ‘n boekie TOEKOMS vir SUID-AFRIKA: ..” daar kan ook nooit nog.... of weer.... gedroom word van herstel van ‘n “Blank SA” waar die “witman” weer  sal “baas wees” nie.”

 

Om as blanke in die Nuwe Suid Afrika te bly voortbestaan is hy en sy volgelinge se standpunt die volgende: Die uitganspunt is dat daar ‘n behoefte bestaan vir “iets of iemand” wat vir die heil van alle mense in Suid Afrika nou eenmaal die leiding moet neem om voor te loop. ‘n Volksgesagsliggaam, die Afrikaner-Vreiheidsraad. Die raad moet voorloop en die volk moet hom eendragtig kan volg na die herstel van sy staatkundige vryheid toe.   De Klerk? Solidariteit? Radio Pretoria, die VVK?

 

Regse Politiek?

Ek haal aan uit sy publikasie getiteld:

TOEKOMS vir SUID-AFRIKA

6 APRIL/31 MEI 2002

deur Mossie van den Berg

Op bladsy 21: Die herowering van die staatsgesag in die “Nuwe SA” langs konstitusionele weg is alles behalwe ‘n onmoontlike taak! Wat nodig is, is alleen dat Afrikanervolkspolitiek sal uitmond in SA volkerepolitiek. Die Afrikaner het nie die stemvee om ‘n stembusoorwinning oor die ANC te behaal nie. Maar 11 volke wat boonop nou die dag nog glo uit 70% “Christene” bestaan het, het wel die nodige getalle.

 Die duidelik nog steeds, en ook opnuut weer werksame krag van elf volke se saamgesnoerde volksnasionalisme, aangevuur deur ‘n oortuigd verkondigde Christelike geroepenheid, kan met verpletterende donderslag in baie korte tyd die magswellustige Xosa-imperialisme wat die ANC is, planke toe stuur………..”

 Behalwe die betiteling word bladsy een voltooi met die volgende aanhaling van G.A. Watermeyer.

“Ons wat teen sewe strome gaan,

moet murgsterk in ons wese staan

om langs die wapad van ons dink

wat linksom kantel regs te krink.”

‘n Baie toepaslike aanhaling vir ons tyd, maar watter kant toe krink hulle nou? Wie mislei nou vir wie?

 MAGSDELING

Hier is magsdeling mos in sy suiwerste vorm  en stem bo-genoemde siening grootliks ooreen met die verduideliking van wyle Dr. Connie Mulder in die Parlement soos opgeteken in Hansard, van die KP se voorsiende Stateberaad!

Hier noem die betrokkenes, wat be-oog ”,…..(op bladsy 5),  om by die regering aansoek te doen vir erkenning as vertolker en beskermer, op alle lewensterreine, van die Afrikaner se “grondwetlike regte dit ‘n Volkereberaad!.

KP DENKE WAT NOU KULMINEER IN DIE VVK?

Uitspraak oor El-Bashir van Soedan.

In Beeld van Donderdag 16 Julie 2009 onder die berig “SA versuim sy pligte  verskyn n berig waar die Suid Afrikaanse menseregte kommissie die regering van Jacob Zuma maan om die land se wette en grondwet te respekteer.

Suid Afrika was op 3 Julie 2009 deel van ‘n eenparige besluit van die Afrika Unie in

Sirte, Libië dat diè liggaam en sy lede die Soedanese Leier El-Basjir sal beskerm waar hy ook al op die vaste land mag gaan. Dit ten spyte daarvan dat Suid Afrika saam met 30 ander lande, die Internasionale Strafhof van Denhaag se Statuut van Rome onderteken het wat hulle verplig om verdagtes soos Basjhir aan die hof uit te lewer.

Die Suid Afrikaanse parlement het in 2002 ‘n wet aanvaar wat al die statuut se bepalings deel van ons regstel maak.

Suid- Afrika se besluit dat hy sal weier om president Omar Hassan el-Basjhir van Soedan aan die Internasionale strafhof uit te lewer, bots dus lynreg met die regering se pligte in terme van die grondwet en internationale reg.

Watter kans het die VVK in die lig hiervan om die Afrikaner se saak deur só ‘n regering bereg te kry?

As hierdie Gaddafi-benadering vir ons iets moet beteken in ons stryd om voortbestaan in die “Nuwe” Suid-Afrika, nie net as blankes nie maar as Afrikanervolk, dan moet ons hierdie benadering  toets aan wat dit werd was  in Mugabe se land! ‘n Ronde nul!  Ten spyte van briljante ontleding van ons bepaalde unieke bevolkingsamestelling  se staatkundige behoefte en die veelvuldige waarskuwings teen die gevaar van magsdeling, word die rug gedraai op juis dit wat gewerk het!  Wat is die motief? Wat is die motief om ‘n stelsel wat géén potensiaal het om te slaag te ondersteun?  Is dit bloot die vrees vir ‘n “bloedbad”, of besef ons miskien nie die omvang van die invloed van die Humanisme, wat daarin geslaag het om ‘n klimaat te skep waarin die Afrikaanse kerke die Afrikanervolk gefaal het!  Die geloofwaardigheid van die Afrikaanse kerke onder Afrikaners word weerspieël  in die geestelike versterking wat gesoek word by Angus Buchan

Hierin is die sleutel tot die opheldering van ‘n jarelange kwelling opgesluit van waarom bekende politieke-, kerk- en kultuurleiers in Afrikanergeledere, wat deurgaans die beeld van nasionalisme projekteer het, selfs met die uiterste pogings, nie oorreed kon word om Jaap Marais en sy voorgangers  se riglyne te aanvaar,  of selfs net te ondersteun nie!

 

DIE BELEMMERING VAN NASIONALISME

Die tussenkoms van die Konserwatiewe Party het die Afrikaner se stryd lamgelê. Daardie aanvanklike beplanning van die Broederbond leef skynbaar voort deur Toekomsgesprek na die Volksbond en word in behoudende geledere gedra deur Radio Pretoria, Solidariteit, Afriforum, die TLU SA en gerugsteun deur die FW-Stigting! Nasionalistiese denke soos vertolk en toegepas deur Genl. Hertzog, tot en met Dr. Verwoerd, dr Hertzog, Jaap en Willie Marais, is en word daardeur ernstig in die wiele gery!

 

BEGINSELVERSKIL

Wat ons moet begryp en verreken, is die beginselversaking wat  klaarheid bring oor die vraag waarom daar deurlopend Partye, Organisasies en Strukture, naas ons instede van saam met ons, oor die afgelope 40 jaar tot standgebring is! Nie die leierskap, nie die beskuldiging dat ons nie vorder of niks bereik of nie wil saamwerk of watter ander argument ookal aangevoer word nie!

Dit is die beginsel waarvan ons nie wil afstand doen wat nie net die vrye wêreld maar ook elke individuele liberalis en organisasie binnelands die Nasionale Regering van dr.Verwoerd laat kritiseer het nie,!. Hoewel onderlinge verskille voorkom, deel hierdie neo konserwatiewes almal die sentiment dat apartheid ‘n euwel was!

Deurgaans was dit hoofsaaklik ook dieselfde persone wat in al hierdie pogings betrokke was en in hoofsaak omdat hulle nou staatkundige oplossings vir ons volk soek in Magsdeling onder die dekmantel van selfbeskikking! In wie se belang tree hulle op? Kan dit werklik in die Afrikaner se belang wees? Die aanhoudende verdeeldheid deur voor te gee dat hulle in die Afrikaner se belang optree, was ongelukkig deurgaans suksesvol! Vir veertig jaar slaag ons nie daarin om met die suiwerste argumente die Afrikanervolk tot eendragtigheid op te vorder nie!

Lukas 11: 17  Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val.

Ambassadeurs?

Ek het met verbasing in Eschel Rhoodie se boek, Die Ware Inligtingskandaal, bladsy 36 gelees dat meeste van die Ambassadeurs van selfs Dr. Malan se tyd tot en met Dr. Verwoerd se regering, nie die beleid van apartheid gesteun het nie en dit in die geheim selfs repudieer het! Hy skryf: “Vele Suid-Afrikaanse Ambassadeurs, gerieflik in hul deftige wonings oorsee ingerig, was gladnie gretig om in die stryd om apartheid te bevorder of te verdedig verwikkel te raak nie”……….Van Anthony Hamilton, Hoë-Kommisaris in Australië, skryf hy bv: “Hy kon beswaarlik sy politieke vyandigheid jeens die regering van Dr. Verwoerd in toom hou. Toe die Australiese Premier, Robert Menzies en Hamilton en ek by geleentheid (op Uniedag) ‘n bespreking oor afsonderlike ontwikkeling gehad het, het Hamilton gesê: “Dit is hoog tyd dat hierdie vervloekte Nasionaliste besef dat hulle nie met hul sotlikhede kan wegkom nie!””

 

As ‘n mens dan nou sien hoe die “regses”, om polities korrek te wees in die oë van die humanistiese wêreld, wegbeweeg van ras as onderskeidingsfaktor en allerhande praksasies in die geheim beplan waarby die volk dan betrek moet word, sal die AVP opnuut moet besin! Besin veral oor die nuwe godsdiens van ons tyd, nl. die humanisme wat die Afrikaner se nugter denke vertroebel, maar in lyn is met ons vyande se oogmerke!

GELOOF

Wanneer jou geloof oorskadu word deur omstandighede en jy dan vanuit die omstandigheid jou toekoms probeer beredeneer, soos die liberales van ons land, instede van uit beginsel, het jy in jou gemoed klaar oorgegee! Dis mos die ou VP-beleid wat nou nagestreef word! Die beleid van De Villiers Graaf, Helen Suzman, Tony Leon en Helen Zille van die DA wat eertydse nasionaliste soos F.W. de Klerk en Kie nou agterna hardloop asof dit die enigste hoop is!!

Terwyl daar kwistig uit die Bybel en uit die geskiedenis aangehaal word, laat ons ook maar onthou dat daar by Amajuba nie kompromië gesluit is nie, dat  by Paardekraal op 14 Desember 1880 Pres. Paul Kruger gevra :  “Laat elkeen wat bereid is om ‘n verbond te sluit dat jy sal veg tot ons vryheid weer herstel is, ‘n klip neerlê”  So het ‘n sigbare bewys van die verbond van Paardekraal in die vorm van ‘n klipstapel verrys!

 Die Verbond:…. “Dat wij elkander de hand geven, als mannen, broeders, plegtig belovende trouw te houden aan ons land en volk en met het oog op God zamen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek”  ........        Dit is wat ons nou kortkom!

Die gees van die gelofte was ook duidelik sigbaar in die Volksverklaring wat die vorige dag goedgekeur is en wat so lui:

“Dat het Volk verklaart, dat het met Gods hulp verlangt een krachtige Regering der Z.A. Republiek, eerbiediging van de wet, ontwikkeling en vooruitgang van het land en dat het belooft man voor man daartoe te zullen medewerken en de opgetreden Regering te zullen verdedigen tot den dood toe,-Zoo waarlijk helpe ons God Almagtig”

WAT WAS ONS VERLIES IN 1994?

Waarna Gaddafi verwys het was nie ‘n oorwinning van Swart oor Wit nie, maar veral ‘n verkryging van Mag oor Reg!  Van Valsheid en Verraad oor Waarheid en Regverdigheid!

Die gevaar van oorheersing van barbaar oor beskawing, van Antichris oor Christendom, van die ongelowige oor die gelowige,….. is deur hulle oorgawe, deur de Klerk en sy bende geskep en word vandag in stand gehou deur die  onderhandelaars.

WAT IS ONS VERWEER?

Vasberadenheid, moed maar veral geloof  in gehoorsaamheid aan die Woord van GOD, sal dit afweer! Nie deur kompromie en onderhandeling nie! Onderhandeling of samewerking skort tog onmiddellik verset op! Vir veertig jaar stry ons, probeer ons oortuig, waarsku ons.  Vandag met die modernste metodes denkbaar!  Is die hand van God nie duidelik sigbaar vanweë die ongehoorsaamheid van die Afrikanervolk nie?

1 Samuel 14:6

 Jónatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.

Verset teen Verdeeldheid

Kom ons oortuig ons volk om terug te keer na sy beginsels en veral na sy geloof! Oorreed hulle om in sterkte  aan te sluit by die AVP, nie terwille van die Party nie maar terwille van eendragtigheid in beginsel en in verset as ‘n heg gebinde gelowige en aan God gehoorsame Afrikanervolk !

As wyle ds. Mossie van den Berg op bladsy 26 van sy boekie self ‘n streep deur sy eie en sy voornemende “Afrikanerraadslede” se toekomsversugting vir die Afrikanervolk trek wanneer hy skryf; “En as die hoop op steun uit ons buurvolke teleurstel, nasionalisme in hulle geledere blyk nie te bestaan nie, dat die konstitusionele pad ons nêrens bring nie, het Afrikaners darem in die poging bymekaargekom en so sterker geword, vir aandurf van die volgende opsie.”.......dan sê ons van die AVP aan al die dominees Mossie en diésulkes, en daar is ‘n hele paar van hulle: Nee Ds. Mossie, kyk om julle! Hoeveel lewens nog? Ons word vermoor, ons vrouens en dogters verkrag en verneder, ons eiendom gesteel en ons grond geroof! Ons het nou genoeg gehad! Staak julle gedobbel met die Afrikanervolk se toekoms! Die geskiedenis het reeds oor julle “insig” uitspraak gelewer!

Laat ons wat geloof het, dít bly behou, en ook nooit  beginsels verruil vir welke politieke of akademiese beredenering  vanuit die liberale dampkring nie!

Die land “Kanaän” in Dr. Verwoerd se tyd, wat John Vorster, P.W.Botha, F.W. de Klerk en hulle aanhangers in ‘n ashoop verander het..... en deur die A.N.C. Regime tot ‘n rioolput reduseer is, behoort vir elke reggesinde Afrikaner die bewys te wees dat ons leiers se oordeel vanuit die geskiedenis, om ras as onderskeidingsfaktor in ons staatkundige bedeling te handhaaf, in belang van alle volke, reg was. Verder is dit noodsaaklik dat ons ingedagte sal hou dat ons nie ‘n oorlog verloor het nie, maar deur naakte verraad en doelbewuste misleiding geland het waar ons nou is en daar gehou moet word as die rewolusie moet slaag.

 Ek versterk my betoog uit Nehemia 13: vanaf vers 11.

Neem dit asseblief as inspirasie met u saam sodat ons ywer gesamentlik ‘n onkeerbare nasionale golf word!

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie