ONDERWYS IN SUID AFRIKA STEEDS IN DIE SPERVUUR
Op 20 MEI 1997, het ek my kommer oor die onderwys op skrif gestel. Met alles wat die afgelope paar weke in die media oor die onderwys geskryf is, is dit duidelik dat niks verander het nie! So sal dit ook voortduur totdat die Afrikaner sy hakke ingeslaan en weer beheer oor die onderwys en opvoeding van sy kind in eie hande neem!
Inleiding:
Ek was van mening dat die samestelling van die huidige beleid ontwerp is met die doel om die eenheidstrewe in Afrikanergeledere ten alle koste te verbreek, selfs ten koste van die Onderwys self! Indien ons dus nie ‘n sinvolle bydrae kan maak tot die ontmaskering van die metodes wat gebruik word om effektiewe weerstand aan bande te lê, of selfs te dwarsboom nie, word dit vir my ‘n vraag of ons hoegenaamd daarin sal slaag om ons kinders se onderwys en opvoedingstandaard, waaraan Afrikaners gewoond was, te handhaaf.
Indien beleidstelling sou kon bydra tot die handhawing van ons geërfde onderwys waardes wat die Afrikanervolk gevoer het tot wêreldleier op vele gebiede, sou beleidstelling wel ‘n bepaalde waarde kon hê.
Agtergrond:
Die Afrikaner het uit sy Germaanse afkoms ook die erfenis van die Christelike godsdiens as onderbou van sy Volkswording deur al die eeue as kleinood bewaar . As grondslag vir elke lewensterrein was dit die bron vir die daarstelling van ons waardebepalings waaruit gegroei het die standaarde wat die Afrikaner ‘n volk gemaak het waarna selfs die groter moondhede op sommige terreine opgesien het!
Hierdie standaarde was egter net bereikbaar en gehandhaaf omdat die Afrikaner Godgebonde en met vaste geloof, die rasseverskeidenheid erken en gerespekteer het .
Uit die lesse van die geskiedenis is die beginsel van rasseskeiding deur ons voorouers uitgebou en gehandhaaf in belang van al die betrokke rasse en het die Afrikaner dit tot in 1966 toegewyd gehandhaaf vanweë duidelike begrip van die betekenis en waarde daarvan. Dit alleen het die behoud van die onderskeie rasse se kultuur en ander volkswaardes moontlik gemaak en ongekende vooruitgang en vreedsame naasbestaan verseker, terwyl die gebrek aan gemeenskaplikheid binne veelrassigheid, standaarde belemmer en uiteindelik vernietig! Ras as onderskeidingsfaktor is nie mensgemaak nie en is onlosmaaklik aan kultuur verbind, en daarom ononderhandelbaar. Rasloosheid is ‘n term en nie ‘n werklikheid nie soos wat nie-rassigheid ‘n kunsmatigheid is wat bots met die skeppingsorde. Die beginsel van rasseskeiding het die nasionale strewe versterk en die Godgegewe reg (opdrag) van die verbondsouer om self voorsiening te maak vir die opvoeding van sy kind, binne sy volksmillieu, moontlik gemaak.
TAAL:
Net so ononderhandelbaar is moedertaal. As opvoeding-en-onderrigmedium is daar niks wat die moedertaal kan vervang nie! Om ‘n kind daardie basiese reg te ontneem, en te verwag dat die maksimum vermoë van die leerling ontgin sal word in ‘n volksvreemde taal, is ‘n fundamentele fout en is om die kind, (van welke ras ook al ), die geleentheid te ontneem om tot sy volle potensiaal te ontwikkel.
Die afwyking van dié twee basiese wetmatighede nl. Rasseskeiding en moedertaalonderrig, sal ‘n totaal ontoereikende werksmag daarstel , benewens die sosiaal-maatskaplike probleme wat individue gaan ontwikkel vanuit beide die akademiese sowel as geestelike agterstand wat noodwendig moet ontstaan en by herhaling uit die lesse van die geskiedenis bewys is!
Vaderlandsgeskiedenis :
Wat die fondasie van ‘n Volk se wording is en waaruit die riglyne vir die toekoms maar ook die verankering van sy waardes en beginsels wat in die praktyk getoets en gelouter is kom, is nie net onontbeerlik vir voortbestaan nie, maar óók ononderhandelbaar! Geen vervorming of verdraaiing daarvan durf gedoog word nie!
Om egter hierdie suksesvolle benadering van ‘n voorkeur vir die eie, waarbinne riglyne neergelê kon word sonder om ander kulture aanstoot te gee, deur die Afrikaner se vyande binne ‘n veelrassige samelewing te probeer nadoen, is ‘n verskeidenheid van misleidende taktieke gevolg.
TAKTIEK:
1. Die beginsel van rasseskeiding is eers onder verdenking gebring, veral vanuit die kerke.
2. Die akte van menseregte is ingebring as teenvoeter vir die nasionalistiese uitgangspunt van rasseskeiding.
3. Onderhandeling het die metode geword om die resultaat van die onwerkbaarheid van veelrassige ‘demokrasie”, te versluier, en die Afrikaner daarby te betrek.
Sonder ‘n agtergrondskets van die ontplooiing van strategie en metodiek van die vyand van die Afrikaner, sou blote beleidstelling na ‘n onbereikbare droom lyk en in die rook van die huidige verwikkelinge in die onderwys, verdwyn! Onderhandelde skikkings sal dan na die enigste haalbare alternatiewe lyk!
Dat enige onderhandelings met die regering, en dan veral deur diegene wat die regering help daarstel het, en voorgee dat hulle die Afrikaner verteenwoordig, enige waarde het vir ons kinders en ons volk, is finaal deur die hof besweer in die Potgietersrus saak en die onttrekking van die NP uit die RNE!
Mense en /of organisasies wat verbind is tot nie-rassige demokrasie of die rasbeginsel verruil vir iets anders, is nie ernstig met die onderwys van die Afrikaner, of enige ander ras nie!
Deelname aan die stelsel, hetsy deur onderhandeling of betrokkenheid met die doel om die Afrikaner se saak te bevorder, is soos om met jou vingers die gate in ‘n krakende damwal te probeer toestop! Die uiteinde is onteenseglik die Afrikaner as afsonderlike volk se vernietiging!
Op die langtermyn is daar dus net een oplossing: Ons moet ons beywer om op bewese beleid en beginsel, die politieke mag terug te kry. Die haalbaarheid en wyse, verg uiteraard ‘n bespreking op sy eie!
Oor die korttermyn is daar egter sekere gegewes wat ons in aanmerking sal moet neem wanneer ons na maatreëls kyk om ons onderwys en veral ons kinders binne die onderwys te beskerm!
1. I n die Staatskole sit ons met verdeelde lojaliteit ten opsigte van die Afrikaner se beste belang. (Ouers, Onderwysers, en Kinders is hierin onderling verdeeld)
2. Die Kurrikulum se gerigtheid is doelbewuste, planmatige uitwissing van Afrikanerwaardes en standaarde.
3. Privaatskole maak nie voorsiening vir die minderbevoorregte kind vanweë die noodwendige hoër koste nie en is onderhewig aan die onderwyswet en die grondwet.
4. Alle geregistreerde skole is onderhewig aan die bepalings van die Onderwyswet en Grondwet en ander wette wat gemaak sal word om die gate toe te stop waardeur ons nou nog moontlik kan glip!
Om dus vanuit gevormde organisasies eise aan die regering te stel sonder dat ons mense in optrede op beginselgrondslag gekonsolideer het, skep lee verwagtings wat nie werklik waarde het vir die Afrikaner nie maar wel vir die vyand van die Afrikaner! Ons weerstand moet in verhouding kom met die aanslag!
Ons kan egter oor die korttermyn geweldig baie doen om ‘n klimaat te skep vir die nodige konsolidasie deur:
1. Ons Ouers te motiveer om:
• Groter betrokkenheid by hulle kinders se onderwys en opvoeding te demonstreer waar die kind ook al ingeskryf is, deur sterk standpuntstelling.
• Nie ge-intimideer te word deur reels en regulasies wat ouer inspraak negeer nie.
• Waar moontlik hulle kinders vrywaar van blootstelling aan die nuwe leerplanne deur hulle in te skryf by instellings wat Afrikanerwaardes handhaaf, of self te onderrig deur tuisskoling
• Waar moontlik en aanvaarbaar, hulle kinders by C.V.O. Skole in te skryf waar tot ‘n groot mate enersdenkendes bymekaar is.
• Nie mislei te word deur die persone of instansies wat “Christelikheid” vooropstel maar die rasbeginsel ignoreer.
• Hulle kinders te oortuig deur voorbeeld en geskiedenis van die nadele van rasvermenging teenoor die voordele van rasseskeiding.
• Nie hulle kinders op Afrikaner feesdae te laat skoolgaan nie, maar na feesgeleenthede te neem.
• Taalsuiwerheid te handhaaf en die kinders daartoe oor te haal.
• Noulettend te waak oor die standaard en feitlike korrektheid van die lnhoudelike van leerplanne.
2. Ons Onderwysers te motiveer om:
• Nie aktief deel te neem aan die veranderingsproses in die onderwys nie, maar hulle roeping te gedenk.
• Saam met Afrikaner ouers en kinders die Aftakeling van Afrikanerwaardes tee te gaan
• Nie deel te he aan nie-kurrikulere sosiale of ander veelrassige geleenthede nie.
• Aktief mee te help met instandhouding van Afrikaner feesdae deur verlof te neem.
• Beskikbaar te wees om ouers met tuisskoling te help asook by ander instansies soos C.V.O.Skole
• Nie met anderskleurige onderwysers en ampsdraers te sosialiseer nie, maar hulle doelbewus te isoleer.
• ‘n Onafhanklike liggaam tot stand te bring met die oog op die handhawing en uitbouing van Afrikanergerigte leerplanne, opstel van vraestelle en eksaminering meganismes.
• Sport, kultuur en ontspanning strukture te vorm en te vestig om die Afrikanerkind ook daar te ontwikkel.
3. Ons kinders te motiveer om:
• Onder geen omstandighede te sosialiseer met anderskleuriges nie, maar hulle op elke terrein af te sonder en sodoende afsonderlikheid binne die vyand se stelsel te handhaaf!
• Nie te berus in die toestand wat in die skool geskep is nie, al moet hulle dit tydelik verdra.
• Nie op ons feesdae skool by te woon nie.
• Nie aan veelrassige sosiale of sportgeleenthede deel te neem nie, al is dit ten koste van prestasie!
• By elke geleentheid beswaar aan te teken teen aftakeling van Afrikanerwaardes.
• Nie deel te neem aan die sing van die nuwe lied in plek van die Volkslied nie. Nie eer te bewys aan die nuwe vlag nie.
• Nie hulle waardigheid as Afrikaners te laat be-invloed deur die voorbeelde van onnetheid, ongehoorsaamheid, gebrek aan dissipline, swak taalgebruik, ens.
• Hulle nie laat intimideer deur verloopte onderwysers wat deur die vyande van die Afrikaner gebruik word om hulle belange te bevorder nie!
EENSTEMMIGHEID:
As ons dan op mekaar afgestem is dat daar ‘n totale aanslag op die Afrikanervolk gemaak word en dat onderwys een van die belangrikste terreine is, in teenstelling met die standpunt van sommige “Afrikaners” dat dit ‘n persepsie is dat die Afrikaner bedreig word,
As ons verder saamstem dat die “Nuwe Wêreldorde” nie meer sprokies is nie maar ‘n doel wat werklik nagestreef word en dan kennis neem van Walter Martin se stelling in sy boek , “Die Nuwe Wêreldorde vandag” nl., “ dat in die stryd om kulturele heerskappy, onderwys die heel belangrikste teiken is.” Daar sê hy word ‘n persoon op die mees be-invloedbare ouderdom in sy lewe, op die indringendste wyse be-invloed, en daarvoor word onderwysers gebruik!
As ons verder kennis neem van Joe Slovo se stelling in die South African Communist dat onderhandeling ‘n terrein van stryd is en dat hulle dit met ‘n revolusionêre doel benader en met geweldige suksesse by KODESA bekroon is. nl. ..oa: “We have won the the case for the re-incorporation of the T.V.B.C. states...”Obtaining substantial influence in the independent Electoral and Media Commissions. “ Breaking the regimes monopoly over public media” “a land Restitution (confiscation) mechanism” “ The removal of Afrikaans as one of the two official languages”.......ens.
As ons glo dat wat In 1989 deur C. Berentemfel in ‘n blad getiteld The Conspiracy against South Africa geskryf is nl., “Blacks are of no significance except as a tool to destroy the white race”
Berentemfel se verder: “This policy has already become obvious in America, Britain and other countries, and is now manifest in South Africa.
Neither the Development Aid programs responsible for our high taxation nor the enforced race-mixing we are experiencing has anything to do with Black “Human Rights”. These measures were introduced to lower White standards and turn South Africa into a multiracial melting pot in which integration can easily be enforced by law.”
As ons in die lig van hierdie strategie van ons vyande nog dink dat ons deur middel van onderhandeling en deelname aan die herplooide strukture van die onderwys, die erfenis van die Afrikanervolk , nl. sy geskiedenis, kultuur, standaarde, taal en geestesgoedere kan bewaar en handhaaf, handel ons roekeloos onverantwoordelik daarmee! Wat vir die kind in die skool geleer word, .... of nie geleer word nie, is baie seker nie minder gevaarlik as die afdwing van rasse-integrasie nie!
Bly by wat jy geleer het….
Daarom was en is die AVP se standpunt van die begin af, Bly weg by die onderhandelingstafel en forums, bly buite die struktuur, moet onder geen omstandighede berus in wat deur verraad teweeggebring is nie! As daar dan nou gepraat of ge-ywer word vir eendragtigheid op die terrein van die onderwys, sou dit wys wees om eers na die rede van Marcus Cicero te luister toe hy by geleentheid Ceasar, Crassus, Pompey en die Romeinse Senaat toegespreek het! Hy se: (Hou in hierdie verband die gebeure van 2 Februarie 1990 in gedagte) “Vir hierdie dag se arbeid, here, het u verraad aangemoedig en die gevangenisdeure vir die verraaiers ge-open. ‘n Volk kan sy idiote oorleef en selfs sy magstrewers. Hy kan egter nie verraad van binne oorleef nie. ‘n Vyand by die poort is minder gevaarlik, want hy is sigbaar en dra sy banier openlik teen die stad. Die verraaier, egter, beweeg vrylik tussen diegene binne die poorte, en sy sluwe fluisteringe ruis deur al die straatjies, word gehoor selfs tot in die sale van die regering. Want die verraaier kom nie voor as ‘n verraaier nie, hy praat in aksente bekend aan sy slagoffers en hy vertoon hulle gesig en hulle kleredrag. Hy beroep hom op die gemeenheid wat diep in die hart van elke mens setel. Hy verrot die siel van ‘n nasie; Hy werk geheimsinnig en onopgemerk in die nag om die pilare van die stad te ondergrawe; Hy be-invloed die politiek so dat dit geen weerstand bied nie. ‘n Moordenaar is minder gevaarlik!”
Die beleid van die AVP vir ons kinders se opvoeding en onderwys, is haalbaar deur die vorming van hegte organisasie, gevestig op die beginsel van voorkeur vir die eie (nasionalisme, wat ook beteken ‘n afstoot van wat vreemd is) ‘n weerstand teen die volksvreemde instrumente soos die akte van menseregte, die nuwe grondwet, en enige organisasie wat deur middel van deelname aan of binne hierdie strukture die indruk probeer skep dat hulle in belang van die Afrikaner optree!
Weerstand op die beginsel van Christelike Nasionalisme, wat sal neerslag vind in die herowering van ons politieke mag uit die onvermydelike chaos wat kom, en waaruit ons weer die onderwys op die hoë vlak van opvoeding en leer peil sal kan bring waaraan die Afrikaner gewoond is, daarin lê die heil van die Afrikaner en sy kind!