1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954696

Besoekers aanlyn

Ons het 96 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

SUID-AFRIKA: PARADYS OF VERSKRIKKING?

 Met die huidige beeld wat ’n mens kry as jy in Suid-Afrika ’n koerant optel, is die terme misdaadparadys ’n onderbeklemtoning van die benarde toestand waarin beskaafde en veral wetsgehoorsame mense hulle bevind. Wetteloos en buite beheer met ’n burokrasie wat slegs op selfverryking ten koste van alles en almal ingestel is, is die reël eerder as die uitsondering.

’n Regime wat voorgee om demokraties en vredeliewend op te tree, is waarskynlik die swakste op die Afrika-vasteland, wat daarin geslaag het om ’n moderne Eerstewêreldland wat in die verstommende kort tyd van slegs 300 jaar tot ’n toonaangewende en vooruitstrewende land opgebou is en met van die oudste beskawings in die wêreld kon meeding, in slegs 17 jaar in die grond in te korrupteer.

As daar sedert 1994 net na hulle prestasie op onderwysgebied gekyk word, het Suid-Afrika ’n verskrikking vir sy eie inwoners geword, sonder om enige van die ander terreine in aanmerking te neem waar die verval en onvermoë soos ’n verterende vuur besig is om alles in sy pad te verslind.

Terwyl die wêreld hulle oë en ore sluit vir dit wat hulle hier goedkeurend ondersteun het met die benadering van weg met apartheid of sterf en op die Afrikanervolk help afdwing het, is die ellende wat hulle veroorsaak het onberekenbaar.

Waarskuwings aan die de Klerk regime om nie voort te gaan met hulle “hervormingsbeleid” nie, is voortgesit ten spyte van al die voorbeelde vanuit die geskiedenis dat dit nie kan slaag nie.  Om in staat te wees om met die oog op samewerking in die toekoms te weet met wie jy te doen het, is dit goed om in terugskouing te kyk na wie waar betrokke was en dan te let op die erkentlikheid, berou en bereidheid tot herstel.

 

6 Maart 2000

Die Redakteur,

Ridge Times

Die berig in u uitgawe van 18 Februarie 2000, Afrikanerbond wil skole help, verdien kommentaar.

Toe Tom de Beer die affiliasie van die AB by die Afrikaanse Handelsinstituut aangekondig het, was die klemverskuiwing van diè eens Volksgedrewe organisasie vir selfs die oningeligtes duidelik sigbaar!

Ekonomiese bemagtiging  en entrepeneurskap vir  voorskoolse  en laerskoolkinders van drie tot agt jaar soos die AB  besig is om toe te pas, wat die klem op verbruiksgerigtheid in teenstelling met ideaalgerigtheid laat val om sodoende eiebelang te bevorder teenoor die hoë ideaal van Volksbelang, laat ‘n vraag oor die “hulp”  ontstaan!

As ‘n mens  op die spoor van die AB teruggaan word die vraagteken oor die “hulp” aan skole deur die AB al groter.   Genl. Tienie Groenewald (Oud millitere intelligensieman) se stelling in die verdwene Vrye Weekblad van Max du Preez faam, dat,  na mate ‘n mens ekonomies beter daaraan toe is , word ‘n Volk meer liberaal en meer toegeeflik!  Die uitnodiging van die AB  aan Mbeki in Augustus verlede jaar om hulle toe te spreek en die daaropvolgende uitnodiging van die ATKV aan hom om hulle jaarvergadering toe te spreek wat 34 Afrikaanse lofswaaiers vanuit die sakewereld opgelewer het vir sy openingstoespraak wat vir die Afrikaner niks behalwe voortgesette onheil inhou nie!

Die oordrewe klem op die stoflike as teenvoeter vir die Christelik-Nasionale karakter  deur die AB op skoolvlak, kenmerk die eens bewaker van die Afrikanervolkswaardes, nou as ‘n instrument in die hande van die vyande van die Afrikanervolk! ‘n Vyand wat daarop ingestel is om Nasionalisme doelmatig te vernietig! Die aangewese beginpunt daarvoor  is onteenseglik die kind in sy vormingsjare met ‘n deurlopende program tot aan die einde van sy skoolloopbaan.

By die be-oordeling van die wegdoen met die Christelik-Nasionale karakter en onderbou in die opvoedingsproses van ons kinders sal dit goed wees om te onthou dat President Paul Kruger by geleentheid aan onderwysers gesê het dat van ‘n kind wat slegs akademies onderrig word, eendag gesê sou kon word: “Hoe groter geest, hoe groter beest!”

Ek lees in die Februarie uitgawe van Bybel en Volk dat in Nederland ‘n professor W.J. Langeveld, (‘n opvoedkundige), wat die kwessie van waardegemoeide en waardevernietigende opvoeding onderskei, gebruik maak van die terme “kinderen opvoeden” en “kinderen opfokken”

As die toestand waarin ons volk en ons land hom huidig bevind  be-oordeel word,  (‘n toestand waarvoor die AB hom verbete be-ywer het), kan daar geen twyfel bestaan oor welke een van prof. Langeveld se terme hier van toepassing is nie!

Dat die AB  aanspraak kan maak dat sy uitgang  vanuit sy Bybelse grondslag kom laat ‘n mens met reg wonder van watter Bybel hier sprake is!

Danie Varkevisser

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie