1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954666

Besoekers aanlyn

Ons het 98 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WANNEER IS DIT OORLOG?

DIE MEDIA.

Die media in al sy vorme dra nuus oor verskeie gebeure regoor die wêreld vir verskeie redes en met onderskeibare oogmerke. Wat onbetwisbaar is, is dat elke berig ’n bepaalde invloed uitoefen in die vorming van die mens se siening oor ’n bepaalde onderwerp waaroor berig word.

Met die oog op die Afrikanervolk se vryheidstryd, wil ek graag die soeklig plaas op die aanleiding tot oorlog.

Wat is oorlog?

Volgens die verklarende Afrikaanse woordeboek is oorlog onder andere die stryd of geveg tussen twee of meer volke, state of vorste, waar geveg beskryf word as ’n ontmoeting met die vyand in ’n worsteling of stryd.

Energiebronne as aanleiding tot stryd in die Midde-Ooste.

Die Amerikaanse vrese dat onstabiliteit die noodsaaklike oliereserwes bedreig, het hulle genoodsaak om die Arabiese koninkryke te steun tenspyte van hulle ondemokratiese regeringsvorme.

Hoewel Saoedi-Arabië, Koeweit, Oman, Katar, die Verenigde Arabiese Emirate en Bahrein slegs oor sowat 10% van die wêreld se Arabiere regeer, beheer hulle die grootste deel van die rykdom in die vorm van oliebronne. Enige interne struweling waar die Amerikaners oliebelange het, het dus aanleiding tot Amerikaanse ingryping gegee.

Is dit nou oorlog of is dit bloot konflik wanneer ‘n buitelandse moondheid steun aan die outokratiese maghebbers verleen teen die ongelukkige onderdane?  Omgekeerd, as die vreemde moondheid steun verleen aan die onderdane, of gedeelte daarvan, teen die regering, is dit oorlog of bloot konflik?

In beide gevalle is dit die rol wat die media speel om buitelandse inmenging in die binnelandse aangeleentheid van ‘n onafhanklike volk te vergoeilik, wat die deurslag gee! Die steun van die Aggressor, wat nou die baadjie van die “weldoener” aan het, word gekanaliseer na die gedeelte van die volk wat bereid is om in die geval van die onlangse Midde-Oosterse onluste, die Amerikaners se oliebelange te beskerm en te bevorder en kan hulle glad nie beskuldig word van oorlogsdade, terwyl dit eintlik niks anders is nie!

Demokrasie

Die woord “demokrasie” is afgelei van die Griekse woord demokratia (demos=volk en kratos=mag) en beteken dus in Afrikaans “die mag van die volk” of volksregering (In Eng. people power)

Die liberalis was vinnig om die opening te sien en volk met people te vertaal om by die oorspronklike betekenis van volk verby te kom.

‘n Stelsel van regering deur die hele samelewing word dus nou in die “nuwe” Suid-Afrika as die mees moderne demokrasie in die wêreld beskryf en per definisie as Majority Rule vertolk. Demokrasieë is op die ideaal van ‘n klaslose en verdraagsame samelewing ingestel. ‘n Vryemarkstelsel en ‘n veelparty parlementêre stelsel wat op algemene stemreg gebaseer is, is tipies van moderne demokrasieë

Die prys vir ongeregverdigde demokratisering

(Uittreksels uit die mening van Prof. Johan Malan, Mosselbaai (Maart 2011)

Met die oog op die basiese voorwaardes waaraan voldoen moet word om ‘n demokratiese stelsel behoorlik te laat werk, is dit uiters dwaas om dié stelsel op onderontwikkelde gemeenskappe toe te pas. Dit kan vergelyk word met ‘n situasie waarin ‘n Graad 6 leerling geneem en onmiddellik na die posisie van hoof van ‘n sekondêre skool bevorder word. Dit kan eenvoudig nie werk nie.

Die VSA het hierdie benadering al in verskeie lande gevolg en klaaglik misluk. Hulle intensiefste en duurste eksperiment tot op datum was in Irak. ‘n Diktatorskap in Irak is vervang deur ‘n demokratiese regering wat totaal onbevoeg is om die onderontwikkeldheid, gebrek aan kennis en vaardighede, sektariese geweld en ernstige godsdienstige verskille tussen die Soenniete en Sjiïete te oorkom. Inteendeel is die bloedvergieting, onsekerheid en menslike lyding in die post-Saddam era baie erger as voor die tyd. Die korrupsie en swak prestasie van die huidige regering is seker tekens van verdere agteruitgang en moontlike ineenstorting.

Ten spyte van hierdie mislukkings het hulle obsessie met demokrasie as die enigste werkbare oplossing nog nie afgeneem nie – soos nou weer in Egipte bewys is. Die VSA het openlik die kant gekies van die betogers in Egipte, waaronder ook die baie ondersteuners van die Moslem Broederskap. Sal hulle Amerikaanse belange in die Midde-Ooste beskerm indien hulle die regering oorneem, en sal hulle die vorige bewind se vredesverdrag met Israel eerbiedig? Hierdie is ‘n gevaarlike dobbelspel.

Die blaam vir die gebeure in Libië, Egipte en ander lande moet gesoek word by die aandeel van die elektroniese media, en veral die Aljazeera TV netwerk in Qatar met sy Engelse en Arabiese uitsendings. Hulle is so sterk aan demokratiese hervormings verbind dat hulle nooit na die betogers in Egipte en Libië as anti-regerings betogers verwys het nie, maar as pro-demokratiese betogers. Die opstandelinge se dade is ongekwalifiseerd goedgekeur en geprys as ‘n eerbare poging om hulle vryheid en basiese menseregte te bevorder. Die onafwendbare anargie is nie veroordeel nie, en daar word ook nie ander politieke oplossings voorgehou as net die Amerikaanse model vir “demokratisering” nie.

Die kanse is dus goed dat hierdie  metodes en openbare druk vir verandering ook spoedig na verskeie ander lande van die wêreld sal versprei.

 

ONREGVERDIGDE “DEMOKRATISERING” AS AANLEIDING VIR OORLOG

 Laat ons nou aan die hand van die gebeure sedert 1969, ’n skamele drie jaar na die internasionaal beplande moord op dr. H. F. Verwoerd, na die “demokrasie” in Suid-Afrika kyk wat in 1994 totstand gekom het.

Buitelandse betrokkenheid

Angola, Mosambiek en Rhodesië:

Lord Carrington en Margaret Thatcher van Brittanje wat aanhoudende druk op Ian Smith geplaas het om Rhodesië se blanke bewind veelrassig te kry en Generaal António de Spínola wat met sy liberale uitgangspunte Portugal se belange in beide Angola en Mosambiek in die hande van die Swart Kommuniste aldaar laat kom het, is gebeure wat Suid Afrika se flanke ontbloot het.

António Sebastião Ribeiro de  Spínola 1910-96, Portuguese army officer and political leader. Active in the colonial wars in Africa after 1961, he was commander in chief and governor of Portuguese Guinea from 1968 to 1972 and then served as deputy chief of staff of the Portuguese army. In Feb., 1974, he published Portugual and the Future in which he asserted that Portugal could not win a military victory in Africa. His book led to his dismissal from his army post in March. In April an army coup that ousted Premier Marcello Caetano named him as its leader. Shortly afterward he became provisional president, welcoming liberals and socialists into the cabinet. After the withdrawal of the centrists from the cabinet in July, however, the young military officers who had headed the April coup began to move the new regime in a more radical direction. Spínola's attempt to rally support against them in Sept. failed, and he resigned as president. Spínola became a focal point for the opposition and was forced to flee Portugal after being accused of having organized a counterrevolutionary coup in Mar., 1975. He returned from exile in 1976 but ceased to play a political role.

Daarna volg die prysgawe van Suidwes-Afrika onder die Amerikaanse bemiddeling van Chester Crocker en MartI Ahtisaari van die VN. Die tafel was nou gedek vir die bloedlose oorname van Suid-Afrika met Henry Kissinger as hoofkarakter van die Amerikaanse regering wat die druk moes volhou met die al te gewillige verraaiers in Afrikanergeledere. Almal manne wat reeds so verbind was tot “verandering” (lees oorgawe), dat omdraai vir hulle nie meer moontlik was nie.

VERRAAD!

Op ’n versoek aan die president van die Comore-eilande of hy bereid sou wees om om teen ’n mosie te stem dat sanksies teen Suid-Afrika ingestel moet word, was sy antwoord: “No’, he said, ‘my task is to whisper in the corridors.”

Dit was die Afrikaner-Broederbond en elke ander betrokkene wat  gehelp het om Suid-Afrika te oorhandig aan ’n Swart Kommunistiese rowerbende,  se aanvanklike  ” gefluister in die gange”, wat goedgelowige Afrikaners onkant betrap het met die eerlose oorgawe van ons vaderland aan die ANC wat vandag sonder enige verdienste hier koning kraai!

Maar waar lê die oorwig van skuld vir die toestand waarin ons verkeer?  Volgens die verloop van dinge, beslis nie by die swartes nie!  Hulle was bloot die gewillige instrument wat gebruik is om ons van ons erfenis te ontneem deur hulle getalle wat beskikbaar was indien ons vyande daarin sou kon slaag om die gelykheid sindroom te vestig en dan die drogdemokrasie van een mens een stem.  Hierin het die kerke en onderskeie kultuurorganisasies nie ’n geringe rol gespeel nie. 

Laat ons nie vergeet dat die NP-Regering van de Klerk onder géén verpligting was om ons magsposisie prys te gee nie!  Dit was húlle wat deur die volk gekies was (demokrasie) om die volk se belange te behartig.  Daar was géén mandaat vir die besluite wat hulle geneem het om Suid-Afrika aan ’n spul Swart Terroriste oor te gee nie! Die tragiese is dat die finale stappe tot oorgawe deur ons eie mense geneem was sodat oorlog, waartoe meeste Afrikaners op daardie stadium bereid sou wees, nie ’n opsie was nie.

 

Afrikaner se posisie in 2012

Nou is die swartes in beheer van Suid-Afrika, ons Afrikaners se land.  Die wyse waarop hulle in beheer gekom het, is so diabolies vernuftig beplan en uitgevoer, dat hulle nie as ’n vyand teenoor die Afrikanervolk gestaan het as ’n aggressor wat ons land met geweld wou afneem, sodat ons dit in ’n oorlog kon verdedig nie.

Die onregmatigheid van gebeure waardeur blankes in Mosambiek, Rhodesië, Angola en Suidwes-Afrika van húlle grond en besittings beroof is, het dieselfde oorsprong  gehad en is die blankes telkens in ’n posisie geplaas waar hulle nie instaat was om hulleself te verweer nie.

Die geldige redes vir oorlog, asook die middele vir oorlog vir diegene wat in elk geval beplan om met geweld ons verlore politieke mag terug te neem, is verwyder sodat ook die Afrikaner in Suid-Afrika feitlik weerloos is.  Enige poging van Afrikanerkant  om ons vryheid terug te kry, maak dus van ons in die oë van die wêreld die aggressor. Vir baie wat buiteland toe is was dit nie vrees nie, maar die skynbare magteloosheid wat die motivering was.

DIE VOORUITSIG

Hoewel Afrika reeds eeue lank as ’n aanskouingsles en menige waarskuwings en voorbeelde al by herhaling dieselfde boodskap gegee het, is dit goed dat ons opnuut prof. Malan se waarneming ter harte neem: “‘n Diktatorskap in Irak is vervang deur ‘n demokratiese regering wat totaal onbevoeg is om die onderontwikkeldheid, gebrek aan kennis en vaardighede, sektariese geweld en ernstige godsdienstige verskille tussen die Soenniete en Sjiïete te oorkom. Inteendeel is die bloedvergieting, onsekerheid en menslike lyding in die post-Saddam era baie erger as voor die tyd. Die korrupsie en swak prestasie van die huidige regering is seker tekens van verdere agteruitgang en moontlike ineenstorting.”

Dit is ongetwyfeld ook die voorland van Suid-Afrika onder die huidige regime. Dat hier geweld onder die verskillende faksies gaan uitbreek, is onafwendbaar.  Dat aanvalle en moord op-en verkragting van ons blankes sal toeneem is ook ’n realiteit waarmee ons rekening sal moet hou.

Dit is onder hierdie omstandighede wat die Afrikanervolk vir die hele wêreld daar buite ’n voorbeeld gaan wees. ’n Voorbeeld van onwrikbare geloof in God soos by Bloedrivier, Magersfontein en Amajuba. Soos met Gideon het God toegelaat dat ons getalle so drasties verminder word dat die hele wêreld verstom sal staan oor die verlossing waarvoor die eer aan Hom sal toekom.

In voorbereiding vir die beskerming van ons mense wat een vir een vermoor en vermink word deur wat voorgehou word as blote misdaad, beplan die AVP ’n Leiersberaad oor veiligheid waar elke leier toegerus sal word met beplanning wat landwyd ge-implementeer sal word om huis en haard te beskerm en te beveilig teen die eensydige aanslag op ons volk.  Plek en datum sal mettertyd aan u deurgegee word vir hierdie uiters noodsaaklike byeenkoms.

Die vooruitsig op vryheid setel in elke Afrikaner se ongeveinsde verklaarde afhanklikheid en gehoorsaamheid aan  God en Sy gebooie, PSALM 127:1 ’n BEDEVAARTSLIED. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.  Kom laat ons klein maar effektief begin om dit wat verkeerd geloop het te herstel.  Ons kan nie voortgaan om ons te laat uitmoor in gelatenheid en in die waan dat ons nie kan saamwerk nie. Dit is loutere onsin! Laat ons die oorlog daarteen begin en samehorigheid verkry!

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie