’n JAKKALS VERANDER VAN HAAR MAAR NIE VAN SNAAR
’n Ou gesegde wat baie meer om die lyf het as wat op die oog af sigbaar is. Daar is al baie bespiegel en geskryf oor die ANC se voete slepery oor die menseregte vergrype in Zimbabwe en in besonder die doen en late van Mugabe.
In onlangse uitlatings van Gwede Mantashe, die Sekretaris-generaal van die ANC, wat die twaalfde nasionale konferensie van Zanu-PF bygewoon het, het hy gesê dat bevrydingsorganisasies mekaar moet steun. Hierdie opmerking van Mantashe is gemaak in die teenwoordigheid van ’n groep Sekretaris-Generaals van bevrydingsorganisasies van Suider-Afrika wat ook die konferensie bygewoon het.
Dit was na aanleiding van Mugabe se aankondiging dat hy ten spyte van sy 88 jaar, glad nie van plan is om af te tree nie en gereed is vir die volgende verkiesing wat in 2012 gehou moet word, aangesien die eenheidsregering, Zanu-PF + MDC, onhoudbaar is.
Mantashe, soos Malema, wie sê dat as hy sing skiet die Boer, beteken dit nie skiet die boer nie, sê nou ook as die ANC sy steun aan Zanu-PF in die volgende verkiesing aanbied, dit kwaadwillig is om te sê dat die ANC Mugabe steun.
Wat veral belangrik is was sy opmerking dat die ANC aan Zanu-PF kan leer hoe om ’n vyandige media te hanteer. Hier is nou twee baie belangrike sake waaroor daar uitspraak gemaak is terwyl Mantashe voor die “regte” gehoor optree. Dit handel met Afrika se ingesteldheid oor sogenaamde menseregte en ook vryheid van spraak.
Met vleitaal het Dingaan vir Piet Retief in sy kraal ingelok nadat hy hulle oortuig het om
hulleself te ontwapen en hulle daarna gewetenloos uitgewis. Op dieselfde patroon het Mugabe die Blankes van Rhodesië geflous en hulle uiteindelik ontmagtig en onteien! Kyk net na ‘n paar stellings van hom wat ek uit ’n toespraak van hom vir u voorhou, gehou op 17 April 1980 op die vooraand van onafhanklikheid.
Mugabe:
“As we become a new people we are called to be constructive, progressive and forever forward looking, for we cannot afford to be men of yesterday, backwardlooking, retrogressive and destructive. Our new nation requires of every one of us to be a new man, with a new mind, a new heart and a new spirit.
“Our new mind must have a new vision and our new hearts a new love that spurns hate, and a new spirit that must unite and not divide. This to me is the human essence that must form the core of our political change and national independence. “Henceforth, you and I must strive to adapt ourselves, intellectually and spiritually to the reality of our political change and relate to each other as brothers bound one to another by a bond of national comradeship.
If yesterday I fought as an enemy, today you have become a friend and ally with the same national interest, loyalty, rights and duties as myself. If yesterday you hated me, today you cannot avoid the love that binds you to me and me to you. “Is it not folly, therefore, that in these circumstances anybody should seek to revive the wounds and grievances of the past? The wrongs of the past must now stand forgiven and forgotten.
“If ever we look to the past, let us do so for the lesson the past has taught us, namely that oppression and racism are inequities that must never again find scope in our political and social system. It could never be a correct justification that because whites oppressed us yesterday when they had power, the blacks must oppress them today because they have power. An evil remains an evil whether practiced by white against black or by black against white.”
So praat die Swartman wat nou net met behulp van Blanke knoeiers, in politieke beheer van die Blankes se land gekom het! ‘n Heuningkwas wat alle vrees en ontnugtering van die Blanke moet ontvorm tot berusting en deelname. Maar die angel, hoewel versluier, bly nie uit nie!“
Lees dus Mantashe se uitlatings vir wat dit werklik beteken en herken dieselfde deuntjie op dieselfde snaar, ongeag die “nuwe” haar en berei u dienooreenkomstig voor. Geen onderhandeling, toegewing of samewerking sal ’n snars daaraan verander nie!
Die internasionale magte wat met prinse en presidente deelneem aan hierdie internasionale magspel, gee glad nie om hoeveel ellende gepaard gaan met die interim ondersteuning aan mense soos Mugabe, Mbeki, Zuma en Mantashe wat vorentoe uitgespoeg sal word nie.
Dit was Paulus wat gesê het: Werk jou eie heil uit met vrees en bewing! Vir 2012 is dit goeie raad!
Francois Muller
7 Januarie 2012