1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954424

Besoekers aanlyn

Ons het 144 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MAC SE PLEK DALK POLSMOOR?

Tag Buurman, ou Mac het gekrap waar dit lyken my nie gejuk het nie, seg ek jou.  Hoe meer hy die onheilighede onner die mat wil toedek, hoe meer word daar ingeloer, seg ek jou die waarheid.

Self die speletjie van sy lyf paling hou met dat Justice Malala hom bly vraag of sou hy dalk gelieg het virrie Skerpjoene destyds oor die koop van wapens, tot lat hy iets moes sê, beginne nou die eiers waarop hy probeer loop het, laat barste wys seg ek jou.

Vir ’n man wat ou Zuma se praat moet praat solat hy darem fatsoenlik lyk en klink, beginne sy eigene fatsoenlikheit soos die getrapte eiers lyk, seg ek jou.

Seg die geleerde wetsgeleerdes dat ou Mac dalkies onner dieselfde wet waaronner hy die Pos en Wag krant se joernaliste wil prosedeer, prosedeer kin word omlat hy selwers nie instemming gehad het om ou Malley te laat sien wat die Skerpjoene hom gevraag het nie.

Seg hulle ou Mac kan dalk 15 jaar kry! Seg ek hy sal maar soos ou Selebi ’n floutetjie moet prakseer. Straks kan hy Skabier se plek innie hospitaal vat.  Darem beter as Polsmoor seg ek jou die waarheid!

Groete van Polsmoor tot Dalk Robbin se eiland?

Jou dienswillige Buurman,

Klaas.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie