1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954334

Besoekers aanlyn

Ons het 93 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

HERVORMERS Sê

Standpunt en Verklaring deur SteedsHervormers

Die Bybel is God se Woord, dit bevat nie net God se Woord nie.  Soos Jesus Christus die Seun van God is wat mens geword het, en nie andersom nie, sodat sy Goddelikheid die primêre is, so is die Bybel die Woord van God wat mens geword het, in ‘n menslike boek gestalte gekry het:  Die Woord (van God) en Jesus Christus het parallelle identiteit.

  1. Dié Bybelteks moet uitgelê / geëksegetiseer word en dan toegepas word; dit moet nie net vertolk / hermeneutiseer / geïnterpreteer word nie.
  2. Jesus is uit die Maagd Maria gebore; Hy ìs nie ‘n prostituutkind nie.
  3. Jesus se lyde en versoeningsdood aan die kruis is die fokus van ons teologie; sy trou tot in die dood is nie net ons vertrek / uitganspunt in die teologie nie.
  4. Jesus se opstanding uit die dood is waarheid / werklikheid / liggaamlik in die verheerlikte liggaam, sy opstanding is nie metafories / sinnebeeldig / vergelykenderwys waargeneem deur die dissipels in ‘n alternatiewe bewussyn nie.  Soos ons Jesus se geboorte, sterwe en opstanding saam met die kerk van alle eeue bely soos en in die woorde en met die betekenis wat die kerk daaraan heg, so bely ons ook sy hemelvaart, wederkoms en die eindoordeel, om saam met die kerk en soos die kerk te bely moet beteken om dieselfde betekenis daaraan te heg as die kerk anders is dit vals / leuen / hipokriet / skynheilig om dit te kwalifiseer as kerklike belydenis.

      Die drieënige God kan nie soos deur die kerk bely word terwyl Jesus nie   as die Christus, die Seun van God, ‘n Persoon van die Drieëenheid, self        as ewige God bely word nie.

  1. Die Hervormde Kerk is volkskerk; nie ‘n vrye kerk met ‘n doperse kerkbeskouing van ‘n kerk sonder vlek of rimpel nie.
  2. Die beeld van God waarna ons geskape is en waarvan ons in die sondeval weggeval het, word in gemeenskap met Christus herskep; daar is geen stukkies of vonkies van in ons waarheen ons in mistieke stilte liturgies of andersins in ons binneste kan indaal om God te ontmoet nie.
  3. Die Bybelse en belydenisweerspieëling van die sondeval, die sonde en die Bose wat die mens totaal verderf het, moet as realiteit besef word; by ontkenning hoegenaamd daarvan verkry die verlossing deur Christus blote sosiale betekenis indien enige.
  4. Die twee nature van Jesus Christus, die Goddelike en die menslike het ‘n parallel in sy aardse liggaam, die kerk, die kerk is nie net kerk as ‘n heilige / sondelose / bekeerde gemeenskap sonder relasies met gesinne / taal / kultuur / volk nie.
  5. Teologiese opleiding van predikante van ons Kerk moet teen die agtergrond van die Grieks / Romeinse beskawing plaasvind; nie geïntegreer in ‘n staatsfakulteit wat geafrikaniseer word met ‘n hoofkommunis as minister van hoëronderwys nie. 
  6. Die roeping van die kerk is om die Here God te dien as “dissipels” van Jesus Christus en daaruit voortvloeiend as “apostels” die blye evangelie die wêreld in te dra; om “missionale gemeentes” of kerk te wees neig om in eensydigheid vasgevang te word met baie ramifikasies.
  7. Die Kerk moet as die gemeenskap van gelowiges aan die Woord en belydenis trou bly en vandaar in liefde lewe; daarmee moet gewaak word teen die verhumanisering van kerk, teologie, Bybel en godsdiens.
  8. Ware ekumene is om verbinding te hê in en oor die waarheid van die Evangelie met ander Christelike kerke oor die wêreld; dit is nie om te konformeer met ander kerke, verenigings of hulle eise nie – waarlangs daar ‘n neiging ontstaan wat ons noem ekumenisme, na die new age en one world – filosofie.
  9. Dissipline en tug om getrou aan Gods Woord te bly, moet deur ampsdraers oor leer en lewe van hoogleraars, leraars, ander ampsdraers en lidmate van die kerk uitgeoefen word as kenmerkend van die ware kerk; dissiplineloosheid oor leer, liturgie, geskrif, onderrig en lewe is ‘n teenbeeld van die ware kerk.

 

Ons sê dus niks anders as wat ons Kerk al die eeue sê nie.  Maar waarmee ons gemoed en gewete belas word is die afwykende standpunte van sommige hoogleraars, leraars, ampsdraers en lidmate en nou al selfs kerklike besluite.

 

VERKLARING : STEEDSHERVORMERS

 

Tydens ‘n voortsettingsvergadering wat op 12 November 2011 in Cullinan plaasgevind het, is die Komitee van Beswaardes vervang met die stigting van ‘n steedsHervormers Konfessionele Bond (Belydenis Gespreksgroep).  268 lidmate uit 66 gemeentes was teenwoordig.

 

Op grond van die huidige geloofskrisis binne die Hervormde Kerk, verklaar ons dat:

  • Ons onsself steeds as Hervormers en die ware voortsetting van die Hervormde Kerk beskou;
  • ons nie van die Hervormde Kerk wegskeur nie;
  • onsself vereenselwig met die eg-Reformatoriese teologiese tradisie van die Hervormde Kerk.

 

Dit behels dat ons:

  • Die Bybel as die Woord van God, as gesagvolle openbaring van God koester.
  • Gehoor gee aan die wekroep om telkens te hervorm na die eise van die Skrif.
  • Onverkort staan by die belydenisskrifte sonder om interpretasies daaraan te heg wat die oorspronklike bedoeling weerspreek.
  • Die belydenisskrifte onderskryf omdat (quia) hulle met die Bybel ooreenstem.
  • Getrou bly aan die nugtere liturgie waar God Drie-Enig en sy Woord in die middelpunt geplaas word en dit getuig van gewyde, respekvolle en stigtelike aanbidding.
  • Onsself verstaan as ‘n volkskerk, kulturele verskeidenheid as ‘n feitelikheid aanvaar en glo dat effektiewe uitdra van die evangelie hierdie verskille moet verreken.

 

Hiermee grens ons onsself af teen:

  • Die liberale teologie (onder meer Die Nuwe Hervormers) wat die Bybel nie meer beskou as die Woord van God nie en ander geskrifte betrek as ewe gesaghebbend.
  • Benaderings wat die Bybelse feite en boodskap oor Jesus Christus verwerp.
  • Standpunte wat die onderskrywing van die belydenisskrifte voorwaardelik maak (quatenus) aan ‘n skeptiese of nie-Reformatoriese verstaan van die Bybel.
  • Pogings om die erediens te vervlak tot ‘n goedvoel geleentheid waar vermaaklikheidstegnieke gebruik word om die mens in die middelpunt daarvan te plaas, en opvoeding en aanmoediging om reg te glo en reg te lewe, vermy word.
  • Die bevrydingsteologie wat die bemagtiging van sogenaamde onderdruktes, verontregtes en gemarginaliseerdes as kern-evangelie verkondig en afskeid geneem het van die versoening met God deur Jesus Christus.  Waar die ewige uitsig vevang word met ‘n kortsigtige aardse program.

 

Gemeentes, kerkrade, ampsdraers en lidmate van die Hervormde Kerk wat ‘n behoefte het om bedien te word met die suiwer Bybelse evangelie van Jesus Christus, en ook wil meewerk om daardie evangelie te beskerm en uit te dra, word uitgenooi om by ons in te skakel en ‘n veilige geloofsruimte te ervaar.

 

 

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie