1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9954065

Besoekers aanlyn

Ons het 135 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE VERLENGSTUK VAN DIE BROEDERBOND KOM IN RAT!

‘Afrikaner moet nóú positief kies’

Dit is die opskrif van ’n berig in die Beeld koerant van 21 Oktober 2011. In die lig van die gelyktydige aandrang van die Hervormde Kerk om van apartheid ontslae te raak, die NG-Kerk se sinodebesluit oor Belhar en die SKK van die AP-Kerk se poging om anderskleuriges toegelaat te kry in eredienste en by die gebruik van Nagmaal, moet hierdie oproep van naderby beskou word.

Dit is egter eers wanneer jy agterkom wie hierdie oproep maak dat jy besef dat daar noukeurig gekyk moet word na die inhoud van die oproep.  Terwille van duidelikheid haal ek uitbeeld se berig aan:   “Die Koos de la Rey-scenario waar Afrikaners hulle by moeilike omstandighede aanpas en verantwoordelikheid vir hul toekoms aanvaar óf die Louis Trichardt-scenario waar hulle op moedverloor se vlakte beland en nie meer vir hul regte veg nie. Dít is twee moontlike scenario’s teen 2020, afhangende van hoe die Afrikaner op die omstandighede in die land gaan reageer, aldus ’n omvattende navorsingsprojek van die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN).

Meer as 40 kundiges is by die projek betrek.

Die ABN is ’n informele netwerk van 20 organisasies wat meer as 500 000 Afrikaners verteenwoordig. Die netwerk het gister in Centurion sy steun toegesê vir ’n plan waarbinne die “positiewe De la Rey-scenario” verwesenlik kan word.”

Hier wil ek u verwys na n artikel op ons weblad met die opskrif:  WIE IS DIE AFRIKANER BURGERLIKE NETWERK EN WAT IS HULLE WERKLIKE OOGMERK?

DIE ABN,(Afrikaner Burgerlike Netwerk)

Die Afrikaner Volksparty se standpunt is by herhaling gestel dat Afrikaners moet konsolideer  en kragte saamspan oor sake van gemeenskaplike belang.  Daarom is ons kritiek nie teen die saamkom van individue en/of organisasies nie, inteendeel!   Ons kritiek is egter teen die oogmerke van persone en organisasies wat die Afrikaner se vryheidstrewe benadeel en in gevaar stel om in die doofpot gestop te word soos sovele ander van die verlede.

Laat ons dus opnuut die ABN en sy deelnemers van naby bekyk.

Afrikaners ‘moet opstaan en hulself help’ 
2010-03-04 
Die Burger

Pretoria - 
Minderhede het tot dusvêr saamgespeel, maar maniere van georganiseerde protes is nou nodig, meen prof. Hermann Giliomee, historikus en politieke ontleder. Hy het by die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) se beraad hier opgetree.
Prof. Deon Geldenhuys, ’n politieke ontleder van die Universiteit van Johannesburg, het in sy toespraak (by dieselfde beraad), oor politieke riglyne vir oorlewing van die Afrikaanse kultuurgemeenskap gesê daar moet gevra word of dit polities moreel gepas is as Afrikaners hulself afgesonderd sien van bruin en swart mense wat hul taal deel. Die Afrikaners verteenwoordig 6% van die gemeenskap en Afrikaanssprekendes 13,3%.
Geldenhuys het gesê vir die erkenning van minderheidsregte behoort na ’n multikulturele benadering gekyk te word waar vereis word dat twee of meer tale gebruik word. (Aldus die Burger) my beklemtoning 

JAN EN JAN

Jan van der Merwe

Hulle is albei Bloemfonteiners en hulle deel die naam Jan. Hulle was saam in die NP en die DA en broeders in die Broederbond wat die Afrikanerbond (AB) geword het.  Deesdae staan hulle aan verskillende kante van die draad.  Die een is Jan van der Merwe, nou van die ANC.  Die ander is Pieter Jan Vorster, steeds van die AB.

 PJ Vorster

As ANC-man het Van der Merwe sy oudbroers in die AB woedend. Hy het gesê die doodsklok het vir die AB gelui. Hy doen as Afrikaner in die ANC meer vir die Afrikanersaak as die uitgediende AB “wat soos ’n klomp jagse, gekastreerde casanovas op ’n orgie graag ’n bydrae wil maak, maar nie kan nie”, was sy woorde.

Vorster, voorsitter van die AB, sê daar is juis ’n plan.  Vir ’n moontlike groot, nuwe burgerlike organisasie.   Juis teen van die dinge wat die ANC in die land doen.

Al is die AB met sy 2000 aktiewe lede nie meer die ou organisasie van duisende nie, wil hy deel wees van ’n alternatief saam met ander – oor kultuurgrense heen – wat die demokrasie, die Grondwet, grondwetlike waardes en menseregte bevorder, sê hy.

Daarom neem die AB deel in die Afrikaner- Burgerlike Netwerk (ABN), ’n netwerk van ’n twintigtal organisasies en instansies soos AfriForum, Solidariteit, die ATKV, Fedsas, Agri SA, Dames Aktueel, die SAOU...

“In die ABN word studies en in diepte-ontledings oor Suid-Afrika gedoen vir aksieplanne.  “Ons is in gesprekke met verskillende groepe en organisasies om vas te stel of dit moontlik is om, met ’n gemene deler soos die Grondwet en wat dit omvat, saam te werk.

“Ons meen daar is plek vir ’n burgerlike organisasie oor kulturele grense heen wat Suid-Afrika eerste sal stel, die Grondwet in stand sal hou en grondwetlike waardes sal bevorder.  “Ek dink dit sal waarskynlik ’n nuwe organisasie moet wees waarby organisasies – nie net Afrikaner-organisasies nie – affilieer, maar dit is te vroeg om te veel te bespiegel.”

 “Die AB is besig om sy geld te beskerm, te versterk en te laat groei totdat die scenario-beplanning en aksie stappe opgestel is. Daarna sal die AB sy bydrae lewer soos wat dit nodig mag wees. Dit mag wees vir die saak om eenheid uit verskeidenheid en wisselwerking te bewerkstellig om die verskeidenheid se belange te beskerm.”

Dit beteken nie die AB sit agteroor en wag nie. Die AB werk vir die Afrikaner en daarmee saam vir ander minderheidsgroepe, sê hy.   “Die AB verteenwoordig wel ’n spesifieke groep. Dit wat hy bevorder, byvoorbeeld moedertaal-onderwys, is egter ook tot voordeel van elke ander minderheidsgroep.

 

Mnr. Flip Buys, die ABN se voorsitter en uitvoerende hoof van Solidariteit, het gesê die vertrekpunt is om Afrikaners se deelname in die land te verseker in sake wat hul toekoms raak en nie om hulle te probeer onttrek of teen die regering op te stel nie.
Hy het gesê die Verenigde Nasies (VN) se 2001-verslag oor kulturele vryheid is die vertrekpunt vir die nuwe visie.
(My beklemtoning)
Volgens Buys is die ANC se standpunt herhaaldelik dat politieke vryheid sonder ekonomiese vryheid betekenisloos is.
“Politieke vryheid sonder kulturele vryheid kom net neer op ’n gewettigde oorheersing deur die meerderheid.”
Die ABN fokus op gehalte- Afrikaanse onderrig en opleiding, ’n burgerlike nie-partypolitieke strategie teen die gevolge van die ANC se nasionale demokratiese revolusie (NDR), die vestiging van landwye belasting- en gemeenskapstruk­ture, projekte om die Afrikaner se geskiedenis in perspektief te stel, sy erfenis te bewaar, die skep van ’n regsplan om burger- en kultuurregte te beskerm en die oprig van bemagtigingsinstellings.
Prof. André Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit en projekleier van die navorsing, het gesê die volgende vyf tot tien jaar sal bepalend vir die toekoms van Suid-Afrika, maar veral ook die Afrikaner wees. Gevare vir die Afrikaner is die bedreiging van Afrikaans, die inploffing van die tradisionele Afrikaner-organisasies, uitsigloosheid, geen toekomsvisie en die ANC se NDR. “Die Afrikaner se historiese selfbeeld is tans uiters negatief en sy toekoms is dof as dit nie herstel word nie.”

Dit is dus duidelik dat die ABN se oogmerk nie verskil van of die Hervormde-, of die NG-, of die AP-Kerke se oogmerke om weg te doen met apartheid deur: “ Afrikaners se deelname in die land te verseker in sake wat hul toekoms raak en nie om hulle te probeer onttrek of teen die regering op te stel nie.

Die tydsverloop van 1986 toe die NG-Kerk apartheid as sonde verklaar het  tot vandag, was lank genoeg om teoloë op te lei om by die gees van die tyd aan te pas en lidmate daartoe oor te haal.

Die AVP maan Afrikaners om versigtig te wees om nie weer ingetrek te word in aksies wat nie gerig is op die vryheid van die Afrikaner nie maar op samewerking tot ’n permanent ge-integreerde nie-rassige samelewing waarin die Afrikaner as ’n volk noodwendig in sal opgaan en tot niet gaan! Die wagwoord is verset, nie samewerking en onderhandeling nie!  Ons roeping is die handhawing van eiesoortigheid en die bewaring van Suid-Afrika vir die geslagte wat na ons moet kom.  Dit is waartoe die geskiedenis ons oproep en waarheen ons moet werk deur  paraatheid,  lydelike verset en haalbare samewerking in aksies van gemeenskaplike belang.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie